Boer op Vrystaat-plaas vermoor

Opvolg: Rouxville-plaasmoord: Twee vas

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Boer is koelbloedig op sy plaas in die Rouxville-omgewing in die Vrystaat vermoor terwyl sy vrou in ʼn kritieke toestand in die hospitaal is.

Sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, het gesê hulle vermoed die egpaar is deur die loop van Donderdagaand in hul plaashuis aangeval. “Die boer is in die kop en bors geskiet. Hy het aan sy skietwonde beswyk.”

Volgens Ngcukana het plaaswerkers Vrydag omstreeks 8:30 op die egpaar afgekom. Hulle hande en voete was vasgebind. “Die vrou is ook in die kop geskiet. Sy is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem.” Die moordenaars het met die egpaar se wit Toyota Hilux-bakkie gevlug. Dit is nie duidelik of enigiets tydens die voorval gesteel is nie.

Ngcukana het ʼn beroep gedoen op lede van die publiek wat moontlik inligting het oor die voorval om met hul naaste polisiestasie in verbinding te tree. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

piesang ·

WAT VERSTAAN ONS NIE BRING DIE DOODSTRAF TERUG………………………………………….

Hannelie ·

Dankie Piesang!!! Nee wat die doodstraf sal NOOIT teruggebring word nie. Ons weet mos waaroor gaan dit. So sinneloos. Blankes word nou een vir een afgemaai op die plase en daar word NIKS deur die patetiese regering, wat deur die ANC bestuur word, gedoen nie.

Estelle Potgieter ·

Piesang & Hein, ek kan aan jul albei sê: “In your dreams!”

Ashtia ·

Stem saam. 100% bring die doidstraf terug en sluit die grense.

P S ·

ONS verstaan nie! Hulle het al hoeveel moorde gepleeg op die baarbaarste maniere ooit, maar ons kry nog nie die boodskap dat ons nie welkom in SA is nie. Hoe gouer ons almal bymekaar staan en aandring by die UN vir “refugee status”, hoe gouer kan ons daar uit.
En die wat nou weer gaan aangaan oor ons is nie verraaiers nie en ons verlaat nie ‘ONS’ land nie, gaan maar aan om elke dag hierdie soort berigte te lees. Ek is ook lief vir hierdie land, maar sal waaragtig nie my en my kinders se lewe verruil vir wat ons nog nooit werklik gehad het nie. Waarvoor veg ons van 1652 af? Net mooi boggerol.

B ·

Wat verstaan jy nie piesang..Wil jy rerig die doodstraf terug hê??Dink mooi…In die land??In die regering se hande doodstraf te plaas?Dan moor die regering ons uit op ñ wettige manier..Dink mooi daaroor.

m ·

Hallo ANC word wakker en bring die doodstraf terug. Dit help nie julle hou aan om die moordenaars te beskerm nie. Boere sit kos op ons tafels dit val nie uit die lug uit nie.

Gawie Botha ·

Besuldiges kry deesda 12 jaar vir moord,wanneer laas gehoor van lewenslank tronkstraf!,,,,die ‘Bundu” howe het mos die reg vir doodstraaf op die wreedste maanier,soos bevoorbeel die boere op dieplase!

Kristelle Reed ·

Die doodstraf moet defnitief weer in gestel word. Anders sit hulle die tronke Vol op ons onkoste en tronkstraf is vir hulle n grap. Ek sê vir Moord en verkragting die doodstraf. !!!!!

Joe Olivier ·

Vertrou julle regtig die ANC met die doodstraf. Hulle sal ons wittes almal hang net omdat ons wit is. Kom ons privatiseer eerder die doodstraf.

DPJ ·

Polisie het plaasmoorde ‘n periteits misdaad verklaar. Kyk hoe word hulle nou teregestel. Ha, ha, ha.

