Boer op plaas vermoor, vrou gemartel

Foto: Reint Dykema

Tool Wessels (55), ʼn boer van Bonnievale in die Wes-Kaap, is Maandagaand op sy plaas by Kapteinsdrift vermoor. Sy vrou, Liezel (55), is glo gemartel, maar het die aanval oorleef.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê vier mans met klapmusse het die egpaar omstreeks 18:00 oorrompel. Volgens Cameron is Liezel met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek en op haar rug met kookwater gebrand. Sy het na ʼn buurplaas gevlug en van daar die polisie ontbied.

Liezel is in ʼn hospitaal opgeneem en word steeds daar behandel.

Nadat Liezel alarm gemaak het, is ʼn soektog na Tool geloods. Sy liggaam is ʼn paar honderd meter van die plaashuis, by ʼn pompstasie langs die rivier gevind. Hy was reeds dood.

Cameron het gesê die aanvallers het Tool vermoedelik daar ingewag.

Die huis is geplunder en ʼn vuurwapenkluis word vermis, het hy gesê.

Lt.kol. André Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is nog besig met sy ondersoek na die voorval.

“Die verdagtes het met twee vuurwapens gevlug en is nog nie aangekeer nie,” het Traut gesê.

Polisieondersoekers het vanoggend hul ondersoek op die plaas voortgesit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Melanie ·

Net nog ‘n sinnelose moord wanneer gaan dit end kry.Solank daar land or death gewys word en polisie niks doen sal aanvalle nie ophou Innige simpatie aan die familie.

ZAR ·

Wat nie genoem word nie is hoe die man ook gemartel is. Sy oe is uitgesteek.

Chris Ws ·

Ons innige meegevoel aan die naasbetaandes van die oom en sterkte aan sy vrou.Hoop sy herstel gou van haar beserings.
Nog ‘n plaas moord maar die president vertel in die buiteland plaasmoorde vind nie plaas nie!Ek hoop die’ geval sal in die buiteland aangemeld word deur iemand.

GR ·

Hoor enigiemand iets van die president se kant mbt plaasmoorde? Nee want dit is nie sy of die regering se prioriteit nie want dis wittes. Dan se hulle dis roof,hoekom dan die vrou met kookwater brand?hulle bly lafaards kom altyd in groepe!!

Lee ·

Dit breek my hart om die berigte te lees, ons is nou 3 maande in Australia, en ek volg die nuus, is daar enige manier wat ons die berigte in Eng kan kry laat ons dit kan versprei die kant.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lee

Baie dankie vir jou voorstel. Maroela Media het ongelukkig in dié stadium nie kapasiteit om berigte ook in Engels te vertaal nie. Ons wend al ons joernalistieke en taalkundige kapasiteit aan vir die skryf van berigte wat in Afrikaans op Maroela gepubliseer word. Aangesien ons nuus gratis is, genereer ons nie daarmee ‘n inkomste waarmee ons ekstra hulpbronne vir die vertaal van stories kan aanstel nie.

Jou versoek is egter nie die eerste wat ons hieroor ontvang nie en ons neem dit ter harte, en is besig om te gesels oor moontlike maniere waarop ons wel so iets sal kan laat realiseer indien dit enigsins moontlik is.

Baie dankie vir jul ondersteuning so vanuit die buiteland.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Thinus Erasmus ·

Net ‘n kort opmerking aan MM redaksie: Julle hoef nie die hele blad, of al die nuus ook in Engels plaas nie, begin met die belangrikste: Geweldadige aanvalle in die algemeen maar spesifiek plase, al die betogings en skade aangerig, en die rassisme teen wit mense. Net dit wat die buiteland nie noodwendig op ander kanale sien, of uit spesifieke oogpunt nie.

mp ·

as mens die nuus op jou skootrekenaar lees op chrome, ‘right click’op die blaai, en kies die opsie ‘translate to english’. Dit vertaal tot selfs die meeste kommentare.

Jacques die Goodwoodianer ·

Dit is hartverblydend om te sien dat die redaksie aktief betrokke is by lede se kommentaar / navrae.

Ook vanuit die buiteland ·

Lee hierdie berig is op baie platvorms, kyk gerus na South Africa Today op FB. Al die plaasmoorde waaroor MM berig sal jy in Engels daar kry. Daar is verskeie sulke bladsye op FB, almal in Engels. Kyk ook na My Turn South Africa: waiting to be murdered in SA.

