Boer met panga op plaas aangeval

Argieffoto

ʼn Boer van die Heidelberg-gebied in Gauteng moes ʼn noodoperasie ondergaan nadat hy Woensdagaand met ʼn panga buite sy huis aangeval is.

Sers. Harry Manaka, woordvoerder van die polisie, het gesê Jack Botha (76) is tans in ʼn ernstige, maar stabiele toestand in die Life Suikerbosrand-hospitaal.

Volgens Manaka het Botha omstreeks 23:30 gesien dat die veld buite sy huis brand. Hy het hulp van omliggende boere ontbied en uitgehardloop om die brand te blus. “In sy haas om by die vuur te kom, het hy sy motorhuis oopgelos,” het Manaka gesê. Met Botha se terugkeer, is hy in die motorhuis deur ʼn onbekende man met ʼn panga oorval.

“Die man het van nêrens af gekom en begin om hom met ʼn voorwerp, vermoedelik ʼn panga, aan te rand. Botha het ʼn groot sny van omtrent 20 cm op sy kop opgedoen en verskeie kapwonde op sy hande,” het Manaka gesê. “Hy het terugbaklei en om hulp geskree, en die aanvaller het te voet gevlug.”

Manaka het gesê omliggende boere het vinnig op Botha se hulpkrete gereageer en na die aanvaller gesoek, maar kon hom nie opspoor nie. Botha is na ʼn hospitaal gehaas waar hy ʼn noodoperasie moes ondergaan.

Manaka het gesê niks is tydens die voorval gesteel nie. ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Netta ·

@Cryosphear …. wat probeer jy met jou kommentaar sê? Of die gedeelte van waar die boer aangeval is voor of na die werkwoord kom, maak nie saak nie; die sin is steeds konstruktief en duidelik.

Van der Merwe ·

Netta – dis maklik. Dit klink of die boer die panga gehad het . . .

petro ·

Die goed om hulle eie portuur aan te vat want hulle weet hulle sal hul moses teekom hoekom bejaardes aanval

Annie ·

Die ou het seker ook die veld aan die brand gesteek – geweet die boer sal uitkom en hom toe oorval. Doodstraf moet terug – so kan dit nie meer aangaan nie. Sterkte aan die boer hoop hy sterk vinnig aan.

al ·

My selfde gedagte. Sterkte aan die boer, ek hoop hy sterk gou aan.

Netta ·

Om die doodstraf terug te laat kom, sal al die splinter-partye soos die DA, EFF, COPE, IVP, VF+ ens bymekaar moet staan, sodat ‘n twee-derde meerderheid verkry word in die volgende nasionale verkiesing, sodat daar gewerk kan word aan ‘n referendum en die prosesse rondom die verandering van die Grondwet – afskaffing van die doodstraf is ingeweef in die Grondwet en kan nie summier weer ingestel word deur parlementêre debat of die voorlê van ‘n voorgestelde wetgewing nie. En, sou dit heringestel word, moet doodstraf summier wees, soos in die ou dae of in die Middel-Oosterse lande. MAAR …. met die regering tans soos dit is (so korrup en self misdadig), sal ons REGTIG ons lot aan die regsbank wil oorlaat en moontlik doodstraf opgelê kry, waar daar ‘n kans is dat iemand onskuldig aan kapitale straf-misdaad is? Ek het vertroue in ons regsbank, maar nog nie soveel dat ek nou al sal stem VIR doodstraf nie. Miskien as daar ‘n ander regime aan bewind kom en prosedures korrek gevolg sal word, ja – dan eers!

Lourens ·

Dis n taktiek wat so jaar terug by ons gebruik was, steek die veld aan die brand en wag dat mense uitkom, nog n groot rede hoekom voorbrande baie belangrik is, en as jy iets sien, is dit beter om mense verkieslik veiligheids manne van buite af in te laat kom, moet nooit uitgaan nie, NOOIT.