Deloris ·

kom ons kyk hoe vining gaan hier opgetree word, en of die SAP gaan help soek en as die boere hulle kry, word hulle weer beskuldig van aanranding ….. ek hoop hulle word vasgetrek…

Yvonne ·

Dit is so…meer onskuldiges en wittes sal gehang word vir die geringste net omdat hulle kan

pieter ·

Njudge het di anne dag gese plaas moordenaars moet harder gestraf word ,reg so ma die tronke moet ook verander ,die gevangenis moet nie soos konings behandel word nie dis da wa hy net rys moet eet en rys water moet drink di da wa hy moet harde harde bene moet kou ,in die ou dae as jy van tronk praat was di manne al klaar bang ,stop di konings lewe in di tronk dan sal jy al klaar n ander storie sien

Bertus de Beer ·

Ek stem saam die konings lewe in die tronke maak dit lekker omdaar te wees, hulle is nie meer bang vir die tronke nie, want hulle het te veel regte instede van Straf vir dit wat jy gedoen het. Hulle word op gepiep instede opge????(voed)

Frans ·

Maroela wou nie my kommentaar plaas by die onderwerp oor rassisme nie.
Hoop dus hierdie sal die paal haal. Hoekom gaan dinge vandag sou in Suid Afrika?

Die antwoord is eenvoudig. Die land is oorhandig aan kommuniste en ‘n man met die naam Mandela wat verklaar het God bestaan nie, het sy President geword. Wanneer ‘n volk so’n stap neem kan dit nie verwag dat dinge goed sal gaan nie.

God laat Hom nie bespot nie en vandag pluk Suid Afrika dieselfde vrugte as die Israeliete
van die ou Testament en word die Afrikanervolk ook oor die aardbol versprei al preek
kerke ook hul humanistiese versoeningsbeleid.

Nee die Afrikanervolk was nie die uitverkore volk nie maar enige nasie wat toelaat dat sy leiers God tot ‘n bespotting maak gaan een of andertyd tot ‘n einde kom al gaan dit hoe voorspoedig tans.

Berhalet Beukes ·

Ek begin my smaak vir elke koerant en media blad verloor. Kommentaar word skielik besonders streng gesensor wat my net laat wonder. Wie loer oor wie se skouers en gee opdragte om alles wat dalk net na die volle waarheid klink, te verwyder.

Rynhardt ·

Berhalet, vryheid van spraak m.b.t. ons mense wat uitgemoor word, enige iets oor de Klerk, enige iets oor Zille en sekete Anc leiers, word verbied veral as die waarheid te erg raak! Ek kan getuig van persoonlike ervaring.Vryheid van spraak is dood in SA !

Kort-en-kragtig ·

Berhalet Beukes. Ja, ek is ongelukkig deeglik bewus van die feit dat kommentaar deesdae met groot ywer gesensor word – veral hier op Maroelamedia en Afriforum se webblaaie! Sekere duistere belangegroepe is oorywerig om sover moontlik die waarheid van oningeligte Afrikaners af weg te hou…

sl ·

100 persent reg lanklaas so die waarhied gehoor sterkete in die HERE

sl ·

100 persent reg lanklaas so die waarhied gehoor sterkte in die HERE

Melenita ·

Sad, sad….. RIP … i pray to God that this country can turn around,,,, but i dont see it happening untill government changes,,,, and we all know that will never happen,,,, ANC just dont give a damn about anyone other than milking the system for all its worth!!!!

this is one of the reasons why i want to immigrate…. what kind of life is this for the children of today ????

Rest in Peace Bennie,,,,,, :-(

Stemja ·

Tragies, maar ons Volkie is self hiervoor verantwoordelik! Nerens in die wereld het n Volk al vrywilliglik afstand van mag gedoen nie en almal is teen die dinge gewaarsku wat nou hier gebeur. Wonder wat het van Konstant Viljoen se Volkstaat geword????? Was maar net om Volk te troos vir n wyle!!!!

