Boer sterf in tweede plaasaanval op een dag in Wes-Kaap

Martin Louw. Foto: Via Facebook

Martin Louw, ʼn bekende boer en plaasbestuurder van Tulbagh in die Wes-Kaap, is Woensdagaand op ʼn plaas vermoor in ʼn tweede plaasaanval wat dié provinsie op een dag getref het.

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn 59-jarige man is omstreeks 20:30 tydens ʼn huisroof op die plaas met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

“Die onbekende verdagtes het met huisware van die toneel gevlug. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die omstandighede rakende voorval word ondersoek,” het Traut gesê.

Waterberg Veiligheid en Sekuriteit en Front Nasionaal het op hul onderskeie Facebook-blaaie die boer se naam bekendgemaak.

Volgens Waterberg Veiligheid en Sekuriteit is Louw glo op die plaas ingewag en was sy vrou nie tydens die aanval by die huis nie.

“Ons harte gaan uit na die familie en naasbestaandes van Martin wat wreed vermoor is,” het Front Nasionaal in ʼn verklaring gesê.

“Martin, alombeminde vriend en lid van die gemeenskap, is nog ʼn slagoffer in die sinnelose slagting wat onder ons boere plaasvind. Nog ʼn voedselprodusent, werkgewer, sorgdraer… nog ʼn Afrikaner. Ons dink in ons gebede aan sy mense en aan hierdie stukkende land en hierdie magtelose, moedelose, hartseer volk van ons,” het die party gesê.

Vroeër Woensdag is ʼn 62-jarige vrou op ʼn plaas in die Moorreesburg-omgewing in die Wes-Kaap aangeval.

Maroela Media het berig die slagoffer is in die oggend deur twee onbekende mans oorval en gedreig voordat die aanvallers met huishoudelike ware van die toneel gevlug het. Na wat verneem word was die vrou glo alleen tuis ten tyde van die aanval en geen ernstige beserings is aangemeld nie. In dié geval ondersoek die polisie ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Johan ·

Nou waar is die internasionale wêreld? Wat doen die VN? Daar word meer gedoen wanneer ‘n dier mishandel word as wanneer moord gepleeg word !!!!

Jona ·

Ek bly al vir lank buite SA, ek kry KEER op KEER die “jy bly nie in SA nie, hou jou mond” “hou jou opinie vir jouself as jy nie in SA bly nie”, nou kerm daai selfde mense dat ons iets moet doen? Smeek wanneer verkiesing kom om te stem? Nee wat, Saffas het dit duidelik gemaak. Sterkte aan die familie! Hoop SA kan erens reg kom.

Niel ·

En wanneer laas het JY aandag gegee aan wat in Syria gebeur? in Irak? Wat doen jy om daai mense te help?

LB S ·

Wat het jy verwag, dat die Wes-Kaap ongehinderd sal kan voortgaan? Hulle sal juis hierdie deel van die land wil uitmoor, dit word mos nie deur die ANC regeer nie. En vergeet maar van ‘n eie onafhanklike staat, hulle wil AL die grond hê, hoekom sal hulle ‘n stukkie kwytskeld?

marous ·

Stuur elke foto van elke aanval op blankes in die land die hele wereld vol. Al is dit hoe skokkend. Sit dit op plakkate en gaan staan voor elke Suid Afrikaanse Ambassade in die wereld en skreeu ten hemele oor die moordplanne wat die Suid Afrikaanse regering teen die blanke en spesefiek die Afrikaner smee. Speel Malema se aanhoudende oproepe van ‘Kill the Boer kill the farmer ” hardop en wys die gevolge van sy aanhitsing. Wys ook Ramaphosa se empatie met hierdie haatlikheid vir die wereld . Doen dit sonder ophou!

Ella ·

Ek stem saam met jou. Staan.sommer by die parlement ook. Hulle moet sien wat gebeur.

Francois ·

Marous….jy is doodreg. Dit is wat ons moet doen !!!!!!!
Die probleem is dat meeste van die fotos is in die polisie se besit.
Ons eie SA mense moet ook die fotos sien. Die meeste mense in die land weet nie hoe brutaal die boere gemartel en tereggestel word nie.
Die fotos is absoluut skokkend verby en bewys duidelik dat dit nie net gewone roof is nie….

Annie ·

Ons bly in Australia en wat in SA aangaan begin nou die nuus hier bereik. Die grusame en brutale waarheid moet die wêreld media in oorvloed bereik. SA regering sal probeer toesmeer. Malema en kie kom weg met aanhitsing om moorde te pleeg en hy kan dit in die openbaar sê elke dag en kom weg daarmee?

Sterkte ·

JANEE MADAM< SISULU jy sê die boere het NIKS om te vrees nie ?? TWEEDE AANVAL op een dag .. en ons het niks om te vrees nie? Maar Afriforum jok?? Lyk my JY JOK!~ BAIE JAMMER oor die verlies aan 'n goeie man en pa … sterkte vir die familie.

