ʼn Boer van Dordrecht in die Oos-Kaap is die naweek in ʼn fratsongeluk dood toe hy homself per ongeluk geskiet het.
Brigadier Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Cas Schmidt, in sy laat sestigs, het sy dubbelloophaelgeweer teen ʼn boom laat staan op die plaas Kleinfontein.
“Die geweer het verstrengel geraak in takke of bosse en het afgegaan toe hy dit wou optel. ʼn Skoot het afgegaan en Schmidt is in die bolyf getref,” het Mills gesê.
Schmidt was in die veld besig met sy vee. “ʼn Plaaswerker het gesien wat gebeur en die familie in kennis gaan stel,” het Mills verduidelik.
Die polisie is na die toneel ontbied, maar dit was reeds te laat om hom te red. “Dit was sy eie wettige vuurwapen,” het Mills gesê.
“Sover word geen vuilspel vermoed nie. Die ondersoek duur voort, maar ons vermoed nie enige vuilspel nie.”
ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen. Schmidt word oorleef deur sy vrou, Elsa en vier kinders.
hoe kan dit so vinnig verstrengel raak, weet die plaaswerker dalk iets meer?
daar moet onmiddelik n aanklag ingedien word, sluit toe, geen borg
Absoluut!
Mens ka mos di vuurwapen neem vir toetse en kyk wi se vinger afdrukke op die gweer is…nou moet die plaaswerker toe gesluit word sluit eerder jou gedagte oop en hou op fokus op plaasmoorde en selfbejammering…mxm
Flink! Dankie – goeie antwoord
Stem. Niemand weet wat gebeur het nie. WONDER … maar net.
Dis oor die arme boere deesdae wapens oral moet saamdra. Simpatie aan familie