ExPat ·

Goeie idee. Ek bly al 11 jaar in Australie, maar lees nog gereeld die SA nuus. Ek vind baie van die australiers dink wit suid afrikaners is skuldig en glo die verskriklike geweld teen boere in SA is maar net deel van die misdaad daar. Hulle is maar bot en het bevoorreg groot geword. Net blootstelling aan die waarheid sal hulle wakker maak.

Dawie ·

Dis ongelooflik. Roof en moord en wapens vat. Hoekom dra die boere nie die wapens. Is hulle doof of blind. Magtig boere, in die kluis beteken die wapen niks. Dra die wapens!!!

susan ·

Elke dag net meer en meer plaasmoorde en wat word gedoen deur ons sogenaamde regering (roof kamtig -vat net die goed en loop, waarom moor en aanrand.)
Nooit hoor mens van moord op ander plase van ander rasse, maar net wittes.
Ons land is in sy glorie, mag God ons almal help en gou verligting bring.

Maria louis ·

Ag Nee my hart is stukkrnd hkom dan ..Ag Here asb wrk vir ons n beter plan uit in hierdie Land…Asb ons is seer want ander kry seer …Asb in Jesus Naam…

Maritsa ·

Hartseer. My hart gaan uit vir daardie boer se vrou en families. Ek Kan maar net bid vir ons land. ?

Droomland ·

@Kolla
Nou hoekom die VF+? Dis mos DA wereld. Gaan Mmusi dalk protesoptogte reel? Ons wag in spanning, aangesien DA mos so BAIE vir Afrikaners doen alia verkiesings propaganda.

Ons wag…

Thinus Erasmus ·

Sies Kolla hoekom die VF+? En as hulle dit doen dan is hul weer rassisties?
Die Wes-kaap is DA, so die DA moet die protes optog reel, of gee hul nie om vir plaasmoorde, net soos jy wat net daarmee wil politieke punte wen?
Ja, alle moorde is dieselfde, dit is net die motivering en metode wat ‘n verskil maak!

Ai. ·

Wat van die DA op wie jy reken ons blankes moet almal ons stemme opsit Kolla gaan julle begin met optogte???

kolla ·

Ons verwag dat VF+ as selfaangestelde champion-vegter vir minderheidsgroepe nou die leiding neem. Ons verwag groot dinge van die new sheriff.

Anoniem ·

Kolla ek stem saam, dit sal goed wees as die VF+ saam met die DA ‘n optog hou.

Gert ·

@Kolla,
Mens sou sweer jou DA het elke keer ‘n optog gehou vir elke plaasmoord toe die Afrikaners nog vir hulle gestem het!
Net vir die rekord, die VF+ is veronderstel om ons belange te bevorder in die parlement met beskaafde gesprekvoering, nie soos julle en die EFF wat in die strate invaar nie.

TN ·

Groenewald en sy nalopers se salarisse is gewaarborg vir die volgende 5 jaar ; hulle sal minder as niks probeer nie en nog minder regkry . Die DA stoei om self die polisie oor te neem in die Wes-Kaap maar ek dink dat daar dadels van sal kom __ hulle sal te veel ANC LP’s arresteer !
Ek gaan vir my ‘n krematorium op die plaas bou __ aanvallers sal daar verdwyn en daarmee saam alle spore van moontlike erge selfverdediging .

ZENO ·

CR is mos bewus van die onsinnige plaasmoorde of lees hy nie die nuus nie. Hy worry nie, want hy word mos opgepas asof hy van goud gemaak is. Kan mens brief aan hom persoonlik rig?

Jan ·

Ag zeno word wakker. Cr weet aales wat aangaan dis juis hy wat agter alles sit..

hercu ·

en so, amper sê ek ‘n lelike woord, alles net voort!! cANCer doen niks, SAPD soek en kry niks, moord & doodslag gaan net aan, trokdrywers is nou teikens en vragte word geplunder!

miljoene het die idiote weer ingestem, my verstand verstaan dit glad nie!

nou kan die VF+ ons hul staal wys!

kolla ·

Stem. Ons verwag groot dinge van die VF+, hoop net nie hulle gaan ons terleurstel nie.

