Boer kry in ambulans boodskap van ‘skieter’

Frans van der Linden jr. Foto: Facebook

Frans van der Linden jr. Foto: Facebook

Die boer van die Biesiesvlei-omgewing in Noordwes wat Sondagmiddag voor sy plaas geskiet is, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn rusie oor geld het glo tot die skietery gelei.

Maroela Media het vroeër berig Frans van der Linden jr. (45) is in die arm en been getref nadat ʼn man hom deur sy bakkie se venster geskiet het. Van der Linden het Dinsdag vanuit ʼn hospitaal in Mafikeng met Maroela Media gesels en gesê die skieter het vantevore los stukwerkies op sy plaas verrig.

“Ek het Sondagmiddag by hom verby gery waar hy by die ingang van die grondpad na die plaas vir my gewag het. Ek het nie gestop nie. Hy het vir my vroeër ʼn WhatsApp-boodskap gestuur met ’n versoek om met my te praat, maar ek het toe al vir hom gesê ek wil nie met hom praat nie. ʼn Rukkie later het hy daar by my huis opgedaag,” het Van der Linden gesê.

Hy het gesê die man het steeds aangehou dat hy wil “praat”, maar Van der Linden het vir hom gesê om te loop. “Hy het my toe gevra of ek hom in die dorp kan gaan aflaai en ek het ingestem, want ek het gedink dis die enigste manier om van die man ontslae te raak,” het Van der Linden gesê.

Boere in die omgewing het glo gehelp om die verdagte vas te trek. Foto: Verskaf

Boere in die omgewing het glo gehelp om die verdagte vas te trek. Foto: Verskaf

Die twee mans het in Van der Linden se bakkie dorp toe gery en ongeveer 2 km weg van die huis af het die man gevra Van der Linden moet stop sodat hy kan uitklim. “Toe ek stilhou, het hy na my venster gestap, ʼn vuurwapen uitgehaal en gesê hy gaan my skiet. Ek het nog vir hom gesê hy moet maar skiet, want ek het gedink hy dreig my net en is nie ernstig nie. Toe skiet hy,” het hy gesê. Die eerste koeël het Van der Linden in die arm en been getref, terwyl die tweede koeël, wat glo vir sy kop gemik was, mis was.

Van der Linden het weggejaag in die rigting van Biesiesvlei, maar het op pad daarheen flou geword en deur ʼn muur gery. Hy het uit die bakkie geklim en verder probeer stap, maar ná enkele treë inmekaar gesak.

Van der Linden sê hy is nie heeltemal seker presies hoekom die man hom geskiet het nie, maar hy het in die ambulans weer ʼn WhatsApp-boodskap van hom ontvang. “Hy het vir my gesê as ek hom nie R100 000 betaal nie, sal hy my doodmaak,” het hy gesê.

Volgens Van der Linden het die polisie nog nie ʼn verklaring by hom afgeneem nie, maar hy vermoed dit sal dalk gedoen word wanneer hy uit die hospitaal ontslaan is. Hy het gesê sy wonde is Maandag in die operasieteater skoongemaak en geheg en hy sal na verwagting Woensdag ontslaan word.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar gesê dit was ʼn persoonlike rusie wat tot die skietery gelei het.

Die verdagte, wat Sondag in hegtenis geneem is, sal na verwagting Dinsdag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn. Sy naam sal bekendgemaak word nadat hy in die hof verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Illa ·

Ha, ‘n “persoonlike rusie” – my voet, man! En van wanneer af word ‘n persoonlike rusie met ‘n geweer in die hand besleg? Nee wat, “call a spade a spade”. Uit wat ek hierbo lees (en erkentlik nie met alle feite tot my beskikking) was die sg. loongeskil eintlik maar net ‘n manier om onverdiende geld vanaf Mnr van der Linden te verkry, “by hook or by crook”. Noem dit wat jy wil, maar dit bly ‘n plaasaanval in my oê. Hierdie booswigte het nou weer uit die onlangse mediaberigte afgelei dat ‘n plaasaanval geregverdig is indien dit ‘n “loongeskil” genoem word (dis inelkgeval hoe ek die kommentaar van sommige staatsamptenare interpreteer).

Adele ·

Ek wens mense wat arbeiders in diens neem wil besef dat ‘n R10 of selfs ‘n R200 nie jou lewe werd is nie! Hul intilligensievlak is soos die van ‘n kind wat nie rede verstaan nie en hul brein haak vas by die bedrag geld wat oorspronklik ooreengekom is. As jy ENIGE iets daarvan afrek, behalwe wat hy op swart en wit geleen het, sal hy ervaar dat jy hom te na gekom het en sal ALLES in sy vermoe doen om van daardie gevoel van verlies ontslae te raak, selfs moor! ‘n Loongeskil glo ek is in 90% waar werknemers betrokke was, die oorsaak/dryfveer agter plaasmoorde!

Ruby ·

Adele, jy sterk hulle nou net in hulle kwaad!

Dis absolute snert dat loongeskil 90% agter plaasmoorde is, dit is net ‘n gerieflike verskoning wat voorgehou word as iets anders gebeur het.

Ons en almal wat ek ken betaal wat hulle toekom EN meer. Mense wat stukwerk doen kyk net die doen en late op die plaas en is dan kwaad omdat hulle nie permanent aangestel word nie, dis mos hulle reg.

Dink voor jy praat.

vermeende ·

Nerens in die berig word melding gemaak of dit n wetige of onwetige vuurwapen was waarmee die tydelike werker sy loongeskil wou opklaar nie.
Net SA die.

