Boer skiet vermeende aanvaller dood

boer-windpomp-plaas-reint-dykema-13.jpg

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Vermeende plaasaanvaller is Sondagaand op ʼn plaas in die Richmond-omgewing in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê toe polisie by die plaas opdaag, het ʼn onbekende man op die stoep van die huis gelê met ʼn skietwond deur sy regteroog. Hy het glo ʼn panga by hom gehad.

Zwane het gesê die gebeure wat tot die verdagte se dood gelei het, is nie in dié stadium duidelik nie. Hy kon ook nie bevestig hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was nie.

Maroela Media het by ʼn betroubare bron verneem dat daar drie verdagtes op die plaas was. Die boer het glo die verdagtes buite in die erf gesien en ’n waarskuwingskoot afgevuur. Twee van die verdagtes het gevlug en een verdagte het met ʼn panga op hom afgestorm. Hy het die verdagte in die kop geskiet.

Volgens Zwane word ʼn saak van moord ondersoek. Niemand is al in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het Sondag berig van ʼn soortgelyke voorval toe ʼn vermeende rower op ʼn plaas naby Letsitele in Limpopo doodgeskiet is. Die man het glo toegang deur ʼn venster probeer kry toe hy geskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Strydom-:Stryslim eerder ·

Whooohooo fantasies…in die oog nogal, Sien wat gebeur jou gemors!

Willie ·

Anette die moordsaak is wetlik nodig en dit is die polisie se plig om dit te ondersoek, ek glo hulle weet net so goed soos die boer dat dit selfverdediging was, maar ons moet almal die wet respekteer en help toesien dat dit gehandhaaf word. Ek is seker dit is soos die engelse sê “an open and shut case”

Petro ·

N vermeende plaasaanvaller met n panga in sy hand Grap van die dag….Nie Maroela media nie maar die polisie maj.zwane iemand wat met n panga op iemand anders se voorstoep le is nie n vermeende rower nie hys n flippen rower……Mooi gedaan jammer maar dis nou hoe dit gaan moet wees niemand kan die boere op die plase beskerm nie so hul moet dit maar self doen!!

Wilhelm Meyer ·

Hy s nou dood …….en vir die eerstemaal in my lewe weet ek hy verdien dit…
veg dapper boere krygers… wanneer hou ons n medalje parrade vir dapperheid.. ek stel voor n saam trek hier op Gehard Maritz se Laager (Zaaylaager)….een maal n jaar .om erkenning te gee aan Boere krygers wat hul dapper gedra in die oorlog. Vir die wat nog nie weet nie daar is reeds oorlog verklaaar teen ons deur die Pres. Van die nuwe Suid Afrika ..O bring my terug na die ou Transvaal…. Pres Kruger sin.

Petro ·

n Vermeende rower???Regtig???Grap van die dag Maj Thulani Zwane iemand wat op iemand anders se voorstoep le met n panga is nie n vermeende rower nie…Dis n rower!!!!Net so tussen ons gese

wilhelm meyer ·

Hy moet pollities korek wees anders kry hy n nagtelike besoek …gee die man n kans hy skree darm nie kill the farmer nie… partykeer moet ons kyk of hulle hulle werk regdoen nie wat hulle sê nie.

neelsie ·

As jy n wettige vuurwapen het , maak seker dat jy weet hoe om dit te gebruik,wees verantwoordelik en beskerm jouself en jou geliefdes .
n Vuurwapen in die kluis is nutteloos.
Dra die wapen volgens wetlike voorskrif……..ook julle in die stad.!

Strydom-:Stryslim eerder ·

Neelsie maak n uitstekende punt…goeie raad!

Andries Jacobus Pretorius ·

Verduidelik asseblief vir my die term: vermeende aanvaller. Doe vermeende aanvaller oortree op privaat eiendom. Die vermeende aanvaller is geskiet op privaat eiendom. Die vermeende aanvaller was gewapen.

Natasjha ·

Dankie tog!! Dis tyd dat ons iets doen as die regering en polisie dan niks wil doen ni.

Peet.J ·

Bravo! Ek is oortuig daarvan dat die plaasaanvalle nou sal begin afneem. Die voornemende moordenaars, kriminele, sal nou tweekeer dink alvorens hulle met hul moord togte begin. Die plaasboere moes lankal hulle self verdedig het teen die aanvallers.

wilhelm meyer ·

Dit neem af want ons is nog net n paar renosters oor maar as daar nog net 2 oor is is dit 50 persent van twee. Maar in 1984 was daar 124000 nou is daar minder as 27000 dus ….persentasie is op julle in vergelyking met 19 99

Paul ·

Een feit wat soos ‘n paal bo water staan, is dat ‘n mens se kommentaar darem hiper polities korrek moet wees voor Maroela dit sal plaas.

Wilhelm Meyer ·

Nou maar dan skryf hom so maar kry nog steeds die hou in…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.