Berhalet Beukes ·

Ons ou volkie het niks van die aard gedoen nie. Die rolspelers van die oomblik het ons verloën en uitverkoop om in lyn met die internasionale verwagtinge te kom. Dis ‘n politieke spel, ‘n voorbereiding tot ‘n nuwe wêreld orde. Dis ‘n sistematiese uitwissing van enigse persoon, volk of nasie wat met God geassosieer word! Soos Zuma gesê het: “Christianity is to blame…”

Liewe heksie ·

Ek is so jammer so jammer dat ons so magteloos is my mense so baie jammer Help nie eers om te dink aan n oplossing nie want dit sal net n gedagte bly al wat ek glo is God sal ons nie alleen in die Goddelose oormag laat nie BID en God sal voorsien RIP daar waar jy geen vrees sal hê nie

Kort-en-kragtig ·

Liewe Heksie. Het jy enige idee hoeveel miljoene Christene al deur die eeue onnodig gesterf het, terwyl hulle óók geglo het dat “God sal voorsien”? Is jy enigsins bewus van die wandade wat deur soldate van die Sowjetunie teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog gepleeg is teen derduisende Christelike vroue en kinders in Duitsland??

Machiel ·

Ons het ons land en ons regte verruil vir toelating in die wêreld sport en nou is die sport en die land ewe vrot

Kort-en-kragtig ·

Machiel. Daar is gewoonlik ‘n prys wat betaal word vir oordrewe selfsug en gemaksug. Ongelukkig sit ons vandag met ons hande in ons hare omdat ons blanke voorouers verkeerde besluite geneem het…

Kaspaas ·

Pinochio De Klerk sit nou nog lekker vir al die JA stemmers en lag. Vir ‘n slap riem gevang.

Kaspaas ·

Die regering sal nie veel doen nie want elke boer wat vermoor word maak grond hervorming net maklikker vir hulle. Feit is meer boere word in die land vermoor as wat Amerikaanse soldate sterf in Afghanistan en dit is n oorkog zone

wilma ·

Ons moenie klippe gooi. Van die boere se werkers word ook vermoor. Los maar v mandela hy is dood.. ons moet hande vat. Ons moet v anc wys daar is n God n ware God

Kort-en-kragtig ·

Die eintlike redes waarom daar toenemende plaasmoorde is, is om eerstens vrees in te boesem by boere om sodoende grondroof te vergemaklik en om tweedens blankes sover moontlik te oorreed om daarop aan te dring dat die ANC nog méér bemagtig word deur bv. die toepassing van die doodstraf…

Vicus ·

Kort en kragtig as jy God se bestaan wil bevraagteken, waarom gebruik jy hierdie forum?

susan ·

Kort en kragtig. As jy nie ons God se bestaan vandag om jou kan raaksien nie my vriend gaan jy dit met die laaste oordeel sien. Maar dan is ek jammer vir jou. Dan is dit te laat.

Niemand ·

Kort-en-kragtig. Wil jou iets vra ? Hoop jy sal ons kan andwoord want jy se nogal baie en lewer heel wat komentaar oor almal. Mense in tye soos die is seer kwaad en verward . Ja ons voorvarders het voute gemaak soos baie van ons wat ouers is ook elke dag voute maak om ons kinders groot te maak . Maar mense ons leef in nou en vadag wat maak ons vandag om n verskil te maak ? Dan kom ek na my vraag vir Kort-en-kragtig . Wil net weet as jy nie in die Here glo nie of in sy bestaan nie waar aan glo jy. Dit moet n baie allen bestaan wees. Die god wat jy in al die boekke opsoek sal jy nie daar kry nie ook nie in die Bybel nie. Die God kry jy om jou by jou in jou . Dis baie hartseer om te weet dat jy nog nooit in jou lewe n ontmoeting met die Here gehaat het nie . Was nogal ontsteld toe ek jou uitlatings oor Christendom lees. Wou jou toegooi met soveel andwoode. Maak toe kry ek jou eintlik jammer om te weet jy het niks om voor te leef uit te sien of ware liefde nie. Dis baie hartseer om te weet dat n mens nie n skepper het nie. So dan moet jy uit niks op aarde wees en as niks dood gaan. En as dit so is beteken jy ”jou lewe ” ook niks . DIS SAD . vir iemand soos jy wat almal oor die die vingers tig en koregeer kan ons jou nie erinstig op neem nie want jy is niks . So mense as julle voel Kort-en-kragtig het iets gese waarvan jy nie hou nie dis NIKS

