‘Boer maak ʼn plan’ sal SA vorentoe neem, sê Tony Leon

Tony Leon. Foto: Reint Dykema

Tony Leon. Foto: Reint Dykema

Suid-Afrikaners is taai – dis ʼn eienskap wat uiteindelik tot die sukses van die land sal bydra. Só sê Tony Leon, voormalige leier van die DA, wat as gasspreker opgetree het by Solidariteit se nasionale kongres op 18 Mei.

Ná Leon se gedetailleerde analise van die uitdagings wat Suid-Afrika tans in die gesig staar, het hy gesê die land het vyf belangrike eienskappe wat in sy guns tel, en wat kernbelangrik is vir die sukses van die land.

Die eerste, het Leon gesê, is Suid-Afrikaners se gehardheid en vermoë om te oorleef en vas te byt. “Met ubuntu aan die een kant en ʼn gesindheid van ‘ʼn boer maak ʼn plan’ aan die ander kant kan ons die land vorentoe neem. Mense maak planne en dóén dinge,” het hy gesê.

Die hoë gradering van Suid-Afrika se private sektor deur verslae van internasionale liggame soos die Wêreld- Ekonomiese Forum, die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank is ʼn tweede eienskap wat in Suid-Afrika se guns tel, aldus Leon.

Hiermee saam tel die land se jong bevolking in sy guns. “Daar is baie nuwe jong werkers wat gapings in die arbeidsmark kan vul,” meen hy. “Die belangrike hiervan is egter dat hulle toegang tot die nodige opleiding moet kry om hul plek in die mark te kan inneem.”

Die feit dat Suid-Afrikaanse korporatiewe instansies dit regkry om internasionaal suksesvol te wees, is volgens Leon ʼn derde belangrike positiewe eienskap van Suid-Afrika. As voorbeeld het hy verwys na Naspers en 50 ander soortgelyke maatskappye wat op die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) gelys is en wat die meeste van hul inkomste in dollar verdien.

“Op beleggings- en vervaardigingsterrein is daar vandag meer in Suid-Afrika aan die gang as ʼn dekade gelede,” sê hy.

Leon het die groeiende sterk opposisie vir die regerende party as vierde positiewe eienskap geïdentifiseer. “Die kompetisie wat opposisiepartye die ANC bied is sterker as ooit tevore,” sê Leon. “Selfs politici soos Julius Malema dra by tot die weerstand teen die regerende party. Die DA is vier keer groter as die EFF. As dié party in die komende verkiesing die meerderheid stem in nóg metropole buiten die Wes-Kaap kan kry, gaan ons sien dat die groeiende opposisie ʼn daadwerklike verskil in die land begin maak.”

Die sukses en groei van onafhanklike nieregeringsinstansies ten spyte van regeringsbeleid is die vyfde eienskap wat positief is vir Suid-Afrika, sê Leon. “Daar is sowat 700 onafhanklike nieregeringsinstansies, soos die Suid-Afrikaanse Reserwebank, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, die openbare beskermer en Solidariteit, wat sterk staan en ʼn wesenlike positiewe bydrae tot die land maak.”

Leon het afgesluit deur te sê groot probleme staar Suid-Afrika tans in die gesig, maar dié probleme gee instansies soos Solidariteit die gulde geleentheid om met veldtogte soos die #OnsBou-veldtog, wat by die kongres bekend gestel is, oplossings te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Christiaan ·

En daar wys solidariteit weereens hulle ware kleure. Nee, dankie.

Piet Snot ·

Christiaan, politiek is die kuns van die moontlike. Nooit gedink ek sal Tony Leon en Solidariteit saam sien nie. Politiek maak vreemde bedmaats.
Gaan lees bietjie Sun Tzu se klassieke superboek “The Art of War”. Hy sê o.a. jy moet enige middel gebruik om jou doel te bereik. Al moet jy ook vrede maak met vyande, en tydelike alliansies aangaan.
Solidariteit verstaan dit: hulle veg slim.

