Boer op plaas by Roedtan doodgeskiet

Argieffoto (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

ʼn Boer is Vrydag op sy plaas in Roedtan in Limpopo tydens ʼn plaasaanval doodgeskiet. Sy lewensmaat en ʼn jong man wat saam met hulle op die plaas gewoon het, is in verskillende vertrekke vasgebind.

Renita Prinsloo van TLU SA het aan Maroela Media gesê die huishulp het eers vanoggend op die vrou en jong man afgekom.

“Volgens inligting het ʼn vreemde voertuig hulle gistermiddag op die plaas ingewag. Hulle het geld geëis. Die man is geskiet en die vrou en jong man is in verskillende vertrekke van die huis vasgebind.”

Die huishulp het Saterdagoggend op die toneel aangekom en hulle moes na die polisie in Roedtan ry om die voorval aan te meld, omdat die aanvallers die slagoffers se selfone gebuit het.

Prinsloo sê die paartjie het onlangs eers na die plaas verhuis en hulle radio’s was nog nie op die regte frekwensie ingestel nie. Boonop is daar byna geen selfoonopvangs in die gebied nie.

“Die polisie het baie vinnig reageer. Boere van die omgewing en lede van die Heritage Protection Group (HPG) is dadelik ontplooi. Die polisie volg alle leidrade op.”

Prinsloo sê die vrou en jong man is baie getraumatiseer deur die voorval en is in verbinding geplaas met traumaberaders.

Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.