‘Boer soek ʼn Vrou’-deelnemer in hegtenis geneem

Boer Toanette is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. (Foto: Verskaf deur kykNET)

Boer Toanette is een van die boere wat te sien is in die elfde reeks van Boer soek ʼn Vrou. (Foto: Verskaf deur kykNET)

Toanette Els, ʼn 23-jarige wildboer van Modimolle in Limpopo, is Vrydag op aanklagte van bedrog in hegtenis geneem.

Els is vroeër vanjaar aangewys is as een van die top-10-boere wat deelneem aan die jongste seisoen van die kykNET-realiteitsreeks Boer soek ʼn Vrou.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder van Limpopo, het aan Maroela Media bevestig dat Els Vrydag in hegtenis geneem is op aanklag van bedrog. Sy het dieselfde dag in die Modimolle-landdroshof verskyn en is daarna op borgtog vrygelaat.

“Daar word beweer dat die vrou ʼn veldwagterskursus op Facebook geadverteer het,” het Mojapelo gesê. “Die klaer het glo R10 000 in ʼn bankrekening deponeer vir dié kursus, waarna die beskuldigde die kursus gekanselleer het. Die klaer het ʼn terugbetaling geëis van die beskuldigde en sy het belowe om dit terug te betaal. Dié terugbetaling is glo nooit gemaak nie en die klaer het ʼn saak van bedrog teen die beskuldigde aanhangig gemaak.”

Wilmer Muller, reklamebeampte vir die Boer soek ʼn Vrou-reeks, het aan Maroela Media bevestig dat Els steeds ʼn deelnemer aan dié reeks sal wees.

Boer soek ’n Vrou is sedert Februarie in produksie en die episodes word dus ʼn geruime tyd voor dit op lug verskyn, geskiet. Els is ook reeds in April as een van die top-10-deelnemers geïdentifiseer,” het Muller gesê.

“Die kanaal neem kennis van die aantygings teen Els en respekteer die regsproses wat dit tot gevolg het,” het hy bygevoeg.

Die saak teen Els is uitgestel tot 15 Augustus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Erica ·

Ek ruik ‘n Lont!!!!!!!!
Wat se vernedering moet dit nie vir Haar wees nie!!!
So nuuswaardig maar jul vernietig haar Lewe…… Die Media kan wreed wees Glo My.
Wat as iemand nagelaat het om dit terug te betaal en nie die opdrag uit gevoer het nie??? Nou moet sy die BLAAM op Haar Neem??? Dis Onregverdig!!!!!!

Hanna ·

Erica jy is reg. Hoeveel kom weg met moord en dit word nie aan die groot klok gehang nie. Los die vrou uit

Joh ·

So R10 000 is maar fine vir die ander persoon om te verloor? Sy het dan self belowe om dit terug te betaal en sy het nie.

Neeeee Erica ·

Die geld is in HAAR rekening betaal… SY moet dit terugbetaal?
Wie mies watse “opdrag” uitvoer?
Ken sy nie van EFT nie??
Wanneer jy nie jou skuld beyaal nie IS dit vernederend…jy is doodreg.
Betaal wat die ander persoon toekom!

chris ·

dis erg ja . . . n eenvoudige internet soek wys . . . betrokkenheid by geblikte jagtogte . . ander twyfelagtige besigheids tansaksies . . . . . . waar n rokie trek . . .

Karl ·

So jul wil hoor van bedrog, solank dit net nie jou storie beinvloed nie. Bedrog is Bedrog, NAME AND SHAME!

Gesiggie ·

Wat n prag van n mens… hoop nie dit so erg soos dit klink?? sterkte

Ellisras ·

Arme kind. Jonk en vol planne. Dalk nie vol sake kennis nie. Ek is seker daar is ‘n logiese verduideliking vir die.

Zet ·

Soos ek haar ken sal sy dit verseker terug betaal dit is so lelik wat mense te sê het voor hulle nie die hele storie ken nie sy het moontlik met daar die geld goed betaal wat vir die opleiding sou gaan. Ons almal werk vir ‘n salaries en is almal net mense

Niek ·

Dit lyk soos ‘n besigheidstransaksie wat skeefgeloop het.

Sy moet natuurlik die geld terug gee.

Dit maak dit nog nie bedrog nie.

Laat die hof besluit, oordeel en uitspreek.

Ore ·

Is dit nie ons blanke afrikaner se nationale sport nie…………om mense te verguis voordat on al die feite het nie?Wens ek was jonger,ek sou beslis vir haar ‘n brief geskryf het

Ore ·

Want ek is 84 ……………wat gaan ek met haar maak? Sal sy my kies?

