Boer kry 85 van gesteelde trop kalwers terug

Altesaam 85 van Lourens de Jager se kalwers is weer terug by hom op die plaas. (Foto: Verskaf)

Lourens de Jager, die boer van Noordwes wat Maandagoggend tot sy skok besef het dat 98 van sy kalwers op sy plaas buite Vryburg gesteel is, het 85 van dié kalwers teruggekry.

De Jager het Sondagoggend aan Maroela Media gesê die kalwers kon Saterdag in die omgewing van Kuruman in die Noord-Kaap, sowat 140 km van Vryburg, opgespoor word.

“Ek is baie dankbaar.”

De Jager wou egter nie in dié stadium meer inligting rakende die gesteelde vee gee nie aangesien die ondersoek in ’n “baie sensitiewe stadium” is.

“Die ondersoek duur voort en ons soek nog na die ander.”

Lourens de Jager se kalwers wat gesteel is. (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig 98 kalwers is vermoedelik verlede Sondagnag op De Jager se plaas tussen Vryburg en Schweizer-Reneke gesteel nadat die trop Vrydagmiddag nog bymekaargemaak en getel is. Die kalwers is sowat R1 miljoen werd en sou die afgelope Vrydag op ’n veiling verkoop word.

Die veediewe het ’n hek teen die teerpad losgeskroef en voertuigspore is die afgelope week hiér aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adri

Sjoe, dit is goeie nuus. Sal graag eendag die hele storie agter die diefstal wil hoor. Hoop hulle kry die ander 14 ook.

Thelsa

Dis ‘n ‘inside job’. ‘n Persoon wat goed ingelig is, is hiervoor verantwoordelik. Soek maar naby die krip vir die skuldiges.

Pieter

En as hulle die mense vang sal die borg vyf honderd rand wees.

johanf

Dankbaar vir jou, hoop hul vang die skuldiges, sterkte…..

Casper

Hierdie was professional gedoen deur iemand wat dit al voorheen gedoen het en ek glo daar is blankes ook agter die misdaad.