Boer skiet aanvaller dood tydens KZN-plaasaanval

Die toneel op die plaas by Donnybrook (Foto verskaf aan Maroela Media)

Marius Clark, ʼn boer van Donnybrook in KwaZulu-Natal, het Saterdag ʼn vermeende aanvaller op sy plaas doodgeskiet tydens ʼn plaasaanval waartydens sy kinders ook verbete met die drie aanvallers geveg het.

Ds. Eugene Ferreira van Scottburgh, het aan Maroela Media gesê die Clarks is lidmate van sy gemeente en hy was ná die aanval by die gesin op die plaas Porthill.

Ferreira het gesê die aanvallers het Saterdagoggend omstreeks 08:00 toegeslaan nadat hulle ongeveer 400 meter van die huis af ʼn draad geknip het.

“Die kinders, ʼn dogter in matriek, die tweeling, ʼn dogter en seun in graad 10, en ʼn maat van die seun, was by die huis nadat hulle die vorige dag van ʼn katkisasiekamp teruggekeer het,” het Ferreira verduidelik. Die kinders is in die koshuis op skool in Pietermaritzburg.

Marius se vrou, Lizelle, was reeds op pad werk toe in Donnybrook toe die aanval plaasgevind het. Marius se pa, Kobie Clark, woon in ʼn kothuis naby die plaashuis.

“Marius was met plaaswerk besig en het na die huis teruggekeer om sy sleutels en selfoon te kry, omdat hy na Pietermaritzburg toe wou ry om sake te gaan doen. Die aanvallers was reeds in die huis en het met die tieners baklei toe Marius daar aangekom het. Die kinders het regtig soos besetenes met die aanvallers baklei,” het Ferreira gesê.

“Die aanvallers het Marius oorval en die oupa het intussen kom ondersoek instel oor die geraas wat hy gehoor het. Die oupa se voete is met sy skoenveters vasgebind en sy hande agter sy rug met plastiekkabelbindertjies. Marius se hande is voor sy lyf met die kabelbindertjies vasgebind. Dit is die Here se genade dat sy hande voor sy lyf vasgebind is.”

Een van die aanvallers het ʼn pistool agter in Marius se rug gedruk en twee van die aanvallers het weerskante met hom geloop.

“Oom Kobie het gesê Marius, wat ʼn oudpolisieman is, het deurgaans net vir hulle bly sê, ‘bly kalm, bly kalm’.”

Toe die mans saam met Marius deur die agterdeur wou loop, kon hy vir hulle verduidelik hulle sou nie almal deur die deur kon kom nie. “Op ʼn baie vernuftige manier het Marius kon loskom en hy het met sy een skoen die deur teruggedruk. Hy het vir sy seun geskree om sy jaggeweer te bring en, omdat sy hande vasgebind was, moes hy so uit die heup skiet. Hy het een van die aanvallers noodlottig gewond,” het Ferreira bygevoeg.

Twee van die aanvallers het met selfone en die matrikulant se skootrekenaar gevlug.

“Een van die persone wat die selfoon gesteel het, het gisteraand om middernag so ewe Marius se WhatsApp-foto met sy eie vervang,” het Ferreira gesê.

Die kinders is fisies ongedeerd en Marius het slegs ʼn oppervlakkige wond op sy kuit opgedoen.

Volgens Ferreira was daar drie dae tevore ʼn rooftog met dieselfde modus operandi op ʼn nabygeleë plaas. Die egpaar was nie by die huis nie, en hul huishulp was alleen by die huis met die baba. Die aanvallers het die baba op die grond gesit en vir die huishulp gesê hulle sal die kind vermoor indien sy nie stilbly nie. Dié vrou is na die toneel op die Clarks se plaas gebring en sy het die man, wat noodlottig gewond is, uitgeken as een van die mans wat haar werkgewers beroof het.

Volgens Ferreira het die polisie op die toneel gesê hulle gaan Marius aankla van moord. Hulle het glo glad nie na die welstand van die mense gevra nie. “Dit maak my woedend dat die betrokke polisiebeamptes nie ʼn snars omgee vir die welsyn van hierdie mense of die kinders nie. Die kinders het regtig verbete teen die aanvallers geveg. Die graad 10-dogter het tydens die aanval ʼn seremoniële swaard in die rigting van die aanvallers gegooi en dit het in ʼn kosyn vasgepen.”

