Boer met tuinvurk gesteek

Argieffoto

ʼn Boer van die Theunissen-distrik in die Vrystaat is Donderdag tydens ʼn aanval op sy plaas vier keer met vermoedelik ʼn tuinvurk in sy gesig en rug gesteek.

Louis Kotze en sy vriendin is omstreeks 18:20 in sy huis op sy plaas Kopfbrunen deur drie verdagtes oorval net nadat hulle op die plaas aangekom het. Vrystaat Landbou het in ʼn verklaring gesê Kotze is vier keer tydens die aanval met die tuinvurk gesteek en het 16 steekwonde opgedoen.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn struweling het tussen Kotze en die aanvallers ontstaan. Volgens Khosana het die verdagtes met twee sakke vol klere op die vlug geslaan. Kotze se vriendin kon die polisie ontbied en hy is na ʼn hospitaal in Bloemfontein gehaas.

Alani Janeke, woordvoerder van Vrystaat Landbou, het gesê ongeveer 50 van die omliggende boere en inwoners het met 30 voertuie die paaie tussen Theunissen en Windburg gepatrolleer op soek na die drie verdagtes. Die gesteelde goedere is later ongeveer 500 m van die toneel gevind. Volgens Janeke word die motief vir die aanval nog ondersoek, asook hoe die aanvallers toegang tot Kotze se huis verkry het.

Khosana het gesê sake van aanranding met die doel om ernstig te beseer en diefstal word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, het gesê daar was die afgelope jaar verskeie voorvalle in die provinsie waar aanvallers toegang tot die slagoffers se huise verkry het sonder om deure oop te breek of die slagoffers buite die huis in te wag.

“Dit is ’n bron van kommer en ons wil landbouers aanmoedig om streng sleutelbeheer toe te pas,” het Esterhuyse gesê. “[Landbouers moet] ook oplettend wees vir enige vreemde situasies wanneer hulle by hul huise aankom. Verder wil ons weereens die belangrikheid van goeie verhoudinge met werkers beklemtoon, ook wat kommunikasie ter bevordering van veiligheid betref.”

Esterhuyse het die landbouers in die omgewing van Theunissen en Winburg, asook die polisie bedank vir hul vinnige optrede ná die aanval op Kotze se plaas. Hy het gesê dié aanval was die vierde plaasaanval in dié provinsie sedert 13 Julie.

“Op 13 Julie 2017 het ’n aanval op ’n kleinhoewe in die Oranjeville-gebied voorkom, op 17 Julie is ’n voorval op ’n kleinhoewe in die Navalsig-gebied by Bloemfontein aangeteken, wat gevolg is deur ’n voorval op die plaas Habitali naby Rosendal op 19 Julie,” het hy gesê.

“In al drie gevalle is werkers beroof en vasgebind. In twee gevalle het aanvallers erwe betree nadat eienaars die perseel gedurende daglig verlaat het. Die verdagtes was in al drie voorvalle gewapen en het werkers buite wonings aangeval. Selfone, rekenaartablette, televisies, kontant, juwele en selfs ’n sleepwa is geroof.”

Volgens Vrystaat Landbou was daar reeds 35 plaasaanvalle in die Vrystaat vanjaar, waartydens drie moorde plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

LB ·

Vir my is dit logies dat die huiswerkers die sleutels verskaf of afdrukke daarvan laat maak. Mense moet hul eie huiswerk begin behartig sodat jou huis -inhoud en -uitleg nie ‘n ope boek is vir elke boef wat iemand kan intimideer om te praat of te help nie.

Sakkie ·

Mense het dit te maklik dus ope deur vir kriminele elemente.

Uwe Kroh ·

En dan sé ons minister van polisie dat die plaasaanvalle en moorde
fabriseer word.

Cherokee ·

Ek weet nie daarvan dat julle minister van polisie so gesê het nie en dit sal verbasend wees maar nie onmoontlik nie.

Citti ·

Die is poging tot moord! Hoe is om iemand met n tuinvurk te steek, meer as een keer net “aanranding” en nou gaan dit geregverdig word omdat hulle klere gesteel het. Maar die EFF en BLF mag mos dit aanmoedig, die boere is mos verkeerd.

Grassie ·

Citti – jy is reg, en dit is ook nie diefstal nie maar roof.

Nita ·

Daagliks word duisende kinders gebore, wat geen hoop op n toekoms het nie. Soos die derduisende kriminele wat nou ons lewe he’ll maak. Die meeste mense in die land het nie n idee wat dit kos om n kind groot te maak, geleerd te kry en hulle sover te kry om selfversorgend te wees nie. Hier is geen lig aan die einde van die tonnel nie.

david ras ·

Gesteelde goedere 500m vanaf die toneel gevind ? Hoeveel keer word ‘n boer se bakkie mee ontvlug net om binne ‘n klompie kilometer vanaf die misdaad toneel langs die pad gevind word ?
Weereens–was die aanval roof met die opset om te moor…? of soos in ander gevalle moord met die opset om te roof. Watter kant mens daarna kyk–dit bly swart op wit geweld…..eintlik eenvoudig net terrorisme….
Maroela, julle modereerders (of is dit moderators?) is welkom om weer hierdie kommentaar te verban. Feite bly egter feite of hoe …..?

