Boer op NK-plaas vermoor: Werker het glo gevlug

Hennie Oosthuizen en sy vrou, Petra. Foto: Verskaf

Hennie Oosthuizen en sy vrou, Petra. Foto: Verskaf

Die Noord-Kaapse polisie het bevestig die boer wat Vrydagoggend op ‘n plaas buite Groblershoop glo deur ʼn plaaswerker met ʼn mes doodgesteek is, is Hennie Oosthuizen.

Volgens lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, was Oosthuizen 49 jaar oud. Maroela Media het vroeër berig Oosthuizen het na bewering omstreeks 07:30 met een van die werkers op die plaas in ʼn stryery betrokke geraak nadat Oosthuizen hom oor iets berispe het. Die werker het na sy kamer gegaan om ʼn mes te haal en het Oosthuizen na bewering drie keer in die rug gesteek.

Oosthuizen is glo na ʼn kliniek gehaas, maar het kort ná sy aankoms daar gesterf.

Volgens inligting op sosiale media het die werker, ʼn 24-jarige Zimbabwiese man, gevlug en het inwoners van die gemeenskap gehelp om hom aan te keer. Mooi kon dit egter nie bevestig nie.

“Die verdagte is tans in polisieaanhouding en sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van moord,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Nog een ·

Agge neee!! Dis so hartseer! Moenie onwettige imigrante aanstel om geld te probeer te bespaar nie dit kos n boer se lewe! Nog n boer minder om ons mense in ons land te voed? Daars duisende Suid Afrikanse burgers wat matriek het wat nie werk kry nie stel hulle eerder aan. Sterkte aan die gesin en familie.

Verıtas ·

Nog een, ek voel soos jy voel maar dıe berıg meld nıe dat dıt ‘n ‘onwettıge’ ımmıgrant was nıe. Dıe rede waarom boere dıe ımmıgrante aanstel, gaan nıe oor goedkoper arbeıd nıe. Dıt gaan bloot daaroor dat meeste ımmıgrante harder en doeltreffender werk as Suıd-Afrıkaners. Hulle ıs deeglık bewus daarvan hoe skaars werksgeleenthede ıs en dıe meeste doen hul bes om dıe werk te behou. Jammer vır dıe naasbestaandes.

Francois Kroukamp ·

Kinders wil nie meer harde werk doen nie ons ouers is mos te jammer om hulle te leer wat dit beteken om te werk. Arme bloedjies

PJ ·

Johan ek stem saam hulle praat net en niemand doen enige iets nie….Ons boere sterf y die dag..Elke keer as jy Maroela oopmaak dan is daar n boer vermoor….So kan dit nie aangaan nie….Afriform moet ophou praat en plig by daad sit.

WirBlits ·

Lyk my ons kan doen met ‘n Donald Trumpmuur teen ons Noordegrens, want hoeveel misdaad word nie gepleeg deur immigrante wat van die Noorde die land binnekom nie en tien-teen-een nog onwettig ook daarby?

Elsie ·

Ja nee maak nie saak wie jy in diens neem nie. Hulle is maar almal onvoorspelbaar. Jy kon hom self grootgemaak het, maak geen verskil nie. Die hele wêreld word omgekeer oor 1 wat in ń doodskis gesit is maar hy lewe! Blankes wat vermoor word word nie eers op tv of rafio genoem nie!!!!! Die land is so korrup dat as ons nie vir ons self gaan baklei nie gaan niemand anders dit doen nie. Blankes moet wakker word!!!!

oumie ·

Elsie ek dink ons is wakker dit is net die probleem ons is wit en elke beweging word dopgehou en ons is in die minderheid maar ek sal nie ophou GLO nie erens moet daar iemand wees wat leiding kan vat en dan gaan die gort gaar wees slag my nou maar maar ek sal bly glo GOD gaan ons n uitweg gee RIP ou grote

Ancara ·

Stem saam met altwee hierbo.Maar wat help dit.En Matrieks dis n uitstekende idee wat op plase kan werk.Meer boere sou geleef het.

