Boer op plaas met ysterstaaf aangerand

plaashek-pexels

Foto: Pexels.

Vier mans het ʼn boer Woensdagaand op ʼn plaas buite Villiers in die Vrystaat oorval en met ʼn ysterstaaf aangerand.

Maroela Media verneem Jan Lourens, in sy 70s, was ure lank vasgebind voordat ʼn buurman op hom afgekom het. Die buurman het glo bekommerd geraak omdat hy nie vir Lourens oor die tweerigting-radio in die hande kon kry nie en het gaan ondersoek instel.

Kapt. Livhuhani Hani, woordvoerder van die polisie, het gesê Lourens is omstreeks 17:30 in sy huis oorval. “Die verdagtes het [Lourens] met ʼn ysterstaaf geslaan en geëis dat hy die sleutels van die kluis oorhandig. Hulle het verskeie vuurwapens uit die kluis gesteel,” het Hani gesê. Sy het gesê die aanvallers het Lourens se hande en voete vasgebind voordat hulle gevlug het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

Enigiemand met meer inligting word versoek op kapt. Mosiuoa Mokhethi op 082 372 0379 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Katryn ·

Weet jy!! Dit raak nou ernstig! Boere boere boere!! Almal word op hulle plase aangerand!! En ail vir my voorkom of niemand iets aan die situasie doen nie!! En die kere wat die boer iets doen is hy die moordenaar! Hoe werk mense se koppe?

Fritz ·

Katryn ek stem met jou 100% saam. Niks word gedoen nie tot witmense iets doen. Nie eers mm wys die aanvallers op boere se gesigte nie maar lat dit nou n witman wees wat iets verkeerd doen. Niks word an die haatspraak op sosiale media gedoen nie tot n wit persoon iets se. Tot Spur het opgetree net teen die witman. Wat gan van witmense word in die land?????

Leeukuil ·

Mense kry asb ‘n “decoy” kluis met goedkoop juwele en ou selfone in. Steek jou wapenkluis weg . En dra jou handwapen altyd by jou. Wanneer gaan ons mense besef dat ons reeds in ‘n oorlog is?

AL ·

Ek stem saam met jou. Almal weet daar is n kluis op n plaas. Die decoy is n goeie idee, want anders martel hul jou nog erger wanneer hul kwaad raak as daar nie n kluis is nie.
Die plaasaanvallers gebruik daardie vuurwapens weer om ander boere te vermoor.

Paul ·

En dan gebruik jy ‘n afleweringsmaatskappy of dagarbeiders om daardie kluis by jou huis af te laai. En jou huishulp sien waar dit is. En so kan mens aangaan.

Help veel jy installeer ‘n “decoy”, maar daar is drie of vier of vyf ander mense wat daarvan weet.

Amanda ·

En sit iets in daai kluis wat afgaan as dit oopgemaak word..

mari ·

As ons almal maar so bohaai maak oor die plaasmoorde soos met die spur geval.

Rynhardt ·

Ek het dit voorheen gese en gaan dit weer se.Plaasaanvalle word agter die skerms aangemoedig.Boere julle het die reg om julke te beskerm en moet ten alle tye n vuurwapen op jou dra, so ook lede van jou gesin.Hoe kan n saak van roof ondersoek word?? Die doel was juis om die boer te teiken.Aanvalle gaan nie stop nie, parlement het klaar sein oor plaasmoorde uitgestuur.

AL ·

Ek wens alle wit Suid-Afrikaners wil wakker skrik. Beveilig jou eiendom. Dink soos n krimineel as jy jou eiendom nader, waar swak plekke in en om jou huis is, hoe jou roetine jou in gevaarstel. Stel booby traps in jou huis, dink kreatief en uit die boks uit om jouself te bemagtig.

Paul ·

‘n Saak van roof word ondersoek weens die eenvoudige rede dat die boer beroof is. Die definisie van roof is die onregmatige neem van besittings wat gepaard gaan met fisiese geweld teen ‘n persoon of die dreigement van fisiese geweld teen die persoon.
Diefstal is die onregmatige neem van besittings sonder fisiese geweld teen ‘n persoon of die dreigement daarvan.
So as iemand jou grassnyer uit jou voortuin steel terwyl niemand daar is nie, is dit diefstal. As iemand jou oor die kop slaan in jou voortuin en jou grassnyer steel, dan is dit roof.

Daar is nie ‘n saak van moord nie, want niemand is dood nie.

As die doel was om “die boer te teiken” (ek neem aan jy bedoel om te moor) hoekom het hulle dit nie gedoen nie? Hulle het ingekom, die boer beseer met ‘n ysterstaaf, op die kluissleutels aangedring en hy het dit gegee (neem ek aan). Hulle het die goed gevat, hom vasgebind sodat hy nie kon agternasit of hulp ontbied voor hulle weggekom het nie, en hulle is weg. As hulle hom wou doodmaak, kon hulle hom doodgemaak het enige tyd nadat hulle die kluissleutels gehad het.

Hoekom het hulle nie, as jy sê hulle het gekom om hom te teiken? Volgens die berig klink dit asof hulle spesifiek vir vuurwapens gekom het en weg is toe hulle dit kry.
Dis aanloklik om ‘n komplot agter alles te wil sien, maar die feite van die geval kan nie geïgnoreer word nie.

Jannie ·

Ja dis hkm die vuurwapen wet verander moet in n klius wees kan hom nie Meer wegsteek nie nee dis mos nou makliker vra net die sleutels als is mos da word nou so opgelei

Peet J ·

Die toestand wat ons blankes op hierdie stadium in die NSA ondervind laat my baie dink aan die geskiedenis wat die Jode tydens hulle verblyf moes mee gemaak het in Duitsland, net soos ons, was hulle ook aan hul lot oor gelaat tot hulle amper uitgewis is .

AL ·

Begin met jou bure kommunikeer. Al is jul 2 of 3 boere – laat jul mekaar op hoogte hou daagliks om sekere tye ‘in te klok’ sodat die ander boer wanneer jy nie antwoord kry nie, kan alarm maak.

Jakalas ·

Britania gaan so aan oor 5 mense wat dood is deur ‘n teruur aanval. Hier word sommer 5 mense in minder as ‘n week op ‘n plaas vermoor. Hoe is een lewe meer werd as ‘n ander? En vra julle dit.

oni ·

Paul die tiepe voorstelle gee mens nie deur op sosiale media nie. Dink voor julle
skryf asb.

Lynette ·

Saak van huisroof????? Wat van aanranding met die doel om ernstig te beseer?????? Maar twee mans wat n swarte in kis druk en niks anders aam hom doen nie, is sedert Nov in aanhouding en n klag van poging tot moord word ondersoek. Dit raak heeltemal belaglik!!!!!

Boland ·

Stem saam Lynette.Hoe gaan hierdie moorde oor 50 jaar verduidelik word.ROOF.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.