Boer op plaas naby Dullstroom vermoor

Lees ook:
Dullstroom-plaasmoord: Boer se broer óók op plaas vermoor

Foto: Sune van Heerden

Foto: Sune van Heerden

Sarel Janse van Rensburg (76) is Donderdagoggend op ʼn plaas in die Tonteldoos-omgewing naby Dullstroom in Mpumalanga vermoor terwyl die Menseregtekommissie (MRK) besig is met sy openbare verhoor oor plaasmoorde.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Donderdag aan Maroela Media gesê Janse van Rensburg het alleen op die plaas gebly. “Na wat verneem word, het twee Zimbabwiërs hom laat oggend in sy huis ingewag terwyl hy buite doenig was,” het Cameron gesê. “Hulle het hom oorval toe hy vir hom wou gaan tee maak.”

Janse van Rensburg is blykbaar gemartel en met bloudraad vasgebind. Sy liggaam is in die badkamer aangetref. Hy is moontlik verwurg en met ‘n skerp voorwerp aangerand.

Kol. Ronel Otto, ʼn woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. “Plaaswerkers het die twee verdagtes sien weghardloop,” het Otto gesê. “Hulle het die polisie en omliggende boere gebel. Die verdagtes, onderskeidelik 21 en 25 jaar oud, is kort daarna in hegtenis geneem. Gesteelde goedere wat aan die slagoffer behoort is in hul besit gevind.”

Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en roof.

Die MRK se verhoor kom nadat AfriForum vroeër formele klagtes by die kommissie ingedien het teen die “traak-my-nie-agtige ingesteldheid” van die Suid-Afrikaanse Polisiediens teenoor die voortslepende golf van plaasaanvalle en plaasmoorde in die land. Volgens AfriForum se rekords was daar al 91 plaasaanvalle en 42 plaasmoorde in Suid-Afrika sedert Januarie 2014. Die verhoor vind onder leiding van Danny Titus, voorsitter van die MRK, plaas en word in Braamfontein, Johannesburg gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Bielie van die Bosveld ·

Die moordenaars is opgespoor waaroor mens tog innig dankbaar is, maar tronkstraf regverdig nie moord nie. Hoe wens mens nou vir die doodstraf.

letitia ·

Mens wil vra: Wat help dit? Wat help dit mens raak betrokke,wat help dit hul keer die skuldiges aan,wat help dit hul verskyn voor howe,wat help dit jys die onskuldige slagoffer wat voel asof jy uiteindelik die skuldigste is,wat help dit jy teken feitlik weekliks petisies,maak nie saak waar nie,wat help dit jy beveilig jouself, want wat is genoeg beveiliging,wat help dit afriforum en solidariteit veg tot in die hoogste howe,vat ons saak tot in die verste uithoeke vd aarde,wat help dit ons stem,wat help dit my kind leer so hard,wat help dit sy kry goeie punte maar kry nie eens goedkeuring nie,wat help dit ek bly in MY land,Dan wil mens vra,wat Here help dit ons bid,gaan kerk toe,doen goed vir ons naaste,bly glo aan ons mindere opvoed,ons indoen om net sodoende n hulp te kan help om in my tuin of huis te werk,wat help dit ons plaas ons hopelose hoop en geloof in die Alomteenwoordige,Alessiende,Allesoorheersende Allesvergewende Liefdevolle Vader???Dan hoor ek my wyse ma se stem weerklink in my ore, “Heer waar dan heen tot U alleen?,ek slaan my oë op na die berge,waar sal my hulp vandaan kom?? My hulp is van Die Here wat Hemel en aarde geskape het,ook vir my,Sy kind,Sy geliefde,Sy ewebeeld…Mag die God van alle gode,Heerser oor die Hemel en aarde,oor elke geloof,elke skepsel ons genadig wees en ons kom verlos van hierdie boosheid wat besig is om hand uit te ruk in ons mooiste mooiste land.Ons vir jou, My Suid-Afrika….
Ek hoop en glo dat ons weer die sterk nasie sal word wat ons was…

anli ·

Ek wil een vraag vra: Hoe lank gaan ons, die Boerevolk, dit nog duld? Hoe lank wil ons wag voor ons begin saam staan teen die tipe van gebeure? Voor ons wakker skrik is ons nasie stadig maar seker uitgeroei!

Gerda Claassen ·

Dit gaan my verstand te bowe dat roemryke plase wat ons land met kos voorsien wat geslagte en bloedgeld betaal is moet deel of afstaan. Hoekom nie rou grond vir hul gee wat hul self kan opbou tot voordeel vir hulself en ons land nie

Koos ·

Ons is so bang vir oorlog die mans wat op die grens was is almal bang geskiet want hulle sal jou altyd se hoe sleg oorlog is die Afrikaner is bang en dit is klaar . So ons sal nooit op staan nie .

Jovan ·

Dinge soos die is heeltemal onnodig. Oom Sarel ( Mooimens ) is n alombekende in daai wereld en n GROOT maaikie van ons. Plan sal moet gemaak word met lafhartige ,sleg , nie eers skuim werd nie , blik$-#s soos daai twee.
My vraag is: is dit nodig om n persoon soos Oom Sarel so leed aan te doen vir n bietjie geld of n foon of n geweer? VIR WAT?

KT ·

Vir haat, dis al wat sin maak. Rou haat, wat kleur sien. Nie die mens daar agter nie. Miskien vir betaling van n derde mag agter plaasaanvalle? Wie weet, dit sal nie oopgevlek word nie want almal soek op die verkeerde plekke vir antwoorde. Ons soek antwoorde by gewone misdaad, EN DIT IS NIE GEWONE MISDAAD NIE!!!!!

leeann ·

Ons sal maar moet begin terug slaan. Met alles wat in ons is. Ons moet in massas opruk en ook links en regs begin moor

Jay ·

Zims delivered by the mugabe regime in undisclosed ‘negotiations’ on request of malema the anc sakp fruit.

Henry ·

Sorry to say but u will never by legal means stop the farm attacks… may it be planned or easy targets farmers will be target no matyer what… no farm patrols, security or anything similar will stop it… as this country gets poorer sp the attacks will get worse… as the friction in the political world gets worse so the attacks will increase… Unfortunately

Martin en Tineke ·

Plaasaanvallers worsd te maklik weer vrygelaat. Hulle moet lewenslank sit. Hoekom moet die plaasboere altyd in vrees lewe. Nee. Sien die kriminele reg! Hou hulle lewenslank toegesluit. Die hele land is besig om agteruit te gaan as gevolg van Misdaad. Oral

Adri Erasmus ·

Martel hulle net soos hulle ons mense martel,dan doodstraf terug,maar nee dit sal nie gebeur nie want wie gaan die meeste daardeur geraak word, klomp idiote

antjie ·

Dalk moet die onnosel regering al die uitlanders uit die land sit……

Susan Strauss Barnard ·

Onaanvaarbaar, niks hiervan gaan OOIT verander nie, voordat die doodstraf nie teruggebring word nie. Dit is deels oor hierdie omstandighede dat ons kinders die land verlaat inruil vir vrede en veiligheid en hou ons die Regering hiervoor verantwoordelik! Dit is nie net ons verlies nie, maar vir die land ook.

Danie smith ·

Graag wil ek vir Koos 18 september, antwoord. Praat van mense wat op die grens was is bang geskiet…Was jy daar? ek glo jy was nie. Ons is nie bang geskiet nie, ons is bang vir die onkundige mense soos jy, wat net geraas maak en wanner dit saak maak, wegkruip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.