Ellisras ·

En niemand pla vir Markus Jooste nie. Gaan vir die groot visse. Die is n sake transaksie. Klink nie vir my so erg nie

Ludwig oberholzer ·

Als gaan oor sensasie!!!!!! Moenie die mens oordeel voordat sy nie skuldig bevind is nie.

Pik ·

Geen besigheid kan jy kurses boek en dan al jou geld terug wil he nie storie agter die storie laat die regte mense oordeel

Yankee ·

Soos ek verstaan, het sy die kurses gekanseleer. Die persoon het deshalwe sy geld teruggeeis, en sy beantwoord nie sy oproepe, text of e-mail vir n geruime tyd.

Daan Erasmus ·

Sal iemand asb haar bankrekening no kry en dit by Waterberg Hotel in Vaalwater hou. Ons maak gou ‘n plan dat sy die paar rand het om terug te gee.

Corlia ·

Weet julle dit is snaaks hoe die lewe werk ! Sy is ‘n 23jarige vrou wat ‘n besigheid probeer aan die gang hou om na haar familie om te sien ! Sy het ‘n ma wat baie erg kanker het na wie sy moet kyk ! Sy sal nooit iemand in doen nie sy is die eerlikste opregste mens wat ek ken ! Elke storie het twee kante maar die koerant kies net een kant ! Daan Erasmus as julle kan help asseblief stuur vir my jou nr Baie dankie

Geelheksi ·

Dit noem ek nou saamstaan en nie oordeel en verskeur nie…Bedrog??? R10,000~00??? Asseblief! Ek weer van mense wat soveel uitgee op kruideniers ware op een oggend. As dit nou n paar duisend of miljoen was ….ja…maar dan…is die nooi net n sagte target om by by te kom. Staan sterk en allken wat mooi is meisie. Hoop jy wen.

Amelia ·

En jy is ‘n ware Heer en ‘n Man wat met ‘n plan werk! Mooi so vir jou!

Huh? ·

Twee opmerkings. Sy is ‘n vroulike boer wat ‘n vrou soek? Of hoe? Dis nie bedrog nie, dit wys jou weer hoe tas die polisie in die donker rond, sy behoort ‘n siviele eis in te stel teen die klomp. Dis ‘n siviele saak. Kan die staat bewys sy het van die begin af die opset gehad om te bedrieg? Dat sy opsetlik wanvoorstellings gemaak het? Nee, dus ontbreek hierdie element van bedrog. Die polisie is pateties dat hulle nie hierdie basiese kennnis het nie, maar is waarskynlik gesteun deur die staatsaanklaer. Dit is eintlik maar net ‘n geval van die klaer gebruik die polisie vir skuldinvordering van siviele skuld. Pateties wat in die regstelsel aangaan. Eerder ‘verkeerdstelsel”

Mielies ·

As sy nie vir die Boer soek ‘n vrou-program ingeskryf het nie, sou niemand ooit van die bedrogsaak geweet het nie – pure sensasie! Nou juis, gaan almal die TV-program kyk – goeie reklame KykNet!

johann ·

ek stem saam Niek ,asook wat “HUG” se die Polisie moes in die geval die
klaer na die siviele hof toe verwys het ,as
voorsitinde beamte bevind daar is gronde, sou
hy\sy bevel kon gemaak het.

Wonder Net ·

Wie het eerste gekanselleer? En het die aanklaer geweet dat daar iets bestaan soos n kanselasie-beleid as dit hulle was? Die aanklaer kan lelik hier uitstap vir naamskending indien hul nie al hul feite in order het nie. Ek vertrou ook Maroela Media sal n opvolg artikel plaas om die ander kant van die storie ook te dek

Deon ·

Ek en my vrou ken haar ń geruime tyd, sy is ń ongelooflike goeie kind met oordentlike normes en waardes. Sy probeer haar bes om haar ambisie uit te leef en met ander te deel. Boer soek ń vrou vat ongelooflik baie van hulle tyd. Ons help haar met haar opleiding van die studente en nog nooit het ons nodig gehad om vir geld te wag nie. Die persoon wat die bedrog saak geopen het moet na vore kom en eerlik herken dat sy R2500 van ons ontvang het om Toanette te help. Ek glo nie sy besef watse skade sy aanrig nie, Toanette sorg vir haar ouers en haar ma is baie siek. Dit is slegs datums wat gebots het met boer soek ń vrou. Hulle was by ons op die plaas en ons weet watse tyd dit van hulle vat saam met kyknet. Mense hou op om haar te kruisig, Toanette is in werklikheid ń ongelooflike goeie rolmodel vir ons jong mense van vandag. Help en staan haar eerder by as om haar af te breek.