Lee ·

Sisulu moet bykom so ook die res van die useless regering. Het sy al gedink waar sy gaan kos kry teen die tempo wat ons boere vermoor word. Hierdie is nou net te erg. EFF en ANC hits dit aan. As ek ‘n boer was trek ek defnitief!!!

Anoniem ·

Australia soek ons boere as ek hulle is pak op en trek. Almal wat wit is moet trek maak julle ondernemings toe en trek. Mense wat so oud soos ek is het 40 plus jare gewerk om hierdie land op te bou en nou word ons dood gemaak. My lewe is oor ek kan nou maar doodgaan hier maar vir mense wat nog kan gaan na n ander land gaan moenie wag nie. Hulle sal wel in ellende doodgaan hier die wat alles net wil he

Ella ·

Ek het probeer maar het te min geld en nog te oud boonop. My kinders kan my nie sponsor nie so ek is ook n padda in die pot.

Di ·

Daar sit DEFNITIEF iemand/groep agter hierdie plaasaanvalle!!!!. Die doel agter als is nie diefstal nie dis net ‘n “front” Die regte doel van hierdie plaasaanvalle is om die boere uit te moor een vir een totdat die res vrees vir hulle lewens en self van die plase af trek. Selfde geval as wat in Zimbabwe gebeur het gebeur hier en ek is seker die regering weet wie agter hierdie plaasaanvalle sit. Dink ons ALMAL het ‘n vermoede wie agter hierdie aanvalle sit.

Jacques ·

Di – Die doel is sodat HULLE kan grond kry om net te plak en niks te doen nie . Moet ook nie dink dat hulle die grond sal verder ontwikel nie want hulle wil net he maak nie saak wat nie . Hulle is te sleg om te gaan werk vir dit wat hulle wil he en as hulle dit nie kan kry nie brand , breek , en moor hulle daarvoor . Ek persoonlik glo nie daar is iets soos werkloosheid nie , hulle is te sleg om te werk . Dit is te lekker om net te “demand” en te kry .

Barra ·

Daar was nog n geval buite Moorreesburg maar mense was nie tuis so dit is seker nou n huisroof.

VanAfrika ·

Daar was n ou tannie by die huis, hulle het haar gelukkig nie seer gemaak nie, gaan lees die berig.

Gerrit ·

Ek sien nou net n foto van n aflewerings voertuig met n banier op wat se black first land first land or death sky news het n insetsel van dit gehad

BOLANDER ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die EFF daarmee weg kom!!!!!!!!!!!!!!!!!! Watter hou vas het HY op die ANC???????????????????

LB ·

Ek gesels vanmiddag met ‘n Afrikaner vrou wat knus in haar mooi stadswoning sit en eufories glo alles is reg, die regering is besig om in te gryp en dit terwyl nog ‘n boer vermoor is, nog gesinne vandag alreeds trauma en verliese beleef het en die dag is nog lank nie verby nie. Terwyl Natalse plase vandag in vuur opgaan omdat iemand kwaad is!! Pres Ramaphosa, ek vra weer, wanneer gaan jy een keer verwys na al die onskuldige bloedvergieting op ons volk? Wanneer gaan jy vir Malema tot verantwoording roep as hy op ‘n verhoog skreeu, “not yet Uhuru, but it is coming” Wanneer gaan jy die moord op op mense verbal veroordeel en vir jou mense sê STOP!! Dit is genoeg!!

slange vang ·

…want Cyril en alle politici van alle rasse is USELESS!

Gerrit ·

Dit het tyd geword om terug te slaan of die presedent se “our people” gaan ons doodskiet soos rotte in n hoenderhok.

Louise Mostert ·

Wat dink Afriforum nou doen hulle? Nou word die hulp van Australie van die hand gewys? Hoe dom wil jy nou wees? Ons skree ten Hemele om hulp en as daar hulp aangebied word dan sê ons nee-dankie. Dis belaglik. Die wêreld skuld ons niks. Hier is een ou wat bereid was om te help en nou sê ons nee dankie. Ons wil net hê julle moet weet hoe swaar kry ons. Ag asseblief tog. Dis genoeg om van naar te raak. Ek wens ons het ‘n leier gehad wat sy sout werd is wat namens die Afrikaners kon praat. Ek skort my maandelikse bydrae aan die spul summier op.

Rupert Ashford ·

Goed gese Louise. Kon nie glo toe ek dit sien nie. Vet weet praat nou van jouself in die voet skiet.

honourable member ·

Die EFF is n puppet vd ANC. Hulle doen die vuil werk om die boere uit te moor en die ANC maak of alles in orde is en geen grond grype geduld gaan word nie maar nou lees ons elke dag van moorde en aanvalle op boere.

Theresa ·

Innige simpatie aan die gesin, familie, vriende en die gemeenskap.
Wat ‘n skande dat hierdie dade toegesmeer word.
Is hierdie 2 moorde deurgestuur na buiteland?

