Boer met pik aangeval op kleinhoewe

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Boer van Mpumalanga is per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg gevlieg nadat hy Saterdagoggend op ʼn kleinhoewe buite Emalahleni (Witbank) met ʼn pik aangeval is.

Mike Botha (45) is omstreeks 08:00 op die kleinhoewe tussen Witbank en Middelburg, waar hy met groente boer, aangeval. Hy het ernstige wonde aan sy bene opgedoen, asook snywonde aan sy hande soos hy homself probeer verdedig het.

Willem Botha, Mike se broer, het aan Maroela Media gesê ʼn goeie vriend van Mike en sy dogter het op die kleinhoewe gekuier toe die aanval gebeur het. “Soos ons verstaan, het die vriend en sy dogtertjie, wat omtrent so sewe jaar oud is, uit die huis gestap na ʼn plek waar Mike varkies aanhou. Die twee mans het hulle oorval, maar die vriend kon daarin slaag om hulle af te weer. Hy het net sy dogtertjie gegryp en gehardloop,” het Willem gesê. “Toe Mike uitkom, het die aanvallers hom oorval.”

Volgens Willem was die aanvallers twee van Mike se werkers. Hulle het Mike in hul woonkwartiere naby die huis ingesleep en hom daar aangerand. Die aanvallers het met Mike se wit Ford Ranger-bakkie, selfoon, beursie, vuurwapens uit die kluis en verskeie huishoudelike items op die vlug geslaan.

Mike is Saterdagmiddag per helikopter na die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg geneem, waar hy geopereer sal word.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê ʼn soektog na die aanvallers is van stapel gestuur, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê sake van voertuigdiefstal en aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek. Volgens Hlathi kon Mike se voertuig nog nie opgespoor word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Gus Dry ·

So gaan dit dag in dag uit .altyd n plaasaanval erens in die land .

Annie ·

Die aanvalle is nou al so algemeen mense lees dit en gaan net na die volgende besig. Sad. Ek wonder wanneer gaan ons mense ook begin in opstand kom. Paaie blokkeer en opmars na die heersende party en eis dat daar nou iets daadwerklik gedoen word teen aanvalle. Nie net plaas aanvalle nie maar teen enige aanvalle deur die gemors van die lewe. Suurstofdiewe. Vandag was daar in Edenvale weer ñ aanval op 2 bejaardes. Dit haal nie eers die nuus nie. Dit word so algemeen. Wens so ons het ñ Delarey gehad wat ons kan lei.

johnny_walker ·

dit is waarom ek altyd n pistool by my het , dag en nag

Haan ·

Baie goeie voorbeeld wat meneer stel. n Pistool in die kluis is soos n longdrop IN die huis…nl Stupid

JC ·

Ek wens almal wil dit doen johnny, dit is waarom aanvalle so dikwels gebeur; want die ouens het NIKS om hul mee te beskerm nie, dit le in die… kluis. Hoe kortsigtig kan mens wees??

Raad ·

Vuurwapens in kluis? Dra jou wapen aan jou lyf 25 uur per dag en 8 dae per week. Dit lyk vir my of die pik ook ‘n piksteel gehad het.

Lien ·

Hoe registreer hulle diefstal van voertuig en aanranding? Die klagtes is gewapende roof en poging tot moord. Finish en klaar.

Drikus ·

Verseker Lien. Dit gaan mens se verstand te bowe dat hulle enigsins ‘n ander klagte kon formuleer. Dubbele standaarde, sonder twyfel. Die ouens het nie KFC kom koop nie. Wanneer jy iemand met ‘n pik slaan, is dit om dood te slaan. Nog te meer as dit twee aanvallers teen een is.

danie ·

Ek twyfel in die geval anders sou hulle sy kop en bolyf ook geslaan het.

pietie ·

Stem saam. Dis poging tot moord
Weereens dubbele standaarde

Robert Naude ·

Dit is n minder ernstige aanklag en word dus nie ondersoek nie.
Dit is hoekom daar niks van kom nie.
Dit gaan net argief en statistieke toe.

