Boer op plaas in Limpopo vermoor

Rudolph Pretorius. Foto: Facebook

Rudolph Pretorius. Foto: Facebook

Rudolph Pretorius (54) is Maandagoggend dood nadat hy en sy vrou op hul plaas tussen Groblersdal en Dennilton in Limpopo aangeval is.

Pretorius en sy vrou, Hanlie, is omstreeks 4:30 op hul plaas Bloempoort aangeval. Die vier verdagtes het glo deur ‘n badkamervenster toegang tot die huis verkry nadat hulle die gesin se twee honde vergiftig het.

Pretorius is in die gesig geskiet terwyl sy vrou met ‘n vuurwapen oor die kop geslaan is. Pretorius is na die Groblersdal-hospitaal geneem maar is glo later na ‘n hospitaal in Gauteng oorgeplaas. Hy het egter onderweg na die ander hospitaal aan sy beserings beswyk.

Mev. Pretorius is nie ernstig beseer nie maar is erg geskok en getraumatiseerd deur die voorval.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. Sy sê daar is vuurwapens en juwele uit die kluis gesteel.

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Volgens die burgerregte-organisasie AfriForum is dit sesde plaasaanval in die afgelope vier weke in die Groblersdal-omgewing.

“Volgens gemeenskapslede het die polisie in dié omgewing ʼn reuse-taak om te verrig omdat daar ʼn groot tekort aan mannekrag, voertuie en hulpbronne is. AfriForum wil bepaal wat die omvang van die tekort aan hulpbronne is en sodoende druk op die polisie se provinsiale kantoor sit om spoedig die nodige aandag daaraan te gee,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Volgens Cameron is een van die grootste probleme met landelike veiligheid in Suid-Afrika die polisie se gebrek aan doeltreffende leierskap, en word stasies op plaaslike vlak nie ondersteun en onderhou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

AmY ·

Ai, wanneer gaan dit ophou? Wanneer gaan hulle ophou om ons mense af te maai?

My hart gaan uit na die familie en vriende en veral die boer se vrou. Mag sy vertroorsting en berusting vind.

Grassie ·

‘n Mens het later nie meer kommentaar oor om te lewer oor hierdie wandade nie. Wat ek in my gemoed voel kan ek nie meer in woorde uitdruk nie. Al wat ek wil sê is – “Here, hoe lank nog?”

My innigste simpatie met die naasbestaandes en ek wens die dame ‘n spoedige herstel toe en sterkte met haar toekoms.

Jas van As ·

Ek beaam elke woord wat jy sê Grassie. Dit is asof daar nie meer woorde in die woordeboek oor is om te gebruik nie.

Trippie ·

Grassie en Jas, wat ek nou gaan sê, mag dalk skok – maar ek dink ons het nog nie swaar genoeg gekry nie. Hoe lank nog, ek dink, totdat ons teruggedraai het na God en Sy Gebod.

Ek kan nie eers by myself dink hoe die vermoorde se gesig gelyk het na die doodskoot nie – hoe kry “mens” dit reg, enigsins oor sy “hart”, om iemand tromp-op te skiet ?

Dit vir vuurwapens en juwele ? Ons land is in groot, groot moeilikheid, MAAR, laat ons op ons knieë bly !

Jas van As ·

Nee Trippie, dit skok glad nie. Dit weet ek. Behalwe om terug te keer na God en Sy gebod, het die volk geloftes aan die Allerhoogste gemaak wat versuim word om betaal te word. Nie voor die volk tot sy sinne gekom het nie, sal ons nie ingryping van Bo kry nie. Ons is onder ‘n strafgerig, maar weier om dit te erken. Die dat dit my so siek maak om te lees hoe almal Steve vereer.

Pieter Holmes ·

Word wakker klink of jy ‘n probleem met Steve het hy is bereid om sy eie mense te help. Ek glo nie hy word vereer soos jy dit stel nie, dalk gerespekteer, of dalk dink net ek so.

Gawie Botha ·

Beskou dit as n vroe waarskuwingsorder: Indien jy n vuurwapenlissensie het,vir selfverdediging,en jy sluit die vuurwapen in jou branmdkluis toe,dan het jy gelieg toe jy aansoek gedoen het vir n vuurwapen vir self verdediging,,,,,,,,wees paraat,dra jou vuurwapen aan jou,sodat jy jou self kan verdedig,dwarsdeur die dag en dwarsdeur die nag,hierdie tiepe plaasmoorde gaan nie ophou nie,inteendel dit gaan net vererger om dat hierdie tiepe moordenaars sien,julle glo dit gaan net met julle bure gebeur en nie met jou nie!
Indien jy jou nie self wil verdeig skep jy n geleentheid vir n persoon om n “geleentheids” moordernar te word!

André Steenkamp ·

Dit is net ‘n barbaar wat iemand anders in die gesig skiet.

Alan Truter ·

Dit is uiters lafhartig. Ons moet paraat wees al werk jy waar ookal, dis nie slegs boere wat geteiken word nie. Ek het saam met Rudolph gewerk in die onderwys voordat hy gaan boer het. My skoonseun is ‘n jaar gelede koelbloedig doodgeskiet in die Strand by sy werkplek in ‘n rooftog. Sterkte Hannelie en kinders. Mag God hierdie land bewaar vir ons en ons nageslag.

