Boer red man uit brandende bakkie: ‘Dit was genade van Bo’

Stoffel Boshoff. Foto: Facebook

Stoffel Boshoff. Foto: Facebook

ʼn Vrystaatse boer het oornag ʼn held geword nadat hy ʼn pa van vier kinders van ʼn gewisse dood gered het toe hy hom uit ʼn brandende bakkie getrek het minute voordat die voertuig se petroltenk ontplof het.

Stoffel Boshoff (29), ʼn bestuurder op die plaas Olienkop in die Vredefort-distrik, het aan Maroela Media vertel hoe “adrenalien en genade van Bo” hom gehelp het om sonder vrees die dik rook en vlamme te trotseer om Tefo Lenyora na veiligheid te trek.

Boshoff het gesê hy het Woensdag van ʼn ander plaas na Olienkop aangery gekom, toe hy dik rook teen die grensdraad, wat langs die teerpad voor die plaas verbyloop, gesien het. “Ek het eers nie geweet wat dit is nie, maar toe ek naderkom, het ek gesien dit is ʼn bakkie wat brand,” het hy gesê.

“Ek vermoed die bestuurder het dalk aan die slaap geraak of iets het gebeur dat hy in ʼn boom langs die pad vasgery en die bakkie aan die brand geslaan het.” Hy het nader gehardloop en eers een van die agterdeure oopgemaak om te kyk of iemand op die agtersitplek sit.

“Ek het gesien daar is niemand agterin nie, maar in die bestuurdersitplek was ʼn bewustelose man. Bloed het by sy neus en mond uitgeloop en sy gesig en hande was al pienk soos die vel gebrand het. Hy het ʼn trui aangehad en stukke van die trui het in sy arms begin insmelt.”

Die brandende bakkie. Foto: Verskaf

Die brandende bakkie. Foto: Verskaf

Boshoff sê hy het, sonder om te dink, in die bakkie in gebuk om die man na veiligheid te trek. In die proses het sy vingers gebrand en die smeltende sonskerm van die bakkie het op sy hande gedrup en in sy vel in gebrand. “Mens doen maar snaakse goed wanneer so baie adrenalien deur jou lyf trek. Ek het net geweet ek moet die man uitkry, ek het nie regtig daaraan gedink dat dit ʼn petrolbakkie kon wees waarvan die tenk maklik kon ontplof nie.”

Nadat Boshoff Lenyora weg van die bakkie gesleep het, het hy dadelik ʼn ambulans ontbied. “So 8 of 10 minute nadat ek hom uitgehaal het, het ek net ʼn harde slag gehoor en toe brand die bakkie ordentlik,” het hy gesê.

Volgens Boshoff is Lenyora eers na ʼn hospitaal in Kroonstad geneem voordat hy na die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas is. Hy het later verneem Lenyora is ʼn Eskom-werker wat getroud is en vier kinders het. “Ek het Sondag gehoor hy is in ʼn kritieke toestand in die waakeenheid van die hospitaal en is aan ʼn ventilator gekoppel, maar sy toestand is glo darem stabiel,” het Boshoff gesê.

“Ek is net bly ek het betyds daar aangekom. As ek ʼn paar minute later eers die bakkie gesien het, was dit verby met hom. Ek is bly ek kon hom help en ek hoop dat hy ten volle sal herstel en sodat hy kan teruggaan na sy gesin toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Isabella Archer ·

Ons mense moet mekaar help. Baie dankie Stoffel. Dit bring ‘n warmte in die hart as mense uitreik na mekaar.

Karma ·

Wat??? ‘n Blanke boer wat (van wat ek van die naam aflei) ‘n swart man uit ‘n brandende bakkie red? Kan mos nie wees nie – die blankes is dan almal sulke rassiste???

Ekskuus mense, ek moes net met dié skewe aanslag kom. Bravo vir jou, jong man! Baie dankie dat jy verder as alles gesien het en bereid was om jou eie lewe op die spel te plaas om die man te red.

Sterkte aan mnr. Lenyora in die proses van herstel – ek hoop jy is gou weer beter!

