Boer op plaas naby Dendron aangeval

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Sewentigjarige boer van ʼn plaas naby Dendron in Limpopo is steeds in die hospitaal nadat hy gisteraand omstreeks 19:00 in sy huis oorrompel is.

ʼn Groep van vermoedelik vier aanvallers het eers twee werkers op die plaas vasgebind en is toe na die plaasopstal waar hulle glo geld en vuurwapens by Basie Nelson geëis het.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê besonderhede oor die aanval is nog vaag, maar ʼn struweling het klaarblyklik tussen Nelson en die aanvallers ontstaan en hy is met ʼn skerp voorwerp in die kop gesteek.

Nelson is ernstig beseer en is met ʼn lugambulans na ʼn hospitaal geneem, waar hy steeds behandel word.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê die aanvallers het met ʼn verskeidenheid items gevlug. Dit is nog nie bekend of die aanvallers wél wapens gebuit het nie. Hulle is steeds op vrye voet.

Ngoepe het gesê die werkers is nie beseer nie.

Volgens Cameron help lede van die gemeenskap die polisie soek na die aanvallers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter du plessis ·

Die vuilgoed val ook net ou mense aan ,al waarvoor ek gewens het vir hierdie verkiesing is dat ons regte polisie kan kry wat misdaad kan bekamp.

Hendrik ferreira ·

Soos dit nou lyk sal ons self moet omsien na on eie veiligheid na die verkiesing gaan die anc polisie minder doen en meer korrup wees.

jakes ·

Plaasaanvalle vind nou daagliks plaas en is so gereeld soos eNige daaglikse aktiwiteit. Weinig word daaraan gedoen omdat die staat en polisie niks omgee vir boere nie.

Attie. ·

Is ons reg in die spore van Zimbabwe? Dit lyk nogal so. Nou vra ek net, waar was die honde en watse soort beveiliging is op die plaas gebruik. Dit lyk my daar was niks behalwe die idee dat soiets nooit met jou sal gebeur nie. Wat maak ‘n bejaarde alleen op ‘n plaas? Elkeen moet weet, al bly jy waar, dat skelms van jou weet en jou dophou. Ek is dieselfde ouderdom as Mnr Nelson en ek het ‘n doeltreffende alarm en omheining en twee Jack Russels. Ek dink dat bure en familie mekaar moet raad gee oor jou meganismes in plek om jou te beskerm teen enige aanval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.