Deďuiwelin ·

Ek wil dit net duidelik stel dat hierdie spesifike een nie onwettig was nie. Hy het n paspoort en alles gehad. Ons boere is nie onnosel nie. Hulle word ook nie aangestel om geld te spaar soos julle beweer nie. Hierdie uitsprake maak seer . Ons boere probeer altyd om n gesonde verhouding met hulle werkers te op te bou. Ongelukkig is daar buite faktore wat geweld en moord op boere aanwakker deur die media te gebruik. Gaan lees hoeveel keer is daar in die afgelope week weer dreigemente op FB gesit om die boere almal uit te wis. Hier man BIGBOY PHIRI het n konfrontasie gesoek deur die gifspuit op die man se kop te laat sak. So het hy dan sy oomblik gekry om die boer te vermoor…….dink in die toekoms voir julle altyd die rede by die boer gaan soek. Hennie was n man met n mooi en goeie hart.

bendons ·

Ek stem. Dit raak tyd vir rugreguit maak en ons self beskerm. Volksmoord vit plaas en ons doen niks. Ons praat net. Ons moet bid en soos Israel opstaan en ons verdedig. Die Bybel sê ons kan en moet.
Ek bid vir dit wat ons moet doen nou voor dit te laat is.

Carol ·

Daardie duisende wat pas matriek klaar geskryf het wil nie op plase handearbeid verrig nie…..hulle wil universiteite toe gaan om te gaan social en te leer van optogte en hulle 15sek van fame op die TV te soek. Staan liewer saam en help die boere om van die swaard wat oor hulle koppe hang om vermoor te word verlig te word. As elkeen die berigte wat so op FB GEPLAAS WORD DAT ALLE WITTES VERMOOR MOET WORD by die MENSEREGTE KOM aangee en die opstokers ook bygekom word sal ons boere weer kan normaal asem haal en nie elkedag in vrees vir n land moet voorsien van kos nie. Ek sê maar net

Wayne ·

Gelukkig het die verdagte nie die oorledene gevra om in ‘n kis te klim nie, dit sou aldus die openbare mening veel erger gewees het, of is dit omdat die beweerde slagoffer in die kis geval swart was en die oortreders wit is? Almal weet dat ras die enigste oorweging is (maar baie skop teen die prikkels in ‘n poging om politiek korrek te wees) en dat die onregverdigbare moord tog onmeetbaar ernstiger is as die waarskynlike regverdigbare vryheidsontneming van ‘n beweerde oortreder. Vryheidsontneming is iets wat die polisie (wetstoepassers) daagliks met oortreders (en selfs nie-oortreders) doen. Die diskriminasie is ‘n noodwendige gevolg wanneer een volk deur ander regeer word en solank ‘n volk homself aan ‘n vreemde regering onderwerp, solank sal daar teen hom gediskrimineer word en sal sy regte vertrap word, ongeag wat ‘n stuk papier bepaal. Lede van elke groep interpreteer die stuk papier uit eie perspektief, welke veroorsaak dat selfs sogenaamde haatspraak teen lede van die meerderheid baie belangriker as ‘n lewe van een van die minderheid geag word. Dit verduidelik uiteraard ook waarom haatspraak teen die minderheid as ‘n nietigheid deur die meerderheid beskou word, vra maar net die sogenaamde Menseregte kommissie. Kortom, die minderheid stem toe tot benadeling solank hy instem om deur ander regeer te word.

Hannes ·

Sou graag wou weet wat die verskillende partye se beleid is oor buitelanders. As n Suid Afrikaner so iets in die buiteland (of res van Afrika) sou waag doen, sou daar n groot bohaai wees. Die Anc se beleid ken en ervaar ons daagliks – so hulle moet so spoedig moontlik vervang word. Punt.

pieter ·

Verstaan nie nou wil die ANC klagtes le teen die burgermeester v JHB oor sy uitlatings van buitelanders maak kyk wat gebeur hier.

Dennis ·

En dit is presies hoekom daai twee manne van Middelburg daai man in n kis gedruk het. Ons boere is in n slagtimg betrokke en die owerhede doen absoluut niks om hulle te beskerm nie. Maar as hulle n onnosel ding aanvang is die Polisie binne minute daar!

Anel ·

Hy is nou ‘n verdagte. Hy is ‘n MOORDENAAR. Die een wat in Marikana gemoor het, is nog soek maar HY is ‘n moordenaar! Beriggewing net na my meening baie eensydig.

