‘Boer soek ʼn vrou’-deelnemer sterf tragies

Monique-Vosloo

Monique Vosloo, Johan van Zyl se oudste dogter, saam met haar pa op haar troudag. Foto: Facebook

Johan van Zyl, ʼn bees-en-wildboer van Mokopane in Limpopo, wat in 2011 aan die vierde seisoen van kykNET se werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou deelgeneem het, is die naweek ná ’n motorongeluk oorlede.

Van Zyl het ook sonneblomolie vervaardig. Hy was 58 jaar oud.

Verdere inligting is nog nie bekendgemaak nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Scalla ·

Tragies, Johan was n voorslag boer op alle gebiede, sterkte aan die familie

Susan ·

Dis so hartseer om dit te hoor . Baie sterkte aan sy familie mag die Hemelse Vader julle versterk en krag gee in hierdie groot hartseer tyd wat julle nou moet deurgaan . Dis wel totsiens maar nie vaarwel nie , want julle gaan JULLE PAPPA weer eendag in die Hemel sien . Die boer Johan met die mooi smile sal vir altyd onthou word .

Ansie Geldenhuys ·

Ons moet altyd, elke oomblik leef. Die lewe is kort. Daardie lee kol van jou familielid, kind en in ons geval ons kleinseun – regte bederfkind gewees – hy was nooit ‘n bekommernis nie = aan die dood afstaan, sal nooit gevul kan word nie. 6 Oktober sal dit 2 jaar wees en ek bly flenters.Meegevoel aan naasbestaandes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.