ʼn Vastevlerkvliegtuig van die polisie het ongeveer twee uur ná die aanval in die gebied rondgevlieg en ʼn polisiehelikopter het ongeveer drie ure ná die aanval ook in die gebied bly sirkel.

Ferreira het gesê die oorlede aanvaller is reeds deur die polisie uitgeken. Hy is oorspronklik van Bulwer, op die pad van Donnybrook na Pietermaritzburg.

Hy het gesê die aanvallers het vyf messe en ʼn handvuurwapen gehad.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van huisroof is by Donnybrook-polisiestasie aangemeld. Hy het gesê die plaaslike polisie het na die twee aanvallers, wat gevlug het, gesoek, maar die soektog was nog nie suksesvol nie. “Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Vic ·

Regtig slim. Verskaf soveel as moontlik inligting. Maak dit maklik vir volgende keer

Piet ·

Ons weet tog almal deur wie die misdaad en moorde op plase finansier word

Andre Traut ·

Piet, deur wie word dit gefinansier?
Aan die ander kant, mnr Clark, jy is n hero. Trots op jou

al ·

Dankie Here hierdie boer en sy gesin is gespaar.
Ons land is trots op julle heldhaftige en koel optrede.
Ek is dankbaar een aanvaller is dood, sodat hy nooit ñ ander gesin/persoon sal teroriseer nie.

Jandre Kroeze ·

As sekondes tel sal die poliesie daar wees binne minute of selfs ure. Dit is in ons beste belang om weerbaar en paraat te wees op hierdie stadium. Prioriteit is, bly lewend, om uiteindelik jouself in die Hof te kan verdedig, as dit nodig is.

Anette ·

My kind en vyf maats aangeval i my huis 03.00 in oggend. Die probleem is dat on tog so dankbaar is almal leef dat ons vergeet dat die vooevalle onaanvaarbaar is. My kinders soos bg kinders sit met n psigiese letsel vir die res van hulle lewe wat iewers n negatiewe invloed sal he.
Ja detail is belangrik sodat ander kan waarneem waar die loop holes of dinge is wat hulle kan gebruik om hulleself te beskerm

Stem saam ·

Anette ek weet hoe die psigiese letsels voel, ek was as student ook oorval in my wooning na booswig my agter n deur ingewag het en het die aanvaller slegs n mes gehad, vandag 10 jaar later kyk ek heeltyd oor my skouer en het ek verval in n mate van “paranoia” en angs….dis nie lekker nie!

Geregtigheid ? ·

Is daar nie ‘n wet wat Polisielede verhoed om slagoffers te intimideer met aanmerkings nie !!!!! Hierdie mense is deur die trauma van ‘n plaasaanval en dan word hulle gedreig met ‘n aanklag van moord!!! Hierdie lid moet ondersoek en GESKORS WORD.

Bertus ·

Kyk na die laaste 4 polisie kommissarisse se geskiedenis. Dan is dit seker te verstand dat die polisie aan die misdadiger se kant blykbaar te wees.

Ek ·

Verseker moet die lid vervolg en geskors word. Wie het hom as regter aangestel. Dis sy soort wat maak dat ona geen respek meer vir polisie het nie. Nie almal is vrot appels nie
Maar glo my meeste van hulle is so vol haat hulle kan nie wag om Boere te vervolg nie

James Looch ·

Dit is standaard prosedure om ‘n klag van moord is so ‘n geval te open. Die polisie verwag nie dat dit sal slaag nie, maar omdat polisiemanne nie opgelei is om sulke besluite te neem, moet dit na ‘n hof verwys word. Die staatsaanklaer sal die saak uitgooi.

kobus ·

waar is die minister van polisie nou met sy woorde dat misdaad uit geroei moet word? of is dit net van toe pssing as die slagoffers swart is

Wilhelm ·

Dit raak nou soos Rhodesie destyds. Dis nie meer net blote roof nie. Sandsakke voor die vensters, en “trip wires” in die werf en skiet eenvoudig terug. Dit is ‘n onverklaarde oorlog wat goevoer word veral as die slagoffers (die boere) gearresteer word of aangekla word vir moord. Hoenderdrad voor die vensters en slagyesters in die aand uitsit. Hierdie mense het egter vroeg in die oggend gekom, maar sedert die kommandostelsel afgeskaf is, is dit nou noodsaaklik dat mense self die iniatief neem en nie hulself verbeel dat die polisie aan die kant is van die boere nie. Dis naif.

