Boer moet plaas ontruim ná doodsdreigemente

Verskeie inwoners van die Brits-distrik het met bakkies na die plaas gegaan om die gesin se besittings te kry. Foto: Verskaf

ʼn Boer van die Brits-omgewing in Noordwes moes sy plaas ontruim nadat hy glo doodsdreigemente ontvang het en daar gedreig is dat sy huis afgebrand gaan word.

Dit volg nadat verskeie betogings opgevlam het deur lede van die Majakaneng-gebied wat beweer die boer het ʼn 24-jarige man geskiet toe hy lemoene op sy plaas gesteel het.

Maroela Media het vroeër berig twee vragmotors en ʼn paneelwa is vroeër vandeesmaand op die N4-snelweg buite Mooinooi aan die brand gesteek tydens ʼn betoging deur die inwoners. Verskeie voertuie is ook met klippe bestook en verskillende paaie is versper. Die inwoners is glo ontsteld omdat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die beweerde skietvoorval nie en die beweerde slagoffer se liggaam ook nie gevind is nie.

Dit is egter nog ʼn raaisel waarheen die beweerde slagoffer verdwyn het en of die voorval hoegenaamd plaasgevind het. Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is steeds besig met hul ondersoek, maar kon tot dusver nog geen konkrete bewyse kry om enigiemand in hegtenis te neem nie.

Die huis op die plaas nadat dit geplunder is. Foto: Verskaf

“Daar is twee getuies wat beweer hulle het die voorval sien gebeur. Dit is nie duidelik uit die bewerings of die slagoffer net gewond of doodgeskiet is nie. Die polisie het nog geen gronde gevind om enigiemand in hegtenis te neem nie,” het hy gesê. Hy het gesê die beweerde slagoffer het ook nog nie na vore gekom nie en die polisie kon hom tot dusver nog nie opspoor nie.

Mokgwabone het gesê hy is nie bewus daarvan dat die boer enige dreigemente ontvang het nie, maar sê die betogers het al op twee geleenthede die boer se plaas onregmatig betree. Die betogers het glo gesê hulle kom soek die liggaam van die slagoffer.

Die huis op die plaas nadat dit geplunder is. Foto: Verskaf

“Die eerste keer was verlede week Sondag toe die mense op die plaas gekom en skade aan eiendom op die plaas aangerig het. Die polisie was op die toneel en sommige van die betogers het die perseel vrywillig verlaat. Die res is deur die polisie verwyder. Twee of drie dae daarna het [die betogers] weer soontoe gegaan, maar die polisie was weer daar en het hulle verwyder.”

Mokgwabone het gesê hy is nie bewus daarvan dat die boer sy plaas moes verlaat nie en dra nie kennis van enige saak wat in hierdie verband by die polisie aanhangig gemaak is nie.

Volgens Hannetjie Grobbelaar, raadslid van die VF-Plus in die Madibeng-distrik, het die boer en sy gesin reeds op 12 Augustus die plaas verlaat uit vrees vir hul lewe. Grobbelaar het gesê die boer het inligting van betroubare bronne ontvang dat daar beplan word om sy huis af te brand en dit het hom genoop om die plaas te verlaat. Die boer en sy gesin kon glo net die nodigste saam met hulle vat en moes die res van hul besittings agterlaat.

“Gister het verskeie inwoners van die Brits-distrik met bakkies na die plaas gegaan om die res van die gesin se goed te kry. Toe ons daar kom, het ons gesien die gesin se hele huis is geplunder. Ons wou net die mees waardevolle goed vat, maar toe ons daar staan, het ons gewonder wat ons moet vat, want alles is geplunder,” het Grobbelaar gesê. Die boer kon self nog nie weer na die plaas terugkeer nie uit vrees vir sy veiligheid.

Grobbelaar het gesê sy is ook in die duister oor die beweerde skietvoorval en kan nie bevestig of dit wel gebeur het of nie. Sy sal egter in die week na die polisie gaan om vas te stel hoe die ondersoek na die saak vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

willie ·

Hulle volgende skuif gaan nou seker wees om die plaas te beset! Wat is die arme boer se toekoms nou?

Rob ·

En Leahim gaan jy sy gesin help versorg terwyl hy in die trunk sit?

Swart Piet ·

Stem saam Louis. Ek dink dis tyd dat ons boere maar so bietjie daai plaas gaan besoek.

