Boer pleit vergeefs dat aanvallers hom nie skiet

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

’n Boer van Leslie in Mpumalanga is in ’n bedenklike toestand in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria nadat hy vergeefs by sy aanvallers gepleit het om hom nie te skiet nie.

Chris van Deventer (62) is verlede Woensdagoggend deur sy motorvenster geskiet nadat hy twee booswigte agterna gesit het wat by hom en sy vrou, Elize, se huis ingebreek en goedere gesteel het.

Van Deventer en sy vrou was buite op die werf by die varkhokke doenig toe die krag in die huis afgegaan het. Sy het huis toe geloop om dit weer aan te skakel waar sy gesien het hul selfone is weg en die huis is omgekrap.

Volgens Rilda Bezuidenhout, Van Deventer se dogter, het werkers op die plaas glo die inbrekers sien weghardloop en haar ouers daaroor ingelig. Die egpaar het die boewe toe in hul motor agterna gesit waarna daar toe op hulle begin skiet is.

Volgens Bezuidenhout het die aanvaller verskeie skote op haar ouers afgevuur en ondanks haar pa se pleidooie dat hulle hom nie moet skiet nie, het hulle hom deur die motorvenster geskiet.

Die wapen waarmee hy geskiet is behoort aan Van Deventer en die aanvallers het dit vermoedelik saam met ander goedere uit die huis gesteel.
Bezuidenhout het gesê haar pa moes ure op behandeling wag. Hy kon nie op Leslie gehelp word nie en is met ’n ambulans van Evander na die Witbank-hospitaal geneem waar daar ook nie voldoende toerusting was om hom te help nie. Hy is toe daarna per ambulans na Steve Biko geneem.

“My pa is nog nie wakker nie en aan masjiene gekoppel. Die dokters kon nog nie opereer nie omdat die koeël te na aan sy niere is en daar ook probleme met sy hart en bloeddruk is. Dit is vir my bitter swaar om hom so te sien.”

Volgens Bezuidenhout het haar ouers sowat drie maande gelede na die plaas, sowat 40 km buite Witbank, verhuis. “My pa is baie lief vir die natuur en dit is waar hy graag wou wees.” Bezuidenhout het gesê die polisie het bevestig dat twee verdagtes gearresteer is.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê die aanval op die Van Deventers is een van sewe voorvalle sedert die begin van die maand waarvan hulle bewus is.

Lorraine Claasen, kriminoloog en navorser by AfriForum, wat met ’n omvattende studie oor plaasmoorde en –aanvalle besig is, het gesê daar was sedert die begin van die jaar altesaam 38 aanvalle regoor die land waarin boere en werkers erg aangerand of vermoor is.

’n Ontmoeting tussen ’n afvaardiging van AfriForum en Senzeni Zokwana, minister van landbou, bosbou en visserye, word vir later vandeesmaand in Kaapstad gereël waartydens plaasmoorde en -aanvalle en landelike veiligheid bespreek sal word.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

scalla ·

Gemors, skuim van die aarde, bring doodstraf terug vir sulke barbare,

Machiel Nel ·

Die anc sal mos nie hulle mense wat in hulle opdrag moor en roof hang nie…. Hulle sit agter die aanvalle op die witmense.

debora ·

dan sê hulle MISDAAD NEEM AF …….hulle moet ” go back to the drawing board !!!!!” en weer gaan somme maak !!!! want my ma is ook deel van die misdaad syfers in die land so ook my lewens maat !!!!

Dikvirancgemors ·

Die cANCer gemors sit agter alles en dit gaan net erger word.

Charles ·

Doen weg met tronkstraf stuur die gemors indie toe daar word hulle gehang on die strate

Annatjie Kruger ·

Ek sal heelwaarskynlik gestenig word, maar is twee selfone regtig jou lewe werd? Hoekom het die twee mense nie gewag vir die polisie nie? Miskien praat ek uit ‘n omgewing waar polisie hulp ‘n werklikheid is, maar selfs hier sal ek liewer dat hulle die selfoon vat as wat hulle my skiet. Beslis gaan ek nie agter hulle aanry nie.

Jean ·

Wat help dit jul se bring terug die doodstraf die heeltyd, enige persoon met half brein weet dit maar dink jul dit sal ooit gebeur onder die klomp barbare??? Oompie next time wag vir help of vat n gun saam as jy die crooks met guns wil aanvat en skiet asb om vrek te skiet dis al taal wat die barbare ken, dis al wat gaan help anders skiet hul jou vol gate,sterkte word spoedig gesond..

Jean ·

Iets se my Jul maroela modereeders is n klomp liberale gatkruipers wat skuil agter Afrikaanse media..sensor elke woord….wat n grap..

Theresa ·

Ek kan nie verstaan dat my kommentaar nie geplaas word nie. By verskeie berigte…………en ek vloek nie eers nie!

ladybug ·

Ek glo van myne word ook nie geplaas nie. En dan is dit kwansuis ‘n demokratiese land met vryheid van spraak …

Hierdie ou landjie en sy liberaliste gaan nog lang trane huil.

Boesman ·

Ek WEIER dat my belastinggeld gebruik word om gemors soos die in tronke te versorg.

Maar SARS kan gerus my belastinggeld gebruik om ‘n galg vir hierdie werf etters te bou!

Pretorius ·

Al hierdie goed wat met ons die Afirikaner gebeur soos plaas moorde, die moord op E. Terblanche en ander aanvalle op Afrikaner politikie voorstanders en Unies is lankal beplan deur die Britse ANC. Die Britte haat ons soos pes en wil van ons ontslae raak. Die moorde wat hulle gepleeg het teen 24 duisend kinders is vir hulle n verleentheid. Wat vir my nogal snaaks is, is dat daar vadag nog Britte is wat die Duitsers vervolg agv oorlog misdade. Hoekom is daar niemand wat die Britte vervolg nie. Worder maar net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.