Anneke ·

Die eerste ding waaraan ek ook gedink het… As die rolle omgeruil was sou die boer heelwaarskynlik eers beroof geword het…
Maar ek is trots dat ons hulle verkeerd kan bewys!!!

marianne ·

‘n Boer so na my Hart!!! Boeta jy het bewys ‘n Afrikaner Boer sal sy lewe vir sy mede mens gee! Mag God jou en jou gesin behoed en bewaar!
JY is ‘n National held!
Ek hoop van harte dat die bakkie bestuurder sal herstel

Louw ·

Ek hoop hy kry ook een of ander orde toegeken vir die heldedaad.
Mooi so ons is maar net van n ander stofasie gemaak.

Gesiggie ·

Weereens n geval van op die regte plek, op die regte tyd… Stoffel jy was n Engel gestuur van Bo…. uit Genade en Krag het jy met al jou mag die man se lewe gered, en nie eers vir een oomblik gedink aan jouself en wat kon gebeur as daai tank ontplof… jy verdien n medalje.. jy is voorwaar n HELD…. JY WAS NET BETYDS….. Voorwaar n baie goeie Daad Well Done.. jou Familie kan Trots voel op jou… Sterkte aan Lenyora mag God jou dra en jou aanraak en gesond maak ..om jou Engel te ontmoet, wat jou gehelp het… So mooi verhaal…

Hantie ·

Pragtige dapper held -wens die wereld het meer mense soos jy gehad -mag God jou so seen met hierdie naaste liefde wat jy betoon het!!

Sê maar net ·

Mooi stories soos die laat my Afrikaner hart sommer warm klop. TROTS AFRIKAANS!!

Natasha ·

Wow. Wat n wonderlike mens.
Ek het nie woorde nie.
Mag God jou seën.

Johan ·

Ek hoop dat almal in die land kan sien en besef dat die Blanke (Boere) het RESPEK vir lewe, ongeag Ras of Kleur.

Karma ·

Issie, Johan, alle witmense is rassiste en die swartes is nie. Swartes kan nie rassisties wees nie, net wittes is rassisties. En dit is alles Apartheid se skuld, en as dit nie kan bewys word nie, moet dit FW s’n wees, of Rhodes s’n of Van Riebeeck s’n ….

:-))

Wat-ek-lees ·

Weet zoempies en mal emmie hiervan ? Hang dit aan die groot klok van die rassiste in hierdie land. Weereens, redding ken geen perke.
Ek salueer jou Stoffel en danksy Jan se aankoms in 1652 is jy in hierdie land.

Lizanda ·

So trots op ons mense – ons skuld hierdie land geen bewyse om die teendeel te bewys nie ons is wat ons is ons gee om!!!!

IJ Potgieter ·

ek is mal oor stories met mooi eindes. Pragtig jong man, jy sit n traan in n ou man se oe!
Wat jy saai sal jy maai.

Wentelbaan ·

Stoffel, my hart swel van trots!!!!!!! Baie trots op jou.

Meneer Lenyora, mag ons HERE jou aanraak, en mag jy ten volle herstel, net om vir hierdie man dankie te kan sê.

Boer ·

Gaan kyk net eers mooi wat die Bybel sê oor wie jou naaste is asb. mense.
Lev 19 : 15 – 19 (1933- vertaling)
Ek het niks teen die feit dat Stoffel die man gehelp het nie!
Let net op wie word as jou naaste geklassifiseer.

Willie E ·

Ja nee,alweer een van daai….ai vader weet, julle is vrot van die oordeel,maar julle MAG nie ge oordeel word nie,dan is die HEL los… jy kan God nie net vir jouself toe eien nie,hy behoort aan ALLE NASIES VOLKE EN TALE…

Pendoring ·

Boer, gaan lees Lev 19:16 en dink of jy nie maar tog jou kommentaar moes gelos het nie.

CHRIS ·

Mooi so Stoffel. Om te help is in ons boere gene. In dieselfde provinsie probeer plakkers ‘n boer se keel afsny voor sy huis. Ironies dat die boere altyd die rassiste is wat alles “gesteel” het.

Willie E ·

Dankie Boer, jy speel nou so reg in my kraal….daar bewys jy PRESIES wat ek gese het, vinnig om te oordeel,maar as julle veroordeel word spat die beledigings soos die vlamme uit die hel….maar ja…soos ek se….