Chrisjan ·

Het hulle dan nie ‘n midband radio om hul plaaswag lede mee te aktiveer in so geval nie?Soos Johnny Walker se,hand wapen moet aan jou sy gedra word 24/7.Ek doen dit.
Alle sterkte vir die boer met sy herstel.

Lorieka ·

Wat de hel dra n wapen skiet iemand Dan sit jy in tronk gaan ons regarding net toekyk Ai dit ruk hand uit

Cherokee ·

Lorieka…., dit is lankal handuit.. en ons behoort landuit.

johnny_walker ·

mense moet asb ophou om die leun dat jy tronk toe gaan as jy iemand skiet terwyl jy jouself verdedig te probeer regverdig , eerstens meeste mense wat moord pleeg pleit self-verdediging , en selfs van hulle kom daarmee weg , wat jou net wys hoe swak die leun werklik is
tweedens , julle hoor van die aanklag en dan aanvaar julle sommer net dat die regter die persoon skuldig gaan bevind , my liewe vriende , dit is die polisie se werk om aanklagtes te ondersoek , dit is n regter se werk om te besluit of jy skuldig is of nie , as jy by die reels bly en jy trek nie sommer net die sneller trek vir die grap nie , daan gaan jy nie tronk toe nie.
as jy n handwapen dra , maak seker jy ken die wet , bly kalm as jy in so situasie betrokke raak en bel altyd eers jou prokereur voor jy enige verklaring afle of enigiets sê , dit is jou reg

Ria ·

….en dan skree mense nog om die doodstraf terug te bring?! Wie dink hul sal dit opgele word? Beslis nie die wat dit verdien nie maar jy wat jouself verdedig het…..

JC ·

Presies johnny, cherokee, asseblief ons SAL NIE ons vaderland los nie!!

Buurman ·

Geagte Maroela Media

Waar ookal julle die inligting gekry het is ‘n pot snert die aanval het wel gebeur 12 uur die middag geen items fone of gewere is gevat nie slegs die bakkie is gesteel.

SACCW Witbank was eerste op toneel en wil almal bedank vir hulle baie vinnige reaksie

Groete
Buurman

Mariné Lourens ·

Dagsê Buurman

Dankie vir jou kommentaar. Die inligting soos in die berig vervat het ons vanaf die slagoffer se broer gekry. Dit is ook deur die provinsiale polisiewoordvoerder bevestig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Leahim ·

Soos gewoonlik en ek wed jou die ware feite is dit is n saak van poging tot moord en nie aanranding dankie buurman vir die ware en feite inligting .

Spyker ·

Asb boere,ek smeek julle, stel maar liewers julle eie soort aan . daar is baie in die wit plakkerskampe wat hopelik wil werk. Soos die engelse gesegte ook gaan “trespassers will be shot…..survivors will be shot again.” Sterkte aan al die betrokkenes

Helen ·

Dis waar. Ek het net nie geweet hoe om dit te stel sonder om in die moeilikheid te kom nie.!

Ou doepie ·

Julle HKGK die mensies het n plan gaan on s almal uitmoor aai tog gee asb jul harte en lewe oor aan Jesus Christus wat vir ons sondes gesterf het ons bid dit my God inJESUS SE NAAM

Cherokee ·

Vele van ons bydraers het dieselfde pad as jy geloop, so moet nie alleen voel nie.

AL ·

Amen! Keer jul na die Here in alle opregtheid en Hy sal Sy beskermengele na jul stuur.
Bid ook dat die politiek in hierdie land verander na n beter lewe vir almal.
Wees paraat en observerend.
Mag God Sy seën en genade oor julle boere hou.

Meatloaf ·

Komaan, twee teen twee geveg. Hulle het gewen, ons het gehardloop.