Koos ·

Christiaan jy is verkeerd met jou siening daar is geen ander plan of hoop vir hierdie piesang republiek nie en baie van ons moet hier bly waar gaan ons heen

Piet Pompies ·

Stem volkome saam en ek hoop al die kla kouse en doem profete lees die berig.
Trots Afrikaans en lid van Solidariteit.

Veritas ·

Hoekom Solidariteit Tony Leon as gasspreker gekry het, weet nugter. Dit is nie asof hy ‘n gunsteling onder die Afrikaner is nie. Inteendeel hy is een van dié wat die Afrikaner in die verlede probeer ondergrawe het. ‘n Prog in murg en been. Nou wil hy sê ”n Boer maak ‘n plan. Noudat hy besef dat die ou Progge se droomwêreld nie so lekker werk nie, probeer hy die Afrikanerstem swaai na die DA. Hy was deel van die oorsaak van ons huidige ellende. Solidariteit heul nou met die vyand.

Irah ·

In die wyse woorde van Tyrion Lanister: “Make peace with our enemies, not our friends” ;-)

Nita ·

Veritas en Christiaan – het julle ‘n voorstelle wat beter is? As mens kritiser moet jy ‘n oplossing vir die probleem kan bring of ten minste beter voorstelle. Solidariteit en die DA laat nie sommer net oor hulle loop nie. Hulle doen iets vir ons land.

Loeis ·

Nita, dit is ironies dat Solidariteit vir Tony Leon as spreker kry. Solidariteit praat van ‘n Plan B, terwyl Tony Leon hom in 2006 (as ek reg onthou) op Radio Pretoria (wat nou in Solidariteit se hande is) teen selfbeskikking uitgespreek het. Sy woorde was “Dit is nie realisties nie”.

Jou stelling dat die DA vir die land iets doen, is ook problematies. Ja, hulle baklei teen die ANC se manier van dinge doen, maar hul beleid verskil nie veel nie van die ANC s’n nie. Laat ons ook nie vergeet dat dit Helen Zille en haar Black Sash is wie so hard geveg het om die ANC aan die bewind te kry nie.

Solidariteit (wie se koerant hierdie is) doen goeie goed, maar aksies soos bg laat my regtig wonder.

Hendrik ·

Tony Leon maak my ongemaklik. Hierdie liberaliste het ons al die jare gebruik. Met die geweldige swartmeerderheid wat alles oorheers het opposisie minderheidspartye geen rol meer om te speel nie. Hier gaan dit nou oor oorlewing. Ons as Afrikanerminderheidsgemeenskap moet ooreenkomste sluit met werksverskaffers en saam kan ons oorleef en winsgewend wees. Ooreenkomstes soos beste persoon vir die werk. Geen BEEE, “affirmative action” , raskwotas ens. Ek is moeg, siek en sat vir al hierdie politieke gemors. Ons moet soos een man begin en weier om te gaan stem voordat alle nie diskriminerende wette teen ons laat vaar word nie.

Loeis ·

Ons gaan hulle nie uitstem nie, maak nie saak of almal stem, en vir wie ons stem nie. Die laaste kans om by die stembus te WEN was in 1992 se referendum. En toe het mense deelname en ANC regering geskies. Die res is geskiedenis.

Dit gaan nou om oorlewing. Om te stem – en vir ‘n party te stem wat vir jou belange staan – is ‘n druppel in die emmer. Ek vermoed daai voordeel swaai al sterker na VF+.

