Boer kry ‘geheime’ Google-ballon in die Karoo

Só lyk 'n Google Loon-ballon. Foto: Google Loon/Facebook

Só lyk ‘n Google Loon-ballon. Foto: Google Loon/Facebook

ʼn Boer van die Karoo het op ʼn ballon afgekom wat glo deur die internetmaatskappy Google gebruik word, het Beeld Donderdag berig.

Urbanus Botha, wat nie baie tyd voor die rekenaar deurbring nie, het eers gedink dis dalk ʼn weerballon van De Aar maar kon nie deurkom toe hy die weerkantoor probeer bel het nie. “Die enorme stuk plastiek het my hele skaapsleepwa vol gelê,” het Botha aan die koerant gesê.

Botha het sy buurman, Stoffel Visagie, gekontak, aangesien laasgenoemde daarvan hou om nuwe dinge uit ou onderdele te skep. Visagie se dogter, Sarita (20), het die onderdele bekyk en foto’s vir haar ouer broers, Johan en Bennie, gestuur.

Hulle het die woorde “Google [X]” daarop opgemerk en dit ge-Google. Hulle het vasgestel dat die ballon en ander onderdele deel is van ʼn projek deur Google om permanente internettoegang te verskaf. Dit is glo ʼn semi-geheime toetsprojek genaamd Google Loon.

“’n Ingenieur in Kalifornië het per e-pos gesê die onderdele in my foto’s lyk soos dié wat hulle in die stelsel gebruik. Hy gaan ʼn plaaslike span stuur om die onderdele by ons te kry,” het Sarita aan die koerant gesê.

Botha boer tussen Strydenburg en Britstown.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CAV ·

Wel as jy kon google waaroor google [X] / Loon gaan, was dit gepubliseer, dus kan dit nie eintlik as n “semi geheim ” gesien word nie, want dit is beskikbare inligting…..{ net maar my beskeie mening }

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.