Linda Langenhoven ·

@Anja van der Merwe
Ek is nie ‘n professionele vertaler nie, maar sal enige berigte wat jul dalk na Engels vertaal wil hê, gratis doen.
Ek is ‘n LLB gegradueerde, tans besig met my LLM in Human Rights Law. Al my studies is in Engels, so ek glo dat ek in staat is om dit redelik foutloos te kan doen, op versoek.
Vriendelike groete,
Linda

marco polo ·

Anja, ek is ook bereid om te help waar ek kan. Ek is ‘n Engelse onderwyser in die buiteland.

Sune van Heerden ·

Dagsê Linda en marco polo

Baie dankie vir jul bereidwilligheid en aanbod om Maroela Media in dié verband by te staan.

Hou asseblief in gedagte dat dit nie net ʼn kwessie is van vertaling van die berigte nie – dit sou ons self ook waarskynlik kan hanteer.

Die redaksionele integriteit, tipe artikels, handelsmerktoepassing, webbedienerkapasiteit ens. is van die elemente wat ook oorweeg moet word.

Ons beskou egter navrae in dié verband en aanbiedinge om hulp in ‘n baie ernstige lig en sal dit weer as ‘n redaksie bespreek.

Groetnis
Suné van Heerden
Handelsmerkbestuurder: Maroela Media

toy ·

Hoe moet mens positief bly. ‘n Kind van God sal nie so iets aan iemand anders gaan doen nie.

Wie weet ·

Hoekom eers die ogend voorgesit hoekom nie reg deur die nag gewerk nie pateties

Marita ·

Dus tyd weer v n Swart Maandag en gereelde Swart Maandae soos n vorige skrywer tereg se optogte in die land werk om aandag te vestig. Ek wag ook v VF nou, jare DA gestem en nou vir hul. Moet ons asb nie teleurstel nie VF! Dus tyd dat ons hand aan eie boesem slaan en ons stemme dik maak en nie ewigdurende doemprofete wees wat se dit of dat sal nie werk nie. Afriforum en VF help ons gewone burgers asb!

kolla ·

Jou party kan begin iets doen (soos optogte reel). Die verkiesing is nou verby so julle kan nou ophou baklei met die DA. Doen iets konstruktiefs.

Ek is jammer ·

Ek is jammer oom. Ek is jammer tannie. Niemand verdien dit nie.

Johan ·

Oplossing. Boere plat net minder. Dit is so maklik laat elke boer net 20% minder plant

Jannie van Niekerk ·

Dit gaan nie help nie. Hulle sal dan net beslag lê op daardie plase.

Elvira ·

Hierdie aanhoudende gemoor sal nie ophou nie. Misdadigers is nie bang vir tronkstraf nie. Grats bed en kos. Enigste uitweg is die DOODSTRAF.

Kiewiet ·

En so sal dit aangaan tot dat daar nie meer een wit boer oor is nie. Dan sal die ANC en die EFF seker tevrede wees. Die verkiesing is mos nou verby. Nou sal ons sien of die DA vir wie die meeste Blankes gestem het hulle monde gaan oopmaak oor die plaas moorde. Maar ek glo nie dit sal gebeur nie.

kolla ·

DA gaan nie spesifiek aandag gee aan plaasmoorde nie. Die VF+ egter het dit hoog op hulle agenda. Ons wag vir iets van die VF+, enige iets.

Liza ·

Hierdie is my grootste vrees, want ons bly ook op ‘n plaas. My moeder is bedags alleen by die huis want ons ander werk almal. As sy nie dadelik haar selfoon antwoord nie gaan daar ‘n miljoen dinge deur jou kop. Jy hardloop kar toe en ry so gou jy kan plaas toe, terwyl jy hardop bid dat alles net ok moet wees. Snags gaan slaap jy met die radio en pistool byderhand, en weereens bid jy dat ons Vader ons sal veilig hou terwyl ons slaap. Ek is jammer dat hierdie met julle moes gebeur, niemand verdien dit nie. Ek bid vir elke persoon in hierdie land wat met son onder in ‘n tronk bly terwyl die moordenaars vrylik kan beweeg. Sterkte aan hierdie familie.

Werner ·

En nie n piep van een vd wonderlike partye dis nou DA en VF + wat nou kwansuis omgee vir hul kiesers hul het mos nou klaar gekry wat hul wou he dat die skape vir hul moes stem dat die ou joppie nie verlore moes gaan nie

Cheryl ·

Werner jy’s 100% korrek. Ek het die moeite gedoen on die vraag aan die DA te stel en kon net sowel met die wind gepraat het. Hoe teleurstellend. Net praat en geen aksie nie. Gaan dieselfde epos aan die VVF+ stuur om hul reaksie te kry. Hopelik dink mense volgende keer 2 keer voordat hulle stem.