Danie ·

Die Boer se lewe is blykbaar glad nie in gevaar nie. Kyk mens na die foto’s lyk dit of ‘n storm daar deur is. As ‘n storm soveel skade aan kan rig word daar gewoonlik ‘n nood waarskuwing uitgereik, dat mense die omgewing moet ontruim want hulle lewe is in gevaar. Sal die boer se lewe eers, volgens die Polisie, in gevaar wees nadat hy en sy gesin vermoor is?

Pieter Ellis ·

Dit lyk my die is n doelbewuste poging om grond te gryp, want as die boer sy grond verlaat, kan die klomp grondgrypers die plaas beset en beweer hy het sy reg op eiendom opgegee.

Baie sterkte aan die gesin.

Lizl ·

Dis net `n slenter om onwettige plaas besetting deur te voer.

Arno ·

Toemaar Louis, het jy al agtergekom dat na ‘n vlaag van plaasmoorde, daar altyd skielik taxi ongelukke met ‘n groot dodetal is – soos nou weer 20+ na die naweek. ‘n Lewe vir ‘n lewe….

Karen van Zyl ·

Julle vergeet van die onskuldige kinders en mense wat op daai taxi’s is.

bgj van der westhuizen ·

soos dit nou aan gaan sal elke boer in fort moet bou of bom skuiling waar sy mense kan gaan n nood wand dit gaan net nog meer raak wand die regering en sapd kan en wil nie die boere / wit mense beskerm nie ons sal maar ons self moet beskerm en in die stad is die selde probleem die dief het meer regte as jy

phillip van Dyk ·

Ek weet dis beter om vas te staan maar wie sou hulle beskerm.wie sou keer dat afgebrand word. wie, regering kon nie laaste drie plaas moorde keer nie, buite land ons blankes …. nee vir ons self veg kan nie by iemand anders keer nie se dit in liefde, nie blamerend. hoe help ons. eks kwaad oor die dinge nie n stem in buiteland wat help nie. nie n vinger gelig toe blanke boere vermoor van plase afgedryf in zim nie. n suksesvolle toetslopie, kis geval plaasmoorde is aanduiding geen weerstand van wit mense word na slagpale gelei soos skape, soos boere generaal van ouds wapens neergele hy wou nie oorlog he wou beraadslaag, praat hy met sy lewe geboet. so boet blankes elke dag met ons lewens. elke dag nog n witmens sonder werk BEE, hy verloor nie sy plaas maar werk huis moet op munzie ville by swart plakkers gaan wateer bedel want hulle het nie water daar nie. eks besig om stelsel matig uit my pos gedruk te word deur BEE base niemand worry nie. Solidariteit veg vir my maar as hulle my uitdruk… teen die tyd wat ons wen het ek my kar en naam reeds verloor. so word ons siele dag vir dag vermoor. ek kan net staan en na my God roep, nie die God van Angus of van n kerk nie, die Heilige God van ISreal. die allerhoogste gesag, my Koning en redder. en sou ek sterf wel ek het geroep…

Ria Meijer ·

Phillip ek weet waarvan jy praat n familie lid van my het ook amper op dieselde manier deur BEE haar werk opgegee. Haar lewe was deur BEE werker een hel gemaak. Dankie haar wit base het gou agter die kap van die byl gekom en BEE werker loop nou lig.

Beatrice ·

Ag ek het al hoeveel keer voorgestel ons volg hulle voorbeeld. As elke provinsie se mense saam staan en betoog sal die mense sien ons is ernstig besig om gatvol te raak. Die sogenaamde KFC drama, ” skuldiges ” word gehou in aanhouding omdat die mense hulle lewens vrees. So word daar bohaai gemaak oor n bank snot maar ernstig dinge word toegesmeer.

Theresa ·

Afriforum, help hier asb. Waarom moet boere so geïntimideer word deur belhamels wat moeilikheid maak en soek om elke hoek en draai. Wie ookal iemand anders se goed steel (al is dit lemoene!) hoort nie daar nie. Sluit daardie persoon toe vir wat hy gedoen het. Hy is ‘n skelm en misdaad is gepleeg – waarom loop die steler nog iewers rond om weer te steel!!!
Ons kan nie langer so belas word met allerlei aantuigings en dit verwag word dat mense hulself en hul eiendom nie meer mag verdedig teen die stelers, diewe en misdadigers in hierdie land van misdaad nie. Wat kan mens doen om ‘n optog teen intimidasie/misdaad en moord teenoor die minderheidsgroepe te reël???