Ada ·

Laat blankes op die plase werk.Dit kan dalk help vir beskerming want jy kannie meer die huidige plaaswerkers vertrou nie.Dit is oor en oor bewys.Daar isbaie blankes sonder werk.

JC ·

Weereens stem ek saam Ada. Afriforum moet so ‘n “kibboets” tipe stelsel in die lewe roep, anders moet ons Afrikaners dit maar self laat realiseer! Voor die ABO was daar altyd bywoners op die grondbesitters se plase, en toe het dit oraait gegaan!

Pampoen ·

Onderstaande is “n gedeelte van die laaste paragraaf van die berig, ek wil weet hoekom word net sake van voertuigdiefstal en aanrading met die doel om ernstig te beseer, ondersoek? Hoekom nie poging tot moord nie? Ek dink maar net aan die doodskis- en KFC voorvalle, waar hulle tot poging tot moord aangekla is en in doodskis voorval ook so skuldig bevind is.
Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê sake van voertuigdiefstal en aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek.

danie ·

In die doodskis geval het hulle gedreig dat hulle die ou gaan doodmaak en toe inderdaad begin met die aksie om hom in die kis te druk, die deksel toe te druk en te sê, bring die petrol dat ons brand steek (dis genoeg vir ‘n klag van poging tot moord). Die poging tot moord klag in die KFC geval lyk vir op die oog af belaglik maar dan beskik ons ook nie oor al fie feite nie. Dit lyk vir my in hierdie geval is die man net op die bene geslaan met die pik.

Willem Grobler ·

@danie – So, ek skiet na iemand en tref sy oor – jou argument is dan dat ek net van aantanding aangekla kan word?? Is jy net dom of hou jy jou opsetlik onnosel?

vytjie ·

SPYKER u kan nie met ‘n Beter voorstel vorendag gekom het nie.

Andrea ·

Stem saam, maar is hierdie mense bereid om te werk op die plase, hoewes?

Melanie ·

Net een vraag wanneer gaan ons opstaan teen die dubbel standaarde wat die regering handhaaf bv :kfc en coffen cases poging tot moord, boer word aangeval beseer dit is net aanranding met doel om ernstig tebeseer .Wanneer is dit genoeg die onregverdigheid teenoor blankes (wat reg is en wat verkeerd is)

Alida ·

As dit werkers was moes die werkgewer seker hul ID no en volle besonderhede op rekord he. Ek sien iemand stel voor dat mens jou eie mense aanstel. Die blankes wil nie plaasarbeid soos oorsee doen nie want hulle dink dit is vernederend. Jou witvel is nie n paspoort hemel toe nie. Oorsee is duisende wit arbeiders en hulle is baie bly om te kan werk. In SA staan die werklose blankes eerder en bedel as om hulself beskikbaar te stel op plase.

snoepie ·

Ek stem 100% saam met jou Alida.
Vandag se jong mense wil nie hulle hande vuil maak nie. En ken nie van hard werk soos toe ons nog jonk was nie

antonie ·

Dit is interresant julle praat van nie wil ‘hande vuil maak nie’, ek het geskiedenis van n sekere dorp in die kaap gelees waar die wit meisies van die dorp as helpers (tuis) by die boere van die omgewing gaan werk het toe die ekonomie stil gestaan het, hulle was net te dankbaar om n werk te he, geld was skaars; maar ek het eenmal vir n vrou wat donasies soek om na karre te kyk gevra om my huis te kom skoonmaak. Die volgende dag was sy daar, maar toe wou/moet sy by ander huis gaan skoonmaak (liegstorie)

Fly on the wall ·

Dis die probleem, jy MAG NIE net blankes hê wat vir jou werk (BEE)

Bekommerde ouma ·

Hou die boere darm afskrifte van werkers se id of is dit van daai wat deur die oop grens hekke gekom het o nee ek het nie meer woorde nie

Tiger ·

Ek stem saam met Herman.Boere moet begin om hul eie nasie werk en verblyf te gee as ‘n teenvoeter vir plaasaanvalle.Hoe meer weerbare volksgenote daar op ‘n plaas woon hoe skraler raak die kans vir ‘n plaasaanval.Dis’n feit.Maar natuurlik is daar nog baie “ja” stemmers wat eerder ‘n ander nasie werk sal verskaf as sy eie!Mense sal hul koppe moet begin reg kry.