Jeannette ·

Nou wat maak mens, Wilhelm, as jy diere het? Jy kan tog nie ‘trip wires’ of slagysters stel nie, want dan beland jou eie waghonde daarin!

susan forret ·

Mooi so!! Dis tyd dat die boere hulle en hul gesinne self verdedig! Die regering voel vere!

Alida ·

Se ek ook, die arme mense is deur hel en terug net om te kan lewe. Liewe Vader ons almal voel al dat ons glad nie die polisie meer kan vertrou nie. Mens is al eintlik te bang om hulle te bel en so ‘n saak aan te meld, want dan maak hulle jou die kriminele faktor. Hel mense wat soek die kriminele op die man se eiendom!!!!! Ons wette moet verander word soos Amerika. Daar het jy volle reg om n inbreker te skiet want hyt geen toestemming om in jou eiendom te wees sonder jou toestemming nie!!!!

Dirk01 ·

Die mense is baie baie gelukkig, weereens geen handwapen aan sy persoon en waar is die honde? aanklag van moord. ja sure lei jou polisie lede op.Sit asb sy foto op as ook in alle ander moontlike plekke .

Ouma ·

Soos ‘n vorige skrywer gesê het: As iemand dood is – skuldig of onskuldig., MOET daar ‘n dossier ge-open word en ‘n moordklag ondersoek word. Dit sal mos in die hof uitkom dat dit selfverdediging was. Maar dit is ongelukkig hoe die regwerk.

Andrea ·

Baie dankbaar die mense het oorleef. Mooi so julle almal wat so dapper en suksesvol terugbaklei het. Julle is vir ons almal n voorbeeld. That’s the way to go!

Marius ·

Ons almal weet vir n feit dat die ANC regering(en dus die polisie ook) hierdie aanvalle stilleweg goedkeur. Hulle dink ons is onnosel en weet dit nie… Hoe verwag julle dan enige simpatie?

JC ·

Dankie Marius, dis ‘n kriminele regime met geen legitimiteit van welke aard ook al nie!!

Vrystaat ·

Liewe aarde, die detail in hierdie berig maak dit nie moeilik vir n opvolg aanval nie. Ek is geskok! Sterkte daar.

jaco ·

hoe verloop die reg verder in so n geval? is daar uiteindelik n skuldigbevinding aan moord en wat is die straf? Daars baie sulke berigte op maroela oor mense wat aanvallers doodgeskiet het en toe van moord aangekla is, maar nooit berigte oor wat daarna gebeur het nie.

Boere Wag ·

n Moord aanklag is standaard prosedure – ‘n moord dosier word geopen en die bewyse word verkry. As dit duidelik is dat dit self verdediging was en dat om te skiet die minimum geweld nodig was om die aanval ag te weer, word die aanklag terug getrek en dosier gesluit. Moenie dat dit jou afskrik om te skiet as jy geen ander keuse het om lewens te red nie. Die ergste is dat hul jou wapen gaan afvat vir ballistiese toetse – vir hoe lank is die probleem.

RB ·

@Boere Wag, dankie vir die informasie. Die media en polisie laat dit ongelukkig klink of die verdediger iets verkeerd gedoen het. Standaard prosedure klink reg.

A. Mac ·

Ek het geen simpatie met die aanvaller wat doodgeskiet is nie. Al die boere sal van nou af maar gewapen moet wees en ook hulle kinders en sommige van die werkers wat vertrou kan word. Nêrens is dit meer veilig vir enige persoon nie, veral nie ‘n boer en sy gesin nie. Dink boere se ingesteldheid moet verander na meer vigilante wees as daar enigsins sprake is van ‘n aanval.

Swartkat ·

Polisie op die toneel se hulle gaan Marius aanklae van moord en verder het hulle soektog na die ander wat betrolke was niks opgelewer nie, klink so bekend in ons land. Jy mag nie jouself en jou gesin verdedig nie dan is dit moord. As ‘ n wit boer en sy gesin uit gemoor word is dit niks en soek die polisie halfhartig na die skuldiges, die wat wel gevang word, ontsnap ook nog langs die pad.

