Boer probeer dán weer borgtog kry

hof-hamer

Argieffoto.

Frik Muller, die boer van Herbertsdale buite Mosselbaai in die Wes-Kaap wat onder meer van poging tot moord aangekla word, se saak is weereens uitgestel.

Muller word daarvan beskuldig dat hy in Maart na bewering met ʼn trekker teen die huis van Hylton Levendal, ʼn voormalige plaaswerker, vasgery het.

Sers. Kappi Kapp, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Muller Donderdag in die Mosselbaai-landdroshof verskyn het waar hy van plan was om weer aansoek te doen om borgtog.

“Die ondersoekbeampte in die saak was ongelukkig nie beskikbaar nie weens persoonlike redes. Die hof het dit so aanvaar en die saak is  tot 15 Junie uitgestel wanneer Muller weer sal aansoek doen om borgtog,” het Kapp gesê.

Maroela Media het vroeër berig Muller se aansoeke om borgtog is al drie keer vantevore van die hand gewys. Sy regspan het egter by die vorige hofverskyning aangevoer dat daar intussen nuwe inligting bekom is.

“Hulle is baie geheimsinnig daaroor, niemand weet nog wat die ‘nuwe’ inligting is nie,” het Kapp gesê.

Kapp het vroeër gesê Muller se regspan kon nie by een van die drie geleenthede daarin slaag om die hof te oortuig dat hy nie ʼn gevaar sal inhou vir die werker en sy vrou wat steeds op die plaas woon nie.

“Voor die laaste voorval waartydens hy in hegtenis geneem is, was daar na bewering drie voorvalle waartydens hy hulle onder meer glo gejaag en geslaan het, en dit het elke keer erger geword,” het Kapp gesê.

Muller staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging en die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

Levendal is glo al in Desember afgedank, maar het geweier om die plaas te verlaat. ʼn Onderonsie tussen Muller en Levendal het ontstaan wat daartoe gelei het dat Muller glo met ʼn trekker teen die muur van die werker se huis vasgery het.

Van die bakstene van die huis het op Levendal geval en hy is glo gering beseer.

Muller word tans in ʼn gevangenis in George aangehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Alida ·

Belaglik !!! As die werker afgedank is moes hy mos onmiddellik dit perseel verlaat het en die huis ontruim het. Hy het net daar gebly terwyl hy in die boer se diens was. Die huis behoort aan die boer. Watter deel verstaan die Landdros nie. Dit dan mos beter vir die boere om GLADNIE huisvestig te voorsien as dit is wat die gevolg is nie.

Lynette ·

Alida. Plaaswerkers bekom na ‘n sekere aantal jare outomaties verblyfreg op ‘n boer se plaas :-(

anton ·

Hierdie is te belaglik vir woorde.
Opsetlike saakbeskadiging……daai huis is mos die boer se eiendom en nie die werker sinne nie!!! Dit behoort aan niemand anders as die boer nie!!!
En hoe is dit dat byna by elke blanke se saak daar altyd n saak van onwettige besit van vuurwapen is??? Het al die blankes nou onwettige wapens?
En weer vra ek, wat soek hy nog op die boer se eiendom 5 maande nadat sy dienste beeindig is???
Nee hierdie land……..

Cherokee ·

Anton, jy raak ‘n interessante kwessie aan. Soveel sake mbt onwettige besit van vuurwapens? Waarskynlik mense wat nie hul vuurwapenlisensies hernu het in lyn met nuwe wetgewing.

snoefie ·

te belaglik vir woorde. saakbeskadiging? was ek n bper, sou werkers vie hulle eie huisvesring mpes sorg. waar het die huidige landroste, magistrate, staatsaanklaers hulle opkeiding gekry? weereens die regte oortreder wat op n voetstuk geplaas word. na aanleidi g ban vorige berig in verband met die rohde saak, as daardie pataloog regtig verkeers was, wie sê don steenkamp en henry van breda is werklik skuldig?

Cherokee ·

Snoefels, hierdie is ‘n Afrikaanse forum en dit sal dus waardeer word as jy jou korrospondensie in Afrikaans voer. Oorheersend meeste lesers is Afrikaanssprekend.

Ver links ·

This farmer’s action was so wrong. He could have killed an innocent family. He should build them a new house. How can you drive with a tractor into someone’s house without any intentions. The boere must think before their acting. This was a poor farmworker and family that gets treated in a bad manner.

EK ·

Link of regs dink weer. Jy beskerm n hardkoppig verwaande persoon wat alles in eie reg neem. As jy hom so jammer kry. Bou vir hom n huis onderhou hom vir altyd. Hy is joune. That someones house belong to the farmer. Why did he not leave when he was asked?

Cherokee ·

Hey, the two of you have touched on an interesting topic. Please discuss it further so that we hear your reasoning but only up to the point where Piet find out Jan is only teasing him.

shjoe ·

was jy dalk daar om te sien of hoor, het die boer nie dalk vir hom gewaarsku en hom kans gegee om uit die huis te gaan en die werker het net geweier, obviously he would have seen or heard the tractor coming.
stem saam met EK bou jy maar vir hom n huis daar by jou.

Ampie ·

So…die boer kry nie borgtog nie, omdat hy die (onwettige) plakker wat in sy huis en sy eie plaas sou bedreig as hy terugkeer na sy huis toe? Wow!

Uvonka ·

Ja ne, beskulding die boer van ‘n gejaagery, slaanery en als nog wat maar bly sal hy bly. Nog ‘n goeie voorbeeld van hoekom ek nie hulle hulp nodig het nie.

Ver links ·

@HPV, it is not about the race, but humanity. You cannot chase a hard farm worker off for no good reason and then put theor lives in danger by damaging their house with a tractor. Let us be fair, the farmer was wrong and it is up to the State to decide. Maybe tat worker also qualifies foe piece of land and we hope the DA (Mr Musi Maimane) will investigate this matter.

Skattie ·

Ver Links – you are missing the point. The farm worker was dismissed and should have left the premises. If he left the premises after he was dismissed this would not have happened.

Nettie ·

@Ver links, ek sien jy vryf ‘n paar mense warm op met jou skewe opmerkings hier. Me thinks jy is aspris en sarkasties. Hence, I’ll take your comment with a pinch of salt aangesien dit sekerlik tong-in-die-kies gesê is?

Of hoe sê ek, ou Cherokee?

Elvira Bothma ·

Dit is die belaglikste saak waarna ek nog ooit gehoor het. Het die werker noual padgegee van die boer se eiendom af?

Ver links ·

Please i do not be funny or as stated “aspris” but should also have the opportunity to express our thought from a liberal perspective. If people just wan’t to listen to what Mr Max du Preez, Prof Elmien du Plessis, Gouws, Habib and many others try to bring about, is for everyone to take hands and move forward. We cannot look back to the past it is over for ever.
This farmer should have called the Police or get a order from court and not try to kill an innocent farm worker. Take the correct measures than try to take things in your own hands. If people just want to understand that the time of oppression is over. People of colour want to see changes and be friends in all spheres of life.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.