Johan ·

Afriforum is te besig om publisiteit met die mugabe/engels gedoente te werf. Hulle prioriteite is beslis nie by die plaasmoorde nie.

JT ·

Nee, beveg boosheid met goedheid. Ons kan nie satan beveg met satan nie.

Johan Kriel ·

Daar moet ‘n beduidende en omvattende strategie in werking gestel word om rassisme te beëindig. Voor dit nie gebeur nie, sal hierdie soort plaag aanhou om ons land te teister. En almal ly daaronder.

[email protected] ·

Rassisme te beiendig? Nou hoe dink jy gaan dit kriminaliteit en kultuur verskille oplos. Rassisme kan net be India word as almal een ras word, maar dan gaan jy nog sit klas verskille, alphas en swakelinge, handwerkendes en luies. En die plaag teister ons Boere nou al oor die 200 jaar.

Ben ·

Stem met jou 100% saam, maar hoeveel van ons mense het die moed en oortuiging om saam te staan???

Henda Oosthuysen ·

Ek het GEEN hoop vir hierdie land nie. Ons is ook boere op n plaas en elke dag wonder ek wanneer is dit ons wat afgemaai gaan word. Ek dink die tyd is NOU.. Verlaat siek SA … As jy kan.

Celia ·

Hallo Henda. Ek haal my hoed af vir julle op plase,ons boere! Ek weet nie hoe julle dit maak nie. Ek sit jou naam op my gebedslys. My hart bloei vir my mense! Dit is n siek land. Ons vra die Here om SA te genees. Maar ek dink alhoemeer, daar is n vloek op ons boere Afrikaner volk. Was van ons Voortrekkerleiers dalk vrymesselaars? Iewers is iets geweldig verkeerd. Hierdie is n barbaarse land, die hoop om enige westerse beskawing te vestig, is nie moontlik nie. Daar is nie meer veel van ons oor nie,miskien moet ons net SA verlaat soos jy se. SA n vinnig sinkende skip.

Haan ·

Celia, google gerus “Piet Retief water bottle” doen dit net

Cherokee ·

Boere van Parys het die moed en oortuiging gehad om saam te staan en is toegesluit. Die twee wat die video geneem het, het ook saamgestaan en net so met die mense by KFC. ‘n Advokaat het twee dekades gelede al by ‘n braaivleis gesê dat mense in Suid Afrika nooit iets moet doen wat hulle in ‘n tronk kan laat beland, nie. Vergeet die moed en oortuiging om saam te staan, storie. Veral as jy ‘n gesin het wat afhanklik is van jou, moet jy nie net praat nie maar ook dink.

Sê maar net ·

Ja Celia die vloek van Deut 28 is oor ons. Maar steeds word vd kansels af verkondig die wet is verby….. gaan lees asb deut 28 dis asof jy vandag se nuusflitse lees

Dux ·

Stem saam, kom ons verkoop ons eiendom, karre en als wat ons iets nodig het en gaan soos die ander la de se mense en se tot hier toe ons klim ‘n boot.. Ons soek amnestie!! Hulle gaan en sal ons blankes uit vermoor! En ‘n leser het genoem dit voel of ons teen ‘n muur bid.. Ons is Christene. As ons nie bid nie gaan ons nie gehoor word nie.. As ons almal bid maak dit die gebede sterker.. Hoe moet god weet wat pla as ons nie vra! Blankes ons sal moet op ons knieë gaan..

Chrisjan ·

Dis oor blankes dink hulle kan op hul kniee bly dat dit so gaan. God help die wat hulself help.
Staan op bemagtig jouself liggaam, siel en gees, dan kan God jou gebruik!

Rox ·

Die punt is ons is opgevoed en doen ons dieselfde aan die skepsels word ons toegesluit waar hulle niks oorkom nie.

Lee ·

I hope they dug deep and threw diesel into the soil on this farm.
.

Fred ·

Hulle maak dood en plunder – as jy een skiet omdat jy doen wat die polisie veronderstel is om te doen en dit is om jou en jou familie en eiendom te beskerm, dan word jy toegesluit. Die gemors brand en plunder en dis alles reg – ons betaal tax maar die wat ons betaal beskerm ons nie. Dis tyd dat ons geen tax moet betaal nie. Eie ondernemings moet net hulle tax weerhou van die regering, Hulle moet dit in n rekening inbetaal en dan die geld aanwend om die belasting betalers se dienste te befonds.

