Boer se liggaam deur plaaswerkers gevind

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn 47-jarige boer van Oos-Londen in die Oos-Kaap is Saterdagoggend vroeg op sy plaas doodgeskiet.

Konst. Akhona Wapi, woordvoerder van die polisie, sê die boer se liggaam is glo deur plaaswerkers gevind toe hulle Saterdagoggend vroeg vir werk opgedaag het.

“Een van die plaaswerkers het aan die polisie vertel dat hy die oggend ʼn man by die plaashek sien lê het toe hy deurgery het, maar hy het gedink dit is sommer ʼn dronk werker. Hy het na die huis gery en aangeklop, maar niemand het geantwoord of was tuis nie,” sê sy.

Volgens Wapi het dié plaaswerker na die boer gaan soek, en sy medewerkers beveel om die “dronk man” by die hek te gaan haal.

“Hy kon nie die man identifiseer nie, omdat dit nog baie donker is. Die werkers daag skuins ná 05:00 by die werk op, dan is dit nog pikdonker. Die ander werkers het toe na die hek gestap, en gesien dit is die boer wat daar lê.”

Wapi sê die boer se liggaam het verskeie skietwonde gehad.

Volgens haar het die buurtwag die polisie ontbied nadat die werkers sy liggaam by die hek opgespoor het.

“Die motief van die moord is nie in dié stadium bekend nie. Ons is ook nog nie seker van afhanklikes nie,” sê Wapi.

Die man was vermoedelik ʼn hoenderboer van die omgewing.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Michael ·

48 and counting vanaf januarie 2017 tot Julie vanjaar en daar word meer aandag en geld spandeer om die renoster te beskerm gaan ons wag totdat die suid afrikaanse boer n bedrygde spesie word???

Miertjie ·

Ek stem 100% saam met jou Micheal . Dis hartseer maar waar ?

Drikus ·

Nee mense, los die renoster uit die vergelyking. Net soos op die mens, is moord (stropery) van renosters net so wreed en onaanvaarbaar. Beide is ‘n tragiese aanduiding van wetteloosheid. Renoster kan net nie homself beskerm nie. Mens kan.

Cherokee ·

Werklik onvanpas dit wat jy sê Michael en waarmee Miertjie 100% met jou saamstem. En die woord is ‘bedreigde’.

Michael ·

Cherokee het jy al treurgrond gesien en die realiteit is terwyl jy my mening bevraagteken en my spelling nagaan word boere ,vroue en kinders uitgemoor soos vlieë en die mense soos die media en politieke partye weier om te erken dat die moorde noodsaaklik gaan oor haat as oor misdaad en dit gaan baie erger word

Deloris ·

Motief vir die moord nog nie bekend nie????????ons almal weet dis moord op ons boere !

JA NEE ·

Die werker se hy het n’ ” dronk man by die hek sien le” ???? in die pik donker??? dan beveel hy die ander om te gaan haal , in die pik donker???
Ek hoor n’ voeltjie

johnny_walker ·

Nee dit maak sin , as ek n dronkie iewers sien lê gaan ek nie naby nie , dit is dalk n lokval , om die waarheid te sê dit is amper gewaarborg n lokval soos dinge in die land gaan , ek sal ook eers versterkings kry of vir my werkers se dat n groep van hulle die man gaan uitkyk of ondervra
net ingeval sy vriende daar uit die gras te voorskyn kom

snoefie ·

slang in die gras, ek stem. as ek n “dronk kollega” by die bek sien le in die koud gaan ek beslis stop on hom huis toe te help.

alison steyn ·

ek weet regtig nie…. al was dit n drink man…wat was due kans dat hy n koue nag so blootgestel in die oopte.sou oorleef…. daai eerste man pla my bietjie……seker ek is reg….oe eh eh

Ernst ·

Ek stem volkome saam met Johnny Walker se twee komentare. Die boere ( eindelik almal in SA) weet wat die omstandighede in SA is so ons moet almal aanpas. Ek bly ook op ‘n plot en het my omstandighede aangepas en nou hoop ek net dat dit genoeg is.

willie ·

Dit is goed om paraat te wees, maar as ek ñ moordenaar was en ek wil jou dood maak sal ek dit reg kry! Dit is die regering se plig om sy burgers te beskerm dmv wetgewing en wetstoepassing!

Mike ·

Johnny…hoe weet jy ? D Boer was moontlik gewapen en was veiligheidsbewus….maar is dalk v ver afstand af geskiet!

Johnnie Walked ·

Ernst en dit sommer vir jou ook… wees jy eerder op jou hoede want nie een van ons weet wanneer die vyand in hulle troppe(want dis AL hoe hulle kan kom) op ons plotte/plase sal toesak nie.
Het jy n vuurwapen, is hy altyd gelaai en het jy n spaar magasyn wat ook vol is…het jy alarms wat vroegtydig waarsku wanneer jou grond betree word en jy konstant in kommunikasie met die Boere on jou direkte omgewing??

