Boer skiet terug tydens aanval

Argieffoto: Lorraine Claasen

Casper Burger, ʼn bekende boer van Mamogaleskraal naby Brits in Noordwes, het teruggeskiet toe hy Saterdagaand deur drie gewapende mans oorval is.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê drie gewapende mans het die plaas betree. “Daar was ʼn skietery tussen die slagoffer en die verdagtes. Een van die verdagtes is geskiet en onder streng polisiebewaking na Brits-hospitaal geneem. Hy is ernstig beseer,” het Funani verduidelik.

Funani het bevestig die slagoffer is ook ernstig beseer. Hy het Sondag ʼn operasie ondergaan.

“Twee van die verdagtes het van die toneel gevlug. Die ondersoek duur voort,” het Funani bygevoeg.

Maroela Media verneem Burger was op pad na sy hoenderhok toe die mans hom oorval het. Sy honde is glo vroeër vergiftig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

jAN ·

DIE KLOMP BLY MAAR LAWAARDS , ALTYD MEER AS EEN WAT OP N ENKEL PRSOON TOESLAAN .HOOP DIE BOER STERK GOU AAN….

Yankee ·

Ek hou van n Wild West movie, maar geensins wat tans in SA afspeel. En ja, dit kan dan ook in enige plek ter Wereld plaasvind, maar Vaderland, SA span die kroon!! En ergste van als, die Regering vee hom af hiervoor, inteendeel, sy siening oor die daaglikse slagting daar by julle is verstommend!!!

Nico ·

Dit blyk dat slagoffers meer begin terug skiet. Dit is miskien al wat op die ou end dalk ‘n verandering kan bring.

Hennie ·

Dit is al wat verandering sal bring.

Pick up a rifle and you change instantly from a subject to a citizen.

Beslis ·

Beslis ja, ons het die reg en sal dit uitoefen om onsself te verdedig.

Skroef ·

Goed so. Laat ons oms land plaas vir plaas behou. Hoop hy word gou gesond.

PJC ·

Ek dink as hierdie boer nie kon terug skiet nie was hy nou al deel van die statistiek. Dit betaal om paraat en gewapen te wees. Dit wil voorkom of baie van die aanvallers goed opgelei is amper asof hulle ń militêre agtergrond het.

Al ·

Ek bid dat die boer ten volle herstel. Ek sidder om te dink wat sou gebeur het indien hy nie gewapen en paraat was nie.
Vir die rower wat raak geskiet is, het geregtigheid geskied.
If you live by the sword you will die by the sword.
Mag die Here ons verlos van die bose wat soos kanker aan hierdie land groei.
Die regerin van die dag laat sy burgers skokkend in die steek. Maar hul oordeelsdag sal nog aanbreek.

Ekke ·

En nogsteeds sê Ramaphosa hier is nie plaasaanvalle / aanvalle op blanke Suid-Afrikaners nie???

Dries du Toit ·

Ramaphosa/Pinochio…….SAME THING.lyk ook amper identies

Andre Swart ·

Ek wonder of die Staat al 2 persone se mediese onkoste gaan betaal..?

Alwyna ·

Hoop die Boer herstel spoedig. Jip dis ons behoud om terug te baklei. Hulle sal nie sommer weer daar aanval nie.
Het op nuus gehoor een van aanvallers is verlam? Hy sal nou baie tyd hě om oor sy sondes na te dink…

Ed ·

Sal dit ooit end kry? Niks word gedoen, rowers en selfs moordenaars gaan vir n rukkie 5 ster tronk toe en daarna wee voort met hul rowery en moord. Doodstraf moet terug kom

Hondemonitor ·

Soveel moorde sal gestop word wanneer honde monitors kry wat eienaar verwittig as die hond vergiftig of geskiet word.

