Boer sterf dag ná plaasaanval

Argieffoto: Reint Dykema

Die 77-jarige Dries Steenkamp wat Donderdag net ná 04:00 op sy plaas buite Lydenburg in Mpumalanga geskiet is, het Vrydag in die vroeë oggendure gesterf.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale woordvoerder van die polisie, het die nuus aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê die polisie sal nou ʼn saak van moord en saak van inbraak ondersoek.

Volgens Sedibe is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig Steenkamp is getroud, maar was ten tyde van die voorval alleen op die plaas. Hy is glo in sy kamer deur drie aanvallers met klapmusse oorval en drie keer geskiet.

Sedibe het gesê Steenkamp het glo ook op die verdagtes teruggeskiet, maar dit is nie duidelik of hy een van hulle gewond het nie. Die verdagtes het tydens die skietery van die toneel gevlug. Steenkamp kon volgens die polisie daarin slaag om ʼn werknemer in die hande te kry om alarm te maak.

Niks is tydens die voorval gesteel nie.

Sedibe het gesê een van Steenkamp se honde is later dood buite die huis gevind. Daar word vermoed dat die hond vergiftig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Boeta ·

Dis so hartseer dat alles wat mooi is van ons af weggeneem word:(

toy ·

Hoe weet hul die aanvallers het klapmusse opgehad. Is daar kameras. Het hul ‘n klapmus daar gekry op die toneel.

Cvh ·

Steenkam was eers gewond, so Hy het seker die mense gesien – lees die artiekel????? Hy was by bewussein en het n werker laat kom????

Cherokee ·

Cvh, hierdie is ‘n Afrikaanse koerant en jy behoort dus in Afrikaans te skryf.

Toy ·

Hoe weet hul dat die aanvallers klapmusse opgehad het. Is daar kameras, het hul dit op die toneel gekry.

Hy_het_gesê ·

Hi Toy, Oupa Dries was nog by gewees toe sy werknemer daar opgedaag het, Oupa Dries het vir hom vertel wat gebeur het. Dat hulle klapmusse gedra het en dat hy seker is dat hy tenminste 2 rowers raak geskiet het.

Duifie ·

Ai, Oom…so jammer. Dink aan elke geliefdes van oom Dries.

Chrisjan ·

Mag oom Dries in vrede rus .Ons simpatie aan sy familie.

Boerin ·

Wat is sy vrou se naam? Was hulle voorheen van Phalaborwa?

Daan ·

Dit was Koekie van bokorawa so 10 km van die ou Rhodesië pad aansluiting by Vivo.

Vlam ·

Ja hulle was en Tannie Petro. Sy al die jare by Pbwa Auto Spares gewerk. So so hartseer. Baie sterkte aan die familie.

Vlam ·

Ja hulle was en Tannie Petro. Sy al die jare by Pbwa Auto Spares gewerk. So so hartseer. Baie sterkte aan die familie.

Marianne ·

Nog ‘n sinnelose moord op nog ‘n diep bejaarde Boer…. HERE WEES DIE FAMILIE GENADIG
Ek wens ons normale mense kon iets doen om die abnormale mense stuit in hul wan dade.
Met elke plaas moord, moor hulle vooruitgang, voedesel en weeks versekering.
DAARDIE “MENSE” MOET GESTUIT WORD, ONS MOET BEMAGTIGING KRY.

Retha Kellermann ·

Baie hartseer nuus. Sterkte vir Tannie Petro en familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.