Blinde Sjambok ·

Loeis …ek het sedert hierdie 1992 Referendum nog nooit ‘n mede Wit- Suid-Afrikaner raakgeloop wat JA (vir oorname aan ANC) gestem het nie. As almal dan NEE gestem het …hoe kon die uitslag 72% VIR verandering (tans ‘vernietiging’) wees…?! Die vraag is dus nie OF die uitslag geknoei was nie …maar waarom?

alida ·

Bravo Solidariteit. Terwyl die anders vuis slaan in die parlement gaan ons afrikaners rustig aan en maak ‘n plan vir ons eie mense. Jammer dat pateet apartheid blameer vir die anargie onder sy eie mense. Wie en wat anders het hy om te blameer. Te dom om te sien dit is sy blote teenwoordigheid wat die vuur aan die brand steek. Jaag die drommel weg !!!

Johan Piek ·

Ek kan glad nie verstaan hoekom Solidariteit n “has been” politikus soos Tony Leon moes kry om so n belangrike vergadering soos hulle kongres toe te spreek nie. Watter verbintenis het hy per slot van sake met Afrikaanssprekendes en wat het hy al ooit in sy lewe gedoen ter wille van Afrikaanssprekendes om hierdie eer te verdien ? Daar is n duisternis van bekwame
Afrikaanssprekende sakemanne, akademici, wetenskaplikes, skrywers, digters, musici, medici en ander om van te kies. Wanneer ek na so n kongres toe sou gaan wil ek my eie mense hoor !!! Julle is nou regtig besig om die boom van die pot te skraap 1

Paplepel ·

Dit het iets te doen met dit wat hulle sê; die vyand se vyand is my vriend. Heul ‘n bietjie met die DA tot die ANC uit die pad is, dan kan ons mekaar weer aanvat.
Nes ‘n klomp kleuters….

Bruno Stef ·

Ek is persoonlik maar skepties oor die teenwoordigheid van Tony Leon en op die koop toe nog steeds n DA lid en spreker op Solidariteit se kongres. Wil hy steun werf vir die DA ? Solidariteit asb hou politieke oppertuniste van watter kant ook al uit ons organisasie hulle gaan net ongelukkigheid veroorsaak en ons mense verder verdeel.

Theuns ·

Ek verstaan die Afrikaners wat versigtig is vir Tony Leon. Ons moet pasop dat Solidariteit, Afriforum nie ook gerysmier word nie! ” Once bitten twice shy!”

vermeende ·

DA!!???
Nadat die DA vir Verwoerd wil verantwoordelik hoe.
Tony het mos ook so lekker saam ge-strugle.
Hoekom moet die boereplan nou weer nader getrek word, ons is die minderheid wat kan ons vermag?
Wanneer sal die liberaliste tog leer.
Die Pope het dit so mooi gestel dat demokrasie nie vir alle lande is nie en dat politieke kultuur inag geneem moet word.

Solidarieteid, julle moet net onthou, verraad kom altyd eit eie geleder en die feit dat ieman jou taal praat maak hom nie een van jou nie.
Net die feit dat julle vir Tony gekry het se vir my dat julle Afrikaans hoer ag as die mense wat dit praat.
Staan op vir die onderdrukte blanke bevolking en die taal sal volg.
Ons mense is vuisvoos geslaan.
Kry volgende keer iemand wie sy oog op ons mene hou en nie afwyk nie, en nie iemand wat sy oog op Mandela se stoel gehad het en vir ons volk gelieg het om hulle stem tekry om die Weskaap te kon verower nie.
Die DA poeg nou al vir 20jaar met die ou NP se kallers en die ANC se beleid.

Rynhardt ·

Tony Leon praat van n sterk opposisie.Solidariteit jou Tony Leon praat van n sterk opposisie, se hy moet vir jou duidelik uitspel oor hoekom hul bestaan uit Anc-faksies? VERDER HET LEON NOG NOOIT REGSTELKENDE AKSIE VEROORDEEL TEEN BLANKES NIE! SOLIDARITEIT VRA JOU GAS WAT HET DESTYDS GEWORD VAN SY “FIGHTING BACK”VERKIESINGSVELDTOG TEEN ANC? Ekskuus hy het daarna sommer verdwyn.Jammer, maar ek val nie vir soludariteit en Tony Leon nie.

