Boer op Coligny-plaas vermoor

Argieffoto: Verskaf

ʼn 67-jarige boer is deur die loop van Dinsdagnag op sy plaas in die Coligny-omgewing in Noordwes vermoor.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het Woensdag aan Maroela Media gesê die Coligny-polisie is omstreeks 09:00 na die boer se plaas ontbied.

“Werkers het gesien die boer se glasskuifdeur staan oop en het gaan ondersoek instel. Hulle het op die man afgekom waar hy in ʼn plas bloed op die grond gelê het. Dit wil voorkom of hy met ʼn skerp voorwerp agter sy kop geslaan is,” het Moleko gesê. Die werkers het die polisie ontbied.

Dit is in die stadium nie bekend hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie.

Sover vasgestel kan word, het die verdagtes met drie vuurwapens van die toneel gevlug. Dit is nog nie duidelik of daar nog items tydens die voorval geroof is nie.

Volgens Moleko wil dit voorkom of die man alleen gebly het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die oorledene se naam is aan Maroela Media bekend, maar word weerhou aangesien dit nog nie duidelik is of al sy naasbestaandes al van sy dood in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

liz ·

Hoekom nog die mense vermoor hulle kan mos nou net vat wat nie aan hulle behoort nie.

Michael ·

Wie sit agter die plaasmoorde? dit is baie snaaks dat daar net mooi niks aan dit gedoen word nie. Het plaas moorde dan nou n sport soort geword? Erens gaan n BOM bars.

cor ·

Ja raak erg ons wittes is n bedreigde spesie.Wonder wat gaan die nuwe minister van polisie hier aan doen, sekerlik niks nie want sy eerste prioriteit volgens nuusbronne is om die aanslag op polisielede te stuit.. Nou is daar nog een witte minder op n plaas wat in die weg staan van grond onteining sonder vergoeding. So word hulle sielkundig bearbei om van die plase af pad te gee.

JS ·

Ons nuwe minister het vandag gese hy gaan almal ontwapen. Daar is seker teveel plaas aanvalle wat nie suksesvol genoeg is nie.

OMW ·

Julle… ek weet nie van julle nie maar my kop spin. Dinge het handuit geruk. Dis waansinnigheid wat NOU aangaan in hierdie land. Daar gaan nie ‘n dag verby dat daar nie een of meer bejaarde witmens vermoor word nie. “Forget the rhyno, save the white ou”! ONS is nou die bedreigde spesie.

Lee ·

Maar nog net ‘n wit statistiek waaroor die ANC en EFF tog te bly is. Niks word gedoen aan plaasmoorde nie want meeste boere is die verkeerde ras. Dink hulle daaraan dat werkers ook nie meer werk gaan hê en ‘n salaris gaan verdien as die boer vermoor word nie. Rus in Vrede Meneer en sterkte aan sy familie in die moeilike tyd. SA moet bykom.

Riouna Martin ·

Ek stem ja vir doodstraf. Kom Mnr Pres bring doodstraf terug. SA HET STRYD KLAAR VERLOOR
SO DOEN JOU WERK EN BEGIN JOU LAND REGRUK BRING DOODSTRAF TERUG EN KRY SO WEER BEHEER OOR DIE LAND. DIT IS WAT N PRESIDENT MOET DOEN!

REGUIT oopad Zimbabwe toe ·

Hannatjie, wat vertel jou die boere bhandel nie hull werkers goed nie.
Hoe gee mens iets net weg waarvoor nageslagte bloed en geld gesweet het.
Maar die probleem is ons is te LAFHARTIG en lui om op te bou en te werk vir wat ons kort in die lewe, te maklik om die gratis bootjie te ry. Dis nie prakties of ekonomies haaaaalbaar nie. Maar nou ja wat sal ek se….. Welkom in ZIM

KP ·

Teen die trant wat die boere vermoor word gaan die EFF net eendag die plase hoef te vat want daar gaan nie meer blanke boere oorwees nie.

