Boer kruip na buurman ná plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

Ockert Lombaard, ʼn boer van Lydenburg in Mpumalanga, moes Vrydag in die vroeë oggendure gewond na sy buurman toe kruip om hulp te soek nadat hy tydens ʼn plaasaanval geskiet is.

Pieter Krugel, Lombaard se buurman, het Saterdag aan Maroela Media gesê Lombaard is Vrydag omstreeks 01:00 in sy huis oorval terwyl hy en sy vrou, Jana, geslaap het.

“Vier gewapende mans het deur die kombuisvenster toegang tot hul huis verkry,” het Krugel gesê. “Hulle het na sy slaapkamer gegaan en hom in sy maag geskiet terwyl hy nog geslaap het.”

Die mans het hom uit sy bed uit gesleep en na buite geneem waar hulle hom agter sy perdestalle met rekenaarkabels vasgevind het.

Hulle het sy vrou met ʼn vuurwapen gedreig en gedwing om die kluis oop te maak, waarna hulle die huis geplunder het.

“Die mans het Okkie se vuurwapens, ʼn televisie, selfone en ander waardevolle items in sy voertuig gelaai en vir Jana gedwing om agter die stuur in te klim. Gelukkig wou die voertuig nie aanskakel nie. Iets het hulle die skrik op die lyf gejaag en hulle het met die televisie, selfone en vuurwapen van die toneel gevlug.”

Jana, wat ongedeerd is, het ná die voorval na haar suster se huis, wat ook op die plaas is, gegaan en die polisie ontbied.

Lombaard kon hom intussen loswikkel en het na Krugel se huis, sowat 500 m van daar af, gekruip om hulp te ontbied.

“Ek het omstreeks 03:00 wakker geword van my honde se geblaf. Ek en my seuns het gaan ondersoek instel en op Okkie in die veld afgekom. My seuns het hom na die hospitaal in Lydenburg gehaas.”

Lombaard is van Lydenburg na die Mediclinic Nelspruit oorgeplaas waar hy tans onder verdowing in die intensiewesorgeenheid behandel word.

“Hy is tans buite gevaar. Die koeël is verwyder, maar hy het baie bloed verloor en sy dikderm het baie skade gekry,” het Krugel verduidelik.

Jana is by haar man in die hospitaal.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

anton ·

Maar toe die anc LP geskiet is was die persone baie vinnig aangekeer hoe werk dit ?

franklin ·

Asb mense op kleinhoewes + plase niemand gaan julle help nie. Toe die ANC LP / “CD” JAckson Mtembu geskiet is sondag aand dinsdag was 4 gevang.

ekke ·

Dis juis my vraag onder toe..wat is die kans dat ek tog ‘n lisensie vir ‘n vuurwapen sal kry. Woon buite die dorp geen ander keuse nie!! Mens is vreesbevange nie.

alet ·

Waar is Zuma nou of het hy nog nie die berug ontvang nie word wakker ,hierdie regering is n klomp slap gaxxe.Waar is enige een van hulle gaan besoek hulle ooit die boere in die hosp nee stel nie belang.Maar hulle sal op die sport ster wat dood is se begrafnis wees

ekke ·

Elke nag is ek net banger en banger in my eie huis. Ek weet nie waar ek nog ‘n hek moet op sit in my klein plekkie nie. Die gang is klein, met die hek daar kan mens nie veel beweeg nie. Hoe lank nog? Die alarm is saans aan, maar dit is nie meer genoeg nie! Ek het nie ‘n vuurwapen nie – wat is die kans dat ek een sal kry? Nou vra ek raad…want so in vrees kan mens nie meer leef nie. Ek woon buite die dorp – geen ander keuse nie. Dink julle ‘n vuurwapen is ‘n opsie?

Drieks ·

Dis verskriklik, is bly hy gaan herstel.
Ekke, nee, niks wat ons doen gaan help nie. Dink positief en glo jy sal dit vry spring.
Ons land het in vrees en paniek verander. Die regering kan nie weer die land op die pad kry nie.

Boervrou ·

Dink positief en glo jy sal dit vryspring. Is jou middelnaam dalk volstruis? As jy boer en blank is, is daar n permanente teiken op jou rug.

Elize ·

Dis verskriklik! Mense op plase wat van alarms en honde en veiligheidshekke?

