Boer sterf in plaasaanval in Oos-Kaap

Argieffoto: Kent Williamson

Shaun Krull (48) van die plaas Sunrise Eggs in Crossways in die Oos-Kaap is Donderdag dood tydens ʼn plaasaanval.

Kapt. Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie, het gesê Krull het Donderdagaand omstreeks 19:00 sy plaas gepatrolleer in sy Toyota Hilux. “Sy liggaam is Vrydagoggend omstreeks 08:00 aangetref. Hy het twee steekwonde in sy bors gehad. Plaaswerkers het in ʼn weidingsveld op sy liggaam afgekom en die polisie ontbied.”

Mqala het gesê Krull se bakkie, selfoon en beursie word vermis. Die polisie se ondersoek duur voort. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie, maar talle leidrade word opgevolg.

Sy aanvallers is vermoedelik veediewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

32 Kommentare

jongste oudste gewildste
Arno Scheepers

En nog is cyril tjoepstil!!!!!

Outoppie

Kom Cyril doen nou dadelik iets

Jan

Veediewe? Ek het ‘n ander naam vir hulle

Ella

AgVader mens het nie meer woorde nie.
Die arme man het n gesin wat vir hom omgee, hy het kos op, tot die moordenaars se, tafels gesit.
Hy het werk verskaf aan talle en wat gaan nou word van sy plaas?
Die Prez kan praat tot hy blou of rooi of wit word in de gesig, iemand luister na hom. Baie van sy mense het totaal onwettig en krimineel geword.
Ons land huil oor al die moord en doodslag.

Potjie

Gepraat van CR…Ek wonder hoeveel sekuriteit wagte het hy op SY plase… Hy word opgepas. Hy het geen kommer in sy gemoed nie. Kyk anderpad toe.