Deon ·

Al gehoor van die begin van die einde, Suid Afrika baie sterk vanaf 1994 oppad na net nog n Afrika land soortgelyk aan die ander soos bv. Zimbabwe, Mozambique, Angola…. die dag as hul met hom klaar is is hy 5de werelds…status. Rot en kaal geroof, gesteel, geplunder, gevat…… en gemoor.

Die blanke is nou maar net eenmaal anders aanmekaar gesit. Wonder of ons blankes hul eiendom gaan plunder, hul gaan roof, hul besteel, hul uitmoor

Dit is soos om n boks geveg te kyk en die een oponent se hande is vasgemaak.

Vir die wat nog nie tot die besef gekom het nie, maak gerus julle oe oop

Andre ·

Waar het ek voorheen die refrein gehoor “SA sal NOOIT ‘n Zimbabwe word nie”? O ja, dit was so ’92/’94 se kant. Kan die mense wat destyds so slim was, vir ons kommentaar lewer hoe om hierdie “probleempies” nou aan te spreek en op te los. Hoekom nou so stil? Destyds het julle mos sogenaamd die wysheid in pag gehad en deesdae hoor mens niks van julle nie.

Michael ·

Mense doen aan jou wat jy hulle toelaat waar sal ek nou my plaas verlaat oor doodsdreigemente hulle sou nie eers op my plaas gekom het nie.

HANLIE ·

Ek wil ook graag kommentaar lewer op hierdie berig. Dit gaan nie so seer oor die plaas self nie maar oor die onluste wat laas week plaas gevind het tussen Mooinooi en Rustenburg. Waar daar op die N4 klippe gegooi is op voertuie en dat die pad nie toe gemaak was vir verkeer ni. N gesonde man, pa en oupa is raak gegooi en is erenstig beseer en le in die hospitaal met n skedelbreek en bloeding op die brein. Wat n baie emoisionele tyd is vir die familie. Hoe kan die regering nie die paaie toemaak en kyk dat onskuldige mense wat niks verkeerd gedoen het aan geval word nie.

piper ·

die probleem is die ongekontrole bevolking aanwas. daar is meer mense wat n toelaag ontvang as mense met n vaste werk. die CANCER regering se hantering van sake help ook die ekonomie niks aan nie. groot maatskapye sit met baie kontant maar wil dit nie hier aanwend agv. oonsekerheid en risiko. dit gaan lank neem om dit reg te stel as dit ooit reg gestel kan word. met die gevolg wat nou hier aangaan gaan vorentoe nog maar net erger word. een die laaste jaar het die bevolking met 1 miljoen gegroei en raai maar net wie het vermeerder en wie het minder geword. met net 8% van die bevolking is ons kanse min.

VanAfrika ·

Ben ek stem, ons moet ons eie voedsel oes, ons eie slagpale he, ons eie bank, kruideniers ware winkel, motorhawe, skole, hospitale ens en ons van die res van die land ontrek sodat hulle hul eie kos oes, ons kyk dan hoe nodig hulle ons dan het. Dis Eureka se visie, ons moet net inval en help om mekaar se huise te bou

Nee ·

Moet nie afdaal na hulle vlak omdat jy dink hulle aksies is n’ effektiewe metode nie. Dit is witchcraft of manupilasie en moet nie sy sin gegee word nie. n’ Geveg tussen lig en duisternis, en ons gebruik nie duisternis om teen duisternis te baklei nie.

Jacques ·

Hulle kan dryg en weg kom daarmee , maar as dit van die ander kant af kom is dit rasisties .
Regtig ?????