Kort-en-kragtig ·

Niemand. Ek glo wel in die werklikheid van die Goddelike, maar dat die Goddelike meer onpersoonlik van aard is en die kern is van alle lewende wesens, m.a.w. my godsbeskouing is meer panenteïsties van aard, terwyl joune teïsties is. Jou stelling dat ek “niks het om voor te leef nie”, is heeltemal onwaar. In teenstelling met godsdienstige mense se “Hemel en Hel”, glo ek in reïnkarnasie en die moontlikheid van uiteindelike eenwording met die Goddelike. My toekomsverwagting is dus baie meer hoopvol en optimisties as dié van miljoene godsdienstige mense wat glo dat miljarde “halsstarrige ongelowiges” bestem is vir die Ewige Verdoemenis. Jy neem dus foutiewelik aan dat almal wat nié een van die Abrahamitiese gelowe aanhang nie, van staanspoor af ateïste is wat boonop nié glo in die lewe na die dood nie. Ongelukkig pas jou kommentaar nogal by jou alias, omdat dit eintlik jý is wat niks gesê het nie…

Frik Lotz ·

Hoeveel boere moet nog doodgemaak word? Hoeveel hartseer moet nog verduur word deur gesinne wat hul dierbares so verloor? So kan dit mos wragtig nie meer aangaan nie! Iets moet gedoen word en vinnig ook.

Chris du Plessis ·

Daar’s net een manier. Bewapen jouself en verdedig jouself. Ons mense moet paraat wees. Van praatjies maak kom niks.

Amanda ·

Suid Afrika saai wat hulle maai. Dinge gaan nog baie erger word. Mense in SA dien nie die Here nie…insluitende ek. Ons moet op ons kniee gaan en belei…sport, drank is alles gode. Boonop haat ons ander nasies. Dit is teen God se wil. Ons MOET vergewe. Dis in die woord Van God. Ons het geen reg om die krimineel te haat wat so Moor nie. Ek was self aangerand deur 4 mans in my huis en aangerand….ek het dit vir God gegee! GAAN OP JULLE KNIEE! Geen doodstraf kom OOIT terug nie. Hou op oordeel. Gee dit vir God. Ons is hulpeloos sonder God.

Bert ·

Sekerlik is daar ‘n mate van georganiseerdheid agter plaasaanvalle? Daar moet wees. Sien ons die hele prentjie?

Kort-en-kragtig ·

Die feit dat Afriforum onlangs met Senzeni Zokwana, die ANC se minister van Landbou, samesprekings gehou het, behoort nou vir almal duidelik te wees aan wie se kant Afriforum is. In plaas daarvan om blankes aan te moedig om behoorlik weerstand te bied teen hierdie bewind, word daar met die rampokkerregering saamgewerk om teen “plaasmoorde” op te tree. Kan dit wees dat Afriforum so onnosel is dat hulle nié besef dat die ANC juis die meeste bevoordeel word deur plaasmoorde nie, of het hulle en die ANC maar nog altyd vir dieselfde span gespeel?

Vicus ·

Kort en kragtig. Sjoe , hoe dom kan mens wers! Afriforum is net oor boere se veiligheid bekommerd.