Corlia ·

Maroela Media ! Julle moet asseblief julle feite regkry ! Sy is nie in hegtenis geneem en uit op borg soos julle se nie ! ek stel voor gaan doen julle ondersoeke beter voor julle mense se naam sleg maak met julle berigte !

Tania Heyns ·

Dagsê Corlia

Dankie vir jou kommentaar. Die inligting in die berig vervat is soos dit vanaf die polisie ontvang is.

Groetnis
Tania nms Maroela Medoa

Corlia ·

Julle is besig om n wonderlike mens se naam baie sleg te maak julle besef nie waardeur sy alles gaan en watse besonderse mens sy is nie ! Sy sal nooit in haar lewe iemand indoen nie ek dink maroela media moet eers al2 kante van die storie hoor voor julle sulke goed plaas en besef wat julle aan mense doen ! Snaaks hoe die persoon wat die saak gemaak het se naam glad nie verskyn nie!

Alret ·

Tipies van ons blanke Afrikaners om ander te oordeel en te vertrap! Ken skaars die feite dan wil jul oordeel vel. Sies!! Ons kon en sal nooit kan saamstaan nie, elkeen te besig om ander af the kraak en gun nie die son oor sy medemens se kop skyn. Ek skaam my vir my mede witmense!

Deon ·

Die opleiding sou by ons op die plaas gewees het. Toanette moes saam kyknet die boer se ouers ontmoet die week toe hulle hier aangekom het. Daar is aan die ouers verduidelik dat ek die opleiding vir die week sou hanteer tot sy terugkom. Nie een van die ouers wou dit aanvaar nie. Ons fasiliteit is in elk geval ń opleidings instansie wat met top veeartse in die bedryf deel. Dit was die ouers se eie besluite gewees, Toanette was glad nie van plan om weg te loop nie. Inteendeel het sy besluit om die kursus aan te skuif. Die hele misverstand is weens die feit dat kyknet ongelooflik baie van haar tyd in beslag neem. Deffinitief iets buite haar beheer. Die wat haar so afkraak, stop dit en help haar eerder om haar besigheid en drome te laat werk. Sy is ń eerbare mens. Julle maak nie net haar lewe ondraaglik nie, maar ook die naby aan haar en is nou regtig besig om haar hele toekoms aan skerwe te laat lei.

Johan ·

Kan iemand uitvind wat die werklike toedrag van sake met die beweerde inhegtenisneming en borg is? Dit sal betreurenswaardig wees as die polisie verkeerde inligting aan Maroela Media verskaf het. Indien nie, en as al die inligting hierbo reg is, klink dit ver my na ‘n kwaadwillige aksie van die klaer se kant af. Ek is seker daar staan honderde mense reg om haar te help om die paar randjies te betaal as dit nodig is.

Lizl ·

Okey, kortliks opgesom… Sy is nie skelm nie, en dit is sensasie soek van KykNet vir hulle program. Die bedrog saak kom belaglik voor.
Wat ek nou graag wil weet… Boer soek `n vrou. Sy is `n boer. Soek sy `n vrou of is sy een van die girls wat `n man soek ?

Johan ·

Stem. Bloot oor sy ‘n deelnemer is nou word die storie opgeblaas en uit verband geruk. Arme vrou, bloot oor dit nou dekking gekry het gaan die oningeligdes haar kruisig en as skelm uitmaak. So onnodig. Daar is VEEL belangriker dinge waaroor berig hoort the word…

Oor jou laaste punt… Pla my nou geensins of sy man of vrou soek. Dis irrelevant.

E ·

Dis sommer vieslik van die media om hierdie arme meisie deur die modder te sleep. Hou jou kop omhoog meisiekind!!! Onthou die wiel draai, en draai sal hy beslis. Moet nie dat hierdie storie jou wil breek nie meisie. Doen jy net jou bes, God sorg vir die res.

Anita ·

Ek het geen KYKNET en kan die program nie kyk nie,maar die program het in Nederland ontstaan en toe na SA gekom, daar kon ek dit wel sien. Mense moet nie onmiddelik oordeel nie, die saak is nog nie gefinaliseer nie, dus dit is net die aantuigings tans.

Risko ·

Net sensasie! Na 2 jaar wat verskeie mense my duisende Rande geskuld het kon geen prokureur eers die mense in ‘n hof kry nie! Die ou kry darem nou die aandag wat hy gesoek het. Seker sy regs kostes sal die skuld oorskry?

Johan ·

Iets klink nie lekker nie – dit moet ‘n siviele saak wees en kan by die klein eise hof uit geklaar word – nie ‘n kriminele saak nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.