Siek en sat ·

Direkte gevolg van Malema se opswepery en Kill the Boer uitlatings en grondstelery wat nou aan die gang is. El stuur hierdie en al die berigte wat met ons boereslagting te doen het na kennisse oorsee om daar te versprei. Genoeg is meeeeer as genoeg.

Riena ·

Die getalle van vermoordes styg ten hemele. Ons word egter meer deur onsself uitgemoor deur te voorkom dat kinders gebore word. Ons moet weer begin om onsself op te bou deur meer kinders te kry en die volk te vernuwe. Dit is nog steeds moontlik. Laat hierdie moorde ons aanspoor tot aksie en nie net passief wag tot iemand anders iets begin doen nie.

Vermeemde ·

Kyk om julle rond, almal van julle weet waarop dit afstuur, moord op n baie groot skaal.

Hannes Stander ·

Hannetjie jy verbrand jou vingers met jou kommentaar. Jy oordeel n Boer wat jy nie Ken nie, jy ptobeer jouself verontskuldig deur te maak of jy wys is. Moenie jou oop last vir kritiek nie. Ek Ken hom maar hy Ken God, dit is AL wat ek jou Wil SE. Sterkte vir sy families. Dit is n Groot verlies.

Adriaan ·

Stem saam. Rasseverhoudinge is op ‘n laagtepunt in SA. Ek was vir jare in die buiteland, het in 2001 teruggekom. Ek sweer dat daar minder rassehaat 16 jaar terug was. Die haat teenoor die blanke het drasties toegeneem die afgelope 5/6 jaar. In gedeelte ook te dankie aan ‘n sekere rooi-pet mannetjie wat geweld aanhits. Daarby blameer ek ook die president wat nie opstaan en daardie mannetjie in die bek ruk. Maar ja, sy stilte rondom dit spreek boekdele. Om grond af te vat gaan dinge NET ERGER maak as wat dit reeds is! Ek weet nie meer watter kant toe nie….

Bennie Hechter ·

Dit is my swaer, Hannes Christie, wat tussen Coligny – Lichtenburg wreed vermoor is in ‘n plaasaanval /plaasmoord, en nie in ‘n huisroof nie. Niemand kan geroof word as hy reeds dood is nie. Die motief was moord en die goed wat daarna geneem is, is ‘n bonus vir die moordenaars. Een plaaswerker het op die toneel afgekom en nie plaaswerkers nie . Die plaaswerker het die oorledene se broer in kennis gestel en die broer en ek het die Polisie ingeroep. Die oorledene is 65 jaar oud. Sy hande was agter sy rug vasgemaak en so ook sy voete tydens die moord. Hy het ook nie soos berig alleen gewoon nie , daar is ‘n
blanke voorman wat by hom aan huis bly , maar die was ongelukkig nie tydens die voorval daar nie weens ander verpligtinge . Daar bly ook huurders ‘n hanetree van die voorval af, maar hulle was toevallig uithuisig die betrokke nag.

Anoniem ·

Ons besit ook grond en behandel ons werkers met respek jou geloof in GOD kan hoe sterk wees as hulke wil moor sal hulle moor ek sien groot dinge kom ek ons sal nie staan vir plaas aanvalle nie het alles in plek glo die bloed sal vloei selfde met grond oneining sonder vergoeding ons boere het te veel respek maar die respek en gwduld raak ook klaar . MAAR NET MY MENING

Dirk01 ·

Behalwe dat boere n maklike teiken is in die sin dat hulle afgelee woon ,klop dinge nie lekker en die feit dat n onlangse landros moordenaars n R1000 borg gee dui op meer as net gewone misdaad . Die is n skrikbewind om boere te verjaag

Honde ·

Alle boere moet baie honde aanhou, binne huis om jou te waarsku, en kwaaies om buite los te laat.