Ernst ·

Johnnie, ja ek het ,n gelaaide 9mm 24huur per dag aan my, ek het alarms binne die huis, buite die huis in die veld en drie groot honde ( twee Rottwielers en 1 boerbull). Ek het huurders met honde al om my en gavaarlike Volstruise en ganse en Tarentale wat my waarsku. Ek loop nie buite onnodig rond na donker sonder dat my honde voor uit gaan nie en dan vra mense my “stupid” vrae soos of ek bang is.

Spade ·

Wens die media wil dit sê soos dit is. Rasse-aanval op ‘n wit boer.

Jaco ·

Hoe weet jy dit was n wit boer, daar is bruin en swart mense wat ook boer, veral in die Oos-Kaap.

Roelien ·

Ek weet dit was n wit boer want ek ken hom. Dit was so onnodig. Hy het n Klein kind. En ek dink dis regtig on van pas om sulke aanleidings te maak N onskuldige man is dood. Nie die eerste of laaste boer nie

Gogga ·

Hier is iets wat gladnie sin maak nie. Theuns ek stem volkome saam met jou en Mike. Hoe weet enige iemand hoe veilig die boer dit vir homself gemaak het en dit kon selfs een van sy werkers gewees het hoe meer veiliger kon hy dit maak. Wag tot die ondersoek gedoen word en lewer dan kommentaar.

Mike von Mallinckrodt ·

Johnny Walker,
jy is reg dat elkeen vir sy eie lewe verantwoordelik is. Maar net sowel is die regiering verantwoordelik vir sy mense. Dit staan seker erens in die grondwet. Gaan kyk bietjie. As dit so is sal dit die eenigste manier wees daarteen te baklei.
Veels Geluk
Mike von Mallinckrodt

Ernst ·

Mike jy is reg, eks seker dat dit in die staan datdie regering verandwoordlike om sy mense te beskerm maar ongelukkige kan ons sien dat die regering dit nie doen nie al kerm ons heeldag lank so ons moet ons self beskerm.

schalk ·

Ja drikus. Wetgewing beskerm tans die krimineel. Hoeveel gevalle van selfverdediging is die slagoffer gearresteer omdat hy homself verdedig het. En ja. Meer aandag en geld en resources word aan renoster stropery gegee as om boere te help beveilig. By gese die regering doen in beide gevalle niks ekstra as die normale in beide gevalle

Magda ·

3de Paragraaf:
“….’n man by die plaashek sien lê…

5de Paragraaf:
“…Hy kon nie sien nie omdat dit nog baie donker was”

Die storie geniet ook seker nou ” die nodige aandag van die owerhede”. ?

Tessa ·

Die werker het na die boer gaan soek en sy medewerkers beveel om die dronkman by die hek te gaan haal…..!! Maak glad nie sin nie!!

l c van deventer ·

Sekere LUR hardloop na skole waar rasisme plaas vind maar nie na waar plaasboere vermoor word nie .Dit is mos maar nog net n boer

Johannes Meintjes ·

Meegevoel. Nog ‘n landbouboer, sy familie, sy werkers en sy ekonomiese bydrae tot niet. In die hof vra die regter of landros soms; “wat sou die redelike mens gedoen het?” of “as jy dan geweet het, wat het jy daaraan gedoen?” Mens kan krimineel skuldig staan aan versuim of nalatigheid ook. Wat is die (blanke) Afrikaner en Buurtwagvoorsitters bereid om te doen aan voortgesette misdaad en plaasaanvalle?

Susan ·

Ons is kwaad omrede nog n boer vermoor is agv poliek. Elke dag wat hulle so lekker eet moet hulle gewete hulle so aankla dat hulle skuld gevoellens hulle moet aankla oor elke boer wat vermoor is …ons beste wapen teen geweld en plaasmoorde is gebed. Niemand is sterker as God nie. Dag en nag moet ons bid teen die bose aanvalle. Ons woedende woorde gaan niks oplos nie. Ons kan mos saam staan.

Theresa ·

Krag en sterkte vir die familie en naasbestaandes. Wat ‘n sinnelose daad. Mag die skuldiges vasgetrek word.

Yster ·

Boere moet hulle plase opverdeel, en ander boere saamtrek op dieselfde perseel, bv vat n plaas grond verdeel dit in 4 en op elke 4 stuk gronde, sit n boer, dan is almal nader aan mekaar en ook veiliger, dit kan dalk werk, die 4 boere of meer kan mekaar baie goed ondersteun, en ook die omgewing veilig hou, dis maar net my idee, want as jy op n plaas alleen is kom daar moeilikheid

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.