Boer se broer vind hom leweloos voor huis

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Gideon Swart (52), ʼn boer van Waterval Boven in Mpumalanga, is Vrydagoggend leweloos voor sy plaashuis aangetref nadat hy glo herhaaldelik aangerand en met ʼn voorwerp gesteek is.

Al wat klaarblyklik deur die vermeende moordenaar(s) gebuit is, is Swart se Nissan-bakkie.

Swart se broer, wat nie in hierdie stadium geïdentifiseer word nie, het die polisie ontbied nadat hy op Swart se liggaam afgekom het.

“Die slagoffer se broer het bekommerd geraak toe hy sedert Donderdag, ná herhaaldelike probeerslae, nie sy broer [Gideon] in die hande kon kry nie,” sê kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder.

Swart se broer het Vrydagoggend by hom aangeklop, maar die deur na die plaashuis wawyd oop aangetref. Dit is toe dat hy Swart buite die huis sien lê het.

Die polisie is ontbied en nooddienste het Swart later op die toneel dood verklaar.

ʼn Voorlopige ondersoek na die moord het bevind dat Swart verskeie steekwonde aan sy rug asook sy maag opgedoen het. Sy gesig was baie geswel en het daarop gedui dat hy herhaaldelik aangerand is. Swart se voete was ook met ʼn belt vasgebind.

“Ondersoekers het bevind dat slegs die slagoffer se Nissan 1400-bakkie gesteel is,” sê Mdhluli.

Niemand is al in verband met die moord in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek ʼn saak van moord en roof.

Mdhluli het ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om ao. Raymond Mamaila by 072 023 1542 te kontak indien hulle meer inligting oor die voorval het.

“Inligting sal as vertroulik hanteer word en mense kan ook kies om anoniem te bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Christine ·

Die vuilgoed van die samelewing! Mag die hemelse vader ons genadig wees, want hierdie regering doen niks!

Delia ·

Ek wil voorstel dat mense wat op plase bly n in check reel met familie. Bv. Bel elke aand 21h00 of stuur net n w app om te sê ek is OK. Gee ook die Plaaswag se nr aan jou familie wat incheck. As jy nie antwoord moet kan familie die plaaswag bel om te gaan kyk.
Dit sal ook dalk verwyte verminder….as ek maar net….
Boere lê dalk vir ure so, lewend waar hulle lewe gered kan word as iemand op hulle afkom.

Martie Smartie ·

Gaan nie juis n verskil maak aan die moorde nie, gaan dit

Delia ·

Nee Martie Smartie, dit gaan nie, want as jy doodgemaak word, is jy dood.
Dalk kan lewens van aangerande boere gespaar word. Dis my bedoeling met my voorstel

TO ·

En niemand sal in hegtenis geneem word nie, maar kyk nou nou na onlangse moorde in Soweto, klaar agter slot en grendel. Ek vertrou die polisie glad nie. Dis maar net ‘n geval van voorkeur sake

Ronél ·

Net ‘n lafaard val iemand aan van agter af…….met verwysing na die steekmerke op sy rug.

Hannelie ·

GEMORS!!!! Mnr die President kan ons nie GROOT asseblief ook die moordenaars/aanranders ook doodsteek/doodslaan/vermoor? Asseblief want dan sal almal van ons gemoedsrus kry in hierdie wettelose ou land.

WILLEM ·

Genoeg is genoeg. Om die sulkes te vang is noodeloos, die polisie doen niks want dis deel van hulle mense. Ons moet hulle uitvoer maan toe, dalk sal dit help.

Mariana ·

Klink asof die bakkie maar toevallig gevat is en dat die marteling en moord eintlik die dryfkrag was. Die vervloekte moordenaars loop mos vry rond. Het mos darem die groenlig gekry deur die regering, EFF en howe ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.