Boer se vrou kom tot sy redding tydens aanval

(Argieffoto: StatsSA)

’n 70-jarige boer sterk in ’n hospitaal aan nadat hy Maandagaand op sy plaas tussen Warden en Harrismith met ’n ysterpyp aangerand is.

Jansen van Rooyen is met sy tuiskoms deur vyf aanvallers oorval nadat hy vroegaand plaaswerkers huis toe geneem het. Die aanvallers het op die vlug geslaan nadat Van Rooyen se vrou haar man hoor skree en alarm gemaak het.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Van Rooyen is omstreeks 19:35 deur vyf mans met klapmusse in sy voertuig oorval nadat hy sy werknemers by die Ezenzeleni- informele nedersetting in Warden afgelaai het.

Een van die aanvallers het ’n ysterpyp by hom gehad en Van Rooyen daarmee bygedam. Die verdagtes het egter te voet op die vlug geslaan toe die slagoffer se vrou hom hoor skree en ondersoek ingestel het.

’n Ambulans is na die plaas ontbied en Van Rooyen is na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Makhele sê die polisie ondersoek ’n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die VF Plus het intussen die aanval veroordeel.

Jan van Niekerk, die VF Plus se provinsiale leier in die Vrystaat, sê hy was tot laat op die toneel saam met talle boere en die polisie. Daar is saam na die aanvallers gesoek en ʼn skuilplek waar die aanvallers vermoedelik voor die aanval geskuil het, is naby die plaas opgespoor.

Die VF Plus doen nou opnuut ’n beroep op boere om hulself “binne die raamwerk van die wet” te beveilig en te verdedig.

“Dit is duidelik dat aanvallers die uiterste geweld gebruik om boere te vermink, te martel of te vermoor, al is dit soms net vir iets soos ʼn selfoon,” sê Van Niekerk.

Volgens Van Niekerk sal die VF Plus aanhou om volgehoue druk op die regering te plaas om plaasaanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Genis ·

Daar is net nie meer woorde nie… Dank ons hemelse Vader hulle lewe…

Anel ·

Aanranding met die doel? Jammer, dié is poging tot moord!!!

Misky ·

Ek is daagliks meer oortuig dat hier iemand hoog op agter die aanvalle sit. Dankie Vader hierdie oom en tannie het nie ook statistieke geword nie

N ·

Lafaards wat die oud en kwesbare teiken. Hier sal niks van kom nie. Maar laat 5 blanke mans n ou swartmens net raak dan brand die EFF, ANC en BLF die land af. Ons regering doen niks om boere (van alle rasse) te beskerm nie. Dis mos nie n prioriteit nie, maar as dit by bedrog kom is almal voor in die koor.

Buks ·

Dis nie vir selfone nie dis om te moor. Hulle vat selfone om te verhoed dat die slagoffers hulp kan ontbied. En om tyd te koop om te vlug. Wat aangaan is terrorisme dis om mense van hulle plase af te dwing deur vrees te kweek by boere. Maw. Tereur

Pieter ·

Dit help nie meer om iets te se nie want ons blankes wil nie standpunt in neem nie.

Werner ·

Al beveilig jy jou binne die raamwerk van die sogenaamde wet is jy blanke skuldig.Tyd dat ons maar soos ons mede landsgenote dit moet heroorweeg of ons ons aan die wet moet steur.Jy kom in elkgeval in die moeilikheid.Ons sal moet begin saam staan en drasties vir die regering wys dat ons nou moeg raak vir die spul.So nie pak maar jou tasse

Wonder ·

Is skrikwekkend om te se en ook dal kmakliker gesê as gedoen, maar al hoe ek sien hier gaan regverdigheid vir alle blankes ooit gaan wees is om hardhandig te veg daarvoor… :(

marius ·

Wat is binne die raamwerk van die wet as jy wit is ? Noodweer en noodtoestand tel nie vir witmense
nie !

Pieter J ·

Dit is beter in ń tronksel vir ń tyd as 6 voet onder die grond.

Cecilia ·

D oom het n goeie hart. Hy vat sy werkers weg sodat hul nie hoef te loop nie. Nee wat. Hul moet maar in d toekims toon klap trug huis toe!

Surfer ·

Uit en Uit beplande terrorisme. Lafhartige oorlog making teen ons boere. Paraat & bewapen TEN alle tye.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.