Dokter ·

Tanja, ek is ‘n dokter in die buiteland. Ek werk harder hier as destyds in SA. Ek verlang na my mense. Ek het die besluit geneem om te immgireer sodat my kinders ‘n beter toekoms kan he. Ek het nie “gevlug” nie, want ek het nie refugee status hier nie. Ek moet weer eksamens afle. Ek is trots om hier te kan wees, en dankbaar vir my geleentheid. Ek lees elke dag MM en hoop dit sal beter gaan in SA. Dink jy steeds my opinie is nie nodig nie? Jou kommentaar laat my meer tuis voel in die buiteland as in SA tussenin “my eie mense”. Ek wens jou sterkte toe met die “opstaanproses” waarvan jy praat. ‘n Beeld van ‘n blouwildebees met ‘n leeu wat hang om sy keel kom in my verbeelding op terwyl ek dit lees. Ek is oortuig die blouwildebees sou ook “wou opstaan”. Laat weet gerus hoe dit vir jou uitgewerk het. Groete.

Tanja ·

Dokter, ek verstaan absoluut wat jy se en respekteer jou keuse, maar jy het die keuse gemaak om na ‘n ander land te verhuis as jy dit so wil noem. Ek voel steeds dat as jy of enigiemand wat daardie besluit geneem het, alle reg tot opinie verbeur het. Ek verstaan jy wil vir jou kinders ‘n beter toekoms gee maar so wil ek, maar ek gaan dit nie doen in ‘n ander land nie want ek is hier en hier gaan ek bly. Ek se geensins dat dit ‘n maklike besluit was vir julle nie, maar ek staan by my punt, vlug of nie vlug, geen mens maak daardie keuse net uit eie gemak nie. Jy gaan omdat jy bedreig voel want was dinge anders, sou jy nie gegaan het nie. Dus ja, jou opinie is ongeldig.

Erik ·

Tanya, dink verder as om jou frustrasie te projekteer op persone wat jou doel en bestaan goedgesind is. As jou hulpbronne en toevlug in die toekoms gekortwiek word, wie dink jy gaan die nodige grondwerk doen in die buiteland om vir jou te beskik met hulpbronne en opsies. Dit sal die oud Suid Afrikaners wees. Net soos hul reeds voorbrand doen vir ons saak nou. Aan Dokter en die res van die diaspora Suid Afrikaners, weet net ons waardeer jul opinie en harde werk daar buite, ons sal altyd na julle verlang en jul is altyd welkom om terug te kom na ons-jul mense- jul is altyd welkom by jul Hartsland!

Tanja ·

Dokter, ek verstaan absoluut wat jy se en respekteer jou keuse, maar jy het die keuse gemaak om na ‘n ander land te verhuis as jy dit so wil noem. Ek voel steeds dat as jy of enigiemand wat daardie besluit geneem het, alle reg tot opinie verbeur het. Ek verstaan jy wil vir jou kinders ‘n beter toekoms gee maar so wil ek, maar ek gaan dit nie doen in ‘n ander land nie want ek is hier en hier gaan ek bly. Ek se geensins dat dit ‘n maklike besluit was vir julle nie, maar ek staan by my punt, vlug of nie vlug, geen mens maak daardie keuse net uit eie gemak nie. Jy gaan omdat jy bedreig voel want was dinge anders, sou jy nie gegaan het nie. Dus ja, jou opinie is ongeldig.

Hendrik ·

Tanja, ek is ook in die buiteland en my vrou kom van ‘n plaas naby Coligny. Hierdie gebeure is vir ons soos elke plaasmoord ontstellend al is ons al meer as ‘n dekade weg. my beroep op jou en andere is om nie die Afrikaners in die buiteland te antagoniseer nie. Jy besef nie hoeveel voorspraak ons in die buiteland op grondvlak doen om mense in te lig aangaande die situasie in SA nie en die besef is besig om sterk gevestig te word dat hul vir baie lank deur die pers mislei is en van die gebeure wat nou daar plaasvind niks hoor nie. Onthou jy nog die term “Totale aanslag” ? Dankie

Dokter ·

Hendrik, baie respek vir jou antwoord. Dankie daarvoor.

Tanja, ek het nie my burgerskap opgegee nie so my opinie tel verseker, net soos joune.

