Boer kom op babalykie in rivier af

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn eenjarige dogtertjie is in ʼn rivier buite Bloemfontein in die Vrystaat gekry.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is deur plaaslike owerhede na die toneel ontbied nadat ʼn boer die lykie in die rivier gesien het. “’n Soek- en reddingspan en paramedici van ER24 het die lykie tussen klippe in die rivier gevind.”

Volgens Meiring is die dogtertjie, vermoedelik een jaar oud, ondersoek en is daar vasgestel dat sy al ʼn geruime tyd dood is.

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

HARTSEER :( ·

Ai ou meisietjie……..waar kom jy vandaan?????? Rus sag kleine mensie. Jys beter af waar jy nou is.

KarooKlong ·

Ai siestog, een van die minder aangename berigte om te lees. Simpatie met die ouers.

GT500 ·

SIMPATIE met die OUERS, NEE WAT HOE DE HEL beland jou kind daar en jy doen niks omtrent dit nie, SWAK!

KarooKlong ·

Geagte GT500,
Volgens wat ek gelees het is die presiese omstandighede rondom die voorval nog nie duidelik nie en uiteraard ook nie bekend nie. Daarom het ek nie die ouers aangeval nie en ook nie aangedui dat ek die ouers verdink van kwade rade nie.
Tensy jou van Van Rensburg heet stel ek voor jy hou jou kommentaar effens terug en wees dalk eerder meer simpatiek met die ouers. Dit is hoe ek gereageer het na ek die berig gelees het. Ek het vir ‘n tydjie gesit en dink hoe erg dit moet wees vir ‘n ouer om hierdie tipe tyding te ontvang. Al is jy ook hoe butch, hierdie gebeurtenis sal jou knak. Vir my ook.

Irene ·

Al n geruime tyd is haar liggaampie daar het die ouers haar al gesoek en as vermis aan gegee

Eliza-beth ·

Hoe hartseer is dit – hoe min is ‘n lewetjie dan werd dat sy lank reeds daar le?

N ·

GT500 – ek stem saam met jou. Sy is al n geruime tyd oorlede. Sekerlik as die ouers dit aangemeld het sou die polisie dadelik bewus gewees het van die “link” .
Die wereld is siek. Mens lees so gereeld oor babas wat weg gegooi is. Babas wat mishandel en vermoor is. Daar is iers bitter siek binne in die mense wat sulke goed aan n onskuldige ou mensie doen. n mensie wat nie gevra het om hier te wees nie. Dit is evil. Mag die Here ons wereld help. Maar die wereld moet eers terugdraai na Hom toe.

Cherokee ·

N, die GT500 het ‘n 750superplus antwoord gekry uit die Karoo. As julle nog nie weet watse diens die Suid Afrikaanse Polisie lewer, vind uit. Net miskien is dit gerapporteer en geliasseer. Die Klong uit die Karoo het gesê dat dit ‘n te hartseergebeurtenis is vir sulke aantuigings wat miskien verkeerd is.

Marianne ·

Sjoe ALMAL se opinies is sterk en waardevol.
Ek wonder net…. Hoe oud is die baba? En hoe beland ‘n baba wat volgens logika nie kan loop nie, in ‘n revier????
Iets maak nie sin nie, of kyk ek teveel CSI???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.