Boer skiet ‘plaasaanvallers’

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Ses gewapende mans het ʼn boer en ʼn plaaswerker Dinsdagoggend op ʼn plaas in die Fochville-omgewing in die weste van Gauteng aangeval.

Konst. Elsie Tshonte, woordvoerder van die Fochville-polisie, het aan Maroela Media gesê die mans het toegang tot die plaas verkry en een van die plaaswerkers in sy huis oorval, terwyl hy besig was om gereed te maak vir werk.

“Die werker is met ʼn mes aangehou en gedwing om op die grond te lê, terwyl hy van sy besittings beroof is,” het Tshonte gesê. “Intussen het die plaaseienaar by die werker se huis opgedaag en om die huis geloop om na hom te soek. Die verdagtes het ʼn vuurwapen op die plaaseienaar gerig en hom aangerand.”

Die boer se vrou en skoonma het saam met hom na die werker se huis gery. Hulle het hulself in die voertuig toegesluit en hulp van hul bure ontbied. “Die verdagtes het die voertuig se ruit stukkend geslaan en besittings uit die voertuig gevat.”

Tshonte het gesê die buurman het vinnig reageer, waarna die verdagtes op vlug geslaan het. “Die verdagtes het op die plaaseienaar begin skiet toe hulle gevlug het. Hy het terug geskiet en twee verdagtes gewond.” Hulle is later deur die polisie in hegtenis geneem voordat hulle onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê die twee verdagtes is in die bene geskiet. Hulle is deur paramedici van ER24 op die toneel behandel en na die Laratong-hospitaal aan die Wes-Rand geneem vir verdere behandeling.

Vier van die verdagtes kon daarin slaag om te ontsnap. Die soektog na hulle duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kobus ·

‘n Storie met ‘n positiewe einde. Met 2 gewonde plaasterroriste agter tralies sal die res vinnig aangekeer word. Hoekom sit Maroela Media die term plaasaanvallers in hakkies? Dit is tog die mees gebruiklike term om hierdie tipe misdadigers te beskryf?

Stefanie ·

Ek stem Kobus. Hy is ‘n plaasaanvaller en niks anders nie. Noem hom by die naam… hulle was beslis nie kuiergaste nie.

Faidan ·

Want hulle is mos nou gewond so hulle is nou nie meer Plaasaanvallers nie, maar die “Victims”

daniel ·

Die probleem is nou, hy gaan 10-1 aangekla word vir poging to moord, hulle het mos al die regte en ons niks

Daan Erasmus ·

Ek is seker Shaun Abrahams kan nie wag om die Boer aan te kla van iets nie.

Lizaan ·

As hulle dalk nie meer sal kan loop nie sal hul nie weer hardwerkende me
nse aanval nie.

Johannes Meintjes ·

Die terrorisme teen plaasboere neem duidelik nie af nie. Persoonlike paraatheid en ‘n plan saam met all jou bure is krities vir meer effektiewe burgerlike beskerming in SA.

Leon ·

Ek staam saam met Kobus. So duidelik soos daglig dat dit aanvallers is, of word misdadigers ook nou so met (“) aanhalings-tekens beskerm en onskuldig bevind!

Nico K ·

Ek wil net vir die mense verduidelik wat so kla oor die aanhalingstekens. (Dit is al gedoen, maar kom ons verduidelik maar weer.) Maroela media doen dit om hulself te beskerm. Niemand is nog skuldig bevind nie. Sou dit gebeur (en ons almal ken die land se howe waar talle sake nooit eers in die hof uitkom nie) dan kan so persoon Maroela media dagvaar vir naamskending.

anita ·

Kan iemaand dalk net ons laat weet wat se area en wie is die boere asb. ons is ook op n plaas by Fochville wil net weet watter area asb

lucas ·

Net jammer die werk was nie deeglik gedoen nie hy moes hulle doodgeskiet het en nie net gewond het nie. Dan kan hulle besef ons boerre is moeg vir die aanvalle.

G ·

Ek stem saam. Vir wat moet hulle mediesebehandeling kry as hulle iemand anders se lewe doelbewus gaan bedreig het?

Liezl ·

Hoekom moet die opskrif wees, Boer skiet ‘plaasaanvallers’ Hoekom is dit nie, 6 Gewapende mans terroriseer boer en plaaswerkers? Watter trauma gaan die mense nie nou deur nie. Dis so onregverdig dat die mense net kan roof en plunder en wegkom daarmee. In ons omgewing is daar die week ‘n man vermoor. Deur mense wat net eenvoudig besluit het hulle gaan nou ‘n familie se lewe vir altyd verwoes. Wie gee jou die reg om net eenvoudig op te tree tot die uiterste. Ons moet ernstig bid vir ons land, ons mense. Ek vra vandag dat ons Vader Sy hand oor ons sal hou.

Corrie de Wilde ·

Die belasting betalers is nie bereid om te betaal vir die swart se studies nie, terwyl hulle nie eers vir hul eie kinders dit kan bekostig nie en terwyl die studente ook nie eers die afgewaterde kursusse kan deurkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.