Michael barnard ·

Ek hoop die mense gaan ook betoog by die hof as die boer vooorkom vir moord

al ·

Lees tog swartkat se kommentaar weer. Dis standaard prosedure wat in geheel reg is.
Don’t jump the gun omdat die boer die aanvaller dood geskiet en nou dink jul als gaan verkeerd loop met hom nie.
Alle polisiemanne is nie sleg nie.
Die beste is om jouself en gesin te beveilig en nie op mense staat te maak vir beskerming nie.

novacain ·

moord aanklag is nie standaard prosedure nie dit is veronderstel om n geregtelikke dood ondersoek te wees hulle is ook nie veronderstel om jou wapen te vat nie

Pie van die Sky ·

Dankie die Boereheld Marius Clark en sy familie is veilig! Tyd vir kla, blameer en mooipraat is lankal verby. Geweld kan net met weerstand en selfverdediging beantwoord word. #plaasmoorde en mooi versies op FB is lankal verby die verstrykdatum.
Laat hy aangekla word van moord terwyl hy homself en sy familie verdedig het op sy eie plaas, dan stig ons ‘n fonds om Clark te laat verdedig. Word hy skuldig bevind, appeleer ons elke keer soos ons geagte pres doen.

Alida ·

Jy is n wenner en ons stem volkome saam met jou, dis tyd dat ons Boere volk ook kuite kap en die lot aan vat. Hoekom moet hulle ‘n mens se wapen vat as jy jouself verdedig het??? Ons kan glad nie op ander mense staatmaak vir verdediging nie. Beste is vir alle vroue en kinders om ook vir self verdedigings klasse te gaan, om sodoende jou bes te doen om jou en jou familie se lewens te red. Wonderlike gesin die Clarks dat julle almal saam baklei het teen die kriminele wat net alles wil vat wat nie aan hulle behoort nie. Julle is in ons gebede, want dis maar n hengse traumatiese episode om deur te gaan, Sterkte en Prys die Here dat hy sy hand oor julle gehou het!!!

Rina Vermeulen ·

Ek wil nie veralgemeen nie maar mens kan nie eindelik die polisie meer tenvolle vertrou nie. Daars net te veel insidente van ontkenning oor wat werklik gebeur het of aanklagte wat nie korrek is nie .Dan ook sake word nog ondersoek of nog geen inhegtenisnemings en om van onsnapping nie eers te praat nie .Dis betreurswaardig maar wil voorkom of die polisie meer aan die kriminele se kant is. Organisasie,mense neem sake hof toe om regte te beskerm maar as die polisie nie hul kant bring nie help dit niks. Wat om te doen nou veder? My innige simpatie met die families sterkte .

Annie ·

Nou gaan die man aangekla word vir moord omdat daar indringers sy kinders aangeval het en hy net sy mense wou beskerm

Swartkat ·

Baie ” Red tape” om ‘n vliegtuig en helikopter in die lug te kry vir ‘n soektog na verdagtes, maar gaan kyk hoeveel polisie voertuie kom as iemand van ‘n bakkie afval

Cas ·

Ek stem saam met die wat kla oor die detail van die berrig. Onverantwoordelik om jou hele gemeente ‘n teiken te maak van iets waarmee die ander lidmate niks mee te doen het nie. Hierdie gebeurtenis is geen prestasie nie.

Ons het met gewetenose gemors te doen, moenie naif wees in verklarings wat in die openbare media gese word.

Henry McDonald ·

Wanneer sal verslaggewers dan die korrekte feite tov hierdie tipe aanvalle in berigte weergee. Dit is al male sonder tal vermeld die POLISIE is nie by MAGTE om iemand vir moord aan te kla in hierdie aanvalle nie – slegs die NVG of Staatsaanklaer – AL hierdie voorvalle moet ingevolge wetgeweing ondersoek word verklarings geneem ens. die voltooide ondersoek dossier word dan aan die Staatsaanklaer voorgele vir ‘n beslissing. Indien dit op selfverdediging neerkom sal geen vervolging teen die persoon ingestel word nie. Indien die polisie die persoon arrester en aanhou en die persoon het uit selfverdediging opgetree kpm dit op onwettige arrestasie neer en kan siviele eise in hierdie verband teen die SAP ingestel word. Om te rapporteer die polisie die man vir moord aankla is nie korrek nie slegs die ON DERSOEK word deur die SAP behartig.