HEVW ·

Gee n eerlike antwoord. Wat is die pesentasie boere wie se plaasopstalle en gemeenskappe wat al paraat is.Niemand gaan u beskerm nie. Die onsigbare inisieeerder en raadgewer se beleid is dat Afrika aan die afrikane behoort. Die blankes is bestem om n uitfaserende faktor te wees.Ongeag die metode.Walglike morele verval, wat sy neerslag in misdaad vind is o.a. ook n metode. Verrot die samelewing tot dat geen respek selfrespek, patriotisme en liefde vir die grond oorbly nie. Hy moet homself verag, daarom herskryf die geskiedenis.Moenie in die waan verkeer dat kommunisme dood is nie. Dit fier hoogty onder gedrogtelike demokrasie. Dit word verberg onder allerande name. Plaasmoorde is maar n en uitloper van die totale aanslag daarom gaan dit nie verander nie. Daar gaan ook nie preoriteit aan verleen word nie.Die regering sal nie teen homsel en sy raadgewers veg nie.
Om baie kort te wees. Die doeltrendste wyse van beskerming is by jouself, in jou huis en n trotse gemeenskap gelee. n Bevolking wat n hart vir mekaar het. Ek was al by n boer wie se naasbuurman vermoor is. Toe daaroor gepraat is is so gepraat asof dit gaan oor alledaagse botter en brood. Sien die kondisionerings proses hierin wat grumoorde alledaags maak.Selfbeskerming moet n goed georganiseerde gemeenskapsaak wees.Daar is groot kenners wat dit strategies vir die gemeenskap en indiwidu kan uit werk Dit kan van tyd tot tyd getoets word tot dat dit flymskerp is. Moderne komminikasie maklik tot ons beskikking kan n enorme doeltreffende bydrae maak. As iemand versuim om beskermingsmaatreels na te kom moet dit beleef word as n misdaad wat teenoor die gemeenskap gepleeg word. Soos die norm in ons vroeere weermag. As iemand met voorheen SWA ondervinding kan baie oor hierdie saak gese word. Boere vergeet daarvan dat die enigste afskorting tussen slaapkamer en grasperk n oop
glasskuifdeur is Dis tyd vir bomskuilings.

petro ·

Ons is ook boere. Nie een van ons vriende, wat boere is, se huise en dan ook hulle werwe is veilig nie. Jy kan nou daar kom, dan staan die huis oop en hulle is op die dorp. Word wakker mense!!! Veiligheid begin by jouself!

magda ·

Hierdie mense was paraat. hoe waak jy daarteen dat jou honde vergiftig word en hul jou “verlam” met goed wat hul in jou huis inspuit ens ens ens. Niks hou barbare waar hul hoort nie.

Violet ·

Ek het baie te se maar is bevrees dit gaan my in die tronk laat beland. So al wat ek kan se is sterkte en laat ons net vir ons mense bid!

Francois ·

Wat kan ons doen oor al di plaas morde n mens moet sy foet neer sit en ons moet saam staan en kla kry! Dis mos nou genoeg…

John ·

I think it is time we accept that there is no God – how would any God justify this sort of action. We need to take a stand against this

Marius Grobler ·

Dis tyd dat ALLE boere saamstaan en vreedsame staking he sodat die regering notisie neem.

Almal in die land het die boer DAAGLIKS nodig vir kos, maar ons kry geen beskerming nie.

Afriforum koordineer vir ons so iets.

Daniel ·

Dit sal nie end kry nie want dit word so beplan deur die hoofde. Hulle wil he die wit boere moet vlug stede en dorpe toe sodat hulle kan plak!!!!!!

Edwin Nel ·

Daar word ‘n beroep op alle NGO’s om saam te staan en om internasionale hulp te vra. Getekende dokumente (deur die regerende party) stel NGO’s in staat om klagtes by die VN, EU, CICC en ICC te le.
Kom 12 Julie na Brits se sportgronde en kom lewer jou getuienis oor HOE die SAPD sake in S.A hanteer. Almal moet weet!

CG ·

Dit gaan NOOIT ophou, solank Julius Malema nog lewe nie – hoor my lied….

Frikkie ·

Hoekom kan agriform en solidariteid nie n sek maatskappy begin wat deur hulle bedryf en so doende help met plaas beveiliging nie.Ons moet pro aktief op tree en die plaas aanvallers begin uit roei voor hulle kan moor en plunder.

Frikkie ·

Nog n voorstel is kry n bestaande sek maatskappy met die infrastruktuur om die tipe misdaad hok te slaan nie. Ek praat nie van n “Fly by Night Security Company” nie. Kry van die groot name soos Fidelity of G4S of Protea Coin om die tipe misdaad te bekamp.

Andre Otto ·

Stuur die vir Zelda Le Grange wat haar Mond uit te spoel het oor die sing van die Stem by Innibos.
Weet nie wie dink sy sy is nie?
Innige simpatie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.