VanAfrika ·

Word net al hoe kwater oor hierdie nuus, en hoe kwater ek word hoe magteloser voel ek.

Jannie van Niekerk ·

Ramaphosa, die “gesalfde” leier van sekere Weskaap boere soos onder andere Beyers Truter (ANC) van Beyerskloof Landgoed, het nog GEEN kritiek uitgespreek teenoor die plaasmoord en aanval op Tool en Liezl Wessels van Bonnievale nie. Goeie mense wat niemand kwaad aandoen nie. Liezl is ‘n mede klublid van my by Bonnievale Drawwers en ‘n wonderlike mens. En die wit boere wat vir die ANC gestem het swyg. Jannie van Niekerk. Riviersonderend

Francois ·

Ek was saam met Liezel op skool sy is die sout van die aarde sal altyd haar medemens help.

Gideon van Zyl ·

Ja Jannie, Ek was saam met Tools in die Weermag en kan vir jou vir dae besig hou met storietjies van hom en die vreugde en grappe en ondersteuning wat hy met ons gedeel het. Hy is vir my ook ‘n wonderlike mens en maat gewees. Kan net saamstem met die dominee wat van hom praat as ‘n lagmens. Hy was die gom in ons groep gewees en ek glo sy goedhartigheid en leierskap het hy so uitgeleef.
Jannie – ja stem saam met jou oor beyers truter en hul mede anc witvoetjie-soekers! Tools en die ander boere wat aangerand en vermoor is sedert hul uitsprake se bloed is op hul hande!

Thinus Erasmus ·

so Kolla in jou eie woorde: DA gee nie om vir plaasmoorde nie, dit is maar vir hul gewone misdaad.
So is die bende-moorde is maar ook net gewone misdaad, korrupsie ook maar gewone misdaad vir die DA?
MAAR sogenaamde rassistiese uitsprake of dade word deur die DA tot (in jou woorde) walglike apartheids misdade verhef bo enige ander “gewone” geweldsmisdaad?
Nog ‘n vraag aan jou (probeer maar systap) wanneer gaan enige ander oorheersend swart of anderskleurige groep of instelling, die aanvalle en moorde op wit plaas bewoners afkeur en hul daarteen uitspreek?
Ek is seker baie mense neem aanstoot oor jou eensydige aanmerkings en ongegronde beskuldigings, en jy praat van arrogansie!

Joubert ·

En die algemene witman in SA dink steeds dat een of ander politieke party hierdie probleem sal oplos. Vergeet dit. Ons is lankal reeds deur politiek verraai.

Boerseun ·

Korrek. Parlementere politiek, met die gepaardgaande legimitering van die kommuniste, is in ‘n doodloopstraat. Maar dit het ons Boere al in 1992 met die Referendum besef. Ons heil le buite die parlement.

Seer ·

WAT WAT WAT wil julle hê behalwe die grond… Is grond lekkerder as mielies, aartappels, tamaties, vrugte ens?

Jammer vir tannie en familie, mag die oom in vrede rus… Sterkte aan tannie hulle.

Kiewiet ·

Stem saam met jou kolla. Die DA is nie regtig daar vir die Blankes nie. Soek net hul stemme. Die VF + is die enigste party wat regtig opstaan vir die Blankes in hierdie land.

Jannie van Niekerk ·

Dit is insiggewend dat geen wit boer wat vir die ANC gestem het (of die President) enige kritiek uitspreek oor hierdie wrede plaasmoord en aanval op Tool en Liezl Wessles nie. Maar as ons as blankes nou net vra vir vigilante optrede teen oor plaasmoordenaars sal ons lewenslank tronk toe gestuur word oor ons rassistiers is. Jannie van Niekerk Riviersonderend.

Soldaat ·

WANNEER gaan ons mense begin om op te tree? Hou op werk skep vir mense wat net wil moor. Skaal af, kom met minder klaar, niemand kan vir altyd boer nie! Of kry meer mense op jou plaas om dit te help beveilig , soos op n kibbutz, waar almal help met alles. Maak n plan en uitoorle die aanvallers, want ons almal weet wat hulle plan met boere is: land or death!