Pastoor ·

Dank Vader die mense is nie dood nie. Hou alles gesluit al die tyd. Laat die honde buite en ten minste 1 hondjie inni huis. 8 uur in die oggend verwag jy mos nie n aanval nie. Die 1 het sy laaste rooftog uit gevoer. Nou gooi hy kole. Dankie Vader hulle lewe. Marius goed kop gehou

JC ·

Mooi gedoen Marius, mag die Here jou en jou gesin genadig wees en spaar tot in lente van dae.

Cobrazen ·

Cellphone kan getrace en getrack word 10m accurate location EMI nommer kan ook exact location gee,

Albert Marais ·

Cobrazen watse taal gebruik jy?? Ek kan nie uitmaak of jy Afrikaans of Engels praat nie!! Laat weet tog aub.

Wilna ·

Is hulle beste om die inligting in soveel detail te publiseer . Daar was reeds n plaas in dieselfde area aangeval. Hoe maklik is dit nou om n wraak aanval oor hulle dooie makker te loods ? Tmi!!!!

Tessa ·

Baie bly julle almal is veilig Marius. Mooi kop gehou en flink gedink – dis mos hoe ons “ou” Polisie manne was.

Tina du Toit ·

Ek kan absoluut nie verstaan dat `n persoon wat sy mense beskerm teen aanvallers, aangekla kan word vir moord nie. Hoe moet jy jou mense se lewe red en jou eie. Waarvoor het jy dan `n wapen????? Dit maak my siek en opstandig. En nog `n vraag, hoekom strenger teenoor mans as vrouens. Dis omewe!!!!. Of ek dood skiet of my man, dit was nodig man. Wat verstaan die polisie nie. Moet die man nou maar net staan en toekyk hoe sy familie voor hom afgemaai word. Alle eer aan die boewe en jammer vir die Boere, dis hoe hulle dink en werk. Grrrrrr, maak my sooooo siek.

thelsa ·

Hoekom moet ons in hierdie land :
* altyd gewapend rondloop?
* altyd alarms installeer wt jou eiendom beskerm?
* altyd honde aanhou?
* altyd vir verdagtes op die uitkyk wees?
* altyd paraat wees?
* altyd met pepersproeikannetjies rondloop?
* altyd alarmknoppies oral aanbring vir jou eie veiligheid?
* op sekuriteitsdiens staat maak om te doen wat die SAPS ersonderstel is om te doen?
* belasting betaal vir ‘n nie-funskionele SAPS struktuur?

Hoekom ? hoekom ?

adriana ·

Knap gedaan kinders, knap gedaan. Julle pa is ‘n goeie leermeester. Ek is so bly julle almal leef. Dankie Liewe Jesus.

Estelle ·

Wow amen! Jy is “n held ! Mag ons almal so gespaar bly in Ons koning Vader Jesus se naam!!

Pa jy is ‘n held !! Om jou babies te beskerm!
Wat hul jou aankla is crab dit was self defense!!!
Jy sal ongedeerd uitkom anderkant!

Afrikaanse Knaap ·

Dis al hoe jy in SA oorleef, en dit is om self terug te veg.
Die polisie gaan net die geweld en die misdaad en moord en volksmoord dokumenteer.
Hulle gaan niks verhoed nie.

Rynhardt ·

Clark-gesin verkoop jou plaas en trek weg.Aanvalle teen wit boere gaan nie stop nie. Black First, Land First, EFF se Malema, Anc en Zuma het reeds in toesprake dit duidelik gemaak vir die massas dat die wittes die grind gesteel het.Boere, julle is in n stryd vir jul voortbestaan!

Theresa ·

Enige nuus oor die verwaande een wat sy foto op die man se selfoon gesit het??
Enige vordering gemaak om die foon na te spoor ?
Kan nie wag dat die arrogantes ook vasgetrek word nie.

Katryn ·

Hoekom word daar so ‘n ophef gemaak oor “te veel inligting”? Wat is die inligting wat julle dink moes uitbly uit die artikel? Sover ek verstaan is daar nie enige iets wat uitstaan nie? Cas, ek neem veral aanstoot met wat jy gese het dat die predikant maak van die gemeente ‘n teiken. Ek het twee predikante in my familie en ek weet vir ‘n feit hulle sal nooit iets doen om hulle skape in gevaar te stel nie. Die Clarke familie is geseend hulle het ‘n predikant wat hulle gaan bystaan het vanuit Scottburgh sodra hy die nuus gehoor het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.