Boer se gru-moord ‘dalk nie gewone plaasaanval’

Johan Pretorius (Foto: Facebook)

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die grusame moord op ʼn boer van die Nigel-omgewing aan die Oos-Rand nadat sy verkoolde liggaam verlede week op ʼn plaas aangetref is nie.

Deon Pretorius, eienaar van Monitor24-sekuriteit, het Maandag aan Maroela Media gesê die moord op Johan Pretorius (46) stem nie ooreen met die gewone aspekte van ’n plaasaanval nie. (Deon en Johan is nie familie van mekaar nie.)

Johan se liggaam is verlede Donderdagaand langs sy bakkie by die plaashek aangetref. Deon, wie se sekuriteitsmaatskappy die boere in die omgewing se radio’s monitor, het die betrokke aand omstreeks 19:45 ʼn boodskap van mede-boere ontvang om hom in te lig dat ʼn bakkie op die plaas brand en dat daar ʼn liggaam langs die bakkie aangetref is.

Met Deon se aankoms op die toneel was daar reeds verskeie boere wat met afgryse toegekyk het. “Die bakkie het nog gesmeul en daar het iets langs die bakkie gelê wat soos ʼn mens gelyk het. Hy was sleg verbrand,” vertel hy.

“In my 20 jaar [in die sekuriteitbedryf] het ek nog nooit so ’n grusame toneel gesien nie.”

Volgens Deon was daar bloedspatsels teen die plaashek. Twee stukke van ’n piksteel is ook op die toneel gevind. Een deel van die piksteel is naby die hek gevind en die ander deel ’n ent verder. Die verbrande bakkie se deur het oopgestaan. Voor die bakkie is ’n bril en ’n skoen gevind. Dit is duidelik dat daar ’n struweling plaasgevind het, verduidelik Deon.

“Ek sê nie dat dit nié ’n plaasaanval is nie. Dit moet net wel nog bevestig word aangesien die motief nie ooreenstem met dié van ’n plaasaanval nie. Ons weet nie wat die situasie was nie. Niemand het gesien wat gebeur het nie en niks is gesteel nie.”

Johan se vrou, Kobie, was nie ver van die hek af nie in die plaashuis, maar is nie oorval nie.

Deon vertel dat Kobie die aand van die moord haar pa, die eienaar van die plaas, gebel en gesê het dat die veld naby die huis brand en dat haar man nog nie by die huis was nie.

“Daar is ’n stoor tussen die huis en die hek en sy kon nie die hek sien nie,” verduidelik Deon. Haar pa het toe na die plek waar die veld reeds in die stadium gebrand het, gery, maar nie dadelik sy skoonseun se liggaam gesien nie. Volgens Deon het hy wel opgemerk dat die hek met draad toegebind was. “Dit was vreemd want dié hek staan gewoonlik oop omdat hulle heen en weer daardeur ry.”

Hy het die hek oopgeskop om by water uit te kom wat hy in kanne getap het en die vlamme mee begin blus het. Dit is toe dat hy die verkoolde liggaam sien.

Dit word vermoed dat Johan moontlik met die piksteel geslaan en in die bakkie gesit is voordat dit aan die brand gesteek is. Hy was moontlik bewusteloos en het later sy bewussyn herwin en probeer om uit die bakkie te kom. Dít kan egter nog nie bevestig word nie, het Deon benadruk.

Kapt. Johannes Ramphora, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

RS ·

Dis bitter. Kan nie dink wat die man moes deur gaan nie. Ons dink aan almal om hom wat hierdie grusame ding moet verwerk.

sterretjie ·

Nou wat is n gewone plaasaanval volgens hulle. Duidelik weet hulle nie hoe wreed die meeste plaasaanvalle is nie. Dalk moet hulle eendag self gaan kyk

Charmaine ·

Vra ek ook. Vir my is plaas moorde net ‘n manier om die boere uitteroei.

ne ·

As dit nie ‘n plaasaanval is nie, wil ek nie my naam hê nie. Sulke wreedaardigheid? Sterkte aan die naasbestaandes.

BB ·

Ons almal voel dieselfde oor plaasmoorde op ons mense!! Maar dalk is hierdie “n huurmoord of grief tussen sy eie mense. Ons wat kommentaar lewer weet nie wat in ander mense se lewens aangaan nie.

Chris du Preez ·

Ek kan nie verstaan dat die Blf en die Eff nie ondersoek word nie, na hulle uitsprake oor die witmense.