Niemand ·

Kort-en-kragtig se jy dan in jou groot woorde vir ons almal hoe jy so reg help met alles hoe sal jy in al jou wysheid alles uit sort vicus is al tweekeer uit gehaal deur die wysheidse ons asb . Sal graag wil hoor

Kort-en-kragtig ·

Niemand. Daar moet eers gefokus word op die daarstel van ʼn alternatiewe media wat sal dien as teenvoeter vir die propaganda van die regering en van groot besighede d.m.v. die beheerde hoofstroommedia. Dan Roodt en PRAAG doen dit alreeds tot ʼn sekere mate, maar die probleem is dat prominente organisasies en kerke wat voorgee om vir die belange van die Afrikaner te veg, nog steeds ʼn oorweldigende invloed het op die meeste Afrikaners se denke. Hierdie alternatiewe media moet dan veral fokus op die eintlike oorsaak van die probleme in die land, nl. die invloed wat buitelandse geldbelange op die ANC gehad sedert veral die laat 1980’s. Tweedens moet hierdie alternatiewe media fokus op die ware blywende oplossing vir die land se probleme, nl. die vestiging van ʼn onafhanklike blanke tuisland. Ek het alreeds op my eie beskeie manier heelwat geskryf om mense te probeer inlig aangaande veral godsdienstige en politieke kwessies…

Chris N ·

Welgedaan Pienk Frikkie de Klerk, nog ‘n Boer wat vermoor is agv van jou leuns, en gewetenlose lafhartige oorname. Jou hande is bevlek met bloed. Van ons by die RW het gewaarsku teen die mags oorname, maar is toe beledig en gedreig.

Johan ·

Mao Zedong het gekwoteer “when waking a tiger, use a long stick.

Mandela was een van Mao se grootste volgelinge en het sy doktrines gevolg. Hoe dink julle sou dinge gewees het as die ANC oorgevat het in 1994 en wittes begin uitmoor het.

Ons het nog die mag in ons hande gehad en sou die regering van die dag met min moeite omvergegooi het.

Mandela was n’ meerster om blanke mag geleidelik weg te neem en ons in n’ vals staat van gemaklikheid te plaas. tipies kommunistiese doktrines, en ons onnosel leiers het blindelings in dit in geloop

tweedens is dit duidelik dat uitlanders gebruik word om moorde te pleef om sodoende enige verantwoordelikheid te besweer.

Gaan Lees gerus Mao se kommunistiese doktrines en sien hoe ons gevlous is, ne ou FW.

Sarie ·

Stem saam met jou. Die oorgang na die nuwe RSA was ‘n spel van oeverblindery. Leuens is verkoop en mense was oningelig – selfs vandag nog lei Naspers die meeste Afrikaners aan die neus. Ons dink nie.

Kort-en-kragtig ·

Sarie. Ongelukkig is dit nie net Naspes/Naarpers wat ons mense mislei nie, maar ook misleiers binne kerke soos bv. die NG Kerk en kultuurorganisasies soos bv. Afriforum. Daar is bv. heelwat Soliforum-ondersteuners wat salig onbewus is dat volgens Flip Buys se definisie van die woord “Afrikaner”, Sipho en Beauty ook Afrikaners kan wees indien hulle sou “tuis voel” binne die Afrikaanse gemeenskap. Om hierdie rede is daar ook heelwat van hierdie ondersteuners wat onbewus is van die feit dat die totstandkoming van ʼn onafhanklike blanke volkstaat, beslis nié een van die Soliforum-organisasies se doelwitte is nie!

Drikus ·

Daardie boer was iemand se pa, eggenoot en broer. Hy was ook iemand se vriend en iemand se werkgewer. Vir die meeste van ons was hy egter net “iemand anders”. Dit is wat die hartseer van so ‘n wrede daad soveel erger maak. Ons bly praat van saamstaan, maar weet nie werklik hoe nie, en laat dit dan daar.

Daar bestaan geen twyfel dat ons almal meer aandag moet skenk aan ons beskerming en veiligheid nie. Tog wonder ek of ons nie ook meer moeite moet doen om oor alle grense heen na mekaar uit te reik nie?