Grassie ·

Leon het kliphard saam met mede-liberales help werk om ons land in die gemors te laat beland waarin ons nou is. Ek ondersteun Solidariteit se planne maar hulle moet versigtig wees watter bedmaats hulle in die proses betrek. Dit kan baie voornemende deelnemers se entoesiasme laat afneem. Ek sal nie graag met die vyand van my volk in dieselfde juk wil trek nie.

Flippie ·

Ek is lid van Solidariteit en van Afriforum. Al baie lank. En ek kry al meer die idee dat soos die twee organisasies groei daar ‘n parralelle maar vinniger groei van liberaal gesindes in die organisasies is.

Ek is seker dat dit deel van die organise groei van die organisasies is. Wat net vir my onverteerbaar is van die soort van ding is dat die organisasies dan hulle ou beginnerlede ontgroei en later versaak.
Daar is legio voorbeelde hiervan in die verlede.

Miskien is Solidariteit en Afriforum nie vir behoudendede Afrikaners nie, maar vir die verligtes.

Johan ·

Flippie: Jy het mooi die politieke stereotipe van die Afrikaner geskiedenis opgesom. Ek raam dit sommer en hang dit in my kind se kamer op.
Elke organisasie begin mooi, met beginselvastheid en offervaardigheid. Sodra die liberale humaniste sien hulle raak ‘n mag om mee rekening te hou, dan rysmier hulle… Dit het gebeur met die Broederbond, Sanlam, Volkskas, NG Kerk en die NP. Dit sit nie reg dat Tony Leon deur Solidariteit’ n spreekbeurt gegee word op hulle platform nie… Ek wil vir behoudende konserwatiewe Calvinistiese Afrikaners waarsku: hou julle harte vas. Hier kom dalk weer ‘n seerkry oomblik…

Berhalet Beukes ·

Boer maak ‘n plan? Moet boer aanhou plan maak vir ‘n regering wat bly steel? Waar was jy die afgelope paar jaar Tony Leon? Die jongmense wat “die mark kan vul” kry alles op ‘n skinkbord en het nie ‘n idee wat harde werk is nie! Hulle weet van bekkig wees, ja! Die Reserwebank behoort aan die Rothschilds, so die bydrae wat hulle lewer is vir eie gewin. Jy noem goed wat my onmiddelik afsit want die verskuilde agendas agter julle politieke speletjies is wat ons in die eerste plek in hierdie gemors laat beland het.

Skatimyr ·

Kyk mooi wie die DA/Progge is, en kyk wastse destrukiewe effek hulle op die Afrikaner gehad het. Dit lyk asof Solidariteit al lankal geinfiltreerd is maar dit begin nou eers wys. Jammer dat die Arikaner nie deur dit kan sien nie, maar pasop hulle leer vinnig.

PIETER ·

Eks jare lid van solidariteit en afriforum en is dankbaar vi wat hul al reggekry het ,hul veg vir regverdigheid en dis al , wees asb dankbaar vir die organisasies ,dink hul weet wat hul doen

vermeende ·

Pieter, gaan se dit gerus vir die wit polisieman van die Vrystaat wat solidriteit jare terug genader het om hulp oor hy nooit bevorder is nie. Solidariteit het hom mooi gehelp met n sorry en hy is uit die SAP uit.

Kyk, Solidariteit is nie daar om ons te help nie maar daar om geld te maak en sy aansien te vergroot met handgekieste sake vir die doel.

Die polisieman is my broer en ook nie meer lid van Solidariteit nie.

