Boer op Limpopo-plaas aangeval

Argieffoto

Argieffoto

Eugene du Toit, ʼn boer van Limpopo, is Sondag in die vroeë oggendure op sy plaas tussen Groblersdal en Marble Hall aangeval. Na wat verneem word, is Du Toit nie ernstig beseer nie.

Chris du Preez, bestuurder van die veiligheidsmaatskappy Loskop Vallei SOS (Special Operations Solutions), het Dinsdag aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 03:00 plaasgevind.

“Die boer was vermoedelik alleen by die huis toe hy deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval is,” het Du Preez gesê. “Hy is vasgebind waarna sy huis geplunder is.”

Die verdagtes het met die boer se voertuig gevlug.

Volgens Du Preez was daar vroeër die nag ook ʼn poging tot ʼn plaasaanval sowat 5 km van Du Toit se plaas, maar dié is suksesvol afgeweer. “Dit bevestig weer eens ons bewering dat daar meer as een aanval gelyktydig in ʼn sekere gebied beplan word. Sou een aanval nie realiseer nie, verskuif die aanvallers net hulle teiken en gaan voort.”

Du Preez het ʼn beroep op boere in die omgewing gedoen om hul paraatheid op te skerp.

Konst. Lethunya Mmuroa, polisiewoordvoerder, het die aanval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê twee verdagtes, onderskeidelik 33 en 39 jaar oud, is Dinsdagoggend in verband met die voorval in hegtenis geneem en moet binnekort in die Groblersdal-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ladybug ·

En dit is die waarheid – kriminele teiken sekere areas – My kind en kleinkind is deur so aanval laas week Dinsdag in die Rustenburg omgewing! Gelukkig ongedeerd maar dinge kon soveel anders gewees het …

Louise ·

Ek is erg geskok en geraak hierdeur ek ken Eugene Du Toit en ek was lelik met hom het nie mooi gemaak met hom nie. Voel nou bitter sleg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.