Boer op Wes-Kaapse plaas vermoor

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die liggaam van ʼn Wes-Kaapse boer is Sondag omstreeks 10:45 op ʼn plaas in die Lutzville-omgewing aangetref.

Johandre van Zyl, AfriForum se streekhoof van gemeenskapsveiligheid in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap, sê ʼn plaaswerker het Jaco Louw (57) se liggaam buite sy huis aangetref. Hy het ʼn steekwond aan sy liggaam gehad.

Van Zyl sê Louw het alleen gewoon op die plaas wat slegs bekendstaan as “perseel 49”. Dit is nie bekend hoeveel aanvallers by die voorval betrokke was en of daar enigiets gesteel is nie.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap en enigiemand met meer inligting oor die voorval om die Lutzville-polisie by 027 217 4000 te kontak,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

CallieL ·

Erens gaan n leier moet opstaan. Iemand wat n verdeelde nasie kan saambring. Wat mense kan oortuig om hul kleinlike verskille agter te laat. Wat dan almal saam kan vat en die regering kan wys hoeveel mense is daar wat sal saamstaan as hulle nie NOU begin iets doen nie. Asb Sui Afrikaners, kom ons begin hande vat en staan op teen n regering wat alles vernietig en die witman daarmee saam

Rob ·

Nou se vir my Callie, waar het jy gesien n Afrikaaner staan by mekaar.

verskoon my ·

Die leier gaan ongelukkig ondersteuning nodig, ons het net nie die kapitaal daarvoor nie

Elvira ·

Hulle hou net nie op met die moorde nie en onse president se steeds niks nie. Dis seker in orde met ons regering dat die blankes so vermoor word.

Joe Olivier ·

Elvira, dis omdat hy nie onse president is nie. Hy is net “our own people” se president.

ivan ·

Hoekom dra die boere nie wapens by hulle nie..Dra hom oral waar jy gaan.

HPV ·

Ivan baie boere wat ek ken en besoek dra 24/7 ‘n vuurwapen aan hulle, as almal dit maar net doen sal die bordjies, lelik vir aanvallers, verhang word.

Mariné Lourens ·

Dagsê Andrea van Vuren

Dankie vir jou kommentaar. Dit is inderdaad AfriForum. AfriForum is ʼn nie-regeringsorganisasie, geregistreer as ʼn maatskappy sonder winsoogmerk, met die doel om minderhede se regte te beskerm. AfriForum is ten nouste betrokke by landelike veiligheid en inisiatiewe om plattelandse inwoners te beskerm. Die organisasie het egter verskeie ander projekte waarby hy betrokke is. Lees gerus meer op hul webtuiste.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Hugo Lambrechts ·

Dit is so hartseer om te hoor. Jaco was ń saggeaarde mens. Hy het taamlik gesukkel met mense wat sy plaas betree. Sy druiwe oes is nog aan die gang. Rus in vrede, Jaco. Ons sal jou nie vergeet nie.

Ander Koos ·

Ten spyte van al die veroordelings en baie praat hou die moorde net aan, ‘n Tragediespeel hom af en Ernst Roets se boek “kill the Boer” raak met elke moord net meer toepaslik

Boer ·

Jammer my mede boer, my hart bloei vannaand. Die dag sal kom wat hulle gaan betaal vir wat hulle aan die Boerevolk doen.

aj ·

Jammer dat ek herhaal!

Dis nou oorlog!

Bewapen en verdedig jou SELF!

Niemand anders gaan jou beskerm nie.

Margi Johnson ·

Kyk op South Africa today – daar was ander plaas aanvalle in die laaste paar dae wat ons nie op MM gesien het

Koos wk ·

Ivan…ons doen…maar hulle is uitgele…hulle vang jou onverwags..dan gebruik hulle jou eie wapen teen jou..n mens moet letterik oe orals om jou kop he

Christa ·

Ek merk n tendens op dat die goed funksionerende Wes-Kaap doelbewus geteiken word op vele terreine: brandstigting, Cliftonstrand-debakel, plaasmoorde, onwettige besetting van grond, aanvalle op plaasboere (dink aan Fairview) – te veel om op te noem. Is dit omdat sekere mense dit moeilik vind om positiwiteit te verwerk. Dis soos die storie van die swart wolf wat baklei met die wit wolf binne jou.

Fanie ·

Baie opmerklik alles wat jy opnoem.Hulle is bekommerd juis daaroor nl.dat dinge werk te goed in die Wes Kaap waar hulle nie in beheer is nie en nou saboteur hulle op alle terreine.Fyn politiese strategie net voor aanbreek van verkiesing nie waar?

Johan H. ·

Ongeag wat mense!!!! Moet netnie skiet voor die verkiessing nie!! Dis wat hulle soek, anc sal dir dan gebruik,sodoende vreeslik baie stemme werf!!

Katerina ·

Margi Johnson – Dankie,het nie geweet van South Africa Today site – Good grief ja ek sien daar baie aanvalle wat ons nie eers van gehoor het nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.