Christo ·

Dis realiteit. Ons woon in Somerset Wes area en het dieselfde uitdagings. Ons het honde, alarms, addisionele bewegings-beams, ligte en hekke. Jy kan positief wees Drieks, maar jy moet voorkomend optree. Ek was al met byl en bakstene aangeval maar genadiglik nog nie met vuurwapen nie.

Ons is aan ons self uitgelewer aangesien polisie nie bevoegdheid of infrastruktuur het nie. Sekuriteits maatskappye is 90% van die tyd betrokke by insidente of verskaf inligting aan skurke. En nog erger ons gemeenskap is nie betrokke nie. Wanneer ons insident het is hulle almal vuur en vlam en dan stelselmatig weer terug na normaal!

Drieks ·

Boervrou, ek en my man is afsonderlik aangeval en baie erg. Ek dink positief en dit help, anders gaan ek mal word, ek gaan loop vir plaasmoorde. Ons is lid van Afriforum, en dankie Christo ek is so voorkomend want ek baie bang en my man meestal weg van huis vir werk.

piesang ·

Nog n anc aanval op boere. Nou sal almal verstaan hoekom die kommando stelsel weg gevat is. Sterkte Okkie en Jana God is met julle.

anita ·

Weereens sal geen skuldige gevind word nie. Groepe staan op vir hulle regte, hulle masjeer daarvoor orals in die wereld, alles is reeds van die blankes weg gevat, en steeds is daar geen enkelling die ons saam kan laat staan en na die parlement masjeer, genoeg is genoeg!…..boere bring weer self die Kommando stelsel terug,! aan Mnr. Lombaard, oorspronklik kom u Hugenote voorvaders uit Lombardye, en die Lombards/baards was nie gewone mense nie hulle was ‘n “Clan” met eie taal die tot op vandag erken word “Lombards” die voorsate staan bekend as “THE WARLORDS” om u bloed gestand te doen na u herstel begin die “Wandeling” en dring aan op ons regte.

Nicki ·

Aangesien ons nie mag wapens he nie. 2 de beste ding. Kry paintball guns wat die harde balletjies skiet. Glo my ons almal begin daarin bele in ons gemeenskap.

carel ·

Mense – kom ons wees eerlik – om te kla help nie regtig nie.

In somige areas is daar tog goeie SAP werk – kyk op die nuusblad van Maroela – in die laaste week is plaas aanvallers suksesvol in die hof skuldig bevind. (ek glo daar is wel ander gebiede waar die SAP niks doen om die skuldiges aan die pen te laat ry nie)

Wat wapens aanbetref – koop een en as jy dink jy gaan sukkel met n lisensie sluit aan by een van die clubs – dit help jou om die lisensie te kry.

gerald vd merwe ·

Met jare se navorsing werk ons alarm ssos volg>
1.Jou vensters kan jy oop los. Indien hy sy kop deur die venster druk word hy geskiet op sy kop met die slag gelykstaande van n hael geweer. Hy word geskiet met paint balls, pepergas en rubber balle. Jy sal hom nooit weer sien jnie. Langs jou bed is radio afstand skote wat regom die huis geinstaller is . Dit klink na n oorlog as die skote okm jou huis geaktiveerword, Skiet jy hom met a vuurwapen gaan jy tronk toe, Ons alarm skote laat hom hardloop nog voordat hy in die huis is.
2. All jou voertuie word automaties radio beheer geaktiveer en kan nie aangeskakel word nie
3 KETEL EN WARM WATER MARTELING. Die oomblik as jy aangeval word met die druk van n knoppie wat jy om jou nek dra sal jou Eskom krag toevoer na jou huis radio beheer afgeskakel word., en kan niie deur die aanvallers weer aangeskakel word nie. Hulle kan nie verstaan waarom die eskom krag af is nien Net die plaasboer sal weet hoa om die krag weer met radio beheeer aan te skakel.
4. HOOF HEK. Indien jou hoof hek vir eneige rede oopgemaak word. Sal die hek radio beheer met jou praat en jou inkennis stel of die hek van sy spoor af gelig word of wat die rede is waarom die hek oop gemaak is. Indie die hek toe gemaak word sal jy in kennis gestel word. Hierdie inligting kan tot en met EEN kilometer werk Daar is nog baie meer.Kry die boere bymekaar en ons komgee julle a demonstrasie . Die transvaal se landbou Unie weet van ons
Kontak Gerald vd Merwe
0833251999 of epos [email protected]

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.