Kort-en-kragtig ·

Die vermoorde boer, Bennie Celliers, was iemand wat ek goed geken het en met wie ek lekker saamgesels het oor ernstige dinge soos bv. die aard van God en die hiernamaals. Al het ons soms verskil, het hy nooit beledigend of aggressief geraak nie. Hy was bekend as ‘n andersdenkende “nie-Christelike” Afrikaner en het as “Asclepios” deelgeneem aan gesprekke op die Kletskerk-webblad. Baie mense sal hom inderdaad baie mis…

Charlotta ·

Natuuik is iets gesteel. Die bakkie is gesteel. Sterkte aan die familie.

Liewe heksie ·

Kort en kragtig Jy laat jou negatiewe kant heeltemal oorvat ek ken my geskiedenis en ek is trots daarop ,so what, God het n plan met ons almal en ek sê weer BID opreg en God sal voorsien

P S ·

Liewe Heksie, jys reg, God het ‘n plan met ons almal, maar hoe weet ons nie hy wil he ons moet ons oe begin oopmaak vir die werklikheid nie. Hy kan tog nie vir elkeen ‘n briefie in die pos gooi of na elkeen toe gaan en se Ek wil he julle moet trek uit die land, want dit is nie meer die land wat Ek vir julle gegee het toe julle hierheen gekom het nie. Hoe weet ons nie die moorde, droogte, siekte is die teken nie? Jy kan bid tot Piet kom, of tot jy die enigste een oor is en staan en kyk hoe hulle aankom om jou te kom doodmaak. Ek dink ons moet kyk vir tekens van Hom en vir my lyk die oorweldigende teken van die vrees om vermoor te word, baie sterk.

Kort-en-kragtig ·

Liewe Heksie. Die uiterste vorm van hubris is witmense wat aan die een kant ontken dat hul voorouers se verkeerde besluite die hoofoorsaak was van die land se probleme, terwyl hulle aan die ander kant daarop aandring dat God sal “voorsien” deur reg te maak waar húlle verbrou het (en nog steeds verbrou)…

engela ·

Sal dit help as witmense op plase aangestel word vir werk en ook as wagte om ons Boere op te pas? Daar is duisende wit gesinne wat sonder blyplek en kos is, dis n geval van die een help die ander een!

Leon ·

So pas die hele Ps37 vanoggend gelees en weet wat gn gebeur met hierdie “mense” Amen

Tokkie ·

Ek stem met die meeste van julle saam. Ons bid ALMAL vir reën en ons Almagtige GOD antwoord op sy tyd. Dieselfde mense – ONS moet ernstig bid dat die Here ons verlos, dat ons ‘n regering sal kry wat wet en orde belangrik ag en/of dat die doodstraf terug gebring word. DIe Bybel sê tog ‘n oog vir ‘n oog. Ons moet bidkettings begin dat die doodstraf terug gebring word en dat die vyande se hande gebind word. Chinese soek minerale, minerale in ons grond………..plaasgrond!! ALLES gaan vir die vyand oor rykdom, geld, wat soos water in mandjies gedra word.

Liewe heksie ·

PS : Ek probeer positief bly ja daar kom tye dat Ek besef wat nou en glo my Ek is nie blind vir al die tekens nie as kind was daar ook baie tekens en dit is n paar jaar terug toe terroriste ons land begin vat het so en Ek sal BID tot my GOD luister na my en ander wat wel bid So as jy so vol moed is vat jou gun en gaan maai hul AF en Ek gaan GLO GOD het jou gestuur om daai daad vir my boere te doen want ek het nie daai guts nie

P S ·

Liewe Heksie, glo my ek het nie die moed om dit te doen nie en ek bid saam met almal vir ons land. Ek voel net so moedeloos as ek die nuus oopmaak en dan is daar gewoonlik twee of meer per dag wat afgemaai is en daar is niks wat ek alleen kan doen nie. Ek is nie negatief nie, maar al hierdie moord en roof maak my so.
Tokkie, ek stem saam met jou om ‘n bidketting te vorm wat oor die hele wereld gestuur word. God se as meer as twee bid in Sy naam, sal hy luister. Ook ‘n goeie plek om so te bid is by kerkdienste, as almal hande vat en die dominie bid vir ons land.

