Boer skiet rower dood

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn 66-jarige boer van Noordwes het Woensdagaand ʼn gewapende man in sy huis op ʼn plaas tussen Lichtenburg en Ottosdal doodgeskiet.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het gesê die boer was omstreeks 20:45 in sy slaapkamer en sy 69-jarige vrou in die studeerkamer.

Die boer het glo ʼn harde slag gehoor en by die venster uitgeloer en gesien hoe ʼn onbekende persoon ʼn skuifdeur oopbreek en die huis binnekom.

Volgens Botma het die boer sy vuurwapen gekry en gaan ondersoek instel en toe gesien hoe die onbekende persoon na die studeerkamer beweeg waar sy vrou was.

Hy het sy vrou probeer waarsku waarna die indringer glo ʼn skoot op die boer afgevuur het. “Die boer het teruggeskiet en die man noodlottig gewond.”

Die boer het hierna hulp ontbied. Volgens Botma was daar vermoedelik net die een verdagte, maar is dit moontlik dat daar nog verdagtes buite die huis was en gevlug het toe die skote afgevuur is.

Die polisie ondersoek sake van huisroof, poging tot moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. ʼn Geregtelike doodsondersoek is ook geopen.

Botma het gesê in dié stadium lyk dit of die boer uit selfverdediging opgetree het. Die oorledene se vuurwapen is op die toneel gevind.

Volgens Botma is die oorledene nog nie geïdentifiseer nie en is sy ouderdom ook nie bekend nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Jacqui ·

Goeie nuus. Boere en hulle mense moet 100% van die tyd slaggereed wees, wapens aan die lyf. Selfs tydens slaaptyd. Altyd.

Susan ·

Sy verdiende loon. Solank hulle ons doodmaak se niemand iets ni. Di wet mos aan hulke kant. Het di boer op daardie spesifieke tyd ni n wapen gehad ni het ons WEER vann plaasmoord gelees. Dis om vansiek te word. Sad ook.

Rabes ·

Susan ek dink jy is verkeerd. Jy sou niks in die media gelees het indien dit andersom was nie

Arie ·

Sal interessant wees om te sien hoe lank die boer tronktoe sal moet gaan vir koelbloedige moord.

Lana ·

Arie. Vergewis jouself van jou regte in hierdie situasie en STAAN op jou regte.
Aan die boer: dis hoe dit gedoen word!!
Moenie wag dat iemand anders jou moet kom help, want dit sal te laat wees!!

Rooi Jan ·

Arie hopelik sal die bejaarde man nie n enkele dag kry vir selfverdediging binne sy eie huis om kwart voor nege in die aand nadat die gewapende inbreker geweldadige toegang tot sy huis verkry het nie. Daar behoort nie eers n hofsaak plaas te vind nie die polisie behoort die saak te sluit teen hom. Ek wag vir die dag dat jy in daardie situasie sit waar jy binne n oogwink n besluit moet neem om jou familie te beskerm. Of gaan jy vir die inbreker koffie aanbied uit die ketel waarmee hy hy die water kook om jou te martel?

Francois le Cochon ·

@Arie. Wetgewing maak onderskeid tussen moord en selfverdediging. Hierdie is nie moord nie. Niks sal met die boer gebeur nie.

GP ·

Arie kry jou feite reg voor jy sulke goed kwyt raak. Hierdie boer het heeltemal reg op getree en sal waarskynlik niks oorkom nie.
Kommentaar soos joune maak mense huiwerig om hulself te verdedig. As jou lewe of die van n derde persoon, boer se vrou in die geval., in gevaar is mag jy optree om te verdedig en skiet ook.

Cor ·

Welgedaan beskerm jou geliefdes en eiendom. Ongelukkig gaan daar nou seker weer verdere brandstigting en oproer in Ligtenburg wees, want n sekere politieke party gaan dit orkestreer dat n onskuldige plaaswerker deur n boer vermoor is . Sekere nuus media gaan dit ook wyd verkondig. Wag maar net laat die indentiteit van die inbreker net bekend word

Nettie ·

Aikôna, Rooi Jan en GP, dit is nie beriggewing soos dié wat maak dat ons nie onsself wil verdedig nie – dit is ons verskriklike ordentlike opvoeding, maar merendeels die feit dat ons blankes alte goed weet dat die regstelsel in SA heeltemal teen die blanke mens is. Al kom ‘besoek’ ‘n misdadiger jou om kwart voor nege in die aand, moet jy besef dat hy eintlik maar net kom kennis maak en koffie drink; hy kom nie om jou te kom aanval, verkrag, aanrand, beroof en te vermoor nie.

Jannie ·

YES!! WAY TO GO!! Geen ander uitweg deesdae as jy en jou huisgenote wil oorleef bie!!!

Anoniem ·

Welgedaan Mnr boer jy het jouself en jou vrou beskerm teen n noodlottige plaas aanval !!!!

WitBlits ·

Skote petoors en die belastingbetaler hoef nie ‘n ekstra tronkvoël aan die lewe te hou!

Tevrede ·

Mooi man! Boere moet om hemelsnaam altyd gereed wees om hulleself te verdedig. Hulle is nie net boere nie maar ook soldate in hierdie geheime oorlog tussen Regs en Links.