François ·

Stem Stev. Vir daardie tipe lone gaan ek definitief volenteer vir plaasarbeider.

Koos ·

Jene as n mens moet gaan volgens die hoge polisie offisier is ons in die Wilde weste of is dit nou suide?

Theresa ·

Poging tot moord. KLaar. As die ou wegkom met minder as dit, is dit onregverdig en rassisties. En buitendien – jy is maar vlak in die kop en ‘n gevaar vir die samelewing as jy begin skiet om jou sin te kry of ongelukkig voel oor iets. Alla wêreld – bizarre.

Gesiggie ·

As ek Frans is kry ek 24/7 iemand om na hom om te sien? hierdie man is duidelik so hard up vir geld, en sal enige iets doen om dit te kry?? Belaglik… R100 000.00.. Ek hoop hy word baie vinnig gevang”’ wees maar versigtig Frans.. hy stuur dalk sy Tjommies”’ Sterkte hoop jy herstel gou.

Snip ·

Gesiggie, die ou is Sondag gevang en verskyn vandag in die hof. Ek noem maar net.

pop ·

Adelejys natuurlik reg. En as jy geen geld hoegenaamd het nie is self R10 vir die mense genoeg om n brood te koop. Die man het heel duidelik gevoel hy is te na gekom. Ek hoop die boer het nou die whatts app nog op sy foon. Dit sal al baie help m te wys dit is afpersing en poging tot moord.

Helizna ·

Die brigadier moet aangekla word van nalatigheid by die OKD.

Annie ·

Kom ek help net gou reg met iets. Almal van hulle voel altyd of hulle tenagekom is. Watse nonsens is dit! Ek het n lelike geskil met MTN. So beteken dit dat ek nou na MTN toe kan gaan met n vuurwapen? Hulle het my tenagkom!

Sarel Roets ·

Net soos n Heroin verslawing, is Afrikaners se verslawing aan swart arbeid bitter moeilik om te breek en net so dodelik!

Ons is mos te goed om self die vuilwerk te doen. Ons sal eerder bedel.
Ons reken mos ons is inherent beter as swartmense daarom in net hulle goed genoeg om arbeiders te wees
Ons grootheidswaan laat by ons die persepsie dat die Afrikaners wat wel arbeiders is, swakker moet wees as die gemiddelde swart arbeider, daarom dat hy is waar hy is. Daarom behandel ons Afrikaner arbeid slegter as wat ons, ons swart arbeid behandel.

Intussen sit ons met 400 000 blankes is plakkerskampe. Ons word reg oor die land demografies deur ons eie arbeid uit gestem en ons word vermoor deur ons dierbaarste “Petrus”, “Anna” & “Sofie” wat mos al jare vir ons werk.

As ek ‘n Petrus, Anna of Sofie was sou ek dalk ook moord gedagtes gehad het teenoor arrogante Afrikaners wat reken hulle is te goed om self te werk.

Paul ·

Daar is g’n 400 000 wit mense in plakkerskampe in Suid-Afrika nie. Snert.

Jollie-Jacqueline ·

Jinne Sarel Roets, waar kom jy vandaan? Soos wat jy praat klink dit asof dit reg is dat die boer geskiet is? Het jy gedink voor jy getik het?

Lettie Wolfaardt ·

Paul ek het nuus vir jou: in en om Pta alleen was in 2013 al 53 WIT PLALKERSKAMPE!!!

Paul ·

Lettie Wolfaard, en in nie een van daardie “plakkerskampe” woon meer as so 200 mense nie – inderdaad in meeste van hulle is daar maar so 20 tot 50 mense. Selfs al werk mens op ‘n gemiddeld van 100 mense per “plakkerskamp” gee dit slegs 5 300 mense.
En dis in Pretoria – die plek waarheen die meeste arm wit mense trek wanneer hulle ‘n uitkoms soek eerder as om op een of ander klein dorpie te bly.

Ek was al daar by sommige van die 53 “plakkerskampe”. Daar woon nie derduisense mense nie.

C00lbean ·

Baie g0eie edee!!!
H0EK0M MAAK HELP 0NS NIE 0NS EIE V0LK MET WERK NIE B0ERE?
ASSEBLIEF PRAAT MET MEKAAR EN PR0BEER NET!!!
DAAR IS HEL BAIE VAN 0NS WAT IN PLAKKERSKAMPE W00N EN DAAGLIKS VERL00R 0NS MENSE HUL WERK/HUISE/H00P!
ASSEBLIEF K0M 0NS BEGIN SAAMWERK

E ·

My man het nou vir die afgelope 3 jaar geen verhoging ontvang nie, maar ons sal nie kla nie! kan mense nie dink nie! Die ekonomie is af. Hou jou mond en eet wat jy het, maar nee! die bietjie wat oorbly moet nou oor gekla, afgebrand, geskiet, gestrike en gemoor word. Todat die bietjie wat ons nog aan die lewe hou ook weg is. Maak my siek hierdie aanvalle op boere. Hulle werk so hard, neem mense in diens sodat hulle ook kan leef. Nou word al die boere in die rug gesteek, sien want niks is meer goed genoeg nie! en as ons so kla vat die Here alles weg!

willie ·

more almal in SA wil net se hierdie aangeleentheid maak in die media nou skeiding tussen alle afrikaners moet nie kommentaar lewer nie die media en koerante maak lekker geld daaruit

Sarel Venter ·

Baie geld vir loongeskil……..waar kry los arbeider die wapen????????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.