Janneman ·

Dit is bewonderingswaardig wat Solidariteit en Afriforum doen maar ons getalle kan nie n tsoenami weerstaan nie. Onthou asb dat Zimbabwe ook sterk boere gehad het – en die wereld het weggekyk toe die meerderheid verwoesting gesaai het.
Hier by ons is n stadige, sluimerende volksmoord aan die gang, dit is nie meer eers nuus nie – dokterspraktyde, kerke, huishoudings, plase word wreed aangeval, grondbesettings vind daagliks plaas en word aktief(en sonder teregwysing ) aangehits, boere ontvang uitsettingsbevele en dreigemente op hulle private selfone, ens. Die politiek korrekte media hang dit nie aan die groot klok soos gedoen is met apartheid nie. Die koue oorlog is verby, die weste het nie meer n saak met ons nie.
Malema en trawante moet ernstig en baie hard in die bek geruk word – hulle stook aktief en ongehinderd aanvalle op boere en besetting van grond.
Ons getalle is eenvoudig te klein om enige impak by die stembus of elders te he – ons enigste opsie is belasting weerhouding tot daar gestaak word met opstoking van geweld, raspolitiek en volksmoord. Delarey Delarey………..!!

Oom Kalahari ·

@ Flippie, stem heelhartig met jou saam. Mnre Tony Leon se gif as liberal versprei nou verder en is ‘n agent vir DA. Ek is al jare verbonde aan Solidariteit en Afriforum en hoop nie hul is besig om ook nou buiging tot voete wassery te openbaar nie asb. Het ‘n video bekom wat die DA se werklike kleure uitlig en nee dankie ek en familie sal hierdie keer maar reg besluit vir my VF+

Marius ·

Die probleem is dat Verwoerd en kie die bevrydingsorganisasies in die arms van die kommuniste ingejaag het. Natuurlik het hy vir baie van die gemors gesorg. Dis waarteen die progge/sappe sedert die 30s gewaarsku het. Ja, ek het nee gestem in 92, maar ek het ook besef hoe ons eie ideologieë ons in een rigting gejaag het. As daar nie so lank gewag was nie sou die kommuniste nie hulle kloue in die ANC en ander organisasies ingeslaan het nie. Ons het ons eie gat gegrawe. Meeste mense besef dat demokrasie die enigste oplossing was. So sleg as wat ons dit nou ervaar die ander opsie was bloedbad. Ek het gehoor as ‘n seun hoe die skote in die townships klap as daar opstande was. Ons almal was benoud, maar baie het nog steeds met ‘n vals sekuriteit geleef. Ek dink mense moet uit hul boerestaat – droom wakker word, want dit was al alternatief in 92. Weet nie waar nie.

vermeende ·

Marius dit gaan my verstand tebowe hoe julle die bloedbad van vandag net so kan aanvaar en frees vir die “de klerk” bloedbad wat nooit was nie en moontlik ook nie sou gebeur het nie.
Ons het die 6de sterkste weermag in die wereld gehad, die rede dat jy die skote in die lokasies gehoor het was tedanke aan die weermag, burgermag en komando’s wat die geweld daar gehou het.
Julle moet weer voor die apieel gaan staan en mooi kyk…..jy is wit en onwelkom hier, die boerestaat droom is die enigste plek waar jy veilig sal wees maar soos jy se, dis n droom en die regering sal ons nooit behandel soos ons hulle behandel het toe Verwoerd tuislande gegee het.
Die liberaliste met hulle NSA Itopia-droom darem……NET N DROOM SOOS DIE BORESTAAT.