Vat so! ·

Stoffel, jy is ‘n yster! Ek sou graag jou hand wou skud. Jy laat ‘n mens nederig voel.

Sumari ·

Genade van julle wit klomp is erg negatief. Net so iets ek’t die week 2 berigte gelees waar swart mense witmense help. Dis oor julle patetiese kommentaar dat die land in sy maai is. Staan saam en houop oordeel. Mag dit nooit met julle ongevoelige klomp gebeur nie, want ek sal julle net daar los.

Willie E ·

Sumari, ‘n BELLS vir jou, dankie jong,ek stem saam met jou…as jy ‘n”like” knoppie gehad het het ek hom nou gedruk..
Groete
Willie E

Marts ·

Well said Sumari. Dit (en die ander gevalle) gaan oor een mens wat ‘n ander mens help. Ek is seker die boer het nie daar vir ‘n oomblik aan kleur of enige iets anders gedink nie. Hy het ‘n medemens in nood gehelp. So dis al wat saak maak.

Annetjie ·

Laat ons nou nie die Bybel insleep nie, want ek glo elkeeen handel volgens sy menslikheid! My ou Moedertjie het BAIE swart babas die lewe in gehelp as die vrou nie geboorte kon gee nie, en almal het geleef, en almal het haar as die ouvrou respekteer! Ons oordeel nie, maar om menslik op te tree vir iemand in nood, dan in dit reg in die oe van my Skepper! Ek weet ook wie my naaste is, maar as dit n dier was Boer, sou jy nie ook maar gehelp het nie? Of as jy daarop die toneel was sou jy ook defnitief gehelp het, maak nie saak wat jy nou se dink of voel nie, maar ek ken ons mense, ons is almal menslik en goed, en sal nie enigeen laat ly wat jou nie skade gedoen het nie, jy sal hom help!

Pendoring ·

Kom ons kyk of Maroela hierdie kommentaar gaan toelaat.
Boer, gaan lees die gelykenis van die barmhartige Samaritaan.
(Was dit neutraal genoeg?)

AB ·

Is reg Sumari , moet net nie babel probeer bou nie hoor?
Het nie die eerste keer gewerk nie , sal ook nie die tweede keer werk nie!

charlene ·

Shoe, hoendervleis oral. Stoffel ek is nie seker as jy kinders het nie maar vannaand voor jy gaan slaap dink net vir 5 min daaraan dat 4 kinders een van die dae weer hulle pappa kan vas hou en 4 kinders hulle pa kan nag soen….. Dit is `n ongelooflike baie goeie daad wat jy gedoen het. Die Here het geweet hy moes jou op daai pad op daai tyd stuur. Jy is `n wonderlike mens en ek hoop die man en jy herstel baie gou. Jy wonde kan jy met eer wys aan ander want om iemand anders se lewe te red is die wonderlikste wat jy kan doen. Jy het vir `n hele gesin nog `n kans gegee. Jy het ook gewys dis net die mense in die politiek wat velkleur nog raak sien. Jy het `n mens gesien en jy het soos `n mens gehelp.

Mooi storie ·

Wat ‘n mooi storie jong man, jy maak ons trots en jy het net gedoen wat jy dink is reg om te doen en siedaar ‘n lewe gered, die ouer van 4 kinders. Jy is deel van die positiwiteit wat al meer kop uitsteek. Ongelooflik lekker mooi nuus, ons hoop die man sterk gou aan, dat hy van stabiel, kritiek na stabiel beter en gesond sal gaan vir sy kinders.

Hannelie K ·

Stoffel! Ons is baie trots op jou!! Jy is n HELD, met jou barmhartigheid het jy n lewe gered.

Ekke ·

Ek wonder wat sou gebeur het as dit die wit man was wat in die bakkie gesit het

Cobus ·

Hoop almal klim van die raskar af en waardeer wat die Jong man gedoen het.inderdaad n teen van mannemoed en empatie.
Net n kind van die Here sal so optree.
Se nou dit was jy,of jou kind……..sou jy redding would gehad het.
God toets ons op vreemde maniere en dan moet ons kan antwood sonder om te wonder.

