Boer op plaas geskiet; vrou skrik verdagte af

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Boer is Saterdagmiddag op sy plaas buite Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo geskiet.

Lt.kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 69-jarige boer was omstreeks 13:00 buite besig om ʼn pyp te herstel, toe hy deur ʼn gewapende verdagte oorval is.

“Hy het geskree en sy vrou het gesien wat gebeur. Nog ʼn gewapende verdagte het te voorskyn gekom, maar hy het gesien die vrou het ʼn vuurwapen by haar, waarna hy gevlug het.” Volgens Ledwaba was die man en die ander verdagte intussen steeds in ʼn struweling en die boer is in sy skouer geskiet.

Die ander verdagte het toe ook van die toneel gevlug. Net ʼn selfoon is tydens die aanval gesteel. Die boer is intussen in die hospitaal opgeneem. Volgens Ledwaba is dit nog nie duidelik of die verdagte dalk aan die boer bekend was nie en sal dit deel vorm van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Sarie ·

Word eers gevra of hy aan die boer bekend is sodat hulle ‘n loongeskil kan voorhou. Miskien moet die name van mense wat vermoor word se name elke maand op die voorblaaie van koerante verskyn. Dit kan in kategorieë geplaas word, nl. plaasmoorde, bendegeweld, kapings, huisbrake sodat die res van die land kan sien wat aangaan.

Cherokee ·

Ja Sarie, ek het ook onmiddelik daaraan gedink toe ek die laaste lyn lees – soek rede om ‘loongeskil’ voor te hou. Kollekteer die selfoon om op te maak vir backpay.
Wat ‘n swak land om in te woon.

JaNee ·

Boere moet hul wapens aan hul dra en klaar die wapen rig wanneer ń onbekende hul verskyning maak en hul dood skiet sou hul aangeval word. Plaasaanvalle sal verminder !

Winston ·

Al weer n aanval…weer seker n loongeskil. Gelukkig net gewond. Mevrou vir jou en jou man sterkte. Julle was gereed soos ons almal moet wees.

Manie ·

Nou waar is die Valke nou om die mense te intimideer en te beskuldig?
Intussen Dans Zuma die riel maar ek is bevrees dit gaan nie werk skep nie.

Nita ·

Ag ja nou wat nou. Net nog n plaasaanval. So what? Who cares? Hou by die plan. Maai die boere af steel n paar goed en noem dit n rooftog. Dan is dit nie blatante volksmoord nie.

Jan ·

Volpunte vir die boer met haar roer! As die tannie nie ‘n wapen gehad het nie, was hulle altwee waarskynlik nou dood. Ek hoop jy raak gou beter oom.

KP ·

Lafhartige terroriste met vuurwapen kan nie sy man staan teen iemand met ook vuurwapen nie. Dit is oorlog.

Cherokee ·

Jy’s reg.. as daar terug geskiet word, hardloop hulle.

Tiger ·

Ai ek is so bly die tannie het darem ‘n vuurwapen byderhand gehad toe haar man aangeval was.Dit wys mens weer ons boere mense MOET wapens aan hulle dra vir self verdediging in die oorlog waarin ons tans is.My man is 24/7 gewapen maar ek sukkel na ons ongeluk want my een hand is lam so ek kan hom nog nie bystaan in ‘n noodgeval nie .Sterkte met die oom se herstel.Hoop hy sal gou weer op die been wees.

DPJ ·

Teen terroriste is daar nie ‘n voorkomings maatreël nie net soos aanvalle in Eropa nie. Bewapenig is net ‘n begin maar verseker nie werklike beveiliging nie.
Ons mense moet leer om op God drie-enig te glo en vertrou. Dankie dat die tannie bewapen was. Oom baie terkte met die herstel. Onthou om te glo, te vertrou en te bid. Mag die Here die tannie en oom beskerm in die kommende dae en Sy genesende op oom laat rus.

Xa ·

Baie Christenne is al wreed vermoor. Moet nooit net terugsit en vir God wag nie, en hou n wapen altyd gereed vir selfverdediging.

net ekke ·

JA en as daai boervrou geskiet het was die valke lankal daar volgens my is valke ok rassiste hul raak net betrokke as iets donkerder as wit seergekry het o nee ons land val en laat ons op ons knieë gaan dankie tog albei lewe nog

Maria van Dieweeck ·

Ek wil net se ek het oneindige respek vir elke boer in ons land. EK bid vir julle, en ~ mooi so mevrou! Mag God jul seen en beskerm.

Elize ·

Sarie jy praat waar !!! Ons is self boere en in ons omgewing begin die boere saamstaan, die mense in die stede weet nie eers van die helfte wat hier op die plase gebeur nie ▲!

Jdp ·

Daar is elektroniese sekuriteit hulp wat in baie gevalle die boer en sy hesin kam waarsku. Ek besef dit is nie altyd die geval nie waarvan hierdie aanval waarskynlik so voorbeeld is. Kan ons dorpsjapies nie ennis deel en met fondse help om veral die ouer boere op hierdie manier by te staan nie.

Franscois ·

Ja dit sal altyd en altyd n loon geskil wees, maar ons soek geld en kan nie eens n behoorlike dag se werk insit nie, ek sien dit met my eie tuinier en die dame wat in my huis werk, volgens hulle besit wittes alles en hulle niks, maar as jy kyk na hulle geskiedenis het die dame al 5 kleintjies gehad op 22, die tuinier loop ook dieselfde pad, klink my daar is ook baie kinders en vrouens op die sy lewens pad want die hol van dorp na dorp weg van die verantwoordelikheid, en ongelukkig kan van ons nie regtig sonder die hulp klaar kom nie!

Gerda ·

Henna God is altyd daar, onthou Hy het jou die verstand gegee om jouself te beskerm, moenie net God ken wanneer jy in die moeilikheid is nie, hoekom bestraf julle nie die satan in God se Naam nie.

Koos ·

Mooi so mevrou, en hoop u man genees gou. Wil net n stywer in die armbeurs gooi. Malema het n uitspraak gemaak dat wittes moet ophou kla want dit wat gebeur is ons eie skuld. Die man het absoluut die Kat aan die stert beet wat betref grond besit sy voorvaders het nie verder as Limpopo bekom nie, hy het nie in die kamstige struggle Groot geword nie, nou wil hy op alles beslag le. Vanwaar gehasie hy gaan niks op n skinkbord kry nie die wittes is besig om alteveel g@tvol te raak vir onosele uitlatings

Suzie ·

Besef JZ en sy aanhangers nie dat hulle ons mense in die land gaan laat omkom van die honger nie want hulle roei die BOERE uit net omdat hulle die verkeerde kleur is. Gaan seker kos inbring van China af wat geen standard het oor hoe, wanneer en waar hulle die kos/vleis produseer en verwerk nie, want hy het klaar soveel myne van SA aan hulle verkoop om geldelike gewing vir homself. JZ het nie genoeg verstand om te besef die mense van die ANC moet ook eet nie.

hans brits ·

Die motief vir enige plaasaanval is moord,as die moord afgeskrik word dan is dit n mislukte moord.

Jacoba ·

Tiger en ELize dankie vir al die boere en hul vrouens en gesinslede en be/of vertroubare werkers. Ja ons weet nie als want …daars mense met agendas wat in die DUISTER besig is met D..welsDONKER dinge MAAR Gelowige WEET …die wiel !draai! En Pryse SY naam ons SAL PARAAT BLY OP ONS KNIEË. AMEN.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.