Mariné Lourens ·

Dagsê Anel

Dankie vir jou kommentaar. Wanneer ‘n spesifieke persoon vir ‘n misdaad in hegtenis geneem is, word hy as ‘n verdagte beskou totdat hy in ‘n hof aan die misdaad skuldig bevind is. Maroela Media kan as nuusagentskap nie self besluit of die persoon skuldig is of nie en noem dus enige persoon wat in hegtenis geneem is, maar nog nie aan die betrokke misdaad skuldig bevind is nie, ‘n verdagte. In die geval van die moord in Marikana, is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Marie ·

Baie jammer vir die familie. Nog ‘n buitelander hierby betrokke. Ek glo as al die buitelanders, na hul land terug gestuur word, daar minder misdaad in hierdie land sal wees. En almal se houding is mos ‘jy sê nie vir my nie’.

Mooi man! ·

Marie ek stem 100% saam met jou 1000000% as al die”buitelanders terug gestuur word na hulle lande toe sal die ” crimerate” minder wees in ons land laat hule daaar in hulle land gaan hard werk om hule land op te bou ons as Suid Afrikaners van alle rasse is net so sterk ons kan ook hardwerk en ons eie land opbou as ons net n regverdige kans gegee word en betaal word volgens ons verrigtinge sal ons as Suid Afrikaners almal daarby baat.

Jan maak n plan ·

Die “verdagte” sal seker borg kry, want wat hy doen is mos reg.

Twakkie ·

Die boer gaan ongelukkig soos soveel voor hom nie lewendig uit die doodskis opstaan nie. En dit gaan nie ‘n tiende van die publisiteit kry van die ou wat wel lewendig uit die kis gekom het nie. Maar dit is hoe “perspektief” in SA lyk. Simpatie en sterkte aan naasbestaandes. Die wraak kom ons nie toe nie, die Here sorg daarvoor.

Stortkop ·

Nogal snaaks dat mense wat op hierdie berigte kommentaar lewer altyd alles en almal beskuldig en veroordeel. Ook dat jy nie die en daai een in diens moet neem of sommer alles self moet doen.

Snaaks hoe gereeld by die tipe berigte, soos met bediende wa vrou ook vermoor het, genoem word van n gestry en bakleiery.

Maar niemand oordeel die werkgewer. Niemand se jy moet jou werknemers met respek behandel? Niemand se jy moet ophou baklei en skree op werknemers?

Terwyl mense nie die regte oorsake van hulle probleme kry nie, sal hulle probleme nooit opgelos word nie

Wayne ·

Is die doodslaan van jou werkgewer geregverdig aldus jou, indien hy streng of selfs onredelik is? Bly eerder stil as om sulke snert kwyt te raak. Klink soos diegene wat Reeva se moord probeer regverdig het deur te vra wat sy in Oscar se huis gesoek het.

Nel ·

En dis ook nogals snaaks dat geskille van watter aard ookal met die dood/moord vergeld moet word.

Roelien ·

Ek laat my nie vertel die immigrante kan beter en harder werk nie. Ek het net plaaslike mense en my mense verruil ek vir geen immigrant nie. Jy stel jou en die mense om jou se lewens in gevaar deur hul in diens te neem.

Nog een ·

Baie baie dankie Roelien dis presies waarop ek neerkom ek stem 100% met jou saam

Agent ·

Roelien, ek is amper 60 en het my lewe lank hier langs die Oranje gewoon. Ek is ‘n diensverskaffer aan boere en kan jou sê 80% van hulle gebruik nou uitlanders. Ek lag die meeste vir Noordkaapse boere se Engels. Maar laat ek jou sê, hulle sal deur die bank vir jou sê die buitelanders werk BAIE harder as die plaaslike bevolking (no pun intended). Te veel toelaes en beskikbare drank het hulle bitter sleg gemaak. Maar daarmee sê ek nie dis reg nie, ek het altyd gewonder wat gaan die effek wees van die plaaslikes wat nou al meer sonder werk raak, en in ‘n mindere mate, wanneer gaan die hardwerkende uitlanders ook begin “mak” raak. Dit blyk nou laasgenoemde is nou eerste aan die gebeur.

