Boer op KZN-plaas vermoor

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn 70-jarige boer is op sy plaas naby Illovo in KwaZulu-Natal vermoor.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die boer se liggaam Vrydagoggend deur werkers gevind is.

Volgens Zwane is die boer vermoedelik gisteraand al vermoor. Zwane kon nie onmiddellik bevestig hoe die boer dood is nie.

Dit is in dié stadium nie duidelik hoeveel aanvallers betrokke was en wat tydens die voorval gesteel is nie.

Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof, het gesê die voorval het op die plaas Arniside plaasgevind en dat die boer se lyk omstreeks 07:00 gevind is.

Cameron het gesê die moordenaar/s het met die boer se voertuig gevlug. Besonderhede oor die voertuig was nie onmiddellik bekend nie. Dit is in dié stadium nog nie duidelik of die boer alleen gewoon het nie.

Volgens Cameron is die boer vermoedelik met ʼn stomp voorwerp doodgeslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

etienne ·

Ons land? Dit is die swart massa’s se land, wittes het min of geen regte en alles sal uiteindelik van die wittes ontneem word, die rykes sal die langste kan uithou maar hulle het reeds oorsee ‘n plek om heen te gaan. My familie is sedert 1750 hier en nou vertrek ek oorsee, dis onmoontlik om teen die getalle oorwig te baklei in ‘n land met ‘n eensydige regering en onthou daar is ‘n rasse wrywing wat mense nie kan te bowe kom nie,dit sal tot in ewigheid voortduur. Die VSA het in 18 iets slawerny afgeskaf maar tot vandag toe is die verskille meer duidelik as ooit. Onthou wat jy het wil hulle s’n word.

Laat Afrika vrot! ·

Na 94 het die blanke in Suid Afrika nie meer verbluifsreg nie…Dit sal net erger word!

Erika ·

Dit maak my so hartseer as n boer sy lewe verloor op n plaas waar hy dalk al jare lank hard gewerk het. Die vraag is … WAAROM.

Jakoba ·

Haat en gierigheid, en hulle hoop die plaas sal dan beskikbaar wees om op te gaan plak.

Louise ·

Daar word boere elke dag vermoor, daar word net mooi niks aan gedoen nie, ek het nie woorde om te beskryf hoe ek in my hart voel nie. Dit raak net erger en erger, waar en wanneer gaan dit stop?

Haan ·

Wanneer ons begin om onsself weerbaar te maak. Wanneer ons begin omsien na ons oumense wat nie die vermoë het (fisies óf finansieel) om hulself te beveilig nie. Wanneer ons begin besef dat ons as vyande in ons eie land gesien word. Wanneer ons ons kinders begin leer oor ons erfenis en herkoms, en dat hulle daarop trots kan wees. Wanneer ons as n volk weer ons God en sy gebooie begin gehoorsaam… DAN gaan dit stop

Adam ·

Haan, teoreties het jy ‘n goeie argument, maar ongelukkig beteken dit niks in die praktyk nie. Plase is sagte teikens en kriminele weet dat hulle waarskynlik op plase 2 items tydens ‘n rooftog sal aantref, nl. kontant en wapens. Kontant om van te lewe en wapens om verdere msidaad mee te pleeg. Ongelukkig is die weefsel van ons samelewing so verrot, dat ons slagoffers sal bly. Ons regering is hopeloos en die opposissie se gahalte bedenklik.

Frikkie ·

Daat word te min gebid. Die land is in n oorlog gewikkel en almal se harte is seer!

Pensioenaris ·

Nóg ‘n boer vermoor en besteel en daar gaan ook niemand gearresteer word nie. Maar wanneer jy nou eie goed wil beskerm word jy gearresteer en word borg geweier. Neem as voorbeeld die twee jongmans van Bronkhortspruit. Hulle kant van die saak word verswyg terwyl die hele nuusberig net aan die ander party gewy word. Wat is die waarheid??? ‘n Saak het altyd twee kante. Geen wonder dit gaan so sleg in ons land nie….

Toppie ·

Vinnig en goedkoop manier om boere van hulle plase te verdryf deur plaasmoorde

Peet J ·

Ek lewer maar kommentaar oor hierdie aangeleentheid wat vir my sowel as vir ander Afrikaners van belang mag wees.
Die oorgawe van die land deur die NP na die ANC was ‘n oorhaastige foutiewelike besluit wat sonder voorbehoud gedoen is maar om als te kroon het die Akkoord vir selfbeskikking wat deur die betrokke politieke party, op daardie stadium, met die regering beding was op een of ander manier nie verwesenlik nie. Asgevolg van hierdie mislukking kan baie van die plaasmoorde en kleinhoewes voor die deur van die betrokkenes gelê word. Daar is geen ander oplossing vir hierdie moorde nie behalwe om ons eie grondgebied te bekom so vinnig as moontlik Terloops die banke is baie traag om lenings aan witmense toe te staan om grond te kan koop.