Geitjie ·

Mnr Siril Ramhaposa, ons landsburgers wil jou die vraag vra, wat gaan jy doen omtrent die plaasmoorde?? Dis vir my baie duidelik dat jy niks omgee om voel daarvoor nie???? Wat is jou dringende plan van aksie omtrent die plaasmoorde, Mnr Siril Ramhaposa?? En ek weet vir n feit die vraag is op al die landsburgers se lippe!!!

Andre Stander ·

Jy weet, dit is tog so pateties van ons dat ons bly hamer op die ou “wat gaan jy doen Cyril” deuntjie – dag in en dag uit….

Wat doen ons Sélf..??? [behalwe niks…]

Gert van Wierdapark ·

CR se kop is nou so hoog in die wolke met sy Pastei-stad gedagte dat sulke wrede moorde en plaas-aanvalle seker nie eers op die presidensiele radar-skerm ‘n Blip maak nie!

Geitjie ·

Mnr Siril Ramhaposa, ons landsburgers wil jou die vraag vra, wat gaan jy doen omtrent die plaasmoorde?? Dis vir my baie duidelik dat jy niks omgee om voel daarvoor nie???? Wat is jou dringende plan van aksie omtrent die plaasmoorde, Mnr Siril Ramhaposa?? En ek weet vir n feit die vraag is op al die landsburgers se lippe!!!

George in Bloem ·

My innige simpatie aan die betrokkenes. So skokkend soos die moord self is die dawerende stilte vanaf regeringskringe en ook die amptelike opposisie wat natuurlik talle vrae weer laat onstaan. Vir solank hierdie wrede rassistiese moorde nie deur ieder en elk aan alle kante van die politieke spektrum verdoem word nie sal dit nie end kry nie en dit laat mens ernstig begin dink of daar nie iets groter hier agter sit nie.Dit maak mos glad nie sin dat hierdie wrede moorde doodeenvoudig geignoreer word nie? En toe die LUR nou die dag vermoor word in KZN word daar ‘n allemintige 126 ondersoekbeamptes soos in oornag ingespan en die hele regering is in rep en roer?En hierdie arme man is more alreeds vergete? Skandalig en bitter tragies.

c ·

Dit is verskriklik wreed hoe doen n mens dit aan iemand ek stem Geitjie die president moet begin intree en iets doen. Baie sterkte aan sy vrou en familie baie hartseer het nie woorde trane loop om n geliefde te verloor is erg .

Bloudrom ·

Tipiese plaasmoord. Wreed en sonder enige motief. Wat sal die sekuriteitsbeampte se bedoeling wees met sy teorie.

Yolani ·

Ek dit gaan daaroor dat sy vrou en skoonpa ook op die plaas was en die skerminkels nie hulle ook aangeval het nie. Dit is nie die eerste plaasaanval in die omgewing nie. In een geval is 4 mense vermoor.

Landvaneensydigheid ·

Plaasaanvalle is nie gewoon nie. Motiewe is duidelik. Die mense is wit. Duidelik is ons soos honde wat ons eie sterte jaag…

LHS ·

So duidelik soos daglig, dieselfde modus operandi as die by Lichtenburg om die persoon met n toe hek te stop en dan te oorval. Hierdie is nou die nuutste metode wat vir n tyd gebruik gaan word om blanke boere van hulle grond af te kry.

GR ·

My innige simpatie aan die familie maar tydens die grensoorlog en plaas aavalle,wat was die goue reel? as daar verandering/afwyking van die normale toestande is gaan verby en kry hulp of rapporteer. Die hek is altyd oop nou is die hek toe,ry verby bel en vra hoekom is die hek nou toe?

Ann ·

Ek hoor jou andré, maar sê dan vir ons wat gaan jy doen? Sonder hulp van CR is ons hande afgekap. Ons het te min hulpbronne. Ek wil graag hê dinge moet verander. Ek’s nie ‘n boer nie. Wat moet ek doen? Gee jy dan die oplossing. Lyk my jy weet iets.
Hierdie is aaklig en ek simpatiseer uit my hart met sy naasbestaandes.

jo ·

Ok, nou wil ek n vraag vra, wat wil julle he CR moet nou eintlik doen? Suid Afrika is groot, hoe wil julle he hy moet al die boere op pas? Ons weet mos nou dit gebeur, nou is dit seker tyd dat ons iets doen? Boere miskien meer bewapen, n eie weermag of iets? Miskien op hou om buitelanders te laat werk op die plase? Ek weet nie maar ons gaan nou moet saamstaan en iets doen.