PJC ·

Al verlang ń mens hoe baie na jou kinders en kleinkinders in die buiteland is elkeen van hulle een minder om jou oor te bekommer. Hier in SA bekommer jy jou gedurig oor hulle veiligheid. Jongmense besef nie altyd die erns van die situasie nie want die feite word om een of ander geheime agenda deur die hoofstroommedia van die publiek weerhou.

Pietpompies ·

Ek maak elke aand mm oop en bid vooraf tot die hemelse vader dat daarnie ‘n boer vermoor is nie(veral nie ‘n weerlose bejaarde mens nie – ek boer self deeltyds). Ek flous feitlik elke aand myself. Dit is gemeensaak in sa en jy wat lees of jou familie is volgende, so simpel soos dit. Ons God verafsku lafaards en heidine so los dit vir Hom om te oordeel. Ons kan hulle nie veg nie word wakker! As jy kan verwyder jouself en jou kinders landuit. As jy nie kan soos ek nie gaan jy binnekort (dalk nie in ons leeftyd nie) op jou tande kners. Negatief? Nee- Bid afrikaner, ‘n wonderwerk is realisties en al het ons ‘ n geliefde verloor, het ek hoop vir die afrikaner om die beloofde land weer te bereik. Moet nie wankel in julle geloof nie, veral nie nou nie.

Jacoo ·

Kan Maroela Media vasstel hoeveel aktiewe inkomste-genererende plase daar in SA is, en op hoeveel daarvan nog nie ‘n aanval was nie?
Ek dink ons trek al by die helfte?
En wat het intussen van die plase geword nadat die boer dood is?
Dis net ‘n ander perspektief. Regering hoor nie meer getalle van hoeveel boere vermoor is nie. Dalk sal die statistiek van hoeveel plaaswerkers sonder inkomste sit agv boer wat vermoor is, hulle anders laat kyk na die probleem? Veral ook as hulle besef hoeveel geld nie meer na SARS toe gaan nie agv boer wat dood is.

Willie ·

Die landjie van ons laat my dink aan die eerste Lion King fliek… Dink gerus wie is leeus… en wie is die hienas …

Popeye ·

Die boere is soos renosters- word op gejag en dood gemaak.
Hoeveel geld word spandeer om boere te beskerm om nie uit te sterf nie ?

GM ·

So, as ek dit nou reg verstaan, sê Tanja dat niemand meer die reg tot opinies het nie? Jy het ‘n opinie oor jou huurvrou se huis, of kinders, jyself bly nie daar nie, so jy mag nie een hê nie? Jy mag nie ‘n opinie hê as kinders verkrag of vermoor word oorsee nie? Watse denkwyse is dit nou? As Suid-Afrikaners oorsee gaan bly oor hul voel dit is wat hul moet doen om te kan oorleef, respek. Hoe moeilik is dit nie om jouself te ‘ontwortel’ en op ‘n ander plek te gaan vestig nie. Dit vat ‘guts’. Ek kyk na my twee kinders, en wonder wat gaan van hul word in hierdie land van ons. Kan ons almal oorsee gaan bly? Ongelukkig nie. As mense mekaar meer ondersteun het (leiding gegee het), en minder gekritiseer het oor HUL besluite, sou die wêreld nie nou in sulke chaos gewees het nie.

Denise ·

Die plaasmoorde het niks met hoe jy jou werkers behandel nie as hulle wil moor dan moor hulle jy kan 100% respek vir hulle he moor sal hulle al behandel jy hulle soos konings hulle grootbase basuin dit gereeld uit KILL THE BOER , ONE BULLET ONE FARMER !!!!! Without prejudice!!!!

Stoney ·

Die plaasmoorde is georganiseerde dade en die moordenaars word ook seker vergoed. Wie sal, sonder vergoeding, sy eie lewe ingevaar stel om iemand te gaan vermoor wat nie eers die huis binne ken nie. So die moordenaars kan net sowel geskiet word. Dit is nie diefstal of roof nie want sommige boere word vermoor sonder dat iets geroof is. Behalwe vuurwapens waarmee die volgende boer vermoor gaan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.