Peet J ·

Uitlanders m.a.w. sekere immigrante wat sonder voorbehoud in die RSA toegelaat word het alreeds ‘n groot onoplosbare probleem vir beide SA sowel as ander lande geskep. Die regerings sit met hulle hande in hulle hare want hulle laat enige Jan rap en sy maat toe om hulle lande binne te kom terwille van toegeeflikheid. In die Republiek van S A word daar tans niks deur die regering vermag om goeie beheer oor die kriminele uit te oefen nie en die instansies wat veronderstel is om betrokke te raak bereik niks vir die afgelope 25 jaar behalwe om kruise op te rig. Die politieke partye sit en wag dat die kiesers moet toeneem sodat hulle ‘n mandaat kan bekom om met die regering inverbinding te tree.
Ek stel voor dat die Afrikaners wat nog belangstel in selfbeskikking ‘n Afrikaner staat identifiseer bv. ‘n gedeelte in Wes en Noordkaap en spoedig daarheen verhuis, eiendomme kan hier verkoop word en daar aangekoop word om ‘n beter en veilige lewe te begin. Daar kan ook voorsiening vir die blankes wat in plakkerskampe hier woon voorsiening gemaak word om ‘n beter lewe tegemoet te gaan. Hoop Maroela sal my kommentaar plaasJammer dat jy jou einde so tegemoet moes gaan sterke aan die familie. Ek bly op ‘n kleihoewe en weet hoe dit voel om heeldag en aldag oor jou skouer te loer.

Esmay ·

Peet, uiteindelik iemand wat sin praat. Nou kort ons nog net n leier wat ons daarheen kan lei!!

Jp ·

Elke keer as ek in die nuus ingaan is daar boere dood gemaak op hul plase. Die EFF spoor dit aan. Hulle het kill whites borde by hulle byeenkomste. Niks word daaraan gedoen nie. Maar as n swarte in n kis gedeuk word is dit nationale nuus maar niks word gese van al die boere wat elke jaar dood gemaak word nie. Ons gaan moet saam staan en terug veg. Afriforum en soldariteit is al jare by die UN en niks word daar uit gerig nie. Ek verlaat SA oor paar jaar niks gaan verander hier nie.

Ben Prinsloo ·

Stortkop so as ek jou nie behandel soos jy graag behandel wil word nie is dit nie jou reg om maar eerder te bedank en n ander werk te gaan soek nie maar eerder jou reg om my dood te maak soos n lafaard, of van agteraf of in groepe van tot 10 en meer. Nee ou maat jy het die kat aan die dinges beet.

Woedend ·

Weet julle ek ken die egpaar al ‘n hele paar jaar en soos ek verstaan het die werker ‘n geldige werkspermit gehad.en werk hy al ‘n geruime tyd vir die gesin.

Ek weet ‘n mens mag nie rasisties wees nie, maar as dit mense na aan jou raak kan jy nie help om kwaad te raak nie.

My hart gaan uit na my vriendin Petra en die 2 seuns. Julle was so opgewonde om te gaan boer in Grobblershoop.

Ek bid vir julle xxx

Fly Oberholzer ·

Woedend, kan jy dalk vir my sê: het Hennie-hul Groblershoop toe getrek? Ek weet hulle is oorspronklik van Groblersdal -area?

Petro ·

Liewe aarde hoekom oordeel jul n man – n Boer.
Elke Boer wat vermoor word bewys mos daar is fout.
Hennie Rus in Vrede ou maat.
Petra en seuna sterkte

chris slabbert ·

Wanneer daar nie meer n MINDERHEID is nie gaan daar beslis net agtergeblewenisse wees. As jy met jou rug teen die muur is kan jy nie die skrif aan die muur lees nie!

Fly Oberholzer ·

Maroela Media, Hennie Oosthuizen is van GROBLERSDAL-omgewing, Limpopo. Nie Groblershoop, NK nie!!!

Mariné Lourens ·

Dagsê Fly Oberholzer

Dankie vir jou kommentaar. Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap het die voorval op ‘n plaas in die Groblershoop-omgewing gebeur.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Fly Oberholzer ·

Baie dankie vir jul terugvoer. Ek neem dan aan dat hulle Groblershoop toe getrek het. Lekker dag!