Elsa ·

Ons hoop is net op God! waar is die land se regeerders dan wat niks daadwerklik doen en sigbaar is nie? Hoor net altyd saak word ondersoek en na die skades en brandstigting en plunder , wie is verantwoordelik vir die opruim? dit kan net stop as daar ingetree word deur sigbaarheid teenwoordigheid van die weermag LUISTER landsregeerders, ontwaak en doen jul deel vir die land en sy mense jul het tog ‘n taak om te doen

Frans C ·

‘n Mens kan baie geleerd wees,maar nie tog nie wys wees nie.En dit is presies wat die Kodesa onderhandelaars was.geleerd maar nie wys nie. ‘n Wyse man sou opgelet het na die tekens in die lande noord van ons,soos ‘n boer oplet en weet wanneer dit tyd is om te ploeg,te saai en te maai.
As jy sê dat jy ‘n Christen is en vertrou op die beloftes van God soos vervat in die Bybel,gaan sit jy nie met ‘n spul godverloënaars om ‘n tafel en beding ‘n nuwe bestel nie,
met ‘n nagedagte soos ‘n nageboorte dat jy wel met instemming van ‘n regering êrens ‘n plekkie van jou eie kan bekom,mits dit natuurlik nie teen openbare belang is nie.

Dit is tog duidelik dat die huidige regering nie belangstel in volkeverskeidenheid, taal,kultuur en geskiedenis nie,maar ‘n gelykvormige mens,met ‘n gelykvormige taal,tot stand wil bring en dat die Afrikaner kultuur en geskiedenis,skole en taal so gou as wat moontlik is uitgewis moet word. om die doel te bereik.Vandag is die stilswye van die geleerde onderhandelaars
oorverdowend.

Karma ·

@Louis – ek stem 100% saam. Die ding is, egter, ons blanke boere is te ordentlik om tot daardie vlak te daal en ons dink altyd aan die nagevolge. Ag, JT, gaan prober jý om met daardie soort mens ‘n vredige oplossing te vind, toe? Kom ons kyk waar jy kom.

Nou vra ek jou ook – as daar geen lyk is nie, hoe kan dit moord wees? En hoe soek die polisie dan na die slagoffer as hy – na veronderstelling – dood is? En hoekom kom die twee getuies dan nie na vore nie?

Ag man, dit is nou nes met die doodskis-saak ‘n regte “BULL” storie dié!

SARIE VAN HEERDEN ·

Kort-kort word die Bybel en godsdiens by ons land se probleme ingelaat. Ons is besig met realiteite waarteen ons daadwerklik moet optree. Anders moet jy maar jou stertiem aansien, jou lyf vol beesvet smeer en saamgaan om by die voorvaders te gaan kers opsteek. Jy kan nie die westerse beskawingsgodsdiens hier insleep nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

REGSTELLING: Tweede sin van bo, regs, verander AANSIEN in AANSIT.

dirk L ·

dit lyk na ‘n geplante storie. Ek is seker die ‘ooggetuies’ is nie van Brits nie. dieselfde storie as voorheen. is partye wat aspris onrus en woede stook

Maria ·

Kry dit in julle koppe.. “Eenmaal is ons Afrika”. Afrika is en was nog altyd woes en chaoties gewees. Ou Jan-hulle het destyds al daar by die Visrivier met die spul gesukkel en ons sukkel vandag nog. As daar niks in jou klapperdoppie aangaan nie, kan jy niks verstaan nie. Vra jouself die vraag af: Hoekom is Afrika die armste kontinent op die planeet?

Magda ·

EK STEM 100% SAAM – DOEN WAT HULLE DOEN OF NOG ERGER – HOEKOM NIE HULLE KOM NIKS OOR NIE.

Konrad ·

Weet jy nie wat in Europa gebeur nie?Europe word vernietig deur migrante…..
Dis ORAL in die wreld dat blankes gehaat en geteiken word nou.
Mense soos JT wat dink, doen goed, dwaal.Ons doen nog altyd net goed aan hierdie swart nasie,NOG ALTYD. Hulle sal NOOIT verander nie, en ONS hoort ook nie in Afrika nie. Punt. Daar is nie so iets soos n reenboognasie nie.Word wakker.

Vlug maat Vlug ·

EN so het ZIMBABWE begin .. en so gaan SUID AFRIKA in hulle voetspore volg, waar gaan die boer heen? Nou sien die zombies die mense vlug vir hulle lewens, so word daar dan nog ‘n boer verjaag en nog een . en so gaan sit almal later in ‘n hoekie soos in Zimbabwe .. HOEKOM tree die polisie/weermag nie op waar groot groepe zombies mense se lewens bedreig nie? Dis belaglik dat die wettelose opstokers die oorhand oral het. As hulle net EENKEER ordentlik weerstand bied sal die makkers mooi dink voordat hulle weer sulke goed aanvang, so VLUG ons .. weet net nie waarheen nie, want dit is net die see nog onder ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.