Boer se afsetting wek vrae, kommer

plaashek-pexels

Die DA vra nou vir die dokumente waarop die besluit berus om Cloete van die plaas af te sit. (Argieffoto: Pexels)

ʼn Groep vermeende MK-veterane wat ʼn opkomende boer van Darling se plaas gekry het nadat hy van die grond afgeskop is, is glo ANC-gekoppelde mense wat reeds plase besit.

Dít volgens Annette Steyn, die DA se woordvoerder oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, wat sê die groep werk onder die vaandel van ʼn maatskappy genaamd Tlhapi Zizi.

Maroela Media het vroeër berig Ivan Cloete, ʼn suksesvolle boer, is van sy staatsplaas afgeskop ingevolge ʼn aankondiging verlede jaar dat staatsgrond van 700 000 ha aan ontluikende boere beskikbaar gestel gaan word.

Steyn sê die toekenning van die plaas skep ernstige vrae oor die regverdigheid en deursigtigheid van die proses wat die departement gebruik het om Cloete se plaas aan die groep toe te ken.

Volgens haar wys ʼn soektog op die Kommissie vir Intellektuele Eiendom en Maatskappye (CIPC) se databasis een van die direkteure van Thlapi Zizi is Mziwamadoda Uppington Kalako. Die DA sê Kalako was tussen 2014 en 2019 ʼn ANC-LP en is ʼn voormalige provinsiale sameroeper van die ANC in die Wes-Kaap.

“Die departement moet duidelikheid verskaf oor of Kalako se status as polities gekoppelde persoon enige rol gespeel het in die besluit om Cloete van die Colenso-plaas af te sit en dit aan Kalako te gee,” sê sy.

Steyn sê nog ʼn direkteur van die maatskappy is Pholoso Malatji, mededirekteur by Cannsun, ʼn kommersiële medisinale cannabis-onderneming in Atlantis. Die maatskappy besit reeds 23 ha grond waarop hy cannabis produseer. Nog ʼn direkteur by Thlapi Zizi, Lesedi Ignatius Baisitse, is ook ʼn direkteur by Piketburg Sunrise Farms.

“Die vraag wat nou ontstaan is hoe mense wat reeds plase en boerderyondernemings besit toegelaat word om aansoek te doen vir en nuwe boerderygrond te bekom, terwyl kwesbare boere soos Cloete in die proses daarvan ontneem word.”

Sy sê pleks daarvan dat die departement verhoed dat enkele mense talle plase besit, is dit nou deur Cloete se geval duidelik dat die departement dit aktief bevorder.

“Die teistering van weerlose boere om plek te maak vir sogenaamde MK-veterane duur nou reeds geruime tyd en Cloete is net die jongste slagoffer.”

Steyn sê in nog ʼn geval het nog ʼn boer, Vuyisile Zigana, gekla oor wat hy noem die onbillike behandeling en beweerde korrupsie van amptenare in die toeken van die Spioenskop-plaas in KwaZulu-Natal.

Steyn sê die minister, Thoko Didiza, laat die teistering oënskynlik straffeloos toe en stel eers na die tyd ondersoek in.

Die DA vra nou weer dat alle dokumente wat verband hou met die proses en besluit om die Colenso-plaas toe te ken aan individue wat onder Tlhapi Zizi se vaandel sake doen, beskikbaar gestel word.

“Versuim om dit te doen sal net agterdog wek dat die hele grondhervormingsprogram gekaap is om die belange van MK-veterane ten koste van hardwerkende en gewone Suid-Afrikaanse boere te dien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

SomeOne ·

net nog ‘n stuk grond wat sy blaker gaan sien, indien cloete “afgejaag” word

Misky ·

M.a.w. daggaplase…… ek is bevrees ons het GROOT probleme oppad

Groen Ghoen ·

Fantasties! En dit alles is verniet, want die belastingbetalers betaal daarvoor! Gee die duiwel wat hom toekom: Die ANC en die NP het die Nuwe S.A. briljant uitgedink. In watter ander land betaal mense vir hul eie ondergang?

Jedi Knight ·

Vra eerder in watter ander land stem mense vir hul eie ondergang. Laat jou gedagtes teruggaan na 1992….

Pieter ·

Welkom in zimbabwe SAAI en al die slim mense wil mos met die ANC terroriste onderhandel. Het ons nie geleer wat het met piet retief gebeur nie.

Magda ·

Cannabis – maar dit mag mos net geplant word vir eie gebruik – As die plaas dit produseer wie gebruik dit almal daar, en hoeveel word geproduseer vir eie gebruik en hoeveel word verkoop onder die vaandal dat dit vir eie gebruik is – OMG SKOP ANC UIT ASB – ONS LAND IS IN SO N GROOT GEMORS EN DIT IS ALLES HULLE SKULD – SKOP UIT – SKOP UIT – SKOP UIT ASB

Nico ·

Kom ek verduidelik die dagga ding. Dagga vir medisinale gebruik moet uiters goeie kwaliteit wees. Om dagga te groei is maklik. Om goeie mediese kwaliteit te kry is nie. Dit is nie iets wat jy uit jou g klas merceides se bestuursitplek af gaan regkry terwyl jy deur die verkeer vleg met jou selfoon teen jou oor nie. Kennis, sorg, aandag en toewyding asook n hele klompie produksie kapitaal is n vereiste.Dus ek waarborg , hulle het agtergekom dat die dagga ding nie gaan werk nie. Nou soek hulle nog grond. Eenvoudig.

Lourens CFG ·

Wat anders verwag julle, wanneer énige iemand van anc met iets te doen het, is daar skelm streke. Hulle voel vere vir almal in die land.

Hans ·

Luister nou mooi wat ek nou voorspel. Teen 2030 sal 99% van kommersiele landbou grond in swart besit wees en SA sal afhanklik wees vir kos van vorige koloniale moondhede.

Johanncb ·

Voedselsekerheid is nie hierdie mense se prioriteit nie!

Werner ·

Ek dink die persoon wat dink ons loop nie dieselfde pad as Zim is naïef verby.

Tino ·

Nou het hulle iets om te verloor, ons kan nou gaan brand stig soos hulle vrinne in die vrystaat gedoen het laas jaar. Die wiel draai

Jaco ·

Cloete is ‘n kleurling, so hy is “not black enough”. Daars TALLE sulke gevalle. Gevalle waar selfs Afriforum en Solidariteit al by betrokke was, waar kleurlinge en Indiërs nie werk kry nie omdat regstellende aksie en BEE eintlik maar teen hulle ook gemik is.

Deon ·

Wanneer gaan ons regtig egtig besef die anc gee om vir niks behalwe self verryking? Die kastige voedsel sekerheid wat almal so oor gepla is dink ek nie hulle gee n blou duit voor om nie, solank hulle kan “score” is hulle gelukkig….. Baie wat die anc kwytraak is net leuens, soos hulle kastige omgee oor voedsel sekerheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.