Boer op kleinhoewe doodgeskiet

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

ʼn Boer is vanmiddag op sy kleinhoewe in Kameeldrift in die noorde van Pretoria doodgeskiet.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer was omstreeks 14:00 besig om sy elektriese heining op die kleinhoewe op Rinkhalsweg te herstel toe hy deur twee verdagtes oorval is.

Volgens Makhubele is die boer deur een van die verdagtes geskiet waarna hulle op die vlug geslaan het. Hy het op die toneel aan sy beserings beswyk voor paramedici se aankoms. Hy is later op die toneel dood verklaar.

“Die motief vir die moord is op hierdie stadium nog nie bekend nie. Roof kan egter nie uitgesluit word nie, hoewel dit nog nie bekend is wat van die oorledene gesteel is nie,” het Makhubele verduidelik.

Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Coetzer is die aanval op die boer een van drie voorvalle wat vandag in die omgewing aangemeld is.

ʼn Plaasaanval by Kameelfontein is vanoggend aangemeld waarin plaaswerkers omstreeks 09:50 deur twee verdagtes oorval is. ʼn Vuisgeveg het tussen die werkers en een van die verdagtes uitgebreek waarna die werkers vasgebind is. Die verdagtes het daarna op die vlug geslaan. Een van die verdagtes is in die voorval beseer, het Coetzer gesê.

Nóg ʼn voorval is later op ʼn buurplot aangemeld waartydens plaaswerkers ook vasgebind is.

Coetzer het gesê die polisie, AfriForum en die Kameeldrift-gemeenskapspolisiëringsforum is tans op soek na die verdagtes in die moord op die boer. Die omgewing word gefynkam vir enige leidrade.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om met enige inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, na vore te kom. Inligting kan by Misdaadstop by 08600 10 111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hagar ·

Jy is reg. Verder is dit grondonteiening op die voetsoolvlak.

James ·

Vra vir malema die motief, hy en sy maatjies ACE gee die opdragte!!

Diertjie ·

Dis een van my bure ek volg die gebeure heeldag al op ons zello. Ons het n wonderlike gemeenskap wat so goed saam staan. Baie dankie vir hulle. Baie sterkte aan die familie. Dis so onnodig

Jana ·

Pas net asb julleself ook op en hou julle oë oop. Ek bid dat hierdie mense vinnig gevang sal word. Sterkte vir julle almal.

Adri ·

Smurfie, om iets te weet, is een ding; om dit te erken , is iets heeltemal anders! Dit vereis eerlikheid en integriteit.

Jana Vorster ·

Ja nee ek wil ook weet of iemand dink hulle trek die gordyn oor ons oë as hulle sê “weet nie wat die motief is nie”

Bekommerd ·

Motief is voor die handliggend. Hoop als word so geoutomatiseerd dat boere geen werkers meer nodige het nie, want 90% van aanvalle is die werker/s betrokke. Als net gierigheid om iets te buit. Lewens is niks werd nie. Dit gaan net erger word. Wees parraat en reg om te skiet voor hulle jou skiet. Dit klink wreed, maar dis al wat gaan werk om ‘n boodskap uit te stuur dat ons nie langer ‘sitting ducks’ is nie, want die regering gaan niks aan die misdaad doen nie. Hulle is meer gepla oor Steve en Solidariteit se nuwe kampus. RIV meneer, jammer dat jy geswoeg het in die son toe jy jou lewe moes afstaan. Baie hartseer.

Terreur ·

Ons almal weet hoekom dit gebeur. Ons almal weet wat is die motief. Dit is verseker nie roof nie…

Susan vl ·

Ai ai… asb liewe Jesus…gryp in asb.. net U ht die mag en krag on die Bose te vernietig Amen.

P. J. ·

Dit is net moord en doodslag. Mense sluit asb aan by die Boere Legioen. Hulle help met wapen oplyding paraatheid en veiligheid. Hulle is nie ‘n apartheid of regs gesinde organiesasie nie. Hulle help mense om hulself te kan beskerm deur opleiding

aj ·

My innige simpatie met die groot verlies.

Kameelfontein inwoners moet soos vir ‘n noodtoestand voorberei met padblokkades, toegangbeheer, patrollering, deursoekings en elkeen moet bewapen.