SeMaarNet ·

Dit is eintlik so maklik soos val uit ‘n boom – jy los net die tak! Ons vyl AL ons sleutelnommers van buitedeure af – en skryf dit in ‘n boekie – ANDERS – Ta loop net en kyk die sleutelnommer – gaan koop vir hom eenetjie – en sluit maklik jou deur oop! Ons grootste fout is om jou opponent se vermoee te onderskat – en ja – daar is ‘n verskil tussen slim en skelm – mense spel dit net bietjie anders …..

Koos Pienaar ·

Wat verwag ons as die leiers in die land nie eens respek het vir wet en orde nie. Op al drie vlakke van regering is daar probleme op leiersvlak. Die mense wat die voorbeeld moet stel is elke dag in die nuus vir oortreding van landswette. Daar word ‘n klimaat geskep vir die misdadige element in ons samelewing om sonder vrees misdaad te pleeg. Ons as boere is sagte teikens maar so is almal ook in stede, hetsy in formele of informele woongebiede slagoffers van hierdie klimaat van wetteloosheid wat deur die sg. leiers geskep word.

Yster ·

Mariné Louwrens. Kan jy dalk vir ons sê hoeveel plaas aanvalle landwyd was As Vrystaat hulle stats het. Heg die res van die provinsies seker hulle sn ook. Dit sal nogal interresant wees om te weet. Ek is net bang seker mense gee dit op as n huisbraak vir mooi stats. As jy weet wat ek bedoel.

Sputnik ·

Ek het twee DIY alarmstelsels by Builders warehouse gekoop, vir twee verskillende huise (een my dogter s’n). Dit stuur ‘n sms na my foon sodra beweging in die huis d.m.v. bewegingsensors opgetel word. Mens kan ‘n sirene daaraan koppel indien jy wil. Dit was nie juis duur nie – in daardie stadium R1 999. Tenminste kry mens vroeë waarskuwing. Daar’s baie sulke produkte op die mark. Mense, maak gebruik van tegnologie.

Michael ·

Wie is die verdagtes as dit n sekere ras is wat in die meeste gevalleverantwoordelik is dan kan die probleem aangespreek word maar die media is doodbang om te verwys na iets as dit dalk swart is.

Peet J ·

“n Goeie verhouding met ‘n werker is seker ‘n veriste maar dink maar hoeveel onskuldige bejaarde mense al hulle lewens verloor het asgevolg van “goeie verhoudings” met werkers veral tuinwerkers . Volgens statistieke het sedert 2001 ongeveer 7 miljoen immigrante die NSA binne gestroom. Die populasie tans is 51.8 miljoen. Die aanvalle op plase en kleinhoewes in Gauteng , Vrystaat en Weskaap gebiede sal beslis nie verminder nie asgevolg van die werkloosheidsyfer wat die hoogte ingeskiet het. Wat die probleem nog meer vererger is dat die boere die immigrante indiens neem wat weer ‘n toeloop in terme van werkverskaffing veroorsaak na hierdie provinsies. Die Noord-Kaap is miskien ‘n oplossing .

Peet J ·

“n Goeie verhouding met ‘n werker is seker ‘n vereiste maar dink maar hoeveel onskuldige bejaarde mense al hulle lewens verloor het asgevolg van “goeie verhoudings” met werkers veral tuinwerkers . Volgens statistieke het sedert 2001 ongeveer 7 miljoen immigrante die NSA binne gestroom. Die populasie tans is 51.8 miljoen. Die aanvalle op plase en kleinhoewes in Gauteng , Vrystaat en Weskaap gebiede sal beslis nie verminder nie asgevolg van die werkloosheidsyfer wat die hoogte ingeskiet het. Wat die probleem nog meer vererger is dat die boere die immigrante indiens neem wat weer ‘n toeloop in terme van werkverskaffing veroorsaak na hierdie provinsies. Die Noord-Kaap is miskien ‘n oplossing .

Liam Decker ·

Kom ondersteun my kanaal, ek veg teen blatante leuens, voklsmoord, swart dominasie, en staan op vir ons volk en kultuur. Kom kyk na my plaasmoord video en wen R800 om net die boerehelde op die einde van video uit ken. Geen vangplekke, net harde geveg om ons voortbestaan, kultuur, tradisies. https://youtu.be.com/3–9mdwAwek of soek my kanaal “Anonxzar” se jou se en vra gerus na videos jy graag wil sien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.