SkarrelKind ·

Cobus – jou “net ‘n kind van die Here sou optree” is loutere snert. Daar is dapper en goeie mense van all rasse, kulture en gelowe. Dink voor jy tik. Alle Christene is nie noodwendig goed nie en alle Moslems is nie terroritste nie. So ook is baie so genaamde herders van kerke pedofiele. Verstaan jy dat jou veralgemening geen water hou nie?

Oom Kalahari ·

Stoffel Boshoff, jongman mense soos jy maak mens trots en ek bedoel dit met oorgawe en opregtheid. Om jou lewe vir daardie oomblik in gevaar te stel om ‘n ander se lewe te red is jou werklik ‘n heldedaad. Jy Mnr Stoffel het die Leiding en Hand van Bo gehad en sekondes om hierdie man en vader van ‘n gesin se lewe te kan red en glo van harte dat daaardie vrou en kinders se harte vandag klop van blydskap en dalk het jy ook daardeur bewys dat ons daar is om mekaar te kan help. Jy behoort ook ‘n heldedaad en erkennings sertifikaat met ‘n medalje toekening te kry van jou plaaslike gemeenskap vir hierdie helde daad wat ek glo God jou ook sal seen. Dit was en is ‘n pragtige gebaar Stoffel en glo almal is trots en kyk op na jou. Vir Mnr Tefo Lenyora, mag jy vining herstel en op die been wees en met jou familie verenig word, want God het ‘n engel na jou gestuur op die regte tyd en plek om jou te kom red. Sterkte en ‘n groot dank aan jou Stoffel Boshoff, mense soos jy maak ‘n mens se hart bly, want soos jy getoon het dat liefde en omgee ken geen perke nie.

Frans ·

Gaan soek ma net sy makers le iewers sam met hule guns hule was dalk op pad na n farm moord ma ons vader stop vir hom toe in sy spore jamer n mens dink so. Ma dis wat gebeur

Stoffel Boshoff ·

Naandse. Ja mens voel dalk negatief oor al di plaasmoorde, hul moor ons families en gesinne uit. 12 Jun 2009 is my ouers op ons plaas viljoenslaagte aangeval, my pa louis boshoff het 40 dae in icu gele, skoot van agter deur sy milt,maag,pankreas en lewer. Hy het dit met n wonderwerk oorleef.
Ja dit maak mens bitter. Maar in LEV 19:18 -jy mag ni wraak neem of n grief koester teen jou volksgenoot ni…. Dit gan ni oor swart of wit ni. Dis n mens,n lewe wat ek gered het.n Pa van 4 kinders. n broer, n eggenoot, n seun.Ek hoop ek sal ook eendag n barmhartige samaritaan om my pad he as dit my moet oorkom.
Dis net krag van bo wat my gelei het om vir tefo uit daardie bakkie te kry. Dankbaar dat ek n gesin en n man n tweede kans kon gee. Danki vir almal se komentaar dit laat my hart gloei.

Francie ·

Ekke ek antwoord jou graag : Presies dieselfde sou heelwaarskynlik gebeur het. Hier op die plase help ons mekaar. Ek wens dat mense net ‘n insig kan kry oor die verhouding tussen die boere en hulle werkers. Ongelukkig is daar boere wat die uitsondering is – en hulle is ‘n verleentheid vir almal.

Elize ·

Ai Stoffel, ons is almal geweldig trots op jou! Ek glo met my hele hart dat indien ons humaniteit en respek vir mekaar het, ons deur sal kom in die wonderlike land. Kom ons gee mekaar die kans en luister ook na hul probleme met hul kinders, behuising ensv. Wat sou ons gemaak het om ook ‘n plekkie in die land te kon hê? Gelukkig is nie almal moordenaars en vandaliste nie.

Christo Pienaar ·

Ons moet ophou toelaat dat ons die slagoffers word van die wat almal politiseer. Die feit dat die heldedaad plaasgevind het is agv medemenslikheid. Dit was glad nie ‘n kwessie van ras en kleur nie. Hou op om kinderagtig te wees ( eintlik is kinders nie eers só nie!) . Jou kommentaar spreek boekdele van jou IK…..!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.