JC ·

Ek stem saam Tiger:) Indien jy vir ander mense as Afrikaners werk gee dan skuif die werkers en die swart regering die heeltyd die doelpale en NIKS is goed genoeg nie; en dan word allerhande ekstra verpligtinge (ONNODIGE ARBEIDS EN BEROEPSGESONDHEID- EN VEILIGHEID VEREISTES) op jou as boer afgedwing want jy moet mos altyd NET GEE EN GEE, EN IS ALTYD DIE SONDEBOK OMDAT JY BOER IS, EN NIKS IS OOIT GOED GENOEG NIE!!) . Blankes is maar net te tevrede met wat hulle het en maar te dankbaar vir dit wat hulle kry!

anton ·

Wanneer gaan ons begin afvee aan die BBEE nonsense in die land???
Snaaks die wit jong manne gaan werk op plase in Amerika maar is nie bereid om in hulle eie land op n plaas te werk nie. Verstaan dit nie so mooi nie.
En vandag se ouers maak nie meer hulle kinders groot om te kan werk nie.
Hulle kan nie eers die gras meer sny nie, sit eerder voor die rekenaars en op die selfone die hele dag.
Ons kan maar net ons self blameer vir baie van die moeilikheid in die land!!!

Pensioenaris ·

Ek stem saam met Anton. Die kinders word nie meer geleer om te werk nie – en dis ons as ouers se skuld, want ons kry hulle mos jammer – daarom wil hulle nie handearbeid doen nie. In hierdie geval gaan ook niemand gearresteer word nie, en die saak gaan ook soos sovele ander onder die tafel gevee word.

JC ·

Dis baie waar wat jy se anton, ons moet eers onsself begin regruk en eers voor ons eie stoep vee, en dan die res. Iets is nie reg met ons nie – “eie ek”, hiper-individualisme, geldgierigheid, eie belang, selfbeheptheid, selfsugtigheid, “Mammon is koning!”, die kerke is leeg ens. Nee; ons moet eers die balk uit ons eie oog verwyder, en om Afrikanermense, ons eie geliefdes, op ons plase aan te stel en behuising en geleenthede te gee aan hulle; sal ‘n bitter goeie begin wees!

Johannes Meintjes ·

Ons het van die beste kundigheid in die gestalte van genl. De Vies by Afriforum. Ons het oud SAW en SAP teen-insurgensiekundigheid. Ons het (lamlendige?) GPF inisiatiewe met ewe onopgeleide Buurtwagvooritters. Ons het berade gehou en het die goeie voorbeeld van die AfriForum Buurtwag. Daar is oorblyfsels van die Kommandos. Waarom faal ons in persoonlike, burman, buurtwag, GPF en nasionale vlak burgerlike beveiliging? Is dit miskien ‘n politieke opset bedoel om d.m.v volksmoord te ontwrig en te ontstig “sonder oplossing”?

Werner ·

In amerika word hulle oordentlik betaal vir hulle werk hulle werk nie vir niks nie die boer dink ook nie hy doen hulle n hengse guns om hulle werk te gee nie soos hier nie

anton ·

Nee Werner, hulle word daar ook maar markverwant betaal. Dit is net die wisselkoers wat die verskil maak. As hulle $3000-pm verdien en dit sou selfde waarde hier he as R3000 tot R6000 sal hulle ook nie daar gaan werk het nie.
Ek wonder as daai deur toegemaak word in Amerika, die manne hier op n plaas sal werk vir R8000 tot R12000-pm? Dink nie so nie!!!
Ons blankes is nou maar eenmaal net te gemaklik in die land en is nie meer bereid om hard te werk om iets te bereik nie!!!

