Pretorius en sy vrou, Hanlie, is omstreeks 4:30 op hul plaas Bloempoort aangeval. Die vier verdagtes het glo deur ‘n badkamervenster toegang tot die huis verkry nadat hulle die gesin se twee honde vergiftig het.
Pretorius is in die gesig geskiet terwyl sy vrou met ‘n vuurwapen oor die kop geslaan is. Pretorius is na die Groblersdal-hospitaal geneem maar is glo later na ‘n hospitaal in Gauteng oorgeplaas. Hy het egter onderweg na die ander hospitaal aan sy beserings beswyk.
Mev. Pretorius is nie ernstig beseer nie maar is erg geskok en getraumatiseerd deur die voorval.
Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. Sy sê daar is vuurwapens en juwele uit die kluis gesteel.
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Volgens die burgerregte-organisasie AfriForum is dit sesde plaasaanval in die afgelope vier weke in die Groblersdal-omgewing.
“Volgens gemeenskapslede het die polisie in dié omgewing ʼn reuse-taak om te verrig omdat daar ʼn groot tekort aan mannekrag, voertuie en hulpbronne is. AfriForum wil bepaal wat die omvang van die tekort aan hulpbronne is en sodoende druk op die polisie se provinsiale kantoor sit om spoedig die nodige aandag daaraan te gee,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.
Volgens Cameron is een van die grootste probleme met landelike veiligheid in Suid-Afrika die polisie se gebrek aan doeltreffende leierskap, en word stasies op plaaslike vlak nie ondersteun en onderhou nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
Ai, wanneer gaan dit ophou? Wanneer gaan hulle ophou om ons mense af te maai?
My hart gaan uit na die familie en vriende en veral die boer se vrou. Mag sy vertroorsting en berusting vind.
‘n Mens het later nie meer kommentaar oor om te lewer oor hierdie wandade nie. Wat ek in my gemoed voel kan ek nie meer in woorde uitdruk nie. Al wat ek wil sê is – “Here, hoe lank nog?”
My innigste simpatie met die naasbestaandes en ek wens die dame ‘n spoedige herstel toe en sterkte met haar toekoms.
Grassie en Jas, wat ek nou gaan sê, mag dalk skok – maar ek dink ons het nog nie swaar genoeg gekry nie. Hoe lank nog, ek dink, totdat ons teruggedraai het na God en Sy Gebod.
Ek kan nie eers by myself dink hoe die vermoorde se gesig gelyk het na die doodskoot nie – hoe kry “mens” dit reg, enigsins oor sy “hart”, om iemand tromp-op te skiet ?
Dit vir vuurwapens en juwele ? Ons land is in groot, groot moeilikheid, MAAR, laat ons op ons knieë bly !
Gaan dit end kry
Beskou dit as n vroe waarskuwingsorder: Indien jy n vuurwapenlissensie het,vir selfverdediging,en jy sluit die vuurwapen in jou branmdkluis toe,dan het jy gelieg toe jy aansoek gedoen het vir n vuurwapen vir self verdediging,,,,,,,,wees paraat,dra jou vuurwapen aan jou,sodat jy jou self kan verdedig,dwarsdeur die dag en dwarsdeur die nag,hierdie tiepe plaasmoorde gaan nie ophou nie,inteendel dit gaan net vererger om dat hierdie tiepe moordenaars sien,julle glo dit gaan net met julle bure gebeur en nie met jou nie!
Indien jy jou nie self wil verdeig skep jy n geleentheid vir n persoon om n “geleentheids” moordernar te word!