Boer oorleef plaasaanval ná geweer vassteek

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Boer van die Modimolle (Nylstroom)-omgewing het ter nouer nood aan die dood ontkom nadat ʼn geweer wat tydens ʼn plaasaanval op hom gerig is, vasgesteek het.

Helgard Botha (67) het aan Maroela Media gesê hy het Sondagaand omstreeks 18:00 op die rusbank gelê en televisie kyk toe hy ʼn skuifdeur elders in die huis hoor oopgaan het. “Toe ek my kop oplig en oor die bank loer, kom die aanvaller om die hoek met ʼn haelgeweer in sy hande. Die oomblik toe hy my sien, het hy die geweer op my gerig en die sneller getrek.”

Die skoot kon egter nie afvuur nie en Botha het net ʼn klikgeluid gehoor. Hy het sy vuurwapen, wat hy aan sy lyf dra, uitgeruk waarna die aanvaller agter ʼn toonbank probeer skuil het. Volgens Botha kon hy hoor hoe die aanvaller die haelgeweer probeer herlaai het. Botha het toe met die rewolwer deur die toonbank geskiet. Die aanvaller het die vuurwapen laat val en gevlug waarna Botha hom agterna probeer sit het. Die gewonde aanvaller kon daarin slaag om te ontsnap.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ʼn saak van poging tot moord aanhangig gemaak is. Otto het ook gesê dat die haelgeweer wat in die plaasaanval gebruik is, dieselfde vuurwapen is wat ʼn paar weke gelede op ʼn plaas in die omgewing gesteel is.

Vossie Vosloo, ʼn woordvoerder van die Spoorsnyers, ’n private veiligheidsmaatskappy, het aan Maroela Media gesê hulle het die aanvaller se bloedspoor ongeveer 100 m ver tot in die berg op die plaas gevolg. Daar het hulle ʼn plek gekry waar die aanvaller gesit het – vermoedelik om sy wond te verbind, aangesien geen bloed verder gevind is nie. Volgens Vosloo is die misdaadtoneel deur lede van die publiek vertrap en daar kon dus nie veel leidrade gevind word nie.

Botha, wat al 20 jaar op die plaas woon, het gesê dit is nie die eerste keer dat sy plaas geteiken word nie. ʼn Ruk gelede het aanvallers ook by ʼn woonstel op die plaas ingebreek. Hy het ná die inbraak ’n mes op die plaas gevind.

“Ek dink die Liewe Vader sien om na my en beskerm my, maar ek is altyd paraat. Ons bly in Suid-Afrika en misdaad is aan die orde van die dag. Ek dink enige boer wat nie ʼn vuurwapen by hom dra nie, is dwaas. Jy moet na jouself kyk,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Christine ·

Mooi so!! Net jammer jou koeel ht hom ni noodlottig getref want wat soek hy daar anders om jou dood te sou skiet!! God is groot!! Bly jy is so paraat!!

Gerhard Bezuidenhout ·

Maroela Media jammer dat julle my kommentaar verwyder. Antwoord dan net my vraag. Word die meeste aanvalle nie deur Robert Mugabe se mense wat skelm oor die grens gesluip het hier uitgevoer nie en was die kwaaddoener dan van plan om vir die boer water te wys toe hy die haelgeweer op hom gerig het.

Griki ·

Waarom gebruik die polisie nie spoorsnyhonde in gevalle soos hierdie nie?

Vossie Vosloo ·

Goeie dag.
Ek het nooit gesê, dat die ondersoek span die toneel vertrap het nie. Die ondersoek span (SAP lede) was profesioneel en het hul werk gedoen.
Die toneel is deur publiek/bure/vrywilligers vertrap wat kom help het na die aanval. Korregeer u aannames asb.

Eugene ·

Hi Mnr. Vosloo, hoe werk so ‘n volg van ‘n spoor – sou ‘n hond nie gehelp het om die spoor verder te volg nie? Dankie.

Peet Schabort ·

Vossie, professioneel tot op ‘n punt want waar is die spoorsnyhonde soos tereg deur Griki opgemerk? Dalk sou die honde rassisties wees in hul optrede.

Mariné Lourens ·

Dagsê Vossie. Baie jammer oor die fout – die berig is gewysig. Baie dankie dat jy dit genoem het!

Paul ·

Baie bly die boer is ongedeerd! Net iets oor die woord “vassteek” . N Wapen wat nie vuur nie “stoor” en steek nie vas nie.

Dave ·

Paul, wat die korrekte Afrikaanse woord sou wees vir die term weet ek nie maar ‘vassteek’ is ‘n baie meer beskrywende woord as die ‘stoor’ storie.

Dave ·

En Paul, die ‘N’ wat jy as ‘n woord geplaas het, wat is dit? Geen spasie voor dit en na dit? Hierdie is nie aanvallend bedoel maar bloot ‘n manier om daarop te wys dat jy in jou berisping meer foute gemaak het as die wat jy uitgewys het.

Filip ·

Maak nie saak of die woord “vassteek of stoor” is nie, die feit is die geweer het geweier om af te gaan, en dit is hoe die Here die boer beskerm het. Ons moet die Here die eer gee.

EDNA ERASMUS ·

Die Here het regtig nou jou omgesien Helgard, maar soos ek se wat kan jy doen skiet hulle dood dan is jy die verkeerde een. baie bly jy is veilig.

Martin ·

Het ek reg gelees? Die boer het ‘n skuifdeur elders in die huis hoor oopgaan. Dit was ook nie die eerste keer dat sy plaas geteiken word nie. Moet ‘n mens daaruit aflei dat die skuifdeur nie gesluit was nie? Dan was hy mos nalatig, en glad nie paraat soos hy beweer nie!
Dit gaan my verstand te bowe dat boere na jare se aanvalle en moorde steeds nie die nodige voorsorg maatreëls tref om hul wonings behoorlik teen aanvallers te beveilig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.