B ·

Fred,God het ons nog altyd gehelp en sal ons tot die uiteinde toe help.Miskien moet jy net begin oorgee aan God en glo!God het self in sy woors gese : Ek sal jou nooit verlaat nie!

Fanie ·

Ek het nie al die kommentare gelees nie. Ek dink maar net wat gaan ons Christene doen, as hulle kom om ons en ons kinders dood te maak. Gaan gebed hulle stuit? Gaan ek dan op my knieë dood, gebukkend? Kop onderstebo? Hier is ek, maak my dood, God sal vergelde? Ek weet nie so lekker nie!

Elizabeth Bosman ·

Dit maak my kwaad dat ons boere nie paraat is en bly nie. Selfs op n plaas moet daar tog alarms met ‘oe,’ BUITE wees om te waarsku? MOENIE DINK DIT GAAN NOOIT MET JOU GEBEUR NIE. DRA JOU PISTOOL BY JOU. MOENIE WAKKERSKRIK EN PISTOOL IS TOEGESLUIT IN DIE KLUIS NIE. DIT HELP JOU NIE. ASB BOERE EN JAN PUBLIEK BESKERM JOUSELF EN SKIET EERSTE.

Liewe heksie ·

PS dankie as Ek en jy saam Bid kan dalk n verskil maak AMEN

Wouter ·

Hulle is altwee in Bloemfontein vasgetrek en die bakkie en onwettige wapens is in hul besit gekry.

pieter ·

Hoekom polisie moorde stel bo enige ander moord,e moord is n moord ANC word wakker

Trolle ·

Al wat ek weet ons ryd raak min om iets te doen.Niks kan my meer skok nie alles gewoond al, moorde klink al soos diefstal.

Jean ·

Tick tock tick tock…nog n blanke Afrikaner,en nog een en nog een, my goeie genade dit gaan net aan.
Ons moet ons self vra hoekom sal sit stop?
Wat om te doen want so terug sit en wag vir nog n barbaarse moord om gepleeg te word gemik op onsse blanke Suid Afrikaners is sieldodend.

Om te se bring die doodstraf terug help niks selfs al skree jul so hard jul kan.
Ons kan wens en maar nogmaals wens maar die diep rassistiese en verrotte anc leiers hits dan die dade aan! Hoekom sal hul hul eie broers wil hang?
Dieselfde spul wat jul smeek om die doodstraf terug te bring, hul voel vere mense vere! Hul sing dan so graag Kill the Boer..

Ons moet aan massa blanke optogte keer op keer en petisies met wye media dekking deelneem. Hoe anders of wat anders kan ons doen??
Teminste sal die anc spul sien die blankes het genoeg gehad en gaan nie net meer stil stil aanvaar om uitgemoor te word nie en hopelik met bewusmaking en dan buitelandse druk sal iets gebeur wat onse volkie net miskien sal red. Die Here werk baie keer deur mense maar ons moet ok gewillig wees en in die Here glo en optree ons kan nie sit en wag nie…

Ons as blanke Afrikaners is dit aan ons self en ons mede blankes en ons kinders se toekoms verskuldig en ook die wat vermoor is.
Dit moet aan n Groot klok gehang word.

As ons nie gaan opstaan en niks doen nie sal ons n stille dood in Afrika sterf..
R.I.V oom, my hart is seer vir jul verlies en elke ander een…

sl ·

om dit net duidelik te stel ek stem 100persent saam met Frans ek het lanklaas die waarheid so goed gehoor sterkte in die HERE

barend ·

Die menseregte is mos amper belangriker as die grondwet. Maar: die menseregte kom nie van die Here af nie; dit kom van die duiwel self af. Dit is hoekom dit in Suid Afrika gaan soos dit gaan. Ek glo 95% van ons misdaad is te wyte aan die menseregte!
In n verkiesing tel die stem van n produktiewe boer net so swaar soos die stem van n veroordeelde krimineel. En intussen bloei ons. TRANE OOR SUID AFRIKA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.