Boer kritiek ná tweede plaasaanval

’n Boer van Beestekraal naby Brits is tydens ’n plaasaanval in die bors en rug geskiet. (Argieffoto: Maroela MediaUittreksel: Die slagoffer is in die bors en rug geskiet.

“Plaasaanval by Xaxaba Game Ranch. Ek is twee keer raakgeskiet. Reaksie op pad, asseblief. Ek is by my stoor.”

Só het ’n 43-jarige boer in ’n stemboodskap op veiligheidsgroepe om hulp gepleit nadat hy Woensdagaand deur twee onbekende mans op sy plaas in Beestekraal, naby Brits in Noordwes, aangeval en geskiet is.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die slagoffer is in die bors en rug geskiet.

“Die boer, wat self ook gewapen was, het teruggevuur waarna die aanvallers gevlug het sonder om iets te steel,” het Myburgh gesê.

Die voorval het om 19:00 plaasgevind terwyl hy by sy stoor, sowat 800 m van die huis af, besig was.

“Twee verdagte mans het die boer genader en dadelik begin skiet,” het Myburgh gesê.

“’n Naburige boer het die slagoffer te hulp gesnel waarna hy per helikopter na ’n hospitaal in Johannesburg geneem is.”

Volgens Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die slagoffer reeds operasies ondergaan en is tans in ’n kritieke toestand in die Milpark-hospitaal.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” sê Myburgh.

Maroela Media het voorts verneem dat dit nie die eerste keer is dat dié boer deur plaasaanvallers geteiken word nie.

In ’n WhatsApp-boodskap wat op veiligheidsgroepe gedeel is, het die slagoffer se broer bevestig dat hy vroeër vanjaar deur vier verdagtes by sy plaashek aangeval is. Luidens dié boodskap het aanvallers op hom geskiet en gevlug nadat die boer teruggevuur het.

Hy is nie tydens dié voorval beseer nie.

“Ons familie wil graag ons opregte dank uitspreek aan al die betrokke partye op die toneel, asook al die gebede. Hy gaan dit baie nodig hê in die volgende paar ure, dae en weke,” het sy broer op die groep gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anton

Is Cele al oppad?

Werner

En ons boere moet Niks Se nie stilsit dat die kaders ons verniel dit is klaar ons Gaan moet optree Anders Gaan daar Niks oorwees nie white lives matter die poliesie is inelkgeval uselis

Misky

Boere is nou die kroonwild van SA.

Wanneer gaan ons sê genoeg is genoeg en daadwerklik optree?

Pieter

Skrik wakker mense praat gaan ons niks help nie

Hoekom

Die ANC voel vir ons niks en dus moet ons ‘n veer voel vir hulle wette…