Marius ·

Dit gaan my verstand te bowe dat enigiemand kan dink dat om namens ‘n ander bevolkingsgroep besluite te maak aanvaarbaar is. Die rede waarom paswette reeds in die 1940’s vetslap was, was om goedkoop arbeid te kry. Jy kan hier bly om te werk terwyl jou gesin in die arm tuisland agterbly. Eindelose sosiaal maatskaplike probleme het gevolg as gevolg van hierdie wetgewing. Vrou en kinders in die township en by die huis in die arm tuisland, waar die regering dobbelplekke toegelaat het, om ons sondetjies darem uit die land te hou. Die probleem is dat dit altyd op die witman se terme gedoen is. Asof enige regdenkende mens kan dink dis reg. Verwoerd was een van die grootste tweegesigte. Gebruik swart mense om jou ekonomie wêreldklas te maak, maar vertel vir hulle hoe goed jy as baas eintlik vir hulle is, terwyl jy belastinggeld uit veral myne totaal disproporsioneel aanwend vir die ontwikkeling van blankes. As Afrikaners selfbeskikking wou gehad het moes almal nog voordat een swart man as arbeider in myne en fabrieke gebruik was reeds ‘n 100 jaar terug, of nog selfs voor dit totaal en al outonoom gewees het. Die probleem is dat swart mense selfs met die groot trek saamgekom het om die vuil werk te doen.

Marius ·

As die Afrikaner ‘n totaal onafhanklike boerestaat wou gehad het moes hy al voor die groot trek besluit het om die swart volk wat saam moes trek vir die arbeid by die huis te los. Dis waarom ek glo dat ons as Afrikaners maar moet erken dat goedkoop arbeid heeltemaal te lekker was. Dis waar die probleem eintlik lê. Daardie ongenoemde twintigduisend swart mense wat saam met hulle base in die konsentrasiekampe omgekom het, het meestal as goedkoop arbeiders saam die binneland ingetrek of is deur boere op plase ingeneem vir arbeiders. Ons probleem was juis ons gebrek aan beginselvastheid, want swart mense was gebruik as ‘n “convenience”. Ek weet jy gaan met my verskil maar as ek ‘n swart man was sou ek ook ‘n deel van die koek wou hê. Afrikaners wou nou maar eenmaal hul brood aan albei kante gebotter hê. Die probleem was nie de Klerk nie. Die probleem was ons almal se voorouers en hulle onbesonne besluite.

jong man ·

Nou sien ek al die ja stemmers! Maak maar vriende met jakkals dan huil ons almal weer!

Jdp ·

Ek voeg my stem by die Solidariteit lede wat gesprek
en samewerking met tony leon en fw de klerk verwerp- terloops die feit dat ek hulle name in kleinletters spel is nie n gramatika fout nie dit is die minagti ng waarmee ek hulle bejeen

Johan Piek ·

Ek kan glad nie verstaan hoe dat Solidariteit n “has been” politikus soos Tony Leon kon vereer met n uitnodiging as spreker op hulle kongres nie. Wat het hy per slot van sake al ooit vir ons Afrikaanssprekendes gedoen en waar was hy al die tyd ? Daar is n duisternis van bekwame en selfs beroemde Afrikaanssprekende sakemanne, wetenskaplikes, medici, taalkundiges, opvoedkundiges, skrywers, noem maar op om van te kies. Indien ek ooit na so n kongres toe sou gaan wil ek van my eie mense hoor en hulle siening van die pad vorentoe !!! Moet tog asseblief nie nou ewe skielik polities korrek wil raak nie. jULLE IS NOU REGTIG BESIG OM DIE BOOM VAN DIE POT TE SKRAAP ! Ter loops, ek is nie eenogig nie en het agt nuus netwerke op my foon.

Brakpanner ·

Die meeste kommentators is inderdaad ongelukkig met die spreekbeurt van TL. Ekself is AfriForum lid en waardeer hul positiewe bydrae. Die vrese van diegene hierbo is beslis geldig en niks kan daartoe bygevoeg word wat nie reeds relevant is nie. Dit sou goed wees as Solidariteit ons as lede van hul verskeie inisiatiewe kan inlig wat Tony Leon se siening is oor die DA van tans se ondersteuning van al die rasgebaseerde wette, om steeds onbepaald rondom ‘n afsnydatum, die Afrikaner spesifiek uit te arbeidsmark te hou en hul vermoë om as werkskeppers sonder staatsinmenging deur wetgewing te verhoed om ondernemings te vestig sou hulle nie swart venootskappe met beherende aandele betrek nie, dit terwyl hulle die meeste en soms selfs die grootste risiko moet dra.