Flibo ·

Die beskuldigde sal niks oorkom nie. En ons almal weet hoekom nie. Soos ek se, so sal ons stelselmatig almal uitgeroei word. Dit neem tyd, maar dit bly gebeur , elke dag. Ons bly die prooi !!!

Flibo ·

Dis siek. Die hele land is siek. Moor moor moor. Ek is gatvol !!!

JOHAN BESTER ·

Ons het ook n plekkie buite Groblershoop en dit is heerlik vrek warm en almal praat Afrikaans.
Natuurlik nie die uitlanders en die meelopers van hierdie korrupte regering nie.
Julle moet my verskoon maar baie wit mense/kinders wil nie werk nie.
My skoonsuster is deur n wil werklose wat sy verblyf en bouwerk gegee het vermoor.
Ons het n briljante wit werklose hier gehad .Hy was n lopende enseklopedie met sy kennis maar sleg.Hy het een aand gerook/gesuip by die huis aangekom sleutels nergegooi aggresief met my vrou gese hy loop.Ek was in buiteland besig om te probeer n geldjie te maak en om hom te betaal.Ek het onmiddelik toe ek terug is hom kom oplaai en weggevat om hom nooit weer te sien nie.
Wit werkloses nee dankie
Wit lui kinners nee dankie.
Lui kleurlinge wat net wil suip en kinner toelae kry (deur 3 van hulle) nee dankie.
My uitlander werk al jare aan en af vir my met geen probleem nie.Kan huis se sleutels by hom los as hy teelwerk of iets in huis moet doen en nog nooit tot nou toe enige skade.
Ek vra die vraag word die mense soos ons eie nie dalk opgestook en betaal om dit te doen nie?
Ons innige simpatie met die betrokkenes.

Cicilia Ferreia ·

Die hardseer daarmee wat die berig nie noem nie is dat dit ten aanskoue van haar seun 10 was. Liewe Petra en familie. Ons is almal hier vir julle, al kan ons nie julle seer weg neem nie. RIV Hennie.

Louwrens ·

Soos Yolanda die lewe op haar plaas verduidelik is presies hoe dit is. Solank ons betaal en kos kan gee is alles in orde.

Yolande ·

Ek self bly op n plaas. Die werkers se huise is so 100 m van die plaashuis af. Die laaste 3 oggende is hier musiek wat speel van 1 uur af. Nodeloos gese…niemand hier of daar slaap nie. Moreogg kom melk niemand nie, Sondag ogg breek aan en ons almal gaan kerk toe. Shebiens is oop in woonbuurte op n Sondag 11 uur moet ons almal optel en kom ons by hulle huise kom daar mense uit hulle huise om ons te vloek. Want nou is almal dronk sien. Maar hulle sou dan kerk toe. Ons word so ontstel ons kon net sowel gelos het om te gaan. Ons se niks en ry terug plaas toe. Op die plaas word ons verder gevloek, dat ek party dae met my kind die huis moet invlug van die woorde af. Dan se ons niks, terwyl ons deur n dronk mens met n vinger in die gesig gedruk word. More kry ek n boodskap: Bring die vlgkos asb vir werkers saam. En ek kry n lys, maar gister is ons gevloek. Ons geld is goed vir kos. Eks al gedreig met n mes terwyl ek en my kind alleen was, hier was al moord op die plaas onder mekaar…maar ons moet net die heeltyd stilbly

ina van dyk ·

Dis baie hartseer. Daar is so baie wit seuns wat werk soek. Hkm stel julle nie ons kinders aan nie. Kom laat ons naasie mekaar help en bystaan. My innige simpatie met sy vrou en die familie. Hy was nog so jonk gewees.

ju ·

Laser beams is the answer for every farmer with a very loud alarm. It gives the farmer time to arm himself and send out for help. And in the mean time the perpetrators know you are warned. Just a suggestion.

Peet J ·

Esmay, dankie net ter inligting die gedeelte Noord-Weskaap bv. Springbok omgewing se swart populasie is 4.1%
Melkbosstrand omgewing swartes is 7.8%. Hierdie gedeeltes was voorheen ook ge-oormerk vir ‘n Volkstaat maar ons leier
was nie te vinde daarvoor nie nou sal ons ,ons maar self moet lei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.