Boer op kwadfiets geskiet

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn Boer van Limpopo is die afgelope naweek deur onbekende verdagtes in die rug geskiet toe hy reageer het op ʼn alarm by ʼn stoorkamer op ʼn plaas naby Ohrigstad in Limpopo.

Marnus van der Wal van Ohrigstad-boerevereniging se veiligheidskomitee het aan Maroela Media vertel Dewald Els (38) is Saterdag tussen 02:00 en 03:00 aangeval.

“Die store en die huis is ʼn hele ent uitmekaar. Een van die alarms het in die stoor afgegaan, en hy het op sy vierwielmotorfiets gaan ondersoek instel,” het Van der Wal gesê.

Hy verduidelik verder dat hulle vermoed die alarm het moontlik afgegaan weens ʼn uil. “Toe hy die alarm stilgemaak het en weer terug op pad huis toe was, het ʼn verdagte op hom losgebrand en hom in die rug geskiet,” het Van der Wal gesê.

Els kon gelukkig daarin slaag om huis toe te ry en daar is van die huis af alarm gemaak. “Ons het met ʼn opvolgoperasie begin, maar dit was ongelukkig onsuksesvol.”

Els is na die Mediclinic Nelspruit gehaas. “Die koeël is by sy rug in en weer uit, gelukkig is daar nie organe raakgeskiet nie. Ons het vanoggend met sy vrou gepraat en sy het bevestig dat hy steeds in die hospitaal is. Hy het baie pyn, maar loop al ʼn bietjie rond,” het Van der Wal gesê.

Van Der Wal vertel dat daar twee dooie, vergiftigde hoenders op die toneel aangetref is. “Ons vermoed hulle was op pad na die huis waar sy vrou en kinders geslaap het en die nabygeleë huis waarin sy ouers woon. Ons dink hulle het verbouereerd geraak toe Dewald na die stoor se kant toe ry; hulle het dalk gedink hy weet van hulle en het toe geskiet.”

Els en sy pa boer saam op die plaas met koring en groente. Sy ouers was nie dié spesifieke aand tuis nie.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van poging tot moord word ondersoek.

“Die polisie het ʼn reusesoektog van stapel gestuur na die verdagtes wat ná die skietery van die toneel gevlug het. Die motief vir die skietery is nog onbekend,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe het die voorval op die plaas Jan Else plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Andries Visagie ·

“Die motief vir die skietery is nog onbekend” – gaats, hierdie Ngoepe is kompetisie vir Mbalula.

Tabu ·

Dankie Vader die Boer en sy gesin het dit die keer vrygespring!
Nou moet hy iets drasties doen om hulle veiligheid te verseker want . . .

Tanya Kruger ·

Wens net die boere wil leer om eerder alarm te maak en hulp te kry as om die nag in te spring en self ondersoek in te stel, veral as mens net een persoon is!

Ai ANO ·

Almal is bekommerd oor die boere en ons almal probeer help, al is dit ook net met raad, ons wil nie he die boere moet doodgaan nie, maar WAAG ‘n stadsjapie om iets oor landelike veiligheid of boere te sê word ons aangeval. Ongelukkig wys die aanvalle dat die BOERE niemand se raad vat nie, en in plaas van DANKIE se vir diegene wat probeer help word jy heel eerste gebombardeer met IS JY ‘n BOER? NEE ek is nie ‘n boer nie, maar my familie is boere, ek kom van ‘n plaas af ek is BEKOMMERD oor nie net een nie, maar oor AL DIE BOERE .. maar as julle ons wil aanval, dan is julle op julle eie. ONS probeer ook net help.

Chrisjan ·

Boere kan nie elke keer alarm maak as iets snaaks lyk nie. Ons weet mos almal wat gebeur as jy heeldag loop en wolf- wolf skreeu. Ongelukkig ken die terroriste ook daardie verhaal en misbruik hulle dit.

Die stadsjapies kan hulself maar voorberei op n aanslag. Boere is stadig maar seker besig om die situasie te verwerk en al meer weerstand te bied. Sodra die terroriste besef dat boere nie meer maklike teikens is nie, gaan die teiken areas skuif.

Theresa ·

Tanya, dalk is Ano nie eers ‘n boer van beroep nie. NIemand val jou aan nie – dis net ‘n vraag of jy ‘n boer is wat ‘n boerdery bedryf (dis wat ek daaruit verstaan). Die praktika rondom ‘n boerdery is heelwat meer ingewikkeld as wat baie mense verstaan. En om dit te sê beteken nie mens waardeer nie die gebede en omgee nie.

Coenie ·

Ek is n boer en ek stem saam dit wat hy gedoen het was regtig dom maar hy het n kans gekry om dit reg te maak

Stadsjapie ·

Dankie Vader, hy sal herstel, lyk my die boere sal nou met koeelvaste baadjies ook moet boer? Dit is darem iets verskrikliks, en so vra almal ‘wat moet ons doen’? Was die naweek by ‘ n funksie, AL die mense vra .. SE NET VIR ONS WAT OM TE DOEN? Ek weet ook nie, behalwe om aan te sluit by organisasies wat jou veiligheid verbeter en vir burgerregte veg WEET EK OOK NIE. Want ons mag nie meer trots blank of trots afrikaans wees en onsself verdedig nie. Dit is skokkend.