Jo B ·

Nog ‘n tragedie….
Is dit nie tyd dat die boere vir die regering ‘n altimatum stel nie?… As ongelukkiges kan staak en brand oor dienslewering, kan die boere seker ook hul ongelukkigheid wys op een of ander manier.
Die regering doen absoluut NIKS om hierdie moord en doodslag aan te spreek nie.

chris ·

As boere ultimatums stel word hulle, ver regses, terroriste of vyande van die staat.

Jacques die Goodwoodianer ·

As die boere wóú of kón, sou hulle nie alreeds ñ ultimatum gestel het aan die regering nie? Of raak die tyd dalk nóú eers ryp daarvoor?

Iets moet gebeur.

Boere sal die nodige aandag ontvang indien hulle besluit om produksie op voedsel te staak. Daarenteen, indien net ñ boer hier-en-daar besluit om aksie soos dit te neem kan dit hul finansieël ruïneer.

Susna ·

Kom ons nou maar tot die besef kom, daar is GEEN politieke party wat ons gaan help teen hierdie aanslag op ons wit mense nie. Ons is op ons eie elke een vir homself besef ek nou. Bly maar op jul kniee.

TN ·

Staan liewer op en kyk wat jy doen . Elkeen moet homself en sy mense beveilig , iemand anders gaan dit nie doen nie en verseker nie die man in die maan nie .

Martin ·

Boerseun, Joubert en Susna, julle is reg. Die tyd vir politieke partye is lankal verby. Vir elke politikus wat sy sout werd is, is daar ’n honderd wat net daar is vir die geld. Ons moet af op ons knieë. Waarom gebeur hierdie dinge met ons en die Almagtige laat dit toe? Omdat ons as volk die pad byster geraak het. Lankal. Nog voor Dr. Malan se “…Afrikaner, keer terug!” toespraak by die Voortrekkermonument se opening in 1949. Vandaar sy woorde. Maar ons het nog nooit teruggekeer nie! Vir reeds byna 70 jaar wag Vader dat ons terugkeer, maar ons verwêrelds net al hoe meer. Ons volk dien afgode soos sport, geld, seks (ja, manne, dan noem ons dit maar net gesonde warmbloedigheid), ens., ens. Die LEKKER van die lewe – plesier, brassery en losbandigheid, dus sonder God! My hart is stukkend oor die moorde op ons mense, maar ons het hiervoor gesoek! Uit die geesteryk geniet ons as volk weinig beskerming, ons deure lê wyd oop vir die satan om ons te kasty. Ons moet daardie deure toemaak, beginnende by elke gesin, elke individu. Af op ons knieë! Dan sal Hy ons hemelse leier wees, nie nog ’n Saul wat die volk gekies het nie! Dan sal Hy ons aardse leier aanwys… En dan sal goeie dinge vir ons begin gebeur. Vat my woorde, of los dit. Intussen wag Vader. Tot hoe lank?!

Jacques die Goodwoodianer ·

Dit is nooit te laat vir eendrag nie.

Families wat op plase bly moet dit probeer vergroot sodat hul kinders, kleinkinders, nigs en neefs daar bly. Stel tye vas vir wie wakker is bedags en wie snags. Patrolleer die plaas en wees paranoïes. Bly gelaai.

Makliker gesê as gedaan, ek weet. Families moet begin saam staan en Glo. Hoe anders werk eendrag?

Francois ·

Ek was saam met Liezel op skool sy is die sout van die aarde sal altyd haar medemens help.

Sakkie ·

Kan ek die goeie nuus aangaande die saak deel aub. Twee van die moordenaars is vanoggend op ‘n buurplaas inhegtenis geneem nadat hulle weer ‘n “rooftog” wou uitvoer.
Hulle is Lesoto burgers

Jacques die Goodwoodianer ·

Dankie Sakkie. Dalk is daar ñ opvolg berig.

TN ·

@ Sakkie __ dankie vir die inligting ! Ons poreuse grense het natuurlik baie te doen met die vlae van geweld wat kort-kort plaasvind .
Mense is nie paraat genoeg nie __ dit is ‘n ou streek van beroeps-misdadigers om jou na ‘n pomp of besproeiingsstelsel te lok , soms in die middel van die nag ; dink voordat jy reageer . Ek sal my mense en myself met MAKSIMUM geweld verdedig en die gevolge daarvan later hanteer .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.