Stem saam ·

Ongelukkig moet ons begin besef dat dinge van ons self af sal moet begin verander. Dis mos nou duidelik dat daar nie hulp kom van die regering se kant af nie. Ek stem saam Jo, hou op buitelanders in diens neem. My pa bedryf sy eie tuindienste, en al sy werkers is nie-wit. So ruk gelede nader ‘n wit man hom met slegs een been en vra vir werk. My pa bied hom toe geld aan en sê dis nie nodig nie hy is voltallig. Maar die man het voet by stuk gehou dat hy sal vir sy dag se loon werk. En hy het. Met een been het hy netso hard gewerk soos die ander 3 werkers. Dit was ‘n gesukkel en ja hy was bietjie stadiger en die ander 3 werkers het hom uitgelag. Maar hy het gewerk. Die illusie moet stop dat witmense lui is en nie wil werk nie, of nie bereid is om vir minimum loon te werk nie. Begin witmense in diens neem op die plase. En stop met die Buitelanders.

Liezl ·

Wat CR wel kan doen is om alle onwettige mense terug te stuur van waar hulle kom. As jy in ‘n plakkerskamp woon en jy is nie hier gebore nie, gaan terug. Wys jou ID, as jy nie een het nie, dan is jy onwettig. Dan moet hy begin om alle kriminele te pos….gee nie om waarheen nie. Ons soek julle nie hier nie.

Tash ·

Daar is nou n spesiale Taakmag om te help omdat 5x haweloses vermoor is (en dis great). My vraag is wat van die duisende boere wat vermoor word? Hoekom is daar nie al so iets vir hulle gedoen nie?

Jan ·

Want die bkankes is te swak om self te regeer..te swak te dun en te min…

Gesiggie ·

Huurmoord.
Hoop almal wat so klippe gooi gaan hulle klippe optel na die waarheid uitkom!

LHS ·

Niks se gehuurmoord die nie, net doodeenvoudig uitgevoer soos vooraf polities beplan.

Christa ·

Kan nie glo dat ons ou nasie so moordlustig is nie. Ken so min mense die Bybel. Of glo hulle net nie aan hiernamaals nie

Werner ·

Die afgelope klomp plaasaanvalle was baie grusaam die seker die eerste keer dat hy op so n toneel kom

PPP ·

Kry vir CR maak hom vas gee hom bietjie van hulle eie medesyne en net voor hy gaan los hom tot môre toe en dan gaan ons weer voort tot net voor hy heen gaan.

Jannie van Niekerk ·

Mnr Deon Pretorius, ‘n Plaasaanval en plaasmoord bly ‘n plaasaanval en plaasmoord. Daar is geen motief ter sprake nie behalwe om blankes in opdrag van sekere organisasies wat blankes met ‘n passie haat , uit te moor. Daar bestaan nie iets soos ‘n “tipiese “of “gewone” plaasaanval nie. Dit is plaasmoord en plaasaanval en klaar. Ondersoek maar net sekere politici en jy salk die skuldiges kry.

Michelle ·

Die polisie gaan moord saak ondersoek ek wonder wanneer hoeveel sake lê onopgelos die was ‘n wrede sinnelose plaasmoord. Die vrou en geliefdes is in soveel rou en hartseer gelos en almal kyk anderpad. Die regering moet hul laksheid los en ons mens beskerm teen die gruwelike misdade hulle moet 24/7 op die sake werk tot hul die moordenaars kry.

Attie. ·

Die beste stuurman staan aan wal, maar ek se weer dat indien elke hoewe of plaas n motorhek het en jy nie teen die pad hoof te stop om hek oop te maak nie dan sou baie moorde nie plaasvind nie. Jy moet kan ry vanaf die ko-operasie tot binne in jou motorhuis sonder die nodigheid om uit klim. Dit is haalbaar. Sonie moet jy in die dorp woon en op die plaas werk met vuurwapen by jou. 10 honde is beter as 9 honde en 1 Jack russel is beter as niks. Alarms en diefwering help ook. Ons moet wakker word in die mooi land van ons.

Retha Roux ·

Attie weet jy dat motorhekke ook blokkeer kan word? So jou oplossing nie so logies nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.