Cherokee ·

Ja Peet, ek het net na die referendum in 1992 die voorspelling gemaak dat vorentoe gaan die ‘ja’stemmers ontken dat hulle ja gestem het. My voorspelling was in die kol. Nou lyk dit asof De Klerk se kruisie die enigste ja-stem was. Na die voorlaaste verkiesing het ek gesê dat die DA-kiesers ook vorentoe gaan ontken dat hulle DA gestem het. Weer was ek reg. Wat vir my een van die tergendste vrae was, is hoe mense wat voorgegee het konserwatief te wees in een draai van die wiel begin stem het vir een van die die mees liberale partye. Die antwoord aan myself was dat kiesers net soos ‘n bevoegdheidsertifikaat vir vuurwapens, ook ‘n bevoegdheidsertifikaat in politiek behoort te verwerf voordat hulle ‘n stem kan kry in die keuse van ‘n regering. 99,9% kiesers weet niks van politiek nie en stem soos die buurman hul voorsê.

Adam ·

Cherokee, ek glo jy sal saamstem dat die Codesa onderhandelinge eerder ‘n gekonkel was as wat daarwerklike onderhandelinge plaasgevind het. Codesa was niks anders as ‘n ooreenkoms waar die blankes politieke mag aan die swartes oorhandig het in ruil vir die behoud van ‘n groot deel van die ekonomiese mag nie. Natuurlik is dit nou meer as 2 dekades later en nou word dit wat van die ekonomiese mag oorgebly het ook geeis. Jou opmerking dat oenskynlik “konserwatiewes”in ‘n oogwink “liberaal”geword het, is in die kol, vandaar die Babelse verwarring binne die DA mbt beleid. Die swaai na die DA deur baie blankes was uit desperaatheid en weersinswekkend om te aanskou. Soos jy weet is ek ‘n oud-Prog en sal ek nie vir die DA stem al gee hulle my ‘n bakkie kreefsterte en ‘n tenker vol Chardonnay nie.

ai toggie ·

Haan ….bid gaan NIKS help nie Die 10 gebooie nakom nog minder. Wil jy my sê dat geeneen van die dersuisende boere wat tot hede vermoor is, gelowig was nie?

GR ·

Die klomp gemors is so lafhartig hulle kan net weerlose bejaardes aanval en dan is hulle nog 4 of meer, sleg goed het nog nooit verander van Dingaan se tyd

Johannes Meintjes ·

Na persoonlike briewe en pleidooie m.b.t. bewusmaking oor plaasmoorde sedert 2001 (skynbaar grootliks sonder vrug), stel ek tans voor dat alle gemeenskappe in SA verplig word om buurtwagte in te stel en buurtwagvoorsitters vanuit oud SAW of SAP geledere aan te stel. Kommandotipe opleiding moet verskaf word aan Buurtwagte sodat beide misdaad en terreur effektief bekamp kan word. Inwoners wie apaties versuim om deel te neem moet beboet word en ‘n deelname glyskaal vir ledefooie, afhangende daarvan of die Buurtwaglid (met GPF deelname) aktief is of nie, moet binne die Buurtag se gerigistreerde nie-porfyt struktuur gehef word. Lede wie aktief deelneem in roosters vir radiobeheer, brandspanne, rampbeheer soos ongelukke en natuurrampe, beradingsspanne en patrolleerders sowel as reaksiespanne betaal nie ledegeld nie. Daarbenewens beveel ek aan dat politieke leiers, SAPD bevelvoerders en buurtwagvoorsitters waar plaasaanvalle en geweldsmisdaad plaasvind beboet, of aangekla en vervolg word. Elke plaasaanval of plaasmoord moet opgevolg word met skadevergoeding wat van die SAPD en die Staat in die Nuwe SA (slegter vir almal) ge-eis word.

RM ·

Slapgat dis wat ek sê, hulle sal nooit jong boere aanval nie dis altyd ou mense en hulle kom in hordes. Slapgat!

Peet J ·

Cherokee, ek ondersteun jou kommentaar
Die plaasmoorde is al in die parlement bespreek en dan word ‘n grap van die onderwerp gemaak! Wat weerhou die betrokke politiekeparty om die Akkoord (ooreenkoms) met die regering wat reeds goedgekeur was, nie weer op te neem nie. Ons is almal vreesbevange en bekommerd oor die kriminele toestand spesifiek die moorde op plase en kleinhoewes maar die afgelope 23 jaar het dit al erger geword m.a.w.die voorstelle van instansie ens. bied nie ‘n oplossing nie.

Bastian den Bakker ·

Over die geweldadige “plaasmoorde” lees ik zelden iets in de Nederlandse pers. Ik kom er geen woord over tegen. Links wil dit hier “nie hoor nie”!! Roep het van de daken!!

Peet J ·

Mnr. Bastian den Bakker, die ANC regering is nie tengunste daarvan dat die moorde openbare aandag moet geniet nie weens politieke redes. Dit is grootliks witbejaarde plaaseienaars wat aangeval en vermoor word, die aanvallers is gewoonlik twee tot ses persone en inhegtenisneming geskiet oor lang periodes .
Hier is die statistieke van wit plaasboere wat vermoor is vanaf 2010 tot 2017 totaal 479 die aanvalle is nie inberekening gebring nie. Dankie vir u navraag.

Jan ·

Hr. Peet J. waarom is het mogenlijk deze berichten wel op media te lezen en journalisten van kranten mogen er niets over publiceren, ANC mag dat niet verbieden het mag niet zo zijn dat mensen in het buiteland er niets over mogen lezen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.