Vergeet van die polisie of die regering … hulle is jou grootste vyand!

Santie ·

Suid Afrika se nasionale sport. Wonder in water vorm die medaljes is.

Oujongvrou ·

Ag asseblief tog, ons weet mos wat die motief is, dis eenvoudig, maak dood alles wat wit is. Hierdie regering steun die bloedbad teen wittes. Hulle moet net weet, alles wat jy vandag aan n ander toewens en pleeg, sal terugkom en jou aan die haksteen byt. Vergelding sal kom. Ons God lyk net of Hy aan die slaap is, Hy is nie!!!. Hulle sal en gaan boet.

Jongman ·

Oujongvrou dit is omdat mense sulke snert glo wat dit al vir 20 jaar so gaan. Hou op in spoke glo wat jou gaan beskerm en doen self iets.

KaterinaKat ·

@Jongman – Ek stem 100% saam. As Hierdie land nie mense se oe oopmaak nie, weet ek nie Wat dit sal doen nie. Mense kan maar van my dink wat hulle wil, maar ek aanbid niks en niemand nie. Veral nie gode wat toelaat dat hul volgers, selfs klein kindertjies, verkrag, brutaal gemartel en vermoor word nie. Ons is op ons eie. Ek weet nie hoekom mense so bang is om dit te aanvaar nie. Sorg vir jouself en jou geliefdes. Niks en niemand anders gaan dit doen nie. Gaan kyk na die wit kruise teen daardie berg, die plaasmoord kruise. En besef die pynlike waarheid. Ons is op ons eie.

Maris ·

Die voorval was in Kameelfontein, nie Kameeldrift nie. Kry asb net die feite reg voordat julle publiseer.

Philip ·

Maak dit saak waar dit gebeur het. Die feit is dat ‘n witman vermoor is. Innige simpatie met familie en vriende.

schaun ·

Ja dit doen, ons is moeg gekla oor die halwe of verdraaide feite weens polities korrektheid of net bloot onprofessionele luiheid.

Swanna ·

“Die motief vir die moord op die stadium nog nie bekend nie” WAT “N KLOMP TJOL OM TE SKRYF MM. Ons almal weet waar oor dit gaan en die wat dit nie raak sien wil dit nie sien nie tot dit hulle tref dan wil hulle histeeries raak en van hulle koppe af want hoe kan “GOD” so iets toelaat laat dit met hulle gebeur. MENSE WORD WAKKER JULLE SIT EN SLAAP MET JULLE BROEK ONDER JULLE KNIEE.

Rerig ·

Die “werkers” word ongelooflik baie net vasgebind. Wat ‘n klomp nonsens. Ons word oorompel en onmiddelik wreed aangerand of afgemaai. Nog erger is dat mense steeds naief is en hulle “werkers” vertrou. Selfs in die stedelike gebiede.

Kameelfontein ·

Ons is inwoners hier Mense dit gaan rof hier. Hulle het eers die veld en plotte begin brand in daardie area en toe gister op 3 plekke toegeslaan ..ons het al vir maande die probleem van n lange en n korte wat so n bewind voer en gister toe moor hulle.. ons is ou mense …die ander mense in die Kameeldridrift area is werkende mense as daar probleme kom jaag hulle om te kom help ons buutwag of GPF is DIE Beste as daar n brand is slaan hulle brand as daar n ongeluk is (Moloto pad) doen hulle verkeerbeheer) en reel wat gereël moet word as daar n insident soos gister is..spring almal in elkeen weet wat om te doen ..al is dit koeldrank en water wat gebring word.. ek wil aan almal wat gister gehelp het + Afriforum met hulle helikopter DANKIE se vir die bystand ek glo en vertrou daardie wetters gaan gevang word

Erika Ochse ·

geen woorde
(vir Mila, wie se man, Rassie, deur rowers op hulle plot doodgeskiet is)

geen woorde sê God
geen woorde terwyl Ek besig is nie

Ek is Ooggetuie
besig om belangrike getuienis voor te berei
Ek tel sy bloeddruppels
én elke traan
in die damme wat julle treur

stilte eers asseblief!
Erika Ochse

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.