Brakpanner ·

Selfs Malema verstaan dat as ‘n groep nie ekonomies vry is nie die ander ideale rondom vryhede slegs drome bly en dat dit niks baat as mens dit nie kan finansier en uitbou nie. Ek begryp dat betalende lede van hierdie organisasies geen reg of vermoë tot wat mag lyk as voorskriftelikheid het nie en dat besluite rondom wie mag spreekbeurte kry of nie suiwer by ďie diskressie van die bestuur lê, sonder dat hul nodig het om dit te verduidelik aan lede of enigsins toestemming vanaf lede hoef te kry daarvoor. Lidmaatskap is vrywillig, maar antwoorde sal welkom wees.

Brakpanner ·

En ek glo dat die meeste wat hier kommentaar gelewer het dit sal waardeer, asook diegene wat uitgewys het dat dit ook goed is om wel met diesulkes in gesprek te tree sal dan ook meer duidelikheid hê rondom TL se oortuigings m.b.t. die rasgebaseerde demografies gedrewe wetgewings rondom SEB ens. Wat wel vir my positief is, is die feit dat TL intens bewus is van die enorme penarie waarin almal in SA verkeer en die feit dat hy Solidariteit as organisasie met al sy filiale invloedryk genoeg ag om deel te kom neem het aan die gesprek. Dit spreek boekdele, aangesien dit vir ons wys dat die regerende party self ook die magsblok wat Solidariteit in veral die laaste dekade gemonster het begryp en nie ligtelik opneem nie. Ek sal dus uitkyk vir moontlike terugvoering. Dankie ook dan vir die goeie werk wat julle wel doen namens so baie van ons wie geen ander platform tot protes het nie en al die mooi en positiewe selfdoen en -bou aksies en inisiatiewe.

John ·

Tony het dit moontlik eerder ten doel om Afrikaners terug te lok na die DA. Hy was immers voorheen die leier. Helen het nader beweeg aan die blankes, maar nooit hand om die lyf gestaan nie en later weer van baie ontslae geraak. Tony kan niks vir die Afrikaners doen nie, Hy is nie eers ‘n gesiene spreker by die huidige DA nie. Ons sit met ‘n immer groeiende massa mense in die land. Dit is ons basiese probleem. Massas jongmense, kinders op skool en kleuters. Indien die swart bevolking minders was, was hulle lewensstandaard nou hoog. Almal praat in die sitkamer (en op die verhoog) oor hoe mooi en goed dinge vir die toekoms lyk, ma en pa baklei in slaapkamer oor of hulle ‘n nuwe motor moet koop of nie, maar die pap skroei aan in die kombuis en die kinders sit en wag om te eet.

Marous ·

Trapsuutjies klim nou in die enigste boom wat nog blare het , en verander sy kleure om in te pas . CameLEON , wie probeer jy beindruk ?

John ·

Marius, daardie swart mense wat glo ook in kampe was, was nie saam met die blankes nie, maar so gekla, was dit nie dalk 40, 000 nie. Hulle het nog altyd swaarder gekry as die wittes so hulle moes baie meer gewees het.. Die swart mense het destyds feitlik niks gehad nie, nie eers klere nie, toe ons hier aangeland het. Hulle het toe die Trekboere in die noorde aanland, om die wit plase en dorpe vergader en werk gesoek vir kos. Hulle het dit gekry en ook opvoeding. Jammer dat die Boere so suining was met die sakke vol goud en diamante wat hulle uit Europa saamgebring het, maar jy weet mos hoe sleg en lui die Boere, (met hulle aaklige taal) was en steeds is. Die Boere het juis weggtrek uit die Kaap waar slawe vollop was, om maar noord ‘n eie potjie te krap… en raai wat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.