Potties ·

Jy sien my oom dis hoe dit werk skiet die bloue dinges uit hom uit ……..

Hoc est bellum ·

Aangesien vandag ‘n vakansiedag ter ere van die dames is, was ek van plan om ‘n ekstra Skotse Hooglande-mengeldrankie te neem om die dag saam met my eggenote te vier, wanneer ons vanaand braai. Meneer die Plaasboer van Noordwes, ek gaan nog enetjie neem en dit aan jou opdra. Nie omdat jy iemand gedood het nie, maar omdat jy die ‘guts’ gehad om jou en jou gesin te verdedig.

Adam ·

Jacqui, jy is reg. Ek haat geweld en dit is tragies dat mense so moet sterf, maak nie saak wie dit is nie. Ongelukkig is ek ook nou al op die vlak van ‘n destydse Minsiter van Justisie wat op ‘n keer genoem het “dit laat my koud”. Misdadigers moet nou maar vat wat na hulle kant kom en weersinswekkend soos dit mag klink, laat dit my ook koud.

jaco ·

n geregtelike doodsondersoek word gedoen en “dit lyk” asof die boer uit selfverdediging geskiet het.
wat ek graag wil weet, is wat gewoonlik die uitkoms van sulke “geregtelike doodondersoeke” is. Loop dit uit op tronkstraf of ‘n boete of kom daar niks van nie omdat die SAPD en hof erken dit was selfverdediging?
Ek wil ook weet wat gebeur in so n geval met die skieter se vuurwapen en vuurwapenlisensie.

Johan ·

Tydens n geregtelike doods ondersoek word die dossier na die SSA verwys vir beslissing. In gevalle waar daar noodweer was word die saak deur die hof gesluit.

Boer ·

Mag die volgende een met dieselfde planne hom ook asb teen n Boer se geweer vasloop!!

Ben Niemand ·

“Die polisie ondersoek sake van huisroof, poging tot moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie”
Ek wonder hoe lank hierdie sake gaan sloer, sienende dat die beskuldige oorlede is…

Pieter ·

Ek dink nie hy’t daar gaan tee drink nie, of wat sê julle?

Sê maar net ·

Ek stem Pieter, hy hoort nie daar nie. Hy het definitief nie kom tee en koek nie. Dis tyd dat oortreders besef hulle kan nie net oortree nie. Ek kan nie eens oor my heining klim na die my bure se plaas nie, want dis nie myne nie en ek betree dan onwettig hulle grond. Maar nou ja, wet is net daar vir ons wetsgehoorsame mense.

Eben ·

Ons moet van alle moode in ons land praat wanneer ons van moorde in die buiteland praat. Daarna moet ons spesifiek op aanvalle op boere konsentreer. Dan kan die politici nie vinger wys nie en ons kan vir die buiteland wys hoe onbekwaamdo ons regering en wettoepassers is om wet en orde te handhaaf in die land. Ek hoop Malema se geskietery word ernstig opgevat. Dit bewys hoef die ANC en EFF moorde op boere goedkeer.

susan ·

Nie so maklik om ‘n mens dood te skiet nie dit is ook traumaties om ‘n lewe te neem. Ons het egter geen keuse bid maar net dat dit nóóit nodig mag wees

Etienne ·

Fantasties, dit moet baie meer gebeur.

Maar ‘n rower?
Dit is ‘n Plaasaanvaller / Terroris!

Johan ·

Lees mooi. Die boer het eers gekiet nà die rower sy kans gehad het om te skiet. Dit is die effek wat skeefgetrekte wetgewing op ons het. Hy is gelukkig dat die rower nie goed kon skiet nie. Moenie wag nie, dit kan te laat wees. Dis beter om deur een regter veroordeel te word as om deur 6 familie en vriende gedra te word. Die wapenwet sê daar moet n goeie rede wees om te skiet. Die feit dat hy gewapen is is genoeg rede.

JC ·

Ek het vanaand MNET nuus gekyk op TV en wat vir my snaaks is, is dat die geval glad nie genoem word nie. Hoekom? Word dit “gebriek” vir die wêreld? Maar wat niemand lyk vir my nie weet nie is dat almal met die hedendaagse tegnologie dit sien. Die hele wêreld vol. Swak van ons Afrikaanse nuus dat hulle dit stil hou. Wys net vir julle die regering beheer die nuus wat ons Afrikaners kry.

GP ·

JC lees gerus die boek kill the boer. Daar is n hele hoofstuk hieroor mer skok feite.

GP ·

Dankie oom. Jy is n voorbeeld vir baie. Jou dapperheid het waarskynlik baie meer lewens as net oom en oom se vrou gered. Wie weet hoeveel ander boere hy nog sou aanval. Steeds is dit nie maklik nie. Sterkte.

Riaan ·

Nou gaan die rower se familie die boer dagvaar en hof toe sleep vir verlies van inkomste.
Die hof sal natuurlik die boer aanspreeklik hou en maak betaal soos gewoonlik.
Oom baie sterkte aan dit wat nog moet volg.

manie ·

Hoekom die woord BOER.
Is ons nie Suid-Afrikaanse mans nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.