Afrikaanse Knaap ·

Ek kan nie tik wat ek dink nie want dan gaan ek my werk verloor.
Ek is baie bly hierdie man het oorleef. Iemand het vir hom gebid.

Chris Ws ·

“Afrikaanse Knaap”, die jongman was in ons Vader se hande die’ dat hy lig en lewend daarvan afgekom het.Ek hoop van harte hy sien dit raak.Wonderwerke vind elke dag plaas!

Annie ·

As ek moet tik wat in my kop omgaan verloor ek nie net my werk nie. Hulle gaan my toesluit en ontslae raak van die sleutel vir altyd.

Lizl ·

Dankie Jesus dat hy leef, en hou asseblief U hand oor al ons boere…. Dankie vir U goedheid en genade.

Ria Maritz ·

ONBEKEND … gmf … ek weerhou my mening. Mag dink wat ek wil.

Sterkte aan die boer en familie !

Boet Fasie ·

Koeelvaste baadjies gaan ook nie meer jou beskerm nie, die manne mik nou vir kopskote. Hulle word betaal vir dooie boere nie gewonde boere nie.

Penellope Jones ·

En so sal hulle aangaan want niks en veral niemand keer hulle nie.

Marcelle ·

Ek dink ons moet nou “drones” inspan, gelaai met n ploftoestel van die een of ander aard. Ons het nou almal genoeg gehad. Die “regering” gaan beslis niks doen nie. Fekile kan nie sy weg uit n papiersak vind nie en nou sit hy nog met die oorlog op die Kaapse vlakte ook!

Oe-la-la ·

Die aanvallers moet minder gemaak word, dis al wat werk!

Peet J ·

Tanya, ek ondersteun jou kommentaar dit is raadsaam om eers alarm te maak en probeer om hulp te kry as jy alleen is moet ook nie alleen in die dag of nag ondersoek gaan instel nie want die kriminele het wapens en hulle is meer as net een hulle skiet jou op ‘n afstand en jy sal daar lê en doodbloei. “n Mens met gesonde verstand behoort nie dom astrant te wees nie.

Gert ·

Peet
Nou wanneer maak ‘n boer alarm? Die eerste keer as die uil die alarm laat afgaan of die derde keer? Ons kan nie elke keer die wereld op hol jaag wanneer ons iets vermoed nie, dit gebeur net eenvoudig te veel. Vals alarms, mok aanvalle en valsvlag insidente is alles deel van die aanvallers se beplanning om die boer gerus te maak of sy bure vies te kry.

G ·

Ek het vir ‘n oomblik gedink dis die hoenders wat verbouereerd geraak het in paragraaf 7! Toe ek by die skiet deel kom, toe besef ek dat iets nie pluis is nie… Mag die boer gou herstel!

Boet Fasie ·

Het die polisie ‘n saak oopgemaak van poging tot moord omdat die verdagtes verdwyn het, dit is mos hoe die polisie opereer, – kla die boer aan

My mening ·

Daardie alarm het afgegaan omdat hy uit die huis gelok is deur hulle. Maar waar was die honde? Het geen hond geblaf of ken die honde die aanvallers?
Weereens, moenie dat selfs ‘n veldbrand jou uit jou huis lok.

Nico ·

Moet nooit uitgaan nie, nooit ooit nie, ontbiet hulp en as die plek omsingel is bly paraat maak baaie lig.
As jy uitgaan is jou mense kwesbaar.
Word gou gesond, ons bly bid vir al die boere, elke aand 8 uur en 6;30 soggens, help maak die ketting teen die vyand sterk.

romeyer123 ·

Ek wil net met julle deel waar mee ons boere te doen het.
Ons was die lang naweek op n wild plaas gekamp waar die drade geknip is is ongewenste elemente toegang na die plase verkry is.
Die polisie kom nie uit na so n geval nie, daar moet eers n krimenele daad gepleeg word. Anders is dit niks meer as “trespassing”. Nie te min dat daar duisende rande se skade aan elektriese heinings gemaak word nie, dit tel vir niks.
Dit is hoekom ons boere so maklike teiken is. My hart gaan uit na al ons boere.

EK hoop die mense in beheer skrik wakker en stop die ding want iewers gaan dit n lelike storie raak, as die boere genoeg gehad het.

Zeus ·

As jy op n plaas bly plant oral waar jy kan “Camera Traps” en stap gereeld rond en kyk vir spore,
Die booswigte hang gewoonlik eers in die gebied van die teiken rond voor hulle toeslaan. Skiet nou en dan somer n skoot in die veld af. Maak dit duidelik jy is nie n sagte teiken nie. Neem jou veiligeid in jou eie hande.

Dankbaar ·

Dankbaar Dewald mag jy spoedig na liggaam en gees herstel Dankie Jesus. Hommeltuig goeie idee maar hy sal MOET GELAAI wees. So kan plaasboer ook sy skiet goed maar gereeld, tydens sulke tye bv alarms wat afgaan, honde wat blaf ……Toets als net ingeval. STERKTE BOERE nooit is jul alleen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.