Boer sit aanvallers agterna ná plaasaanval

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie in Bela-Bela in Limpopo het drie verdagtes in hegtenis geneem in verband met ʼn plaasaanval Sondag net buite die dorp.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanval het omstreeks 16:00 by BK-boerdery in die Roodekuil-omgewing plaasgevind.

“Agt gewapende verdagtes wat met twee motors gereis het, het die huis binnegestorm en drie slagoffers vasgebind,” het Ngoepe gesê.

Verskeie items waaronder vuurwapens, kontant, juweliersware, rekenaars, selfone en elektriese toestelle is tydens die aanval gesteel.

“Terwyl hulle gevlug het, het die boer hulle gesien en agternagesit op die Roodekuil-grondpad. Die verdagtes het verskeie skote op die boer afgevuur en hy het teruggeskiet. Een verdagte is gewond en twee ander is in die bosse naby die Platrivier-winkel in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê.

Die gewonde verdagte is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.

Volgens Ngoepe is daar tydens die inhegtenisnemings op van die gesteelde goedere beslag gelê. “Die polisie soek nog na die ander verdagtes en die vuurwapens wat tydens die aanval gesteel is.”

Die verdagtes, tussen 25 en 37 jaar oud, sal binnekort voor die Bela-Bela-landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lientjie ·

Nog nooit gehoor van Bela – Bela nie???? Dis Warmbad al vir baie jare Bela Bela.

JG ·

@ Kobus, Bela-Bela is die nuwe naam vir WARMBAD in Limpopo Provinsie

Leahim ·

Great die boere is besig om terug te baklei en dit is al wat die aanvallers gaan stop want die afgelope tyd het die boere net na sagte maklike teikens gelyk ek hoop die gety begin draai vir die aanvallers?????

Hannelie ·

Darem bietjie goeie nuus, dat die boer hulle sommer self agterna gesit is en hy nie geboet het met sy lewe nie.

Pieter ·

Kan iemand my as leek asb met die volgende help: die verskil tussen die volgende terme:
Huisbraak, roof, “huisroof??” en gewapende roof? En of dit te doen het met waar die huis gebou is? Help my ek verstaan nie

Deidre ·

Huisbraak: iemand breek in en niemand is by die huis. Huisroof: iemand breek in en daar is iemand by die huis. Gewapende roof: iemand breek in met vuurwapen en hou die huismense aan tydens roof.

c ·

En nou gaan die boer ook seker aangekla word vir poging tot moord.

LMF ·

So sprokies verhale kan waar word wow my boerseun vir jou koop ek n hele bottel Bell’s dit is hoe dit gedoen word maar ja almal is nie so gelukkig nie die wat onkant gevang word kom die slegste daarvan af RIV ons boere wat nie die geluk aan hul kant gehad het nie en nou is dit tyd dat ons die swaard optel

Chris Ws ·

Ai dis lekker om te lees van ‘n boer wat terug baklei.Ongelukkig is baie boere sagte teikens en kry nie kans om terug te veg nie.
En oor die “Bela-bela” naam – dis die anc se naam vir Warmbad.Ek erken gladnie die anc se herbenaminge nie.Dis Warmbad vir my en klaar.

anton ·

Chris, ek stem 100% saam met jou!!!
Meeste van die kere as die volksvreemde name genoem word, weet ek nie en wil ek nie weet waar dit is nie.
Selfs my ou GPS kan dit nie kry nie want ek het dit nooit opdateer nie.
Gelukkig is daar sekere goed wat niemand in n mens se kele kan afdruk nie!!!

Cherokee ·

anton (en Chris), somtyds verander twee rigting strate in een rigting strate en daar is tye wanneer deurgangroetes verander in dodloopstrate. Jou verouderde GPS weet nie daarvan nie. Benewens dit word addresse weergee in nuwe name en as jy nie weet wat die straat se vorige naam was gaan jou GPS jou laat verdwaal. As julle nie saam met die stroom swem nie gaan julle op ‘n eiland beland. Ek woon in ‘n groot stad en in die spreektaal word in straatname nog na die vorige name verwys maar as jy op landkaarte werk is dit anders.

Van ·

Hoop die boer het seker gemaak die verdagte waarop hy geskiet het, het in sy rigting gekyk toe daar op hom geskiet is – anders was sy lewe nie ingevaar nie en die boer mag dalk ook aangekla word van poging tot moord?! Dis mos hoe die reg stelsel werk………in die gevalle! Arme skepsel – gebruik as my tax geldjies om gesond te word in die hospitaal en dan sal ek voortaan vir jou verblyf en kos betaal in die tronk!

Lucas ·

Stem saam met die kommentaar oor name wat lukraak verander is. Bly vir my ook Warmbad,Pietersburg, Potgietersrus ens. Bela Bela>>> wat ‘n simpel naam !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.