Willem Grobler ·

Hierdie regering faal in sy primêre taak naamlik om die burgers van hierdie staat te beveilig. Bo en behalwe die misdaadgolf wat oor hierdie land spoel is ons grense soos ‘n sif – die hele Afrika loop gewoon hier in. Ons, die Afrikaners, het die volste reg om terug te tree uit die ooreenkoms wat met hierdie terroriste gesluit is.

LH ·

Casper Burger ek is trots op jou!
sterkte, mag God Sy hand oor al ons boere hou!

jean ·

Reg so…dis tyd om onsself te verdedig. Sterkte aan die boer en sy gesin.

Dirk J. van der Merwe ·

BAIE goeie vraag wat ek glo ons almal kan beantwoord— ek is bereid om geld hierop te plaas dat NET die terroris /aanvaller se kostes gedek gaan word deur die staat. Die slagoffer het heel waarskynlik sy eie medies se fonds….mos!

Rina Kotze ·

Sterkte Casper, hoop jy word gou beter!

Baie dankbaar jy was parraat en dit het jou lewe gespaar.

Ons moet almal meer paraat wees!!!

Jan ·

Die rower is in die hospitaal. Die staat betaal sy mediese onkoste. Die slagoffer is in die hospitaal hy is verantwoordelik vir sy eie rekening. MAW die belastingbetaler onderhou die rower.

Speedguard ·

Goeie inligting en voorkoming van nog so voorval het nie ‘n prys nie, korrupsie met ons geld is BAIE duurder, hul moet hom aan die lewe hou juis vir dit !!

VanAfrika ·

@Jan m.a.w. ons moet nou nie die rower skiet nie want jou belasting onderhou die rower. Hoeveel keer waarsku die publiek die boere om hulle self te bewapen, doen hulle dit en skiet n rower dan kla jy.

Dirk J. van der Merwe ·

Hoog tyd ook! Die ‘mite’ dat as jy sou terugskiet jou in die tronk sal laat beland, moet vir eens & vir altyd uit die boere gemeenskap se gedagte gang verwyder word. Dis oorlewingstyd, mense! Dis OF jou lewe OF sy lewe wat geneem gaan word. Bewapen julle self & wees paraat ten alle tye.

Anoniem ·

Mou gaan die boer aangekla word. Wat soek hulle dasr in die aand

Anoniem ·

Mou gaan die boer aangekla word. Wat soek hulle dasr in die aand

Johan ·

Dis reg, tyd dat die boere terug baklei.
Dis soos n oorlog situasie, skiet of word geskiet.

Lana ·

Mooi so Casper!! Dis hoe dit gedoen word!!
Hoop jy genees spoedig.

Maggie ·

Baie bespiegelinge maar onthou daar is n gesin sonder n dogter, ma, vrou, suster. Asb mense, los die kritiek. Ons kan nie oordeel. Baie sterkte aan haar geliefdes. en aan die ander beseerdes – ek hoop julle sommer beterskap toe.

Pieter ·

Ek ken vir Casper, sterkte. Dat so iets moet gebeur waneer kry dit end. Ek seker toe die kommando bestaan het was dinge beter maar nou…..

LB ·

Ja Pieter – wanneer kry die dinge end, dit kon soveel anders uitgedraai het. Casper is my neef en onder omstandighede gaan dit beter met hom – kan net nie lekker praat nie a.g .v van diafragma wat gat ingehad het.. Sal tenminste 2weke in hospitaal moet deurbring.
En wat die makker aanbetref wat hy geskiet het en verlam gelaat het – hy is oorlede..

Sterkte neef en gou gesond..

James ·

Daar gaan seker nou n saak van pogin tot moord teen boer gemaak word. Nuwe SA

Grysburger Pretoria ·

Al hoe meer suksesvolle selfverdediging vind plaas. Dit is hoekom die regering en polisie nou pogings gaan aanwend om die besit van vuurwapens nog moeiliker te maak. In die poging word sekere media ook ingespan en natuurlik die polisie se karperd, Gun Free South Africa. Sluit gerus aan by organisasies wat hulself beywer vir die privaat besit van vuurwapens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.