Boer op Krugersdorp-kleinhoewe doodgeskiet

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn 45-jarige boer is Donderdagaand tydens ʼn rooftog op sy kleinhoewe buite Krugersdorp aan die Wes-Rand doodgeskiet terwyl sy gesin in die huis was.

Sers. Tshepiso Mashele, woordvoerder van Krugersdorp-polisie, het aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 19:30 in die Protearif-omgewing plaasgevind.

“Die slagoffer se vrou het na bewering televisie saam met hul kinders sit en kyk toe vyf onbekende mans toegang tot huis verkry het,” het Mashele gesê. “Al vyf verdagtes was glo met vuurwapens gewapen. Die vrou het om hulp geskreeu, waarna haar man uit die slaapkamer gekom het om ondersoek in te stel.”

Die verdagtes het ʼn vuurwapen op die man gerig en hom terug na die slaapkamer gedwing, waar hy doodgeskiet is.

Die verdagtes het met die slagoffer se vuurwapen, ʼn bedrag geld en ʼn televisiestel op die vlug geslaan.

Die Krugersdorp-polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Brig. Baloyi, stasiebevelvoerder van die Krugersdorp-polisie, het sy meegevoel met die oorledene se naasbestaandes betuig. Hy het onderneem om ʼn toegewyde en goedopgeleide ondersoekbeampte aan die saak toe te wys.

Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

54 Kommentare

jongste oudste gewildste
Aster

Ek weet nie meer wat om te sê nie. Baie sterkte aan die familie, dis vreeslik! Mag God julle die krag gee om deur hierdie te kom. Ek het regtig my hoop op SA verloor.

Claudene

Hoeveel wit boere gaan nog daaronder lei??? Dink aan die familie!!! ??

PJ

Ai die nuus is net nie meer aanvaarbaar nie, daar moet iets wees of doen om die probleem te stop….Ons mense moet net begin saamstaan en weg teen die want die staat gaan ons nie help nie

Theuns

Daar was 5 plaasaanvalle in ons omgewing die afgelope week waarvan die laaste vanoggend. Die Polisie/Buurwagte het veskeie vuurwapens op beslag gele en verdagtes gearesteer. Die Polisie/Buurtwagte is nog besig met die opvolg operasies. My innige medelye met die Famlie van die Krugersdorp Boer.

Elsie

Wat of hoeveel dinge moet nog gebeur voor ons as blankes ook in opstand kom? As die rolle omgeruil was en dit was wit wat swart so uitgemoor het, wat dink julle so hulle gedoen het? Ook so gal gebraak het daaroor en verder aangegaan het asof niks gebeur het nie? Nee, hulle sou in opstand gekom het! Waarom is daar nie eintlik leiers wat die voortou neem en ons trek petisies op, gee versoekskrif aan regering, toy-toy met plakkate, boikot iets ens. ens……. Ons sit soos bang hondjies in ń hoek en bewe, gee af en toe ń blaf… Lees meer »