VanAfrika ·

Nie Afrikaner nie, wit Afrikaner, noem dit net so. “Austrialia step in, come and fetch our white farmers”, today if you can!!!!!!!!!

burt ·

ek het al in 2011 gese ons verkeer in n oorlogs situasie en dit is opdragte aan julius deur die regering wat dan deur eff na nkonto gekannaliseer word hoekom dink jul word daar niks aan julius se haat spraak gedoen nie hy is dierek verantwoordellik aan die plaas moorde

Haan ·

Uit die foto bo aan die berig kan mens sommer síen dit was mnr Louw was n trotse man. n Goeie man. En nou is sy bloed gestort. Vir wat vra ek jou! Vir grond? Vergelding? Jalosie?
Soos Abel se bloed uitgeroep het, so roep die bloed van ons verraaide volk ten hemele!

treurgrond ·

Sad sad sad so so baie baie sad. My hart gaan uit na al die familie en vriende.
Jesus ons kyk na U toe my God asseblief my God hou U vertroostende arms om almal. Dankie my God. Amen

CE ·

AfriForum doen ten minste iets. Dis danksy AfriForum dat die wereld se mense begin sien wat in Suid-Afrika aangaan. As jy net agter die rekenaar kan sit en kritiseer en nie jou moue oprol om ook ‘n verskil te maak soos AfriForum nie, is u welkom om by enige organisasie in SA aan te sluit wat vir jou meer gaan doen.
Besef jy wat AfriForum alles doen. Hulle het een van my familie lede gehelp wat ‘n slagoffer in ‘n plaasaanval was. Jy het nie ‘n idee watse ekstra myl hulle gestap het nie.
Maklik om te kritiseer as jy nie werklik weet wat alles agter die skerms aangaan nie.

Selfbeskikking ·

Tyd vir dringende selfbeskikkingsgesprekke met die regering, wat roelfie moes gedoen het. Laat ons dit NOU doen. Dis regtig al oplossing.

Ons is die media ·

Ons bly in ‘n era waat die media nie meer die alleen reg op nuus het nie. Ek bly in die buiteland en daar is nou gereeld op die nuus oor wat in Suid Afrika aan gaan. Stap een is om die wêreld bewus te maak van wat aan gaan. Sluit aan by twitter en tweet onder die hash tag #farmlands . Google Laura Souther – sy is besig om mense te vertel van wat aan die gang is. Gebruik jou stem en vertel mense.

Karen van Zyl ·

Dan word daar gevra “hoekom” is daar sekuriteit mense op die plaas.

Wiehan ·

En nou sê die Aussie regering hulle gaan kyk na straf maatreels teen SA insluitende sport sanksies. Min Sisulu huil daaroor en sê dis nie reg nie. Hoekom is foute vir een straf bar maar vir ander nie.

slange vang ·

Ek het tenminste twee nuus toebs wat ek elke dag deurlees…ELKE dag verskyn sulke SLEGTE VERSKRIKLIKE nuus! Jis, ek kan nie kreatief genoeg raak met my Afrikaanse woordeskat om my afgryse uit te druk nie. Geen wonder daar is soveel depressie onder goeie mense nie.

Janet ·

Boere asb. Australia het n uitnodiging gerig. Neem dit aan en gaan boer waar jy en jou nageslag veilig is. Hierdie siek land bied ons niks meer.

Launa ·

Die moorde moet ophou. Ons is ook God se skeppings. Hoekom die haat en moorde op die wit nasie. Kan ons nie tog net ‘n lyn trek by die Oranje rivier em opdeel nie gee die transvaal oor en ons hou die weskaap? Net ‘n opinie… miskien dan vrede op daai manier. Voorstelle asb mense! Hoe kan ons die probleme oplos? Kom ons staam saam as ‘n nasie en vind ‘n oplossing!

bgj van der westhuizen ·

wel boere stap een begin om plaas serkers dorp toe te skuif hulle ge alle inligtin vir die aan vallers stap 2 begin wit famielies saam op die plaas te laat bly klien dorpie ontstaan
stap 3 vervang mense met masjiene
slaan trug doen soos die myne gedeon het 30jaar trug as die regering hulle hel gee dank dank hulle net werkers af nie mand kan jou swing om werkers te behou as jy dit nie kan bekostig nie of meer werk het vir hulle nie gee paket en skuif hulle dorp toe al moet jy huise vir hulle daar bou dan is hulle van die plaas af

Jacobatjie ·

Stem saam ” bgj vd W” 1. Reg..2. Afriforum kan help om die skep van “gemeenskappe” Werkers vir boer op dreef te kry binne 6mde jy’s daar tot aanwins van boerdery maw huurpagstelsel. 3. Stem saam daar is baie meer voordele as nadele in meganiseering.

Stephanie van Niekerk ·

Cyril is kop in een mus met Malema. Hy gaan niks doen of sê nie want hy moet sy baas en dié se EFF volgelinge by die ANC intrek sodat hy nie by die verkiesingslokaal ‘n loesing kry nie. Moet asseblief dus nie verwag dat hy enigiets hieraan gaan doen nie. Hy is ‘n slapgat / bang gat wat gaan toelaat dat BFLF en die EFF met als wegkom. Sela.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.