Cherokee ·

Dit wat jy sê Anton, is waarom ek altyd gefrustreerd voel wanneer berigskrywers tot vervelens toe enige iets in dollar-waarde agterna in hakies vergelyk met rand-waardes. Dit is nooit die waarheid nie want jy kan slegs ‘n vergelyking doen as jy rande sou koop met die dollars. Dit is nie dieselfde werd daar nie want lewenskostes verskil.

Beswaard ·

Ons blanke nasie het in n gemaklikheids sone ingegaan als word vir hulle gedoen hulle wil almal se wat om te doen (bevele gee) maar sit op hulle gatte en niks doen nie die bbe is ook nou al n ou storie dehel met bbe stel blankes op plaase aan nie baase nie werkers laat hulle weer n slag leer wat is werk. Hulle wil deesda net jol en suip wat het geword van ons blanke nasie kry weer n murg in julle bene en wat die aanval aanbetref die doodskis mense word vervolg vir pooging tot moord hoekom word hierdie lot nie ook vir pooging totoord aangekla nie DUBBELE STANDAARDE IS AAN DIE ORDE VAN DIE DAG . Wat van die wit mense wat in plakkers kampe sit en maar net ontvang en bejamer word hulle is te goed om petrol joggie te word of in mense se tuine te werk of is dit benede hulle stand

Jacques ·

Ek stem 100% saam met die blankes op ons plase werk gee, die Amerika is n wonderlike ding vir jong mense maar wat van die mense tussen 30 en 60 in die Wit plakkerskampe. Ons het self 4 jaar gewoon in n witplakkerskamp en daar was almal verplig om te help met die instandhouding, die boerdery en ander take. Dit alles vir n bord kos en slaap plek en kleingeld vir die week. Ek stres oor daardie gedeelte want ekt n Oom en Tannie wat daar bly en die diefstal word weekliks meer

Ekke ·

Aanval met die doel om ernstig te beseer se voet man! Hierdie is niks anders as POGING TOT MOORD nie. Selfs n leek kan dit insien. Daar is motief, wapen, vooraf beplanning EN n ernstige beseerde boer wat veg vir sy lewe. Skrik wakker SA.

GrootPiet ·

Vinnige reaksie!… Lyk my die Ford bakkie was nog vinniger gewees…

Janosh ·

En laat jy nou waag om daai aanvaller uit selfverdediging vrek te skiet … Moordklag teen jou en jy word in hegtenis geneem. Dis hoe dinge in hierdie land werk deesdae.

avan L ·

Mense, mense. Ons Afrikanerss KON nog nooit saamstaan nie. Kyk wat het met die Voortrekkers gebeur. As hulle nie so dwars getrek en elkeen wou baas speel nie, sou die hele trekdebakel en ons land se geskiedenis totaal anders gewees het. Dieselfde het gebeur gedurende die Boereoorlog en selfs gedurende die Grensoorlog in Namibia kon die mense aan bestuur van sake nie saamwerk en saamstem nie. Dis seker nou maar ons ou nasie se erfenis. Dis ook deesdae teen die wet om jou kinders te laat werk. Dis mos KINDERARBEID!

anton ·

Avan, dit is wat ek ook nog al die jare se, ons Afrikaners kon nog nooit en sal ook nooit saamstaan nie, daarom is ons gedoem tot uitwissing!!!
Die paartjies wat wel kan, is so min om n verskil te kan maak.
Soos hulle se, sit 3 boere bymekaar, dan kry jy 4 kerke en 5 politieke partye.
Soos iemand voorheen al gese het dat baie dink hulle is Afrikaners maar net n paar is werklike Afrikaners.
Daarom gaan niks in die land verbeter nie!!! Die wat van my wil verskil, wys my 1 iets wat gaan beter word in die volgende jaar of drie???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.