HANNIE ·

Groot dank aan al die boere wat help soek het…… maar, waar was die polisie, wat het hulle gedoen om te help! WEER AFWESIG tydens ‘n plaasaanval!

Boswyk ·

Dit was vroeg in die oggend, die polisie was baie besig om hulle oe te laat rus !

Gert ·

Gaan hierdié boer se familie ook deur regeringsamptenare bygestaan word????????????

Netta ·

@Gert – ha-ha-ha!!!!!! Jy soek mos nou wors in ‘n hondehok, ou maat!

Hendrie Schalkwyk ·

gaan die arme Blanke plaasboer ook nou die bystand en hulpbronne van dioe Staat kry soos in die geval van “Eskom kantoor” debakel? Vra maar net

Theresa ·

Die panga kapper het tien teen een die vuur begin om die boer na buite te lok. Polisie kan maar tussen die bosse soek – seker weer aan’t wegkruip of lê lui-lekker iewers in die son en bedink die volgende get rid of joppie. Dis mos nou wat gebeur? Aanmoediging om geweld te pleeg en af te maai wat gekies word. Waar is die Mense regte kommissie wanneer daar so luid en baldadig geskreeu word (met of sonder ‘n mikrofoon ver te hoor) dat daar sekere dade gepleeg moet en gaan word teen sekere mense. WAAR IS JUL vir ‘n antwoord aan duisende wat vra????? Stilbly is saamstem, so wanneer hoor mens ‘n piep hieroor?!!!!!

BOLANDER ·

Stortkop moet vir die wittes vertel wat hy teen ons het!!!!!!! Asseblief, dit is voor die hand liggend!!!!!!!!!!!!!!!!!

Le ·

Het hy gister in Parlement glo gesê dat hy die een is wat ‘opkom’ vir blankes en daarby ook al die gewone heuningkwas smeerdery gedoen; gewoonlik net wanneer hy wil hê ons [lees blankes] moet stilbly en/of hom ondersteun.

Rynhardt ·

Daai brand was opsetlik gestig om boer na buite te lok! Boere moenie val vir hierdie brande of geluide saans buite by jou skuur nie, want hulle gaan jou voorle.As jy brande sou opmerk, ontbied dadelik hulp as wat jy ondersoek self gaan instel, want dit gaan n lokval deur moordbendes wees vir jou. Plaasmoordenaars is uitgeslape!Hulle weet hoe om jou uit te oorle! Onthou jy bly in n uiters gevaarlike land waar jou lewe niks werd meer is nie!

L Venter ·

Ek is nie iemand wat graag kommetaar lewer nie maar elke persoon in Suid Africa of jy in dorp of op plaas bly moet ten alle tye gereed wees vir persoonlike aanvalle. Dit gaan lankal nie meer oor politiek of vel kleur nie dir is maar net n dekmantel voor ons oë dit is plein terrorisme wat plaas vind en dit kan enige plekke gebeur dit is net dat die boere op plase die maklikste is en ek kan my verstout en vrae wie is agter die gebeure wie bevons hierdie mense of sal ons dalk vrae watter land ek self is nie te vinde vir die moorde nie maar die by robleem is die polisie en die weermag is te min om elke persoon 24 /7 veiligheid te bied ons sal maar op die einde van die dag mekaar moet help om veiligheid te bevorder

foxi ·

Almal kla dat die doodstraf terug gebring moet word…….die doodstraf is wel terug gebring……ons land is vervuil met laksmanne!

Tracer ·

De he1 met FW en Zuma en die hele Nuwe SA!

Skrik wakker mense!!!

Slaggereed ·

2 getroue metgeselle moet wees groot kwaai hond altyd aan sy en Daai skietdingetjie gelaai onder die blad. Die Skepper weet ons moet altyd gereed wees. Die bose is oral.

Helene ·

Eindelik kommentaar van my geplaas>
Sal graag wil weet of daar ook ander is wat sukkel om kommentaar geplaas te kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.