Boer naby plaas doodgeskiet

misdaadtoneel

Argieffoto

Die liggaam van ʼn Oos-Kaapse boer is Dinsdagoggend langs die pad naby sy plaas buite King William’s Town aangetref.

Kapt. Siphokazi Mawisa, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorledene se plaas is langs die Nkqonkqweni- informele nedersetting buite die dorp. Volgens Mawisa is die 62-jarige man se liggaam langs die pad by die nedersetting aangetref.

Mawisa het gesê besonderhede oor die voorval is steeds skraps, maar die polisie probeer tans vasstel wat presies gebeur het. In dié stadium word beweer dat een van die man se kollegas deur middel van ʼn opsporingstoestel in die oorledene se voertuig bepaal het dat sy voertuig naby die plaas stilstaan. Hy het omstreeks 07:15 gaan ondersoek instel en die man se liggaam aangetref.

“Die polisie is onmiddellik na die toneel ontbied. Die man het skietwonde aan sy bolyf gehad,” het Mawisa gesê.

ʼn Saak van moord word ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Mense met meer inligting word versoek om lt.kol. Phindile Kananda by 082 551 6907 of 043 605 6011 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te nader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Alwyn

Mense, die nonsens moet end kry. Ons boere raak ongeduldig met die lafhartige moorde.
Een ding kan ek wel se. As n afrikaner genoeg gehad het, gaan die hel uitbreek.

Theresa B

En so hou dit aan en aan en aan ………………………………………..

Vermeendes

Die Afrikaner is n lafhard wat nog nooit opgestaan het nie, die Boer is die een wat moeg raak. Die Afrikaners was so moeg vir die Engelse dat hulle teen die Boere gedraai het voor en met die groot trek, die Afrikaner het self so ver gegaan en die Engelse se wet ondersteun dat wapens nie oor die grens mag gegaan het nie in n poging om die Boere in die Kaap te hou. Dit is ook vandag die Afrikaners wat so graag deel in die land en teen die Boere draai in aal opsigre van die samelewing. Moenie iets… Lees meer »

geregtigheid

Malema en BLF het bloed aan hul hande.